Kyk ook:
Liedboek van die Kerk
vir die gebruik by die erediens en ander byeenkomste.
NG Kerk-uitgewers
2001
Inhoudsopgawe
- 1 Ps: Gelukkig hy wat slegte raad vermy
- 2 Ps: Waarom stig volke opstand teen die Heer
- 3 Ps: Ek het so baie vyande, o Heer
- 4 Ps: Heer, hoor my roep in my gebede
- 5 Ps: Gee, Here, aan my woorde aandag
- 6 Ps: Moet, Here, my nie straf nie
- 7 Ps: Heer, by U soek ek beskerming
- 8C Ps: U Naam is wonderbaar op aarde, Here
- 8S Ps: O, Here God
- 8T Ps: Daar is geen land so ver of woes geleë
- 9 Ps: Ek wil, o Heer, van blydskap juig
- 10 Ps: Waarom staan U dan ver weg, Heer
- 11 Ps: By God sal ek beveilig wees
- 12 Ps: Kom help ons tog, o Heer
- 13 Ps: Hoe lank gaan U, o Here, my vergeet?
- 14 Ps: Vol grootheidswaan en selfvoldaan
- 15 Ps: Wie laat U in u woonplek ingaan, Heer?
- 16C Ps: Ek wil, o Here, u beskerming hê
- 16K Ps: Heer, bewaar my dig by U
- 17 Ps: Gee regverdig uitspraak oor my
- 18 Ps: Ek het U baie lief, o Heer
- 19C Ps: Die hemel bly vertel
- 19K Ps: Die hemel stort dit uit
- 20 Ps: Mag God u hoor in u gebed
- 21 Ps: O, Heer, die koning roem u mag
- 22 Ps: My God, my God, het U my dan verlaat?
- 23C Ps: My Heer, my Herder, laat my niks ontbreek nie
- 23S Ps: Die Here is my herder en bewaarder
- 23T Ps: Net soos ’n herder
- 24 Ps: Die aarde is Gods eiendom
- 25C Ps: In U stel ek my verwagting
- 25T Ps: Tot U hef ek hart en hande
- 26 Ps: Laat reg aan my geskied, o Heer
- 27C Ps: God is my lig
- 27S Ps: God is my redder en my lig
- 28 Ps: Hoor hoe ek roep, my Rots, my Heer
- 29 Ps: Prys die Here, hemelinge
- 30 Ps: Ek wil u lof verkondig Heer
- 31 Ps: By U, o Here, soek ek skuilplek
- 32 Ps: Gelukkig is die mens wat Hy vergewe
- 33C Ps: Sing juigend, sing ’n nuwe loflied
- 33T Ps: Sing vrolik, hef die stem na bowe
- 34 Ps: Ek sal Gods lof bly noem
- 35 Ps: Behartig tog, o Heer, my saak
- 36 Ps: Só wil die goddelose wees
- 37 Ps: Dié wat oneerlikheid begaan
- 38 Ps: Straf my, Heer, nie met die roede
- 39 Ps: Ek wou sorgvuldig let op my bestaan
- 40 Ps: Ek het na God se hulp gesmag
- 41 Ps: Wie op die welsyn van die swakke let
- 42C Ps: Heer, ek smag na U wat lewe
- 42S Ps: Smagtend soos in dorre streke
- 43C Ps: Heer, behartig Ú my regsaak
- 43S Ps: Pleitend wil ek tot U nader
- 44 Ps: Ons het dit, Heer, gehoor met eie ore
- 45 Ps: Mooi woorde wat my diep ontroer
- 46 Ps: God is ons toevlug en ons skut
- 47 Ps: Juig, o volke, saam, loof die Heer se Naam
- 48C Ps: Lofwaardig, groot is God die Heer
- 48T Ps: Die Heer is groot waar Sions top
- 49 Ps: O mense van die ganse aarde, hoor
- 50 Ps: Die Heer is God en Hy alleen
- 51 Ps: Ontferm U, Heer, U wat vol liefde is
- 52 Ps: Jy roem verniet jou slegste dade
- 53 Ps: Vol grootheidswaan en selfvoldaan
- 54 Ps: Verlos my deur u alvermoë
- 55 Ps: Hoor as ek bid, en luister, Here
- 56 Ps: Wees my genadig
- 57 Ps: Wees my genadig, o my Heer
- 58 Ps: Is julle oordeel wel regverdig
- 59 Ps: Tot U, o Here, rig ek my gebed
- 60 Ps: O Here, U het ons verstoot
- 61 Ps: Ver verwyder van u tuiste
- 62 Ps: By God alleen is rus te vind
- 63 Ps: Ek soek U, Heer, na wie ek smag
- 64 Ps: God, hoor my as in nood ek kla
- 65 Ps: Aan U kom toe ons lofgesange
- 66 Ps: Juig, almal op die aarde, roem Hom
- 67 Ps: Mag God verskyn in sy genade
- 68 Ps: Die vyand vlug as God verskyn
- 69 Ps: Red my, o God, steek uit u hand
- 70 Ps: Red my, o God, en help my gou
- 71 Ps: By U, o Here, soek ek skuiling
- 72 Ps: Wil aan die koning tog u reg gee
- 73 Ps: Vir Israel maak God dit goed
- 74 Ps: Waarom, o God, bly U ons so verstoot?
- 75 Ps: Heer, ons kom ’n loflied bring
- 76 Ps: Hy het sy Naam bekend gestel
- 77 Ps: In my nood roep ek die Here
- 78 Ps: Kom luister na wat ek jou onderrig
- 79 Ps: Die heidene, o Here, het gekom
- 80 Ps: As herder hou U wag oor ons
- 81 Ps: Roep die Here aan
- 82 Ps: God spreek die ander gode aan
- 83 Ps: Moet nie afsydig staan
- 84C Ps: Hoe lief het ek u woning, Heer
- 84T Ps: Hoe lieflik is u wonings, Heer
- 85 Ps: U was u land, o Here, toegeneë
- 86 Ps: Here, luister tog, verhoor my
- 87 Ps: God het vir Sion hoog verhef
- 88 Ps: O God, wees U my hulp
- 89 Ps: Vir ewig staan u trou
- 90 Ps: U was vir ons altyd ’n toevlug, Here
- 91 Ps: Wie God Almagtig bly vertrou
- 92 Ps: Om God te loof is heerlik
- 93 Ps: Met krag omgord, as Koning, is die Heer
- 94 Ps: Verskyn, o Regter van die regspraak
- 95 Ps: Kom laat ons lofsing voor die Heer
- 96 Ps: Kom sing ’n nuwe lied, sing saam
- 97 Ps: Juig, aarde, voor die Heer
- 98 Ps: Sing van die dade van die Here
- 99 Ps: Volke, buig jul neer
- 100C Ps: Juig almal tot Gods lof en eer
- 100T Ps: Juig, al wat leef, juig voor die Heer!
- 101 Ps: Ek wil ’n lied sing tot u eer
- 102 Ps: Here, luister en verhoor my
- 103 Ps: God wil ek loof met alles wat in my is
- 104 Ps: Ek wil die Here loof en prys
- 105 Ps: Loof God se Naam en roep dit luid aan
- 106 Ps: Kom loof Gods liefde onbeperk
- 107 Ps: Die mense wat behou is
- 108 Ps: Ek voel weer veilig by U, Heer
- 109 Ps: U wat ek loof, God, luister tog
- 110 Ps: Dit het die Heer belowe vir my koning
- 111 Ps: Kom met die opregtes saam
- 112 Ps: Luister hy na sy gebod
- 113 Ps: Sing, halleluja, prys sy Naam
- 114 Ps: Toe Israel weg uit Egipte trek
- 115 Ps: Nie aan ons nie, Here, nee
- 116C Ps: God het ek lief
- 116T Ps: God het ek lief, want dié getroue Heer
- 117 Ps: Sing halleluja tot Gods eer
- 118 Ps: Kom, loof die Heer se liefdesdade
- 119 Ps: Salig is hulle wat so handel
- 120 Ps: God, my hulp, is daar soos altyd
- 121 Ps: Ek sien die berge en ek vra
- 122 Ps: Met blydskap hoor ek roep ’n stem
- 123 Ps: U, Here, heerser in die hemel hoog
- 124 Ps: Het God die oormag nie vir ons bestry
- 125C Ps: Wie op die Here bly vertrou
- 125T Ps: Wie op die Here bly vertrou
- 125B Ps: Soos Sionsberg onwrikbaar bly
- 126 Ps: Verander tog, o Heer, ons lot
- 127 Ps: Vergeefs word sonder God jou huis gebou
- 128 Ps: Geseënd hy wat handel
- 129C Ps: Ek is steeds swaar verdruk, sê Israel
- 129T Ps: Ek is steeds swaar verdruk, sê Israel
- 129B Ps: Ek, Israel, is jonk reeds onderdruk
- 130C Ps: Uit dieptes van die duister
- 130S Ps: Uit donker dieptes roep ek
- 130T Ps: Uit dieptes, gans verlore
- 131 Ps: Geen strewe jaag ek na bo my vermoë
- 132 Ps: Dink, Heer, aan Dawid, dink daaraan
- 133C Ps: Waar broers saam woon
- 133K Ps: Hoe goed is dit as broers in vrede saamwoon
- 134C Ps: Kom prys die Here, prys sy Naam
- 134E Ps: All people that on earth do dwell
- 135 Ps: Prys die Here, prys sy Naam
- 136 Ps: Loof die Here, Hy is goed
- 137C Ps: Ver van Sion weggevoer
- 137S Ps: By Babel se riviere
- 138 Ps: U loof ek met my hart wat sing
- 139C Ps: Here, U sien dwarsdeur my
- 139S Ps: O, Here, U ken my volkome
- 140 Ps: Beveilig my teen die geweld
- 141 Ps: Kom gou! Na U, o Here, roep ek
- 142 Ps: In nood roep ek die Here aan
- 143 Ps: Hou nie gerig met my nie
- 144 Ps: Loof God die Heer, Hy gun my altyd bystand
- 145 Ps: Ek wil u lof getrou verkondig, Heer
- 146C Ps: Prys die Here, loof en prys Hom
- 146T Ps: Prys die Heer met blye galme
- 147 Ps: Dis goed om God se lof te sing
- 148 Ps: Prys uit die hemele die Heer
- 149 Ps: Prys met ’n nuwe lied die Heer
- 150 Ps: Prys die Here, almal kom
- 151 Skenk ons, Here, u beskerming
- 152 Verhoogde Heiland, bind ons saam
- 153 O Jesus, kom tog nader
- 154 Kom nou tesaam, laat ons vergader
- 155 Verhef ons harte tot U, Heer
- 156 Loof, loof die Here!
- 157 Here Jesus, ons is saam
- 158 Bring my na u woning, Here
- 159 God is hier teenwoordig
- 160 Inkoms en uitgang
- 161 Halleluja! Heer, U is ons lewe
- 162 U self het ons geroep
- 163 Soos ’n wildsbok
- 164 Ons is almal hier tesaam
- 165 O wat ’n vreugde in ons harte
- 166 Kom, Heil’ge Gees, wees U self
- 167 Jesus, bron van al my vreugde
- 168 Heilige Jesus
- 169 Heilig, heilig, heilig
- 169B Holy, holy, holy!
- 170 Heilig, heilig, heilig
- 171 Heilig, heilig, heilig
- 172 Heilig, heilig, heilig
- 173 Heilig, heilig, heilig
- 174 Heilig, heilig, heilig
- 175 Majesteit, glansryke heerlikheid!
- 176 Halleluja! U is Koning
- 177 Jesus, gróót bo almal
- 178 Dona nobis pacem, pacem
- 179 Vader in die hemel
- 180 Eer aan die Vader en die Seun
- 181 Gee ons ware vrede, Jesus Heer
- 182 Ons wil, o Heer, U loof en eer
- 183 Verbly jul in die Here
- 184 Lofsing die Here
- 184B Praise to the Lord
- 185 Kom alle volke
- 186 Ons kom loof U as ons Vader
- 187 Loof, loof die Here
- 188 Kom, dank nou almal God
- 188B Now thank we all our God
- 189 Halleluja!
- 190 Grote God, aan U die eer!
- 190B Holy God, we praise your name
- 191 Grote God, ons bring U eer
- 192 Grote God, u skepperhand
- 193 Bring lof en dank, gee God die eer
- 194 Ons bring aan U die lof en ere
- 195 U, o God, wat ewig op die troon is
- 196 O kon ek jubel, Hemelvader
- 197 Wonderbare Koning
- 198 God is my lied
- 199 Loof die Here uit die hemel
- 200 U goedheid, Heer
- 201 Lofsing die Heer, buig voor Hom neer
- 202 Prys Hom, die Hemelvors
- 203 Loof die Here, al wat lewe
- 203B Praise, my soul, the King of heaven
- 204 Halleluja!
- 205 Bring lof aan die Vader
- 206 Halleluja
- 207 Eer aan die Vader, wat alles gemaak het
- 208 Ek wil die Here loof en prys
- 209 Heer, met my hele hart
- 210 Prys God, Hy is groot
- 210B Joy to the world!
- 211 Ons bring lof aan U, Jesus Heer
- 212 Loof die Heer, Hy is goed
- 213 Kom, volk van God, verhef jul stem
- 214 Here, ons sal U loof, u weldade roem
- 215 Besing die lof van Jesus saam
- 216 Sing met vreugde, sing
- 217 Verlosser, Redder, Heer en Hoof
- 218 Halleluja. Halleluja
- 219 Laat ons sing van ons Verlosser
- 220 Met ons harte sing ons, Here
- 221 Loof die Heer omdat Hy goed is
- 222 Loof die Here God
- 223 Aan Jesus, Koning, al die eer!
- 224 Kom prys Hom alle nasies
- 225 Ons kom prys u Heer, Jesus Christus
- 226 Juig nou aarde, hemel
- 227 Sing, loof en prys die Heer
- 228 Halleluja
- 229 Wil, Heer, in liefde U ontferm
- 230 O Jesus, in u lyding
- 231 Heilig, heilig, heilig, Here
- 232 Diep, o God, diep neergeboë
- 233 Ek, Vader, wat gesondig het
- 234 Ontferm U, God
- 235 Voor u wet, Heer, staan ons skuldig
- 236 O God, hoe salig om te weet
- 237 Heer, ons kom pleit by U
- 238 God, enkel lig, voor u gesig
- 239 Jesus, Rots vir my geslaan
- 239B Rock of ages, cleft for me
- 240 Heiland, as in ootmoed stil
- 241 Troue Here van my lewe
- 242 Here, ontferm U
- 243 Heer, wees genadig
- 244 Alles, alles is genade
- 245 Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het
- 246 Wees my genadig
- 247 Heer wees ons genadig
- 248 Here, ontferm U oor ons
- 249 God het gesê: “Ek is die Here …”
- 250 Gods wet vra al ons liefde
- 251 Salig dié wat arm voor God is
Voorbereiding om God se Woord te hoor
- 252 Bewaar ons, Vader, deur u Woord
- 253 U het die brood gebreek
- 254 Spreek Heer
- 255 Woord van God, Woord van die lewe
- 256 Laat klink die boodskap nog ’n keer
- 257 O Heer, maak oop my hart se poort
- 258 Vreugdevolle tyding
- 259 Ek glo in God die Vader, die Almagtige
- 260 Ek glo vas in God, die Vader
- 261 Ek glo in God, die Vader
- 262 Ons was nie daar in Betlehem
- 263 U goeie Herder, wat ons lei
- 264 Hoe heerlik is die Jesus-naam!
- 265 Enigste Here, enkele Wese
- 266 Ons Vader wat woon in die hemel
- 267 Ons Vader op die hemeltroon
- 268 Laat, Heer, u seën op hul daal
- 269 God bly met u, waar u ook mag gaan
- 269B God bly met ons, waar ons ook mag gaan
- 269C God bly met jou, waar jy ook mag gaan
- 270 Son van die geregtigheid
- 271 Heil’ge Jesus, wat my lewe
- 272 Stuur nou u lig en stuur u waarheid
- 273 Laat my met U verenig lewe
- 274 Leer my soos Henog met U wandel
- 275 O God van Jakob, deur u hand
- 276 Leer ons om in eie oë
- 277 U wat van ouds af ons behoed
- 277B O God, our help in ages past
- 278 Hoor ons bid, o Heer
- 279 Hoor ons sug, o Heer
- 280 Here, Redder, groot en magtig
- 280B Guide me, O my great Redeemer
- 281 Lei ons, Here, groot en magtig
- 282 Terwyl ons bid vir elke volk
- 283 Ons kom, o Vader, vir ons land
- 284 Laat, Heer, u vrede deur my vloei
- 285 O God, so groot in heerlikheid
- 286 Here God van liefde
- 287 By u verbondsbeseëling, Heer
- 288 Ons dank U, Heer, en bring U eer
- 289 Jesus, Heer, op wie ons hoop
- 290 Dit is my troos dat ek gedoop is
- 291 Ons kinders, Heer, is duur gekoop
- 292 My enigste troos in lewe en dood
- 293 Jesus neem ons kleine kinders
- 294 Jesus roep die kindertjies
- 295 Heer, U laat ons hier vergader
- 296 Jesus, U is my verblyding
- 297 Ons buig hier in belydenis
- 298 Brood en wyn is tekens
- 299 Laat ons, Heer, u dood verkondig
- 300 Heer Jesus, kom
- 301 Ons kom vier u maaltyd, Vader
- 302 Ons is genooide gaste
- 303 Eet die brood
- 306 U, Christus, is my lewe
- 307 O Heer, Verlosser-Heer
- 308 Neem my lewe
- 308B Take my life and let it be
- 309 My lewe bly aan U gewy
- 310 Voor U, Heer, bly ek staan
- 311 Dit wat ons hier ontvang het
- 312 Amen
- 313 Amen
- 314 Amen
- 315 Amen
- 316 Kom seën en beskerm ons nou
- 317 Inkoms en uitgang
- 318 Ek prys sy grote Naam
- 319 Lofwaardig is ons God, die Heer
- 320 O kom, o kom, Immanuel
- 321 U het gekom, Immanuel
- 322 Redder van die nasies, kom
- 323 Uit droë hout spruit lewe
- 324 So lief het God die wêreld
- 325 Uit oorvloed van genade
- 326 Maak oop die poorte, deure, wyd!
- 327 Dag van verlossing! Kyk, Hy kom
- 328 Die Heer, die Koning kom hierheen
- 329 Want so lief het God die wêreld gehad
- 330 Die volk wat in die donker wandel
- 331 Want so lief het God die wêreld gehad
- 332 God se liefde, so oneindig
- 333 Groot is die Heer, groot is die Heer
- 334 “God is Liefde!” juig ons harte
- 335 Die Heiland is gebore
- 336 Dit is die dag deur God geskenk
- 337 Loof God, o Christen! Hy is groot
- 338 Weer dink ons saam aan daardie nag
- 339 Halleluja! Prys die Heer
- 340 Kom ons loof die Jesuskind
- 341 Die regte tyd het aangebreek
- 342 O Jesus, ons Heer, U het ons verbly
- 343 Loof die God van ons verlange!
- 344 O die goeie tyding
- 345 Kom, alle getroues
- 346 Ek kniel ook voor u voete, Heer
- 347 Kyk, die goeie tyd is hier
- 348 Stille nag, heilige nag!
- 349 Kom, kinders
- 350 In die stad van koning Dawid
- 351 Kom, verwonder julle, mense
- 352 Hoor die blye tyding
- 353 Die Heiland is gebore
- 354 O Christus, ons verlange
- 355 Al was ek nie daar nie
- 356 Ons het gehoor die Hemelheer
- 357 ’n Kindjie is gebore
- 358 Welkom, o stille nag van vrede
- 359 Engele, met glans omgewe
- 360 Vanuit die hemel is gebring
- 361 Oor skape hou die herders wag
- 362 Vol vreugde sing die eng’leskaar
- 363 In die nag by hulle weiding
- 364 Herders op die ope velde
- 365 Hoor die blye eng’lelied
- 365B Hark! The Herald angels sing
- 366 Die vreugdelied wat engele sing
- 367 Ere aan God, ere aan God
- 368 Wyl herders by hul kudde wag
- 369 Ere aan God, ere aan God
- 370 Eng’le uit die hoogste hemel
- 371 Redder van ons lewe, Jesus, troue Heer
- 372 Hoe glansryk blink die Môrester
- 373 U, Jesus, eersgebore Kind
- 374 ’n Ster het in die ooste
- 375 Heer Jesus klein, so teer en rein
- 376 Wyses het u ster gesien
- 377 O Lam van God, onskuldig
- 378 Jesus Christus, Heiland, Heer
- 379 Jesus Christus, Lam van God
- 380 Jesus, Lam gelei ter slagting
- 381 Voor vorste en die wêreld
- 382 Hoor hoe die Seun van God bespot word
- 383 Die Heiland sterf; die dag word duister
- 384 Jesus, o dink aan my
- 385 Loof, loof die Here – dis volbring
- 386 Jesus, dit wat U moes ly
- 387 O Heer, uit bloed en wonde
- 388 Die Woord het deur die eeue
- 389 Is dit, is dít my Koning
- 390 Ons kniel hier voor u voete neer
- 391 Vervul, o Heer
- 392 O Lam van God, onskuldig
- 393 Middelpunt van ons verlange
- 394 O Christus, ek het in u lyding
- 395 My Verlosser aan die kruis
- 396 Aanskou die Heiland, sien die kruis
- 396B When I survey the wondrous cross
- 397 Ontsluit, o Heer, ontvlam ons hart
- 398 Kyk daar
- 399 Aan die tafel met die Paasmaal
- 400 Juig, juig in Hom
- 401 Wie sal ons glo as ons vertel
- 402 Die Heer het waarlik opgestaan
- 403 Christus het opgestaan
- 404 Ons juig weer oor ’n leë graf
- 405 Roem al wat leef die Heer se dag
- 406 Ons loof U, Vader, op die troon!
- 407 Triomf, triomf, Immanuel!
- 408 Dit is die dag, die Heer se dag!
- 409 Hoor jy die Paasfeesklokke?
- 410 Ja, Jesus het verrys!
- 411 Kom, almal, laat jul stem verrys!
- 412 Jesus Christus lewe
- 413 Loof God die Heer
- 414 Juig, verlostes, juig en sing
- 414B Christ the Lord is risen today!
- 415 Jesus leef, en ons met Hom!
- 416 Jesus het die dood deurbreek
- 417 Jesus, ons eer U, opgestane Heer
- 418 Blye môre, blyste van die dae
- 419 Die kruis is kaal, die graf is leeg
- 420 Daar klink ’n lied, daar juig ’n stem
- 421 Die Here Jesus lewe
- 422 Die Heer, die Heer het opgestaan!
- 423 Kom laat ons almal vrolik
- 424 Jesus het die dood oorwin
- 425 Kyk die Heer het opgestaan
- 426 Ons sing nou bly ons vreugdelied
- 427 Alle volke, loof die Koning!
- 428 Loof Christus, roem sy wonderdae
- 429 Die Heer regeer, Hy’t opgevaar
- 430 Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk
- 431 O Gees van Vader en van Seun
- 432 O Heil’ge Gees, aan U die eer
- 433 Kom, Skepper-Gees, kom gee u seën
- 434 O Heilige Gees, o heilige God
- 435 Heil’ge Gees, U bou ’n tempel
- 436 Herskep, o Gees, laat leef, o Gees
- 437 O Leidsman, Gees van waarheid
- 438 Gees van God, o Gees van lewe
- 439 O Heil’ge Gees, o God in ons
- 440 Die Here salf ons met sy Gees
- 441 O Heil’ge Gees, ons Heer
- 442 Gees van God wat in my woon
- 443 Wind kan jy nie sien nie
- 444 Kom kyk! Kom kyk!
- 445 Drie-enig God, ons wil U eer
- 446 Drie-enig God, aan U die eer
- 447 U Naam, o Skeppergod
- 448 O God, ons wil U altyddeur
- 449 Halleluja, ons loof U, Heer
- 450 Vader, Seun, Heil’ge Gees
- 451 Hemelse Vader, ons bring U eer
- 452 Here, Hemelvader
- 453 Aan die Vader dank en ere
- 454 Vader, ons eer U
- 455 Here, u skepping gee U eer
- 456 Loof, heel die skepping, loof die Heer
- 457 O Hemelvader, uit u hand
- 458 Aan U ons lof, o God
- 459 Ons Vader, alles in die lewe
- 460 Ons sing ’n nuwe lied tot u eer
- 461 Na ploegtyd en na saaityd
- 462 Aan U, ons Vader, lof en dank
- 463 Sou ons nie Gods lof besing nie
- 464 O Heer my God
- 464B O Lord my God
- 465 O, Here God, so groot in majesteit!
- 466 Aanbiddelike Skepperheer
- 467 Die Heer is God, die sterke God!
- 468 Christus, die Seun, is beeld van God
- 469 O diepte van die rykdom
- 470 U, Here, is ons Koning
- 471 Soek allereers die koninkryk van God
- 472 Kom lofsing die Heer
- 473 Waarmee kan ons die koninkryk
- 474 Skeppergod, U is die Heer
- 475 Allerhoogste Hemelvader
- 476 ’n Vaste burg is onse God
- 476B A mighty fortress is our God
- 477 Hou Christus self sy kerk in stand
- 478 Op vaste fondamente
- 479 U self het oor Jerusalem
- 480 My volk, Ek self het jou verwek
- 481 Ontwaak, jy wat slaap
- 482 Keer terug en kom na My
- 483 O almal wat dors het
- 484 Almal wat dors het, kom geniet
- 485 O Heer, u laaste woorde
- 486 Bring aan die volke die boodskap
- 487 Wagter, wakend op die mure
- 488 Helder skyn u lig
- 489 Waak, Christen, staan in die geloof
- 490 Soos U wil, Heer, laat dit gebeur!
- 491 ‘k Het Jesus lief
- 492 In U is vreugde, vrede en vreugde
- 493 Jesus neem die sondaars aan!
- 494 Gelukkig is die mens
- 495 Jesus, U verbly my
- 496 Jesus, U die lewe
- 497 Ek is u kind, U roep my, Heer
- 498 Hy wat glo, word nie beskaam nie
- 499 Die Heer is God, en niemand meer
- 500 Gods dade is volmaak en goed
- 501 Ek het toe wilde storms gewoed het
- 502 Vol vertroue, vas en veilig
- 503 Jesus, Rots, my hoop vir ewig
- 504 Kom, laat ons saam tot Jesus nader
- 505 Jesus, U gaan voor
- 506 O Heer, u liefde wondergroot
- 507 Hemelse Vader, U heers op u troon
- 508 Vaste Rots op wie ek bou
- 509 Op berge en in dale
- 510 Genade, onbeskryflik groot
- 510B Amazing grace
- 511 Lei U ons, Lig, deur hierdie duisternis
- 512 Nader, my God, by U
- 513 Soek in God jou sterkte
- 514 Ek weet vir seker
- 514B Blessed assurance
- 515 Soms kyk ons soekend om ons rond
- 516 Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie
- 517 Leer ons U vertrou, o Here
- 518 Voel jy soms of die Here te vér is?
- 519 Wees stil en weet
- 520 Saam buig ons neer om God te eer
- 521 Erkentlik deur die dae
- 522 U liefde en u trou
- 523 Goddelike liefdebande
- 524 God roep ons om met woord en daad
- 525 Here, hoe blymoedig
- 526 Waar daar liefde is, en deernis
- 527 Die werk behoort aan U, ons Heer
- 528 Leer my u wil, Heer, u doel met my
- 528B Have thine own way, Lord!
- 529 Dank, dank die Heer
- 530 Praat ek mense-, eng’letale
- 531 Ons Here, God van alvermoë
- 532 Ons Vader, neem ons hande
- 533 Stuur ons, Here
- 533B Thuma mina
- 534 Stuur ons uit, Heer
- 538 Heer Jesus, U was self ’n kind
- 539 Tien meisies, met hul lampe
- 540 Onthou jul nog wie’t lank terug
- 541 Ons bring aan U, Heer Jesus
- 542 Jesus, ons loof U!
- 543 Here Jesus, ek is klein
- 544 Soos die voëltjies van die hemel
- 545 Jesus kom na Jerusalem toe
- 546 ’n Man was van Jerusalem na
- 547 Alle volke, klap jul hande
- 548 Ek weet Jesus lewe
- 549 Daar’s vissies in die water
- 550 Twee ogies om Gods werk te sien
- 551 Jesus nooi die kindertjies
- 552 Liewe Vader, ek sê dankie
- 553 Ek is bly ek ken vir Jesus
- 554 Diep uit my hart, o Vader
- 555 Ek kniel hier in die oggendlig
- 556 Vervul my hart met dankbaarheid
- 557 Hoor, Heer, ons aandgebede!
- 558 O grote Christus, eew’ge lig
- 559 Die dag wat U in guns gegee het
- 560 O Heer, wat U in guns oor my ontferm
- 561 Dis stil hier in die skemer
- 562 Aan U, o God, my dankgesange
- 563 Aan U, o God, my dankgesange
- 564 Kyk, die dag is nou verby
- 565 Hoed my as ek my gaan neerlê
- 566 Hou oor my vannag u hande
- 567 Die dag wat U, o Heer, gegee het
- 572 Heer, soms word ek ongeduldig
- 573 Ruwe storme breek in woede
- 574 ’n Skare stroom van oral saam
- 575 Wie op die Heer vertrou in lyding
- 576 Moet jy stry teen moeilikhede
- 577 Die Heer, my herder, sorg vir my
- 577B The Lord’s my shepherd
- 578 Jesus wat my lief het, Heer
- 579 Ons harte is verheug dat God
- 580 Rus, my siel, jou God is Koning
- 581 O Heer, my God
- 582 Bly by my, Heer, terwyl die skemer daal
- 583 U het ek lief, U roep ek aan!
- 584 Ons sien die tekens van die tyd
- 585 O Jesus, laat ons nooit vergeet
- 586 Hef op jul hoofde, vromes
- 587 “Kyk, Hy kom!” Wag, laat ons luister
- 588 O God van hoop, gee ons u vrede
- 589 Verheerlik aan Gods regterhand
- 590 Het jy gehoor dat eenmaal
- 591 Die boekrol in Gods regterhand
- 592 Die boekrol, Lam van God
- 593 Om ons bly die skepping sug
- 594 Ná ons bestaan in tyd en ruimte
- 595 Ons wag op U, o Seun van God
- 596 Ons sien vooruit na daardie dag
- 597 Dié met helder witte klere
- 598 Die mens het destyds op die aarde
- 599 As Hy weer kom, as Hy weer kom
- 600 Die heiliges, beklee met heerlikheid
- 601 Dié wat die Here wil dien
- 602 Ek sien ’n nuwe hemel kom
********
Psalms
#1 Ps: Gelukkig hy wat slegte raad vermy
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Gelukkig hy wat slegte raad vermy
wat op ’n goddelose pad hom lei,
en met die spotters sit hy
ook nie saam nie;
geen plan word met
ligsinniges beraam nie.
Die Here sien hom in Sy goedheid aan.
Dit gaan met almal goed wat só bestaan.
2. Die Here is dié mense goedgesind
wat altyd in sy woord hul vreugde vind:
wie dit oordink, soos sap
vloei in die bome
geplant langs sterk
en helder waterstrome,
hul dra hul vrug gereeld op hulle tyd
en ken geen droogte of onvrugbaarheid.
3. Die goddelose word verstrooi soos kaf.
Gewis sal God hom oordeel en hom straf.
By die regverdiges
kan hy nie kom nie;
waar hul vergader,
is geen plek vir hom nie.
Die Here lei dié wat na Hom verlang.
Die goddelose pad bring ondergang.
#2 Ps: Waarom stig volke opstand teen die Heer
1. Waarom stig volke opstand teen die Heer
en word teen sy gesalfde saamgespan?
Hul sê, as hulle dié gesag trotseer:
“Werp af dié juk en raak bevry daarvan”.
2. Die Heer wat hoog daar in die hemel woon
Hy lag hul uit en Hy maak hul tot spot.
Hul gaan op loop, dié vorste wat Hom hoon
Hy maak ’n nietigheid van hul komplot.
3. Die oproermakers word deur God vermaan:
“Ek het die koning immers sélf gekroon,
daar op my berg wat hoog en heilig staan
daar heers hy, my gesalfde, op sy troon.”
4. “Jy is my seun”, het Hy vir my gesê.
Jy kry die volke as besit van My.
Hul sal in flenters voor jou septer lê,
hul sal verbrokkel soos ’n pot van klei.
5. O heersers van die aarde gee dan ag,
want julle moet Hom onderdanig wees;
die Here moet gedien word met ontsag,
eerbiedig, en met siddering en vrees.
6. Kom eer die Here en kom buig voor Hom.
Keer so dat Hy vertoorn op julle raak,
keer dat die Heer se woede oor jul kom.
Wie by Hom skuil, sal Hy gelukkig maak.
#3 Ps: Ek het so baie vyande, o Heer
1. Ek het so baie vyande, o Heer,
wat ook teen my in opstand kom.
Van hulle is daar baie wat beweer:
van God kom daar geen hulp vir hom.
2. Maar U, o Heer, sal U oor my ontferm.
Sal ek my oor die vyand kwel?
Aan alle kante sal U my beskerm,
my eer en aansien weer herstel.
3. Ek weet U sal my, as ek roep, verhoor
hoog op u berg wat heilig is.
As ek gaan slaap dan rus ek onverstoor,
omdat ek by U veilig is.
4. Al kom tienduisend man van oral aan
by U bly ek nog onbevrees.
Kom dan nou, Here, om my by te staan;
ek sal by U beveilig wees.
5. U het die vyand altyd nog verslaan;
die goddeloses is bestraf.
Ons is u volk, met wie dit goed sal gaan;
ons hulp kom van die Here af.
#4 Ps: Heer, hoor my roep in my gebede
1. Heer, hoor my roep in my gebede,
God van geregtigheid, hoor my.
Wees my genadig in die hede,
Heer, net soos ver in die verlede.
Kom my weer uit my nood bevry
Heer, luister nóú na my.
2. My vyand en my teëstander
het leuens lief en ook bedrog.
Kyk, julle maak my eer tot skande;
hoe lank voor julle gaan verander?
Hoe lank duur julle valsheid nog,
jul leuens en bedrog?
3. Weet tog: Vir een in die besonder
sal Hy sy weldade verrig.
Hy het my daarvoor afgesonder,
vir my bewerk die Heer ’n wonder.
My swaarkry sal Hy weer verlig
as ek my tot Hom rig.
4. As jy ontstel raak, wees dan lydsaam;
bly wat Hy voorskryf, onderhou.
Sondig dan nie en wees net swygsaam
en laat wat jou ontstig, verbygaan.
Bring offers soos verwag van jou
onfeilbaar is sy trou.
5. Vra nie: “Wie sal ons weer bemoedig
en sal dit met ons goed laat gaan?
Wie maak dit weer vir ons voorspoedig?”
U gun ons vreugde so oorvloedig;
u lig, meer werd as graan en wyn,
laat dít weer oor ons skyn.
6. Daar is nou niks wat ek ontbeer nie.
Tot diepe rus het ek bedaar.
Sag gaan ek slaap, niks druk my neer nie.
U waak oor my, niks kwel my meer nie.
U sal in onheil en gevaar
in vrede my bewaar.
#5 Ps: Gee, Here, aan my woorde aandag
1. Gee, Here, aan my woorde aandag,
sodat U my versugting hoor;
ek lê dit biddend aan U voor.
U antwoord bly ek soggens afwag,
God, in my onmag.
2. U duld geen onreg en geen kwaad nie;
wie trots is sal verneder word,
U sal hom in die afgrond stort.
In moordenaars het U ’n afsku
en leuenaars straf U.
3. Maar ek mag in u tempel ingaan;
u troue liefde gun my dit.
Ek mag met eerbied U aanbid
wanneer ek in u woning skuilgaan
wat vir my oopstaan.
4. Die goddelose kom in opstand.
Leer U my egter wat is reg.
Dryf dié wat kwaad praat van U weg.
Laat val deur eie hand die vyand
en breek hul teenstand.
5. Laat dié wat by U skuil nou bly wees
en van u goedheid, Here, sing.
Beskermend sal U hul omring.
Mag hul u liefde toegewy wees,
U hul naby wees.
#6 Ps: Moet, Here, my nie straf nie
1. Moet, Here, my nie straf nie;
wys my nie toornig af nie.
Genees my van die pyn.
Bewerk vir my bevryding,
verlos my van my lyding,
kyk hoe my liggaam kwyn.
2. Gee uitkoms, Here, help tog.
Moet ek meer ly, hoe lank nog?
Gaan U my leed aanskou?
Ek is verswak, bewoë
en dof is my twee oë.
Red my – U is getrou.
3. Hoe kan die mens wat dood is
u Naam bely wat groot is?
Wie prys U uit die graf?
Help my, die neergeslane.
My bed is nat van trane;
kom droog my oë af.
4. Gaan weg, my teëstander.
God het my lot verander,
Hom na my toegekeer.
My vyand sal beskaamd staan,
verslae van my weggaan –
God het hom afgeweer.
#7 Ps: Heer, by U soek ek beskerming
1. Heer, by U soek ek beskerming.
Red my van vervolgers, Heer.
Keer dat hulle my vernietig
soos ’n leeu sy prooi verskeur.
Het ek dalk ’n vriend benadeel?
As daar onreg aan my kleef,
às ek iemand kaal gestroop het,
laat ek dan sy wraak beleef.
2. Staan op, Here, in u gramskap,
laat u reg aan my geskied.
Neem u plek in bo die volke,
U wat reg oor hul gebied.
Gee dan uitspraak oor my onskuld,
U wat oor ons reg besluit;
oordeel oor die goddelose,
wis sy bose dade uit.
3. Hy, die helper van opregtes,
Hy, wat my beskermer is,
Hy, betroubaar as ’n regter,
Hy straf skuldiges gewis.
Keer op keer slyp Hy sy swaard weer,
span sy boog en lê dan aan.
Dodelik is al sy wapens.
Wie kan teen die Here staan?
4. Dié wat swanger is van onreg
bly oorvloedig leuens praat.
Hulle val deur eie boosheid,
deur geweld en eie kwaad.
Daarvoor prys ek God die Here,
Hy laat reg aan my geskied.
God se Naam, die Allerhoogste,
prys en loof ek in my lied.
8C Ps: U Naam is wonderbaar op aarde, Here
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. U Naam is wonderbaar op aarde, Here,
en verder weg, verby die verste sfere.
Hoe glansryk, Here, word u Naam vertel
deur alles in u hemelruim gestel.
2. Selfs kinders sing van
wat U als gemaak het,
van wat u hande skeppend aangeraak het.
’n Suigeling kan as getuie sing
en so u vyande tot swye bring.
3. U hemel, Heer, is vol van wonderwerke.
Ek sien aan ster en maan u vingermerke.
Hoe is die mens dan tog u gunsteling,
net bietjie minder as ’n hemeling?
4. U vestig hom as koning hoog verhewe;
U stel hom aan oor alle soorte lewe.
Met eer en aansien het U hom gekroon
en alles onderwerp U aan sy troon.
5. U laat hom heers oor alles: diere, vee,
voëls in die lug, die visse van die see.
Daarvan getuig die hele aarde saam:
Hoe wonderbaar, o Here, is u Naam.
8S Ps: O, Here God
{Teks: Lina Spies}
1. O, Here God,
u Naam is groot op aarde!
U hemelruim strek
tot die verste einders
Waar mense-oë
geen stippel meer gewaar,
daar straal en skyn
nog steeds u majesteit.
2. Na U, die God
so hoog bo ons verhewe,
styg daar ’n lied van dank,
u Naam ter ere
U lof uit kindermonde klink alom:
U haters swyg, U lasteraars verstom.
3. Sien ek die maan,
die sterre in hul bane,
weet ek, o Heer,
hul dra u vingermerke:
Hul skryf u Naam al
glinst’rend in hul gang;
hoe klein voor U die mens,
hoe sonder rang.
4. Hoe is dit dan
dat U tog na ons omsien,
die brose mens omstraal
met u nabyheid?
U maak ons sterk,
U kroon ons met u glans
Ons hoort by U
en word deur U omskans.
5. U stel ons aan
oor al u werke, Here,
oor als wat vry
en selfs verborge lewe:
die voëls wat in die ruim
hoog oor ons sweef,
en vis wat speel
in dieptes van die see.
6. O, Here God,
u Naam is groot op aarde!
U hemelruim strek
tot die verste einders:
Waar mense-oë
geen stippel meer gewaar,
daar straal en skyn
nog steeds u majesteit.
8T Ps: Daar is geen land so ver of woes geleë
{Teks: Totius}
1. Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid –
of orals blink u Naam en majesteit.
2. U het, o Heer,
wat troon oor alle dinge,
uit kindertaal en stem van suigelinge
u mag gegrond,
sodat die mens moet swyg wat,
hoog van hart uit wraakbegeerte dreig
3. As ek, o Heer, u nagtelike hemel daarbo
aanskou, die tint- en glansgewemel;
hoe, deur U toeberei, die skugter maan
met stille gang oor sterrevelde gaan –
4. wat is die mens dan dat U hom gedenk het
die mensekind wat U so ryk beskenk het!
Met eer en heerlikheid is hy gekroon,
skaars minder as die eng’le om u troon.
5. U laat hom heers.
Tot aan die verste strande
gebied hy oor die werke van u hande.
U het, o Heer, dit onder hom gestel,
dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.
6. Die os en skaap en wat in wildheid lewe,
die voëls wat deur hoë lugte swewe,
al wat deurkruis die paaie van die see –
tesaam het U dit in sy mag gegee.
7. Ja, daar’s geen land so ver of woes geleë
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid –
of orals blink u Naam en majesteit.
#9 Ps: Ek wil, o Heer, van blydskap juig
1. Ek wil, o Heer, van blydskap juig
en met my hele hart getuig,
vertel van al u reddingsdade,
U loof en sing van u genade.
2. Die vyand het voor U gewyk,
gevlug, gestruikel en beswyk;
die goddeloses is vernietig,
hul name uitgewis vir ewig.
3. Ek wil U, God, as regter prys,
U het u reg aan my bewys.
Wie op U steun, die bly behoue.
Ek stel in U al my vertroue.
4. Dis God wat oor ons lot besluit.
Hy spreek sy oordeel oor ons uit.
Oor almal voer die Here regspraak,
en Hy is billik in sy uitspraak.
5. Ons kan op U vertrou in nood;
wie by U skuil, word nie verstoot.
Wie na U soek, word nie verlaat nie,
nooit word hul in die steek gelaat nie.
6. Kom singend eer aan Hom betoon,
dié Here wat op Sion woon.
Vertel die volke van sy werke,
sy wonderdade sonder perke.
7. Wees my genadig, staan my by,
dat ek u weldaad kan bely.
U wat my uit die dood terugbring,
in Sion sal ek tot U eer sing.
8. Die nasies het verstrik geraak
in nette deur hulself gemaak;
dis hoe Hy Hom bekend gemaak het:
toe hulle sélf verstrik geraak het.
9. Die nasies wat van God vergeet,
maak hulle vir dood gereed,
maar dié in nood gaan nie tot niet nie,
hul hulpgeroep is nie verniet nie.
10. Vervul die heidene met vrees.
Laat hul deur U geoordeel wees.
Vernietig hulle trotse wense,
laat hulle weet hul is net mense.
#10 Ps: Waarom staan U dan ver weg, Heer
1. Waarom staan U dan ver weg, Heer,
u oog van my af weggekeer?
Die selfvoldane goddelose
vervolg die arme hulpelose.
2. Laat hy wat sluwe planne maak
dan self daarin gevange raak.
Homself verryk hy met bravade
en hy berokken ander skade.
3. Hy het vir U, Heer, geen ontsag,
U oordeel word deur hom verag,
want daarvan het hy geen besef nie,
hy dink geen onheil sal hom tref nie.
4. Hy pleeg bedrog, hy onderdruk,
hy moor, hy vrees geen ongeluk;
hy is oor onreg nie begaan nie
en sê: “God steur Hom nie daaraan nie.”
5. Kom tog, o God, en toon u mag
aan dié wat op u redding wag;
moet hulle, Here, nie vergeet nie;
tref dié wat niks van U wil weet nie.
6. Tóg is U oor ons leed begaan;
maak daar dan nou ’n einde aan;
help dié wat wees en wat verstoot is,
dié wat verdruk en wat in nood is.
7. Hoe durf die sondaar U verag?
Verbreek die goddelose mag.
Laat, Heer, geen misdaad ongestraf nie.
Sien van u tugtiging nie af nie.
8. Die Heer sal altyd koning bly;
sy land is van die vyand vry,
vry van die swaar omstandighede;
ons is verhoor in ons gebede.
9. Reg sal geskied aan dié in nood,
al is hul lyding ook hoe groot.
Ons sal nie sonder hulp meer wees nie
en niemand hoef meer íéts te vrees nie.
#11 Ps: By God sal ek beveilig wees
1. By God sal ek beveilig wees;
my skuiling is die Heer:
Hoe kan ek dan nog iemand vrees?
Wie durf dan nog beweer:
“Die goddelose spel gevaar,
hy hou die pyl reeds teen die snaar.”
2. “Om die opregte dood te maak,
span hy die boog en mik.
Vlug haastig, voor die pyl jou raak,
vlug berge toe van skrik.
Hoe kan jy jou teen hul verweer
wat wet en orde om wil keer?”
3. Hoe hemelhoog ook al sy troon,
Hy ken ons deur en deur:
Alsiende is Hy waar Hy woon,
Hy wat die mense keur.
Die goeie skei Hy van die kwaad.
Ek kan my op sy oog verlaat.
4. Hy haat die onreg en geweld;
regverdig is die Heer.
Die slegtes word met vuur vergeld,
God sal opregtes eer.
Wie lewe in regverdigheid
ervaar God se teenwoordigheid.
#12 Ps: Kom help ons tog, o Heer
1. Kom help ons tog, o Heer,
daar is geen vrome meer,
geen mens op wie ons nog kan steun;
hul mond versprei die leuen.
2. Want hul bedrieg mekaar,
is onberekenbaar;
dis mense wat mekaar mislei
met grootpraat en met vlei.
3. “Ons tong”, so word gesê,
“dis waar ons krag in lê;
ons lippe sal vir niemand stuit”.
O, Here, roei hul uit.
4. Hy sien die swakkes ly.
Dan tree Hy tussenby.
Hy sê: “Ek hoor die armes kla.
Ek red dié wat dit vra”.
5. Die woord van God is eg,
dit ruk die onreg reg,
dit kom soos silwer rein en puur
veredel uit die vuur.
6. Al pronk die leuenaars rond,
– hoe groot is hulle mond! –
oor dié wat na u uitkoms smag,
hou U, o Heer, die wag.
#13 Ps: Hoe lank gaan U, o Here, my vergeet?
1. Hoe lank gaan U, o Here, my vergeet?
Ek vra of U van my nog weet.
Hoe lank gaan U van my af weg bly kyk?
Moet al my dae kommervol verstryk?
Moet ek my planne self berei?
Hoe lank sal ek nog van die vyand ly?
2. Hoor na my smeking, Here, antwoord my
en kom my van die dood bevry.
Wek my weer op en sien my, God weer raak.
Wil my opnuut weer lewenskragtig maak.
Want anders sal die vyand juig
en van my sê: hy het voor my gebuig.
3. U, wat die God van liefde is en trou,
ek weet U sal my bly onthou.
Ek wil van my geloof in u getuig.
Ek sal oor u verlossingsdade juig,
omdat U uitkoms gee, o Heer,
en om u goedheid, God, wil ek U eer.
#14 Ps: Vol grootheidswaan en selfvoldaan
1. Vol grootheidswaan en selfvoldaan
ontken die dwaas dat God bestaan.
Die dwaas vernietig en doen kwaad;
voor God is dit ’n gruweldaad.
2. Die Here kyk neer van omhoog.
Wie is verstandig in sy oog?
Hoeveel is daar wat na Hom vra
en wat hul na sy wil gedra?
3. Nee, niemand nie, geen enkel een,
geeneen doen goed nie, daarenteen.
Die laaste een het afgedwaal,
ontaard, ja, almal het gefaal.
4. Hy straf dié wat die onreg stig,
dié wat my volk te gronde rig.
Dié wat die volk van God verag,
iets vreesliks gaan op hulle wag.
5. God staan die hulpelose by;
die dwase plan verydel Hy.
’n Toevlug vir regverdiges
is Hy, wat met die vrome is.
6. Ag, Israel, sien op na Hom.
Mag daar uit Sion redding kom.
Verander Hy sy volk se lot,
dan jubel Israel voor God.
#15 Ps: Wie laat U in u woonplek ingaan, Heer?
1. Wie laat U in u woonplek ingaan, Heer?
U berg is heilig, wie mag daar verkeer?
Hy wat hom onberispelik gedra,
hy het die reg om toegang, Heer, te vra.
2. Wie reg doen en hy
wat die waarheid praat,
word in u woning,
Here, toegelaat.
Teenoor sy medemens
doen hy geen kwaad
en van sy naaste
word nooit sleg gepraat.
3. Hy minag wie verwerp
word deur die Heer,
maar wie God dien,
aan hulle bring hy eer.
Hy bly standvastig
op sy woord gesteld.
Hy pers nie af nie,
weier omkoopgeld.
4. Aan geen onskuldige doen hy tekort
en niemand sal deur hom benadeel word.
Onwankelbaar is hy, hy is getrou,
hy wat al hierdie dinge onderhou.
16C Ps: Ek wil, o Here, u beskerming hê
1. Ek wil, o Here, u beskerming hê.
Behalwe U is daar niks goeds vir my nie;
“U is my God”, het ek vir U gesê.
“Aan U, o Heer, die Enigste, behoort ek.
My lippe sal geen ander naam bely.
By U soek ek my
toevlug, Heer, my skuilplek.”
2. Die valse gode wat my volk vereer,
geen offerbloed sal
ek vir hulle uitstort;
wie hul aanbid se smarte word net meer.
My lippe sal die name selfs nie sê nie
van daardie valse gode van die land;
met hulle wil ek niks te make hê nie.
3. U is my lewe want U sorg vir my;
U bring my, Here, tot die regte insig;
Wat ek besit, het ek van U gekry.
My deel is vir my ruimskoots uitgemete.
Selfs in die nag bly U my onderrig.
Wat mooi is, gun U
my – veel lieflikhede.
4. Voortdurend is die Here naby my.
U, Here, gee my aan die dood nie oor nie.
Ek is nou veilig, daarom is ek bly.
U onderwysings is my helder leidraad,
daarom sal ek nie struikel of ontspoor.
Die volle lewe gee U my in oormaat.
16K Ps: Heer, bewaar my dig by U
{Dieselfde wysie: 16, 137, 240, 578}
{Teks: Antjie Krog}
1. Heer, bewaar my dig by U;
by U vrees ek niemand nie.
Ek behoort alleen aan U;
niks is goed behalwe U.
Soveel afgode is daar,
soveel wat hul daarby skaar.
Nooit gaan ek met hulle saam;
op my lippe is u Naam.
2. Alles wat ek hier ontvang,
spreek van sorg, van u belang.
Pragtig is die deel, ek weet,
wat U sorgsaam vir my meet.
Elke insig vorm U;
snags vind ek: U praat met my.
Nooit sal ek weer struikel nie.
Altyd voor my, sien ek U.
3. Hier op aarde juig ek bly,
want die Here is naby.
Van die graf weerhou U my;
vir my trou beloon U my.
Leer my, Heer, hoe om te leef;
leer my in u blydskap leef.
Uit u hand kom lieflikheid.
Juig, juig tot in ewigheid!
#17 Ps: Gee regverdig uitspraak oor my
1. Gee regverdig uitspraak oor my
in my regsaak; Here, hoor my.
Help my as ek daarom vra,
hoor my in opregtheid kla.
Kyk maar of ek afgedwaal het
en in woord en daad gefaal het;
as U my sou toets en keur,
sou U niks verkeerds bespeur.
2. Toon u trou. Gun my u bystand,
wees my skuilplek teen die vyand.
Hoor my roep en antwoord my,
maak my van die vyand vry.
Wil my met u vlerke toevou,
soos u oog se appel toehou
en in tye van gevaar
teen die vyand my bewaar.
3. Hulle wat in trots my minag
en soos honger leeus my inwag,
sluit my in wáár ek ook gaan,
en geweld doen hul my aan.
Keer hul voor in hulle spore;
straf hul, Here, na behore.
Laat u swaard die vyand stuit,
red met eie hand my uit.
4. Wil hul lewens, Here, kortsny,
laat alleen hul oorskot oorbly.
Werp hul neer, versadig hul
met die onheil wat hul vul.
Gun my deur u reg u vryspraak;
U nabyheid sal my vry maak.
U sal my as ek ontwaak
met u beeld versadig maak.
#18 Ps: Ek het U baie lief, o Heer
1. Ek het U baie lief, o Heer.
my rots, my sterkte, my verweer.
U is my vesting, sterk gebou,
waar ek my veilig skuil kan hou.
My skild, U sal verlos en red
as ek, o Heer, U nodig het.
Wanneer die vyand my bespot,
roep ek, en U verlos my, God.
2. Ek was deur onheil swaar verskrik,
in bande van die dood verstrik.
Ek word in nood nie afgewys;
God hoor my roep in sy paleis.
In toorn het Hy gereageer
en stukke aarde omgekeer.
Hy het die berge aangeraak,
hul fondamente het gekraak
3. ’n Kolegloed wat vure stook,
het uit sy neus getrek in rook.
Toe daal Hy uit die hemel neer.
Vuur uit sy mond het als verteer.
Die waters wat die wolke vul,
het Hom in donkerte gehul.
Net soos ’n gerub sweef, kom Hy
op vleuels van die wind gery.
4. Toe, uit die gloed voor Hom, kom hael
en donderweer wat glans en straal.
Sy stem is daardeur ondersteun;
die hemel het daarvan gedreun.
Hy het die dieptes blootgelê
deur wat Hy in orkane sê.
Die vyand het verward gevlug
voor God se pyle uit die lug.
5. U het u hande uitgestrek,
my uit die waters opgetrek.
O Heer, van bo af het U my
só van die vyand dan bevry.
Hul magte het my aangeval,
maar, Heer, hoe groot en sterk ook al,
van hulle het U my bewaar,
in liefde het U my gespaar.
6. U het aan my laat reg geskied
omdat ek doen wat U gebied;
ek het getrou u wet bewaar,
my onskuld is deur U aanvaar.
Dit wat ek onderhou en eer,
kry ek van U terug, o Heer.
U liefde sal u volk bewaar,
maar U verwerp die huigelaar.
7. U kan my duisternis deurlig;
U laat ’n oormag voor my swig.
’n Stad se muur, hoe hoog ook al,
sal met u hulp, Heer, voor my val.
Die God op wie ons staat kan maak,
dié Heer se dade is volmaak,
sy woord is suiwer en dis waar.
Wie by Hom skuil, sal Hy bewaar.
8. Hy is ons God en Hy alleen
’n rots is Hy vir iedereen.
Die Here maak dit vir my goed
vlug soos ’n ribbok is my voet.
Op watter weg ek ook al gaan,
Hy laat my hoog en stewig staan.
Hy leer my hande oorlog maak,
my boog span styf, my pyl skiet raak.
9. Op U as redder kon ek leun,
u regterhand het my gesteun;
u hulp, o Heer, het my versterk,
’n vastrapplek vir my bewerk.
Ek het die vyand ingehaal
en uitgewis, ja, heeltemal.
U het my vir die stryd omgord –
die vyand het ineengestort.
10. Selfs U, o Heer, het stilgebly
toe hulle roep om hulp teen my.
Hul is gemaal en uitgestrooi
soos stof op winde uitgegooi.
Vertrap tot modder in die straat
is hulle ná die stryd gelaat.
Só, Here, het U my gered
van hulle opstand en verset.
11. Die vreemde volke kruip voor my
en hul erken my heerskappy.
Sodra hul my bevele hoor,
raak hul verskrik en gee hul oor.
U het hul onder my gestel,
my woord laat geld én my bevel.
Net U wat leef, net U, o Heer,
het my oor hul laat triomfeer.
12. U het teen die geweldenaar
U aan my kant as skild geskaar.
Daarvoor sal ek u Naam besing
en voor die nasies lof toebring.
God sal tot aan die laaste dag
aan Dawid en sy nageslag
vir altyd aan die koningskroon
van sy gesalfde trou betoon.
19C Ps: Die hemel bly vertel
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Die hemel bly vertel
hoe God deur sy bevel
sy handewerk verrig.
Daar klink van dag tot dag
oor God se skeppingsmag
welluidend ’n berig.
Die nagte sonder woord
sê dit voortdurend voort
van heinde en van verre.
Onhoorbaar, sonder taal
sweef helder dié verhaal
tot by die verste sterre.
2. Die son, die bruidegom,
’n tent is daar vir hom,
’n tentboog, opgeslaan.
Oos kom hy soggens uit
en niemand sal hom stuit,
want streng volg hy sy baan.
Oneindig ver en hoog
volg hy die hemelboog;
niks bring hom ooit van stryk nie.
Mens sien hoe hy verskyn
en anderkant verdwyn;
niks sal sy gloed ontwyk nie.
3. Volmaak is God se wet
wat lewenswysheid het
vir wie dit onderhou.
Wat God beveel, maak bly;
ons word daardeur gelei,
ons leer om koers te hou.
Wat wysheid is, gee God
aan ons deur sy gebod;
dis helder en betroubaar.
Goed is dit wat Hy eis:
ons moet Hom diens bewys,
standhoudend , onaantasbaar.
4. Wat God beveel, is reg,
dit wys vir ons die weg,
dit bring geregtigheid.
Soos goud, so kosbaar, goed,
soos heuning, smaaklik, soet
is hierdie heerlikheid.
Ons word deur U beloon
as ons U eer betoon
en luister na u eise.
U wet, Heer, spreek ons aan,
ons word daardeur vermaan,
dit rig ons lewenswyse.
5. As ek u wet vergeet,
hoe sal ek self kan weet
waar wyk ek daarvan af?
Wys U die weg vir my,
U wat my kan bevry;
weerhou van my u straf.
As ek die kwaad oorweeg
of onbewus dit pleeg,
wil U my dit vergewe.
Mag U behae hê
in wat ek dink en sê,
my Rots, my Heil, my Lewe.
19K Ps: Die hemel stort dit uit
{Teks: Antjie Krog}
1. Die hemel stort dit uit,
die aarde roep dit luid:
Gods hand het ons gemaak!
Dag meld dit teenoor dag,
nag fluister teenoor nag:
Tot eer van God gemaak!
So sonder stem of woord,
so sonder mens-akkoord,
weerklink die skepping: Eer Hom!
Oor alle grense heen,
niks is bestand daarteen –
deurstraal roep alles: Prys Hom!
2. Hoor, Hy beveel die son;
Hy weef ’n tent vir hom
waardeur hy glansend snel.
Ja, soos ’n bruidegom
wat uit sy kamer kom
met vuur van God vertel,
blý loop die son sy pad,
bly soos ’n held op pad,
verkondig hy Gods ere.
Sy glans het als oorwin,
smelt einde aan begin
vir hom is niks verborge.
3. U onderwysing Heer
herstel ons lewe weer:
U woorde is volmaak.
U wysheid vul ons hart
nooit klop dit weer verward:
U woorde is volmaak.
U eise hou ons rein
bring blydskap wat nooit kwyn.
Ons oë kyk met insig.
Die buig voor u gebod
verlig ons hart, o God –
u voorskrif is regverdig.
4. Hoe kosbaar bly u woord
deur eeue onverstoord
steeds duursamer as goud.
Hoe innig sê u woord
dat ek aan U behoort
U’s veel meer werd as goud.
Geen heuning proe so soet,
geen erts dra soveel gloed
as u bevel op aarde.
As kneg aan U getrou
sal U my onderhou –
deurdrenk met u genade.
5. My sondes bring ek nou,
ook wat onwetend klou,
o spreek my daarvan vry!
Ek bid: Laat my nie dwaal,
vergeef my andermaal.
Heers U alleen oor my!
Die woorde van my mond,
my hart se diepste grond
maak dít aanneemlik, Redder.
Ek het op U gebou;
my aan U toevertrou,
my Rots, ja, my Bevryder.
#20 Ps: Mag God u hoor in u gebed
1. Mag God u hoor in u gebed
en uit u nood u red;
mag hulp uit Sion vir u kom
vanuit sy heiligdom.
2. Die God van Jakob, eer sy Naam,
mag Hy u nooit beskaam.
Mag Hy u offers ook onthou,
aanneemlik dit aanskou.
3. Mag Hy u gun wat u begeer
en u laar triomfeer.
Ons sal die vaandels juigend dra.
Mag Hy gee wat u vra.
4. Hy laat, ek weet, hom triomfeer –
gesalfde van die Heer.
Omdat hy hulp van God verwag,
oorwin hy deur Sy krag.
5. Op strydwaens steun en roem party,
op perde wat hul ry,
maar ons vetrou op God se Naam –
Hy wat ons nooit beskaam.
6. Hy laat diesulkes ondergaan,
maar ons bly regop staan.
Ons stel vertroue in die Heer:
Hy werp die vyand neer.
7. Heer, laat die koning triomfeer,
vergun hom dit, o Heer.
Mag God ons hoor in ons gebed
en as ons roep ons red.
#21 Ps: O, Heer, die koning roem u mag
1. O, Heer, die koning roem u mag;
dis waaroor hy nou bly is
noudat die stryd verby is.
Hy het oorwin danksy u krag
waarvan hy nou getuig;
hy jubel en hy juig.
2. U het gegee wat hy begeer,
geluk en seën in oorvloed,
’n goue kroon en voorspoed,
’n lewe, lank en hoog geëer,
vol aansien en vol roem,
meer as wat jy kan noem.
3. Omdat U naby aan hom is,
gun U hom altyd voorspoed
en blydskap steeds in oorvloed.
U trou aan hom is onbetwis;
U sal hom vas laat staan,
dit met hom goed laat gaan.
4. U gryp die vyand met u hand;
u haters sal verslind word
wat deur u hand gevind word.
U vuur sal hulle dan verbrand.
So tref U hulle, Heer,
so sal U hul verteer.
5. U maak die aarde van hul vry,
van hulle nageslagte,
die kwaad van hul gedagte.
U is teen hulle voorberei;
hul planne, listig, boos,
is teen u magteloos.
6. Wanneer u boog na hulle mik,
dan seëvier u almag
en gee u krag die deurslag.
Jaag hulle op die vlug van skrik;
laat ons u roem besing,
aan U ons hulde bring.
#22 Ps: My God, my God, het U my dan verlaat?
1. My God, my God, het U my dan verlaat?
U antwoord nie op al my jammerpraat.
U bly bedags en snags U veraf hou.
U is tog heilig.
Daar waar U woon, is Israel beveilig.
U het gered, o God, in die verlede,
U het geluister na my smeekgebede.
U is getrou.
2. Ek is geen mens, ek is ’n wurm, o God.
Ek word bekyk, deur iedereen bespot,
ek word gehoon, deur almal uitgelag.
Waar’s sy Bevryder?
Laar Hy hom red, sy las van hom verwyder
Waarom, my God, het U my nou begewe,
ek wat van U, die oorsprong van my lewe,
my hulp verwag.
3. Hoe verder, Here, U van my af bly,
hoe nader kom dié wat my dreig aan my
en dit is U alleen wat my kan help.
Stel my nie bloot nie.
O Here, God, moet my nie meer verstoot nie
Hoe dreig hul my as hul om my ’n kring
vorm, as hul op my soos wrede diere
aanstorm. Ek is oorstelp.
4. My lewe is soos water uitgestort.
My hart het sag gesmelte was geword.
My beendere lê uitmekaar versprei.
Ek lê in skerwe. My tong is droog,
soos dié van een wat sterwe.
Hoewel ek diep, o Here, in die nood is,
laat U my eenkant lê asof ek dood is.
Help, Here, my.
5. Ek word deur wilde honde ingesluit.
Hul pynig my en deel my klere uit
en oor my mantel word nou al geloot.
Waar’s U, o Here?
Moet ek bly smeek, aanhoudend, hoeveel kere?
Verstoot my nie, laat my nie langer ly nie,
moet tog nie langer veraf van my bly nie.
Verdryf my nood.
6. My God het my verhoor in my gebed.
U, Enigste, wat my alleen kan red,
ek sal u Naam in die gemeente eer.
Toon aan Hom eerbied.
O Israel, kom sing vir Hom ’n loflied.
Hy het in nood ons nie vergeefs laat wag nie,
ons hulpeloosheid nie gering geag nie.
Kom, loof die Heer.
7. Die hele aarde sal die Here eer,
en alle volke hul tot Hom bekeer,
en almal sal sy Koningskap bely.
Hy heers oor almal.
Die sterflikes sal almal voor Hom neerval,
en die geslagte, nou nog ongebore,
kom wel van sy verlossingsdaad te hore.
Die Heer bevry.
23C Ps: My Heer, my Herder, laat my niks ontbreek nie
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. My Heer, my Herder, laat my niks ontbreek nie.
Daar waar dit groen in oorvloed is, daar mag ek wei.
Hy sorg vir my, laat my nooit in die steek nie.
Na waters van die rus word ek deur Hom gelei.
Hy lei my altyd op die regte weë
ter wille van sy Naam volg ek gedweë.
2. Ek sal die dood se donker dal nie vrees nie.
Ek moet daar deurgaan, maar ek weet U is by my.
Alleen en sonder U sal ek nooit wees nie
en in u hande sal ek altyd veilig bly.
Geen duisternis vrees ek en ook geen kwaad nie
want u vertroosting sal my nooit verlaat nie.
3. Totdat dit oorloop, Heer, vul U my beker.
’n Feesmaal word vir my as eregas berei.
Van gasvryheid word ek deur U verseker.
U salf my hoof, u tafel is oorlaai vir my
Ek bly by U, Heer, in u huis van voorspoed
en lewenslank deel ek daar in u oorvloed
23S Ps: Die Here is my herder en bewaarder
{Teks: Lina Spies}
1. Die Here is my herder en bewaarder:
Ek kom niks kort nie; daar is niks wat my ontbreek.
In groene weiveld en by stille water
laat Hy my uitrus in ’n bar en dorre streek.
Die steiltes ken Hy en die skerpste draaie:
Hy rig my altyd op die regte paaie.
2. Nie een sal U ooit van u skaap berowe:
U is by my in diep en donker klowe,
wanneer ek afdwaal, haak u staf my nader
en met u stok verdryf U die gevare.
By U is ek beveilig en geborge:
Bevry is ek van vrese en van sorge.
3. U dek in my teenwoordigheid ’n tafel:
My vyande kyk toe en staan verslae!
U vul my beker, voed my en verheug my;
u goedheid volg my al my lewensdae.
Ek ken u liefde en u gunsbetoning
en bly ’n leeftyd, Here, in u woning.
23T Ps: Net soos ’n herder
{Teks: Totius}
1. Net soos ’n herder
uittrek met sy skape
en hul laat neerlê
in die veld van milde groen,
met sagte hand hul
lei langs stille waters –
so is die Heer,
so het Hy ook aan my gedoen:
Hy laaf my siel
en lei my swakke skrede
in vaste spoor van sy geregtighede.
2. En is ek soos ‘n
skaap in doodsgevare,
wat in die velde
as ’n prooi van wolwe gaan,
en moet ek in die doodsdal,
diep en donker,
van alle hulp ontbloot,
in my alleenheid staan –
dan nog ken ek geen
doodsvrees of verskrikking,
omdat u staf my
troos is en verkwikking.
3. U bring vir my
die tafel in gereedheid,
my hoof druip olie
en my beker vloei van wyn,
’n bron van goedheid
stroom vir my gedurig;
dit is my gees ’n vreug,
my vyande ’n pyn;
dit kroon my lewe met u welbehae;
en in u huis,
daar bly ek al my dae.
#24 Ps: Die aarde is Gods eiendom
1. Die aarde is Gods eiendom,
en als daarop behoort aan Hom.
Hy het in waters van die see
’n vaste grond daaraan gegee.
2. Wie sal dan na sy berg mag gaan
en in sy heiligdom gaan staan?
Dié met die hande skoon en rein,
die suiwer hart mag daar verskyn.
3. Die Heer laat reg aan hul geskied
wat vra na wat sy wil gebied.
Dis hulle wat tot die geslag
van Jakob hoort wat op Hom wag.
4. O poorte van sy heilgdom,
die Magtige wil binnekom.
Hy is geweldig, sterk is Hy.
Gaan oop, o poorte, en wees bly.
5. Wie is dié Koning? Laat Hom in,
Hy wat in elke stryd oorwin.
Die Here wat almagtig is,
deur Hom word elke stryd beslis.
6. O poorte van sy heilgdom,
die Magtige wil binnekom
Hy is geweldig, sterk is Hy.
Gaan oop, o poorte, en wees bly.
7. Wie is dié Koning? Laat Hom in,
Hy wat in elke stryd oorwin.
Hy is geweldig, magtig, sterk.
Sy heerskappy is onbeperk.
25C Ps: In U stel ek my verwagting
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. In U stel ek my verwagting
en ek rig my tot U, God.
Laat die vyand met veragting
my, o Here, nie bespot.
Dié wat U vertrou en eer,
hul word nie deur U beskaam nie.
Skande kom hul toe, o Heer,
wat nie prys stel op u Naam nie.
2. Wil, o God, my op u weg lei.
Maak u wil bekend, o Heer.
Rig my voet en onderrig my;
wil my in u waarheid leer.
Niks sal anders my kan red
as u liefde en u trou nie.
En wat ek gesondig het,
moet dit nie teen my bly hou nie.
3. Hy wat goed is, heers regverdig,
doen aan hulpeloses reg;
Hy wat Hom selfs dít verwerdig:
sondaars lei Hy op sy weg.
Liefde, goedheid, reg en trou
is die weg wat God bewandel;
op sy pad sal Hy húl hou
wat na sy gebooie handel.
4. Heer, vergewe my my sonde,
net ter wille van u Naam.
Jonk was ek en onbesonne –
maak my, Here, vry van blaam.
Almal wat die Here dien,
húlle is Hy toegeneë.
Wie in Hom hul Redder sien,
hou Hy veilig op sy weë.
5. Sien my aan in u genade.
Ek is eensaam en verstoot.
Doen aan my u wonderdade
in my allergrootste nood.
Maak my van die vyand vry,
wil my sondes my vergewe.
Kyk hoe sleg gaan dit met my.
Laat my in opregtheid lewe.
6. Laat my dan beskaamd nie staan nie,
want ek skuil by U, o Heer.
Laat my nie te gronde gaan nie,
U alleen is my verweer.
Kyk, die vyand haat my fel;
ek is swaar belaai en sondig.
Red die ganse Israel.
Dan sal ons u trou verkondig.
25T Ps: Tot U hef ek hart en hande
{Teks: Totius}
1. Tot U hef ek hart en hande;
op U, Heer, verlaat ek my;
laat die vyand oor my skande,
oor my val, hom nooit verbly.
Ja, U sal hul nooit verlaat
wat in u vertroue wandel,
maar U dek hul met u smaad
wat hier trouelooslik handel.
2. Leer my, Heer, u regte weë,
wys die regte pad my aan;
maak my hart daartoe geneë,
om met lus daarop te gaan.
Wil my deur u waarheid leer,
lei my dwalende gedagte;
wanr U is my heil, o Heer!
U is ek altyd te wagte.
3. Dink aan my in mededoë
as ek biddend voor U pleit;
milde hande, vriend’like oë
is by U van ewigheid.
Dink nie aan die sondes meer
van ’n yd’le jonkheidslewe;
wil tog, om u goedheid, Heer,
ál my sondes my vergewe!
4. God is goed in al sy handel,
en sy pad is enkel reg;
daarom laat Hy sondaars wandel
in die waarheid van sy weg.
Hy sal met sy hand hul lei
wat verdwaal was en verlore;
wie sagmoedig is, laat Hy
wandel op sy regte spore.
5. Ja, Gods weg is goedheid, klaarheid,
en sy werk altyd getrou
vir wie wandel in sy waarheid
en op sy beloftes bou.
Wil my dan, u Naam ter eer,
al my sondeskuld vergewe;
want ek het teen U, o Heer,
swaar en menigmaal misdrewe!
6. Wie’s die man wat hier benede
in Gods vrees sy weg wil gaan?
God sal self sy wank’le skrede
voortlei in die regte baan.
Al wat goed is, sal Gods hand
hom in stilheid laat verwerwe;
en die lank beloofde land
sal sy nageslag beërwe.
7. Gods geheim’nis is die lewe
vir wie wandel in sy vrees;
en Hy ’t sy verbond gegewe
om vir hul ’n lig te wees.
’k Hou my oë op die Heer
wat my so getrou gelei het,
want Hy voer my voete weer
uit die net wat hul gesprei het.
8. O my God, ontferm U oor my
in my diepe ongeluk;
eensaam is ek – o verhoor my! –
gans ellendig en in druk.
Om my heen, aan alle kant,
is die skrik van duisend dode;
laat dan, Heer, u regterhand
my verlos uit al my node.
9. Slaan op my ellende u oë,
hoor my, Heer, uit medely;
neem my sondes uit meedoë
almal weg, vergeef dit my!
Heer, aanskou die leërmag
wat om my vermenigvuldig,
want hul lê op my en wag –
vol van haat en ongeduldig.
10. Red my van geweldenare;
’k steun op U in teëspoed.
Laat opregtheid in gevare,
met die onskuld, my behoed.
Red u volk, o troue Heer,
uit die hand van sy bestryder,
en wees Isr’el immermeer
’n genadige bevryder!
#26 Ps: Laat reg aan my geskied, o Heer
1. Laat reg aan my geskied, o Heer;
in onskuld kom ek my verweer.
Want ek het tog op U vertrou.
U kan my toets, U kan my keur;
kom, ondersoek my deur en deur.
Ek lewe immers deur u trou
en laat my deur u liefde lei.
Laat reg, o Heer, geskied aan my.
2. Diè mense word deur my vermy;
hul wat ’n valse lewe lei,
en almal wat bedrieërs is,
die agterbakses van gedrag,
hul wat geregtigheid verag,
wat goddeloos is en vol lis.
Dié mense word deur my vermy.
Ek bly van sulke sondaars vry.
3. Van skuld skeld U, o Heer, my kwyt,
o Here van geregtigheid.
Ek gaan my tot u altaar keer
en van u wonders daar vertel,
ek sal dit daar bekend gaan stel.
Ek het u woonplek lief, o Heer,
die tuiste van u heerlikheid,
waar ek onskuldig voor U pleit.
4. Van kwaaddoeners hou ek my vry,
die valses, dié wil ek vermy,
die sondige, die moordenaar,
hy wat met geld hom om laat koop;
ek sal nie op hul paaie loop.
Ek pleit dat U my lewe spaar.
As U die sondaar om laat kom,
laat my nie sterwe saam met hom.
5. Maar ek, onskuldig is ek, Heer.
Gee tog gehoor aan my verweer
en luister, God, na my gebed.
Ek sal dan vorentoe kan kyk
en sien hoe strek my pad gelyk.
As U my uit genade red,
sal ek u Naam, o Here, prys;
U, waar ons saamkom, eer bewys.
27C Ps: God is my lig
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. God is my lig;
ek sal geen vyand vrees nie;
wie by Hom skuil,
hoef nie verskrik te wees nie.
Dié wat my dood
wil maak, God sal hul keer,
Hy laat hul struikel,
en Hy slaan hul neer.
2. Daar is een saak
wat ek van God gevra het,
een enkel ding,
wat ek steeds nageja het:
My lewe lank sal ek by Hom wil woon,
en mag Hy daar sy goedheid aan my toon.
3. Beveiliging by Hom teen onheil soek ek
Met sorg sal Hy my in sy woning toedek.
Die Heer sal my beveilig teen gevaar;
hoog op ’n rots sal Hy my trou bewaar.
4. As ek oorwin,
sal ek tot God se eer sing
en na sy huis my offers
vir die Heer bring.
Ek sal Hom prys
met die trompetgeklank,
Hom in sy woning
lof bring en Hom dank.
5. Ek soek U, Heer,
ek vra U:Hoor en sien my
Ek doen nou dit
wat U beveel het:”Dien My”
U wat sal sorg,
al is ek ouerloos,
net U alleen kan help,
kan red, kan troos.
6. Gee tog, o Heer,
die vyand nie hul sin nie,
laat hulle my
nie met geweld oorwin nie.
Help my teen wie
met valsheid my beveg.
Leer my u wil,
wys my die regte weg.
7. In my bestaan kon ek dit self belewe:
Die Here het met goedheid my omgewe.
Ek weet dit, ja, ek glo dit:God is goed.
Dit gee ons troos, dit gee ons altyd moed
8. As Hy sy guns aan my nie toegemeet het
as ek dit self nie alte goed geweet het
Hoe sou ek dan tog anders klaar kon kom?
Wees sterk, hou goeie moed, vertrou op Hom
27S Ps: God is my redder en my lig
{Teks: Lina Spies}
1. God is my redder en my lig,
vir wie sal ek vervaard wegvlug?
As Hy my pad deur donker baan,
vir wie sal ek verskrik bly staan?
Kom bendes aangeloop
om my tot been te stroop;
Hy wat die sterre tel;
bewaar sy kind van val:
wie onrus stook, dié vel Hy neer.
2. Wanneer ek in die noute raak,
stuit God die aanval, keer die haat!
As ek my aan Hom toevertrou,
sal Hy my in sy skuilplek hou.
Op dae van gevaar,
is God, my helper, daar.
Al staan ’n leërmag klaar,
ek word deur Hom bewaar;
ek loof Hom met my lied en lier!
3. Een ding het ek van God begeer
om in sy huis van Hom te leer;
om daar sy goedheid te beleef
van al sy guns en glans omgeef.
Met stem en met trompet
juig ek: “Die Here red!”
Ek laat my lied weerklink
hier waar dit om my blink
in God se tempel waar Hy woon.
4. Verhoor my, Here, as ek roep,
laat kniel my in u suiwer gloed!
Verhef my op ’n vaste rots,
dan kyk ek op my vyand af.
Ek maak my nood bekend,
ek sal my tot U wend,
só eer ek u gebod,
só bly U steeds my God,
beskikker wat my veilig lei.
5. As vader, moeder my verlaat,
is God my troos en toeverlaat.
U wat my laaste toevlug is,
vra ek om raad en onderrig.
Sal U die weg aanwys
vir hierdie lewensreis?
Die vyand wil met lis,
geweld teen my aanhits;
laat hul nie vals teen my getuig.
6. As ek nie lewe in geloof,
word al my lewensmoed gedoof.
Omdat God seën en lei en leer,
wil ek Hom reeds op aarde eer.
Voel ek opnuut ontstig,
sal ek my hart betig:
alleen God heers en rig,
net Hy kan gee of neem;
wag op die Here en die lig!
#28 Ps: Hoor hoe ek roep, my Rots, my Heer
1. Hoor hoe ek roep, my Rots, my Heer.
Moet nie u oor van my af keer;
As U my onverhoord verstoot,
my God, is ek so goed as dood.
2. Hoor, Here, as ek roep en smeek
met hande biddend uitgesteek
na waar my hulp van U af kom
uit u verborge heiligdom.
3. Die werkers, Here, van die kwaad,
wat valse vriendskapspraatjies praat,
dié wat u handewerk verag,
vergeld hul volgens hul gedrag.
4. Hy hét my stem wat smeek verhoor.
Daar loof ek God die Here voor.
Ek het Hom altyddeur vertrou,
Hy is die rots waarop ek bou.
5. Die Here is sy volk se krag.
Hy dra dié wat sy hulp verwag.
Heer, seën wie na U toe kom,
wees herder vir u eiendom.
#29 Ps: Prys die Here, hemelinge
1. Prys die Here, hemelinge,
Hy verskyn in al sy mag.
Prys die Heer van alle dinge,
buig jul neer voor sy gesag.
2. Hy, bewerker van die donder,
praat deur onweer hard en luid,
en tot op die waters onder
klink sy stem vol majesteit.
3. God se stem laat blitse lewe;
daarmee kloof Hy seders oop.
Hy laat die woestyne bewe,
berge gaan voor Hom op loop.
4. Wilde bokke laat Hy opruk –
Hy jaag hulle uitmekaar;
God se stem kan bosse kaal pluk –
kaal gestroop van bas en blaar.
5. Bo die waters is sy woning.
Almal eer Hom met ontsag.
ewig heers Hy as die Koning.
Vrede vind sy volk, en krag.
#30 Ps: Ek wil u lof verkondig Heer
1. Ek wil u lof verkondig Heer.
U het die vyand afgeweer.
My dood wou hul met leedvermaak,
met blydskap en met vreugde smaak.
Ek moes al weggeneem gewees het
toe U my van die dood genees het.
2. Dié wat Hom dien, besing sy eer.
Sing van die Naam van God, die Heer.
Sy gramskap duur haas ongemerk,
sy goedheid, egter, onbeperk.
Al was daar gisteraand nog hartseer,
vanoggend hoor mens ons gelag weer.
3. Terwyl dit goed bly gaan met my
dag ek dat ek sal staande bly.
Toe U van my u hand onttrek,
moes ek my swakheid, Heer, ontdek.
Hoe groot na U was my verlange;
ek het geroep, van vrees bevange.
4. “As ek moet ingaan in die graf
hoe kan dit wins vir U verskaf?
Hoe word U, Heer, geprys deur stof,
u trou verkondig en u lof?
O hoor my, God van wonderdade,
bewys my, Here, u genade.”
5. Eertyds was ek in rou geklee,
maar U het vir my ingetree;
ek was bedroef, ek het getreur,
maar U het my weer opgebeur.
Ek dans in feestelike klere.
Ek loof U luid en hardop, Here.
#31 Ps: By U, o Here, soek ek skuilplek
1. By U, o Here, soek ek skuilplek.
Bevry my deur u trou.
Verhoor my, help my gou.
Wil tog u hande na my uitstrek.
U is my rots, my, vesting
my toevlug en my redding.
2. Ek stel my in u hand vir leiding.
Ter wille van u Naam
sal U my nie beskaam.
Deur U is daar vir my bevryding.
Verlos my uit die vangnet
wat hul vir my gespan het.
3. Vir afgodsdiens het ek veragting,
maar U bly ek vertrou.
U het my vasgehou.
In U, Heer, stel ek my verwagting.
Vry van die vyand gaan ek,
beveilig na my staanplek.
4. Ek lê versmaai, ’n ding daar eenkant,
bespot en uitgeteer.
Teen my word saamgesweer.
Die mense hou my op ’n afstand;
op straat vlug hulle voor my
daar staan ek sonder meely.
5. Sien, Here, my in my ellendes,
vergete, asof dood;
onthou my in my nood.
’n Skrik is ek vir my bekendes,
’n spot vir teëstanders,
só erg het ek verander.
6. Heer, in u hande is my tye,
moet my tog nooit verlaat,
Hoor hoe ek pleitend praat.
Bring die wat leuens praat tot swye.
Heer, red my uit die hande
van valse teëstanders.
7. U goedheid, Here, is oneindig
vir hulle wat U dien
en almal kan dit sien.
Want u teenwoordigheid beveilig;
U is vir ons ’n wering
teen kwaad en sameswering.
8. Al was die dreiging hoe gevaarlik,
U het my weggesteek
toe ek om hulp kom smeek.
U trou in nood is wonderbaarlik.
Vir gunste menigvuldig
is ons U dank verskuldig.
9. Betuig jul liefde vir die Here.
wees sterk, hou goeie moed,
vertrou Hom, God is goed.
Hou nederig sy Naam in ere.
Wie teen Hom opstaan, sondig.
Laat ons sy lof verkondig.
#32 Ps: Gelukkig is die mens wat Hy vergewe
1. Gelukkig is die mens wat Hy vergewe;
hy sal die Heer se goedheid bly belewe.
Hy wat oortree se skuld word uitgewis
as hy opreg en sonder valsheid is.
Ek was soos een wat baie nood gely het
solank ek oor my sonde stilgebly het.
Heeldag het ek om hulp geroep, o Heer,
my liggaam was vermoei en uitgeteer.
2. Hoe salig dat U my van skuld bevry het
toe ek voor U my sondelas bely het.
Ek het gevra:”My God, skeld my dit kwyt:
my opstand en my ongeregtigheid.”
U het vergeef en, Heer, om hierdie rede
soek dié wat glo U op in hul gebede,
en elkeen wat in tyd van nood verkeer
en U vertrou, sal op U steun, o Heer.
3. In watervloed sal
Hy die hande uitstrek
Hy is vir my in
alle nood ’n skuilplek;
ek word deur sange van triomf omring;
teen onheil is Hy my beveiliging.
Wees nie ’n muil wat
teen die leisels rem nie
en wat hom nie deur
toom en stang laat tem nie.
Die goddeloosheid lei tot baie smart.
Laat lei jou daarom deur ’n wyse hart.
4. Ek wil jou, vrome,
op die regte spoor hou,
jou onderrig,
die goeie aan jou voorhou;
hoe jy die weg moet volg,
wil ek jou leer
Ek gee jou raad,
vertrou net op die Heer.
Verbly jul in die Here, singend, juigend.
Opregtes, sing, van God se trou getuigend;
wees bly en sing, dié wat op Hom vertrou.
Die Here sal met liefde jul omvou.
33C Ps: Sing juigend, sing ’n nuwe loflied
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Sing juigend, sing ’n nuwe loflied.
Besing opnuut die Heer se Naam;
bring nou ’n lofgesang met eerbied
soos dit gehoorsames betaam.
Net deur sy gedagte is die Heer by magte
om te laat geskied.
Wat Hy doen, duur ewig. Vas staan dit en stewig
soos Hy dit gebied.
2. Hy is vol liefde, vol genade,
en Hy laat geld dit wyd en syd.
Standvastig is sy trou, sy dade,
en Hy bemin geregtigheid.
Slegs deur ’n gedagte was die Heer by magte
om te laat ontstaan:
al die helder, verre, glinsterende sterre
en die helder maan.
3. Die see se vloed het Hy laat saamkom.
Hy hou die waters in een plek.
Bewoners van die aarde, dien Hom –
Hy wat ontsag by almal wek.
Deur sy skeppingsopdrag, deur sy woord se almag
kom die skepping voort.
Almal moet ontsag hê as daar soveel krag lê
in die Heer se woord.
4. Vir ewig sal sy plan bly vasstaan
tot in die verste nageslag.
Die nasies sal Hy laat tot niet gaan
as hulle steun op eie mag.
Hulle wat getrou bly, hulle onderhou Hy,
Hy sal hulle seën.
God se volk leef sorgvry, want vir hulle sorg Hy
deur geslagte heen.
5. Vanuit sy woonplek hoog verhewe
sien Hy, die Koning, almal raak.
En Hy kyk af op alle lewe,
want alles is deur Hom gemaak.
Alle kundighede, alles hier benede
is deur Hom gemaak.
In sy alvermoë sien sy wyse oë
al ons dade raak.
6. ’n Vors oorwin nie deur sy magte –
wat baat die grootheid van sy leër?
Hy wen nie deur die perd se kragte.
Wie triomfeer, steun op die Heer.
En na dié wat Hom dien, sal die Here omsien,
Hy sal hul behou.
Hul sal deur sy krag wen, hulle wat sy mag ken
en daarop vertrou.
7. Die Here gee ons sy beskerming,
Hy sal sy oog op ons bly hou;
ons stel ons hoop op sy ontferming;
ons sal op Hom, ons hulp, vertrou.
God se Naam is heilig, by Hom is ons veilig;
Hy sal altyd red.
In ons vreugde lag ons, op sy goedheid wag ons,
hoopvol in gebed.
33T Ps: Sing vrolik, hef die stem na bowe
{Teks: Totius}
1. Sing vrolik, hef die stem na bowe;
regverdiges, verhef die Heer!
Dit pas opregtes God te lowe
en uit te jubel tot sy eer.
Laat die psalmgesange –
stem van sterk verlange
om die Heer te dank –
by die smeltendskone
harp- en sitertone,
liefde en lof verklank!
2. Sing nuwe sange, nuutgebore
uit aandrif van die skoonste kuns;
trompetgeklank deur tempelkore
moet danksê vir Gods nuwe guns.
Wat ons toegeseg is
in Gods Woord wat reg is,
het ons hart verbly;
en Gods almagsmerke
sien ons op sy werke –
waar en reg soos Hy.
3. Hy min die reg in alle dinge,
want enkel waar en reg is Hy;
tot by die aard’ se verste kringe
sien ons sy goedheid uitgesprei.
In sy alvermoë
het Hy hemelboë
deur sy woord gestig;
deur sy Gees ’n ganse
leërskaar van glanse
skitt’rend aan laat lig.
4. Hy laat die wilde wêreldseë
geweldig aanswel tot ’n hoop;
in voorraadskuur, omlaag geleë,
stuit Hy die waters in hul loop.
Voor Hom, Skepper-Here
van die see en mere,
van wat is en leef,
moet die verste strande,
volke in al die lande
skrikverslae beef.
5. Die Heer se woord is skeppingsmagtig
wat lewe uit die dood gebied.
Hy spreek –
dit staan daar lewenskragtig,
Hy roep net en dit het geskied.
Nasies en tiranne
smee verniet hul planne
in die vlam van haat.
Hy wat groot van mag is,
weet wat daar bedag is
en verbreek hul raad.
6. Die Heer se raad word nooit gekeer nie;
dit sal bestaan in ewigheid.
Teen sy besluit is geen verweer nie;
bestendig duur dit vir altyd.
Salig wie tevore
deur Hom is verkore
as sy erf en lot;
wie so hoog geëer is,
dat dié Heer húl Heer is
en dié God húl God.
7. Die Heer wat bo die wentelkringe
van son en maan sy rykstroon stig,
aanskou die mense en alle dinge –
daar ’s niks bedek voor sy gesig.
Uit sy vaste woning
waar Hy heers as Koning,
sien Hy, Skepper-Heer,
uit oneindig hoë
blou-deurglansde boë
op sy skepsel neer.
8. Die Heer skou uit die hoë hemel
en sien die mensekinders aan;
Hy ken hul hart, oor hul gewemel
laat Hy sy heil’ge oë gaan.
Magtige oorlogsvolke,
boë, skilde, dolke,
blinkende oorlog-staal –
duisende uitgetelde
manne, stryders, helde
bring geen seëpraal.
9. Die oorlogsperd kan nie behou nie,
hoe hy ook aanstorm met geweld;
hy red nie met sy ysterklou nie
wat grimmig neerdreun op die veld.
Maar die Heer se oë straal met mededoë
op wie, klein van krag,
voor Hom stilverslae in hul donker dae
op sy grootheid wag.
10. Sy arm ontbloot Hy uit die hoogte
en red hul siele van die dood.
Hy sorg vir hul by somerdroogte,
in sware tyd en hongersnood.
In die grootste smarte
bly nogtans ons harte
op die Heer vertrou.
Hy, ons skild, Hy wyk nie,
en ons hulp beswyk nie
waar ons hart op bou.
11. In God, dié God wat ons beveilig,
voel nou ons hart opnuut verblyd;
en op sy Naam, ontsaglik heilig,
vertrou ons tot in ewigheid.
Goedertieren Vader,
hoor ons as ons nader
met ’n diep ontsag;
slaan ons gunstig gade,
skenk ons u genade
as ons op U wag!
#34 Ps: Ek sal Gods lof bly noem
1. Ek sal Gods lof bly noem,
ek sal die Here prys;
altyd bly sing ek van sy roem,
ek sal Hom eer bewys.
2. Ootmoediges is bly –
en almal sal dit hoor.
Die Heer is groot, sing saam met my,
wees almal bly daaroor.
3. Ek was in doodsgevaar,
Hy het my roep gehoor –
my lewe is deur Hom gespaar,
ek prys sy Naam daarvoor.
4. Hul oë straal en lag –
wie ly, sien op na Hom;
wie swaarkry en sy hulp verwag
vir hul sal uitkoms kom.
5. Hy slaan sy laer op,
kom, ondervind en sien:
Hy red die mens wat wag daarop,
hom wat die Here dien.
6. Dien God, want Hy is goed.
Hy is jou toevlugsoord.
Hy sal dié met sy goedheid voed
wat aan die Heer behoort.
7. Sy hand sal jou bedek
as jy in nood verkeer –
hul ly aan goedheid geen gebrek,
die dienaars van die Heer.
8. Hoor, ek wil julle leer:
Bly ver weg van die kwaad;
dié wat geregtigheid begeer,
hou op om kwaad te praat.
9. Hy help regverdiges.
Doen goed, jaag vrede na.
Kwaaddoeners, dié word uitgewis
en laat geen teken na.
10. As hulle teenspoed ly,
help Hy gebrokenes.
God sal hul in hul nood bevry
as hul regverdig is.
11. Hul word dan vrygespreek,
want God sien na hul om;
geen van hul bene word gebreek –
van hul wat roep na Hom.
12. Die daders van die kwaad
sal ondergaan en ly,
omdat hul die opregtes haat.
Sy dienaars maak God vry.
#35 Ps: Behartig tog, o Heer, my saak
1. Behartig tog, o Heer, my saak
teen dié wat klagtes teen my maak;
gryp skild en spies,
laat hul beskaamd staan.
Heer, laat u Engel hulle jaag
soos kaf waai in die wind se vlaag;
laat hul ontnugter op die vlug slaan.
2. Maar ek sal in die Here juig
en van sy redding luid getuig:
“Hy breek die sterkste in sy oormag.”
Van almal voel ek my verlaat.
My goedheid word beloon met kwaad.
My goeie dade word geminag.
3. Met ander het ek saam getreur,
hul in hul lyding opgebeur,
net soos vir my familielede.
Kom red my Heer, ek sal U prys;
my dank voor die gemeente wys.
Verhoor, o Here, my gebede.
4. Tree in vir my, beskerm my, Heer,
teen hulle wat my vals blameer.
U sien dis nié soos hulle sê nie.
Laat reg, o Heer, aan my geskied;
Voorkom dat hul my leed geniet,
want hulle wil nie vrede hê nie.
5. Laat dié wat leed begeer vir my,
laat hulle self daaronder ly.
Laat vriende jubel oor my vryspraak.
Ek sal vertel, Heer, van u trou
en altyd sal ek dit onthou.
My tong sal onvermoeid U grootmaak.
#36 Ps: Só wil die goddelose wees
1. Só wil die goddelose wees:
praat kwaad van hulle wat hy haat.
en hy verwerp wat reg is.
Wie oor homself net vleitaal praat,
Voor God kom staan hy sonder vrees
Hy kies die pad wat sleg is.
Kwaadwillig is dit wat hy sê,
bedink dit selfs as hy gaan lê.
Hy kom teen God in opstand.
In alles wat hy doen of laat,
laat hy hom voorsê deur die kwaad.
Dit voer in hom die oorhand.
2. Hoog bo die wolk en berg, o Heer,
vér reik tot in die hemelsfeer
u liefde, trou en regspraak.
Geen plek is vir U afgeleë.
Selfs in die dieptes van die see,
selfs dáár geld nog u aanspraak.
Vir mens en dier, Heer, is U goed.
U goedheid is ’n watervloed.
Uit U ontstaan die lewe.
U is dit wat ons onderhou.
Hoe kosbaar is u huis, u trou,
u lig wat ons omgewe.
3. Laat, Heer, u liefde by hul bly,
by hulle wat u Naam bely,
wat U erken, u Naam vrees.
Gun die opregtes, Heer, u trou.
As U van hul u hulp weerhou,
wie sal oor hul begaan wees?
Laat skyn oor ons u aangesig
ons sien slegs in u lig die lig.
Laat my nie ondergaan nie.
Die trotse ongeregtiges
hul sal bly lê net waar hul is
en nooit weer op kan staan nie.
#37 Ps: Dié wat oneerlikheid begaan
1. Dié wat oneerlikheid begaan,
soos gras sal hulle gou vergaan;
só kwyn wie kwaad aan ander doen,
soos gras, al was dit ook hoe groen.
2. Waarom sal jy jou dan ontstel
en oor hul wangedrag jou kwel?
Doen dit wat goed is soos dit hoort
en woon en werk net rustig voort.
3. Vind diepe vreugde in die Heer;
Hy gee jou wat jou hart begeer.
Laat dan jou lewe aan Hom oor;
vertrou op Hom, Hy sorg daarvoor.
4. Om kwaad te word, moet jy vermy.
Jou onskuld, dit bevestig Hy.
Die mense wat oneerlik is,
word uitgeroei en uitgewis.
5. Die goddelose, dwaas geaard,
hy span sy boog, hy trek sy swaard –
die ondergang word nagestreef
van hulle wat regverdig leef.
6. Die Here sien dit kom, en lag;
die goddelose kry sy dag –
sy swaard word in sy hart gesteek,
sy boog word middeldeur gebreek.
7. ’n Klein besit, verdien in eer,
weeg swaarder en is baie meer,
meer as die rykdom en wat nog,
wat opgegaar is deur bedrog.
8. Vir die opregtes word gesorg
en hul besittings word geborg;
hul lewe lank behou hul dit
en sal in nood genoeg besit.
9. Die goddelose gaan tot niet
soos voor ’n vuur die gras en spriet.
As hy van ander mense leen,
hou hy dit t’rug – dis daarmee heen.
10. Die Heer sal op jou paaie let
as Hy in jou behae het;
Hy sal jou op jou voete hou
en Hy bepaal die koers vir jou.
11. Dié wat opreg is van gedrag,
sal saam met hulle nageslag
nooit hoef te bedel om ’n brood;
nooit staan hul eensaam in hul nood.
12. Barmhartig, vol vrygewigheid
is die opregte, steeds bereid
om rentevry selfs uit te leen.
Sy nageslag word tot ’n seën.
13. Hy wat regverdig is, praat reg,
sy koers is séker op sy weg,
want hy gehoorsaam nougeset
diep in sy hart sy God se wet.
14. Om God se dienaar te vermoor,
lê dié wat onreg pleeg hom voor.
God hou die booswig van hom weg
en spreek hom vry voor die gereg.
15. Bly op die Here steeds vertrou
en bly steeds op sy weë hou;
daar lê ’n toekoms vir jou voor,
maar dié wat afwyk, sal ontspoor.
16. Hy wat ’n skuilplek soek by Hom
sal van die booswig weg kan kom;
En almal word deur God bevry
wat ’n opregte lewe lei.
#38 Ps: Straf my, Heer, nie met die roede
1. Straf my, Heer, nie met die roede
van u woede,
laat u gramskap nie ontbrand.
Here, moet my nie laat ly nie,
tugtig my nie.
Swaar voel ek op my u hand.
2. Van u pyle dra my wonde,
van my sonde;
is ek inmekaar getrek.
Heeldag treur ek, krom gebukkend.
Ek is stukkend,
seer in my is elke plek.
3. Niks aan my is meer gesond nie,
sonder wond nie,
ek is heeltemal gedaan.
Heel my liggaam ruik van sere.
Hoor my, Here.
Ek is smekend neergeslaan.
4. Deur my gloei die koors van vure,
en my bure –
op ’n afstand bly hul staan.
Al my mense kyk met afsku.
Alles weet U
wat ek pynlik ondergaan.
5. Hulle soek, deur haat gedrewe,
selfs my lewe
en bedink die ergste kwaad.
Op u redding kan ek staatmaak;
sonder teenspraak
staan ek, Here, voor hul kwaad.
6. Maak my haters tog nie bly nie,
nie oor my nie,
gun hul, Heer, nie dié genot.
Deur my sondes menigvuldig
staan ek skuldig,
ek bely dit voor U, God.
7. Antwoord, Here, my gebede.
My verlede –
dit was sondig, dit was sleg.
Ek dink daaraan t’rug met afsku.
Ek vertrou U.
Neem my kwelling van my weg.
8. U, my Redder, bly tog naby,
staan dan by my
in my nood, van leed oorstelp.
Moet my, Here, nie verlaat nie,
straf my kwaad nie.
Maak tog gou om my te red.
#39 Ps: Ek wou sorgvuldig let op my bestaan
1. Ek wou sorgvuldig let op my bestaan
en as dit sleg met my sou gaan
sou ek aan niemand dit verkondig nie.
Ek wou nie met my lippe sondig nie.
My smart het toe ek swyg, gegroei
en soos ’n vuur het dit in
my gaan gloei.
2. Toe moés ek praat:Maak my bekend, o Heer,
my lewendsdae, sê wanneer –
laat ek dit weet – wanneer is dit verby.
Ek wil my immers daarop voorberei –
min dae is vir my bepaal;
so weinig, Heer, bly oor wat ek kan haal.
3. Ons lewe is ’n droom, dit gaan verby.
Ons gaar maar op – wie gaan dit kry?
Ons sloof ons af,
maar wat gaan daarvan bly?
Sê, Here, is daar dan nog hoop vir my?
Ek hoop op U alleen, My God.
Red my, beskerm my teen die dwaas se spot
4. Ek onderwerp my sonder om te kla
maar neem die smart tog weg; ek vra,
neem weg die las deur U op my gelê.
Daar’s niks, o Here, teen u hand te sê.
U straf verteer die sondaar, God,
net soos ’n kleed verteer word
deur ’n mot.
5. Heer, dink aan my in my verganklikheid,
hoor my in my afhanklikheid.
Wees U my hulp soos vir my voorgeslag.
Hoor my, o Heer, van wie ek hulp verwag.
Neem dan u straf tog weg van my,
o Here, voor ek gaan, en maak my bly.
#40 Ps: Ek het na God se hulp gesmag
1. Ek het na God se hulp gesmag,
ek het die Here lank verwag.
Hy het na my toe afgebuig,
sy oor na my geroep geneig.
2. Sy hand het, na my uitgestrek,
my uit die dood se put getrek.
Hy’t op ’n rots my weer laat staan,
my weer op vaste grond laat gaan.
3. Ek het ’n nuwe lied gesing
om lof aan Hom, ons God, te bring.
Hy het dit aan my voorgesê;
Hy het dit in my mond gelê.
4. Mag hulle wat my hoor, dit sien
en Hom vertrou en vrees en dien;
hang hul geen valse gode aan,
dan sal dit goed met hulle gaan.
5. Groot is u wonders, baie meer
as wat ons kan vertel, o Heer.
U wat ons steeds indagtig is,
Ú maak met óns bemoeienis.
6. U het met goedheid ons bejeën;
soos U is daar geen ander een.
Ons offers skiet vir U te kort –
U wil liefs, Heer, gehoorsaam word.
7. Soos voorgeskryf vir my deur Hom
het ek gesê: “my Heer, ek kom.
Net om u wil te doen, o Heer –
dis al wat ek, my God, begeer.”
8. My hele lewe is u skrif,
u woord, diep in my ingegrif.
Ek het gesing, U weet dit mos;
ek is, o Heer, deur U verlos.
9. Heer, laat u liefde en u trou
altyd oor my die wag bly hou,
want ramp op rampe sonder tal,
só baie, Heer, het my oorval.
10. My sondes het my ingehaal
en laat my sonder rigting dwaal;
vertwyfeling het my oorval
en moeilikhede sonder tal.
11. Red my, o Heer, en help my gou
dat ek die lewe kan behou.
Dié wat die dood se strikke span,
laat hulle strikke húlle vang.
12. Laat hulle op die vlug dan slaan,
laat hul beskaamd van my af gaan.
Laat hulle wat my spot, o Heer,
verleë t’rug in skaamte keer.
13. Laat wie U soek, Heer telkemaal
hul blydskap in u Naam herhaal.
Laat hulle altyd bly bely:
Die Heer is groot; hoe groot is Hy!
14. Ek, hulpeloos, hoor my gebed,
ek, arme mens, vra: “Here, red.
Vertoef nie, Here, maar kom nou,
kom sonder talm of wag, kom gou.”
#41 Ps: Wie op die welsyn van die swakke let
1. Wie op die welsyn van die swakke let,
die Here sal hóm red;
hóm sal die Here in die dag van nood
nie nalaat of verstoot.
2. Die Heer sal met die goeie hom omvou,
hom in die lewe hou,
hom help dat hy geen vyand hoef te vrees
van siekte hom genees.
3. Wat my betref: Ek het gesondig, Heer.
Genees my, Here, weer.
My vyand, wat vir my die ergste wens,
vra: Wanneer sterf dié mens?
4. Hoe sleg dit gaan, vertel hul rond op
straat, dié mense wat my haat:
Die man is erg en ongeneeslik siek,
sy toestand is kritiek.
5. Ook hy wat saam geëet het aan my brood
gee my oor aan die dood.
Ek word beskuldig;laat die vyand, Heer,
nie oor my triomfeer.
6. U het my lief, hou U my opgerig,
Heer, voor u aangesig.
Ons lof, o Here, kom U toe, altyd –
in alle ewigheid.
42C Ps: Heer, ek smag na U wat lewe
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Heer, ek smag na U wat lewe
soos ’n dier na water smag.
ek wil my na U begewe.
Heer, hoe lank moet ek nog wag?
Trane stort ek dag en nag;
heeldag word ek uitgelag:
“Staan jou Here jou nie by nie?
Sien jou God jou dan nie ly nie?”
2. Met verlange dink ek daaraan,
vroeër het ek opgetrek
– in die skare was ek vooraan –
op na die aanbiddingsplek,
op na Sion, God se huis,
jubelend met feesgeruis,
Hom geloof met lofgesange –
daaraan dink ek met verlange.
3. Waarom twyfel, waarom kerm ek,
waarom is ek so oorstelp?
Loof die Heer, Hy sal my optrek,
uit bedruktheid my weer help.
Hoe neerslagtig ook, ek weet
tot my hulp is hy gereed;
en hoe diep ook neergeboë,
op my God rig ek my oë.
4. Van die Hermonkruin en -hange,
uit die streek van die Jordaan,
roep ek U in my verlange,
diep bedruk, o Here, aan.
Daar sal ek na U bly kyk
wat u trou selfs snags laat blyk.
U, die Here van my lewe,
sal my nooit in druk begewe.
5. Waarom, Heer, moet ek gebuk gaan
as die vyand my bespot,
waarom moet ek, Heer, bedruk staan
as gevra word: “Waar’s jou God?”
Hoe neerslagtig ook, ek weet
tot my hulp is Hy gereed;
en hoe diep ook neergeboë,
op my God rig ek my oë.
42S Ps: Smagtend soos in dorre streke
{Teks: Lina Spies}
1. Smagtend soos in dorre streke
hoor my na U, Here, roep.
Gee my van u helder water
en ’n skadu teen die gloed.
O, ek skroei, Heer, van die pyn
oor die skare se venyn.
God wat heers in alle tye,
laat my sing, bring hul tot swye.
2. Ek onthou die blye dae
sonder spotklank in my oor,
voorste van die feesgenote
wat u lof sing in ’n koor.
O, hoe het die lied verstom
as net trane uit my kom.
U is nog my helper, Vader,
en ek weet U trek my nader.
3. In die vreemde wil ek, Here,
om u eer gewillig ly.
As hul sê: “Jou God bestaan nie”,
sny dit soos ’n mes deur my.
O, dat U my nooit vergeet,
ek weer van my kindskap weet.
U, my Rots, laat staan my vaster,
ver en vry van dié wat laster.
4. Hoë berge, donker strome,
rotse waarteen ek vergaan –
moet dan al u golwe, Here,
een vir een oor my kom slaan?
Ek roep U van Kleinberg aan
uit die land van die Jordaan.
Is U dan ’n God van swye
in die mens se swartste tye?
5. Maar die dag kom uit die donker
en die nag het ook sy lig.
In my twyfel hou ek, Here,
steeds die oog op U gerig.
O, hoe het die lied verstom
as net trane uit my kom.
U is nog my helper, Vader,
en ek weet U trek my nader.
43C Ps: Heer, behartig Ú my regsaak
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Heer, behartig Ú my regsaak
teen die goddelose kwaad.
Gee teen vyande u uitspraak.
Op U, Here, maak ek staat.
U het my alleen gelaat –
ek word nou gespot, gesmaad.
Waarom moet ek swaar gebuk gaan
en verstote en verdruk staan?
2. Stuur u lig, laat dié my voorgaan,
laat u waarheid, Heer, my lei.
Waar u woning op die berg staan,
wil ek by u altaar bly.
Heer, my lied wil ek U wy,
vol van jubeling en bly.
Wil U, Heer, my na u huis bring;
met die lier wil ek u lof sing.
3. Waarom, Heer, moet ek gebuk gaan
as die vyand my bespot?
Waarom moet ek, Heer, bedruk staan
as gevra word: “Waar’s jou God?”
Hoe neerslagtig ook, ek weet:
Tot my hulp is Hy gereed;
en hoe diep ook neergeboë,
op my God rig ek my oë.
43S Ps: Pleitend wil ek tot U nader
{Teks: Lina Spies}
1. Pleitend wil ek tot U nader,
Heer, besleg tog die geding
tussen my en goddeloses
wat my in die war wil bring.
O, hoe brand in my die smart
tot ’n kreet kom uit my hart!
God wat oor u trou nooit weifel,
waarom gee ek toe aan twyfel?
2. Maak my weer tot ’n bevryde
wat na Sion op kan gaan.
Stuur u lig en waarheid beide
om vir my die weg te baan.
T’rug in u teenwoordigheid,
raak ek angs en wanhoop kwyt,
jubel weer my lier se snare,
sing ek bly by u altare.
3. Maar ek leef in donker tye
en moet in die duister tas:
Hoe verbreek ek weer my swye?
God, my God, ek gryp U vas!
En ek laat my lied weer klink
as ek aan u goedheid dink.
U is nog my helper, Vader,
en ek weet U trek my nader
#44 Ps: Ons het dit, Heer, gehoor met eie ore
1. Ons het dit, Heer, gehoor met eie ore:
hoe goedgesind was U ons volk tevore;
U het die nasies voor hul uitgedryf;
hul het die land gekry vir hul verblyf.
2. Niks het hul deur
hul eie krag vermag nie,
en van die swaard het
hulle niks verwag nie.
U liefde, Heer, en u teenwoordigheid,
U self was die oorwinnaar in die stryd.
3. My boog en swaard
kan ék ook nie vertrou nie,
daarom sal ek my
hoop nie daarop bou nie.
Deur U te loof, het ons dit mos erken:
U het ons deur ú krag alleen laat wen.
4. Hoe laat U, Heer,
ons nou dan in die skande?
U lewer ons nou oor in vreemde hande.
U gee vandag u volk so maklik weg.
Ons moet alleen nou teen die vyand veg.
5. U stry die stryd
nie langer met ons saam nie
en gee nie om dat
ons, verag, ons skaam nie.
Ons moet die spot van ander nasies hoor;
U lewer ons aan die verstrooiing oor.
6. Ons het mos, Heer,
nie u verbond geskend nie,
ons het ons van u pad nie afgewend nie.
Maar nou het U
ons land ineen laat stort,
tot woeste puinhoop het die plek geword.
7. Ons word soos vee,
soos slagvee, Heer, behandel
al het ons steeds met
U, ons God, gewandel.
Om U is ons verneder en verslaan
en moet ons in die dood te gronde gaan.
8. Word wakker nou
en stel ons nie so bloot nie.
Ag, Heer, moet ons nie
langer so verstoot nie.
Rig ons weer op,
staan ons soos vroëer by.
Kom ons te hulp, o God, en maak ons vry.
#45 Ps: Mooi woorde wat my diep ontroer
1. Mooi woorde wat my diep ontroer,
dié dra ek aan my koning voor;
my tong, deur geesdrif meegevoer,
word daardeur vaardig aangespoor.
2. So mooi soos u is niemand nie.
U lippe praat net vriendelik.
U swig nie voor die vyand nie.
God seën u onophoudelik.
3. Kom nou in koninklike prag
en stry vir waarheid en vir reg.
Maak u gereed, laat geld u krag
en kom vir hulpeloses veg.
4. U pyle wat die vyand tref,
laat val hul voor u voete neer.
God het bo almal u verhef.
Hy laat die koning triomfeer.
5. U troon die staan vir altyd vas;
u is bo almal aangestel –
gesalf deur God, onaangetas,
staan almal onder u bevel.
6. U klere is van geur deurtrek,
van aalwyn, mirre en kaneel;
u hart is bly en opgewek:
vir u word daar musiek gespeel.
7. In u paleis is alles mooi:
ivoor en goud en soveel geur.
Prinsesse staan voor u getooi,
met u juwele ryk aan kleur.
8. En langs u aan u regterhand
die koningin met goud versier.
Met oliegeur, met musikant,
met goud, juweel word fees gevier.
9. U, bruid en dogter, luister goed:
die koning is voortaan u heer.
U gaan as vrou hom tegemoet;
gee aan die koning voortaan eer.
10. Sy staan nou daar in louter prag,
geklee in skone goudbrokaat;
sy gaan na waar die koning wag,
in haar veelkleurige gewaad.
11. Mag u, o koning, seuns verwek
wat u as vorste aan kan wys,
en mag u roem oor tyd heen strek.
Mag volke u vir altyd prys.
#46 Ps: God is ons toevlug en ons skut
1. God is ons toevlug en ons skut,
al gee die aarde onder mee,
al word die berge rondgeskud,
al skuim die waters van die see.
Hy help ons in ons nood;
al is dit ook hoe groot,
tog sal ons veilig wees,
tog bly ons onbevrees.
God sal ons altyd trou beskut.
2. Die Godstad is onwankelbaar;
daar’s blydskap oor sy stil rivier.
Al dreig ook watter groot gevaar,
dis alles onder sy bestier.
God maak die nasies stom
as daar beroering kom.
Ons toevlug sal Hy wees,
ons bly dus onbevrees.
Die God van Jakob is mos daar.
3. Kom kyk wat bring die Heer tot stand,
die Heerser in die hemel hoog.
Die oorlogswapens word verbrand.
Hy breek die spies, die pyl en boog.
“Erken dit : Ek is God.
Ek heers met my gebod
oor alles onder My.
Erken my heerskappy.”
Die Heer beskut ons met sy hand.
#47 Ps: Juig, o volke, saam, loof die Heer se Naam
1. Juig, o volke, saam, loof die Heer se Naam.
Prys met handgeklap God se koningskap.
Bring die Koning eer wat oor ons regeer.
Ja, oor elke land strek sy heersershand.
Liefdevol het Hy ons tot hier gelei.
Lieflik bloei ons land onder God se hand.
2. Hy, die Heer, gaan op na die berg se top.
Blaas die horing, kom na sy heiligdom.
Laat ons lof weergalm met basuin en psalm.
Koning is sy Naam. Hy bind volke saam:
Almal word gestel onder sy bevel.
Hoog verhewe Heer, Hy, ons God, regeer.
48C Ps: Lofwaardig, groot is God die Heer
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Lofwaardig, groot is God die Heer.
In Sion bring ons aan Hom eer.
Hier op sy berg heers Hy as Koning,
hier in die stad het Hy sy woning.
Onskatbaar is sy waarde,
’n vreugde vir die aarde,
die stad wat in ons blydskap wek –
oneindig mooi sover dit strek,
daar waar Hy hoog op Sion woon,
daar teen die noorde, heilig, skoon.
2. Die Heer het Hom bekend gemaak
as heerser wat die stad bewaak
toe al die konings opruk teen Hom
en almal saam teen God byeenkom.
Verskrik moes hulle teruggaan
en voor die stad op vlug slaan.
’n Vrees het hulle laat verdwyn
– so vrees ’n vrou wat kraam in pyn –
toe hulle tot hul angs bemerk
hoe is die stad van God versterk.
3. U lof strek oor die aarde, Heer,
u Naam sal altyd bly regeer.
U hou – dit weet ons uit ervaring –
ons veilig by U in bewaring.
Die Sionsberg moet jubel;
juig, elke stad van Juda.
Laat Sion nou van blydskap sing:
God het die mag wat uitkoms bring.
Laat almal saam nou daaroor juig
en hulle dankbaarheid betuig.
4. Loop om die stad, trek daaromheen,
bekyk sy skanse een vir een,
bekyk sy mure, tel sy torings,
hoe is die bouwerk vol bekoring.
Waardeer hom met verering,
aanskou die stad se wering;
sy veiligheid, slaan dáárop ag,
vertel dit aan die nageslag:
God sal ons altyd oral lei,
Hy sal ons God vir ewig bly.
48T Ps: Die Heer is groot waar Sions top
{Teks: Totius}
1. Die Heer is groot waar Sions top
hom wentel uit die dieptes op.
Hy is lofwaardig, waar verhewe
die berg en stad in songlans bewe,
en Sion teen die noorde
blink, bó die lof van woorde.
Daar waar in vlekkelose wit
die Koning van die wêreld sit,
het Hy, wat teen die vyand waak,
as rotsburg Hom bekend gemaak.
2. Die konings van die heidendom
het met hul leërs aangekom,
die aanvalsmag wat hul gekeur het.
Maar nou? Hul weet nie wat gebeur het –
plots kom oor hul verbasing,
verskrikking en verdwasing.
Die helde deins verward terug,
’n oomblik – en hul ’t weggevlug!
En Sion, rotsburg van die Heer,
blink in sy oue glorie weer.
3. Soos een wat beef in moedersmart,
so raak hul daar verskrik, verward.
Die God van mag, van kragbewyse,
verbreek die skepe, pragpaleise
van Tarsis: oseane
spring op voor sy orkane!
Soos ons gehoor het, sien ons oog:
die Here Sebaot rys hoog!
Hy sal sy stad, die mens ten spyt,
Bevestig tot in ewigheid.
4. Ons wil, o Heer, wat redding skenk,
aan al u goedheid bly gedenk
as ons tesaam is in u woning.
Net soos u Naam is, grote Koning,
so is u glansverskyning:
die vyand se verdwyning
word aan die volkere bekend
tot by die aard’ se verste end.
U hand wat nooit die kwaad gedoog,
rys vol geregtigheid omhoog.
5. Laat Sions berg weerklink van vreug!
Laat Juda’s dogters hul verheug,
omdat Gods oordeel hul verbly het –
dié oordeel wat sy volk bevry het.
Aanskou die stad met skanse,
paleise, toringtranse –
hoedat hul pryk met nuwe prag.
En meld dit aan die jong geslag:
Dié God is onse God, en Hy
sal tot die dood toe ons gelei.
#49 Ps: O mense van die ganse aarde, hoor
1. O mense van die ganse aarde, hoor
wat dra ek met die lier aan julle voor,
iets wys, iets waars;
dit sonder niemand uit,
van wat ek sê word niemand uitgesluit.
2. Moet ek my kwel oor onreg en bedrog
van mense wat met hulle rykdom spog?
Waarom is hul op rykdom so gesteld?
Wie kan hom loskoop
van die dood met geld?
3. Wat jy ook al aan aardse goed besit,
jy sterf, ’n ander mens beërwe dit;
die wyses net soos ook die dwaas en sot,
ja, almal van ons tref dieselfde lot.
4. As mense grond besit as hulle sterf,
gaan hulle slegs ’n graf as
woonplek erf.
Onsterflikheid is
teen geen prys te koop,
en vestig daarom op jou geld geen hoop.
5. Die mense wat op hulleself vertrou,
die selftevredenes moet dit onthou:
die dood wag voor, soos skape kom hul om
en gaan die graf in sonder eiendom.
6. Maar ek, ek is my God se eiendom,
al het ek niks, behoort ek tog aan Hom.
Ek weet, dit sal steeds
goed vir my verloop,
Hy sal my van die dood se mag vry koop.
7. Waarom is jy op rykdom so gesteld?
Wie kan hom
loskoop van die dood met geld?
Die ryke moet net soos die voorgeslag
die lig verlaat en wegraak in die nag.
8. Die dwase kan hul rykdom maar geniet,
die mense
prys hul prag en praal verniet.
Ten spyte van hul weelde en plesier
sterf hulle ook ten
slotte soos die dier.
#50 Ps: Die Heer is God en Hy alleen
1. Die Heer is God en Hy alleen.
Hy roep die wêreld op en spreek,
van waar die son sy daglig breek
tot waar die son weer ondergaan.
Uit Sion se volmaakte prag
verskyn dié God in helder glans.
2. Hy bly nie stil nie, hoor, Hy kom,
en vlammend brand ’n vuur voor Hom.
Vanuit ’n stormwolk rondom Hom
roep Hy die hele aarde op;
die hemel roep Hy teen sy volk,
teen dié gebind deur sy verbond.
3. “Maak my verbondsvolk bymekaar,”
sê Hy, regverdig in sy saak:
“My volk , my saak gaan Ek nou stel:
teen jóu getuig Ek, Israel.
Ek is jou God, jou God is Ek
en meer as offers wil Ek hê.”
4. “Meer as jou jong bul wil Ek hê,
Ek, met my wild van bos en berg.
Met als wat lewe op my veld,
sou ek jou vra om My te voed?
Eet Ek die vleis van offergoed,
drink Ek die offerbok se bloed?”
5. “Die offer wat Ek vra, is lof,
bring dus as offer dank aan God.
Geloftes moet jy My betaal
en roep My in benoudheid aan.
Ek help jou uit as jy My smeek,
as jy My aanroep en my eer.”
6. “Jy sê slegs wat ek voorskryf op,
jy, goddelose, met jou mond.
Beroep jy jou op my verbond,
maar sonder dank en sonder lof?
Want dit wat Ek jou eintlik leer,
daarvan het jy jou afgekeer.”
7. “Jy loop en steel met diewe saam,
en egbreuk pleeg jy waar jy kan.
Jou tong ryg leuens aanmekaar
en jy bedrieg sodra jy praat.
Selfs teen jou broer bepraat jy kwaad;
selfs hy word deur jou sleggemaak.”
8. “Sal Ek dan daaroor stil kan bly
en jou laat dink ek word soos jy?
Nee, rekenskap is wat Ek eis:
Ek kla jou aan en waarsku jou.
My wet sal jy moet onderhou
en rekening met My moet hou.”
9. “Jy moet jou aan my woorde steur
want anders sal Ek jou verskeur.
Sal iemand anders jou kan red?
Ek sal jou red, maar lewe reg.
Hou by my wet, bewys My eer,
laat lof jou offers aan My wees.”
#51 Ps: Ontferm U, Heer, U wat vol liefde is
1. Ontferm U, Heer, U wat vol liefde is,
kom was my skoon, bewys aan my genade.
Vergewe my al my verkeerde dade
en suiwer my deur alles uit te wis.
Ek het oortree, dit weet ek alte goed;
ek is bewus dis sonde in u oë.
Ek staan voor U berouvol om te boet.
Barmhartig, Heer, is U, vol mededoë.
2. Al my oortredings teen U, Heer, ken ek.
Ek was alreeds met my geboorte skuldig –
tóé al belaai met sondes menigvuldig.
Ek weet ek is in sonde reeds verwek.
U uitspraak is geregtigheid en reg,
u liefdevolheid, Heer, vir my bewys U.
U sal vergeef, U neem die sonde weg, maar,
Heer, opregtheidvan die hart vereis U.
3. Laat ek deur wat U openbaar, ontdek
hoe U, o God, wil hê dat ek moet lewe.
Neem van my weg my sonde, Heer, vergewe
maak my soos sneeu, so wit en onbevlek.
Laat my dié vreug en
blydskap weer ervaar.
Laat lê my nie so
stukkend neergeslaan nie.
Laat my weer sing en
laat my smart bedaar.
Moet tog nie op my
sondes ag bly slaan nie.
4. Maak my weer rein,
maak nuut my hart en gees.
Moet my tog nie van
U, o God, vervreem nie
en moet u Gees,
u heil my nie ontneem nie.
Laat my voortaan ’n bly verloste wees.
Ek sal oortreders nou u weë leer,
ek sal hul leer wat
goed is, wat is sondig.
Die sondaars sal hul dan tot U bekeer.
Gee my die taal dat ek u lof verkondig.
5. Laat ek U weer met
toegewydheid dien,
tog vra U nie dat
ek moet offers bring nie;
U ag berou en ootmoed nie gering nie;
U sal dit nie as kleinigheid nie sien.
Laat Sion, Heer, u goedheid ondervind.
Herbou U weer Jerusalem se mure;
dan neem U weer, in liefde, goedgesind,
die offers aan, Heer, van ons altaarvure.
#52 Ps: Jy roem verniet jou slegste dade
1. Jy roem verniet jou slegste dade,
jou voorkeur vir die kwaad;
onthou, God sorg vir my voortdurend,
jy wat so vlymskerp praat;
jy wat net ondergang bewerk het,
in leuentaal staan jy sterk.
2. Jy stel die kwaad ver bo die goeie,
die onreg bo die reg.
God gryp en sleep jou uit jou woning
en uit die lewe weg.
Hy sal jou uit die aarde uitpluk,
jou wortels daaruit ruk.
3. Maar die regverdiges sal toekyk,
vervul met diep ontsag.
Hul se:”Dit kom van steun op rykdom,
steun op jou eie krag”.
Wie nie sy toevlug soek by God nie,
word so belag, bespot.
4. Maar ek staan sterk soos ’n olyfboom
wat in Sy voorhof bot;
ek word getrou versorg vir ewig
daar in die huis van God.
Ek sal U voor u dienaars aanprys
vir guns aan my bewys.
#53 Ps: Vol grootheidswaan en selfvoldaan
1. Vol grootheidswaan en selfvoldaan
ontken die dwaas dat God bestaan.
Die dwaas vernietig en doen kwaad.
Voor God is dit ’n gruweldaad.
2. Die Here kyk neer van omhoog.
Wie is verstandig in sy oog?
Hoeveel is daar wat na Hom vra
en wat hul na sy wil gedra?
3. Nee, niemand nie, geen enkel een,
geeneen doen goed nie, daarenteen;
die laaste een het afgedwaal,
ontaard, ja, almal het gefaal.
4. Hy straf dié wat die onreg stig,
dié wat my volk te gronde rig.
Dié wat die volk van God verag,
iets vreesliks gaan op hulle wag.
5. God strooi die bene oral weg
van dié wat teen sy volk wil veg.
Hul het geen enkele verweer;
God het sy hand teen hul gekeer.
6. Ag, Israel, sien op na Hom.
Mag daar uit Sion redding kom.
Verander Hy sy volk se lot,
sal Jakob juig en sing voor God.
#54 Ps: Verlos my deur u alvermoë
1. Verlos my deur u alvermoë,
kom my uit my benoudheid red.
Bewys aan my u mededoë,
en luister, Heer, na my gebed.
2. Die vyand kom teen my in opstand,
hul wil my om die lewe bring.
Deur hul geweld soek hul die oorhand,
maar laat U buite rekening.
3. O Heer, U tref die onheilsmanne,
Vernietig hul, U is getrou.
Verydel hulle onheilsplanne.
Ek word deur U in stand gehou.
4. Ek is gered uit my benoudheid.
Ek sal my offers bring, o Heer.
U het my vry gemaak soos altyd,
God, U het my laat triomfeer.
#55 Ps: Hoor as ek bid, en luister, Here
1. Hoor as ek bid, en luister, Here.
Die vyand gaan teen my te kere,
hul wil my met hul onreg breek.
Angs van die dood bedreig my lewe,
skrik laat my hele liggaam bewe.
Hoor, Here, as ek pleit en smeek.
2. Ag, kon ek maar op vlerke swewe,
weg na ’n ander veraf lewe,
ver weg van hierdie storm en wind.
Ag, kon ek soos ’n duif maar voorttrek
na die woestyn, ’n veraf woonplek
waar ek in stilte skuiling vind.
3. Saai onder hulle, Heer, verwardheid,
jaag hulle, dryf hul uit mekaar uit.
Deur wanorde word ons omring.
Geweld maal op die stad se mure,
snags en bedags, ja alle ure
het kwaad ons pleine ingedring.
4. As ander my dit aangedoen het,
sou ek my daarmee kon versoen het.
Maar dit is jy, my goeie maat.
Ons het gegaan, intiem verbonde,
saam na Sy huis, saam opgewonde,
maar nou word ek deur jou gesmaad.
5. Hy straf dié wat hul nie bekeer nie
en nie erken dat Hy regeer nie –
die vyand wat mooi woorde praat.
Maar daglank hoor Hy my gebede,
Hy red my en Hy gee my vrede.
Hy straf die ontrou en verraad.
6. Moet nie jou eie laste dra nie
en skroom nie om sy hulp te vra nie.
Sy straf kom op wie kwaad doen neer.
Ek sal die onreg, Heer, nie vrees nie,
ek hoef oor niks besorg te wees nie.
Op U alleen vertrou ek, Heer.
#56 Ps: Wees my genadig
1. Wees my genadig,
Heer, die mense jaag my;
kom staan my by,
kom help en onderskraag my.
Die kwaad wat hulle stook,
is so oorvloedig;
hul is hoogmoedig.
2. Op U, o Heer,
vertrou ek en ek vrees nie,
ek sal nie langer
bang vir mense wees nie.
In U alleen stel ek al my vertroue
en bly behoue.
3. Ek word deur
hierdie mense vals beskuldig;
wat hul beplan,
is boos en menigvuldig.
En om my dood te maak en te vernietig,
dít wil hul gretig.
4. Niks het U
ongetel verby laat gaan nie,
niks van my leed
en selfs geen enkel traan nie.
Met dat ek roep,
laat U die vyand t’ruggaan
en op die vlug slaan.
5. Ek weet dat
God die Here aan my kant is.
Ek sing sy
lof omdat ek in sy hand is.
Ek prys sy woord
en loof Hom vir sy bystand
teen elke vyand.
6. Nou is ek,
Heer, al my geloftes skuldig.
U reddingsdade was so menigvuldig.
Ek leef nou helder
in die lewenslig, Heer,
voor u gesig weer.
#57 Ps: Wees my genadig, o my Heer
1. Wees my genadig, o my Heer,
U is my skuilplek, my verweer.
Ek roep en weet U sal my hoor;
dié wat my jaag, hul sal verloor.
2. Die mense is my kwaadgesind –
soos leeus wil hulle my verslind.
Die strikke wat hul vir my span,
maak hulle self die prooi daarvan.
3. Verhef u eer oneindig hoog,
ver hoër as die hemelboog.
Oor alles, Heer, voer U gesag –
toon dan die grootheid van u mag.
4. Ek voel weer veilig by U, Heer;
ek wil ’n lied sing tot u eer;
my blydskap, Heer, wil ek vier
met mooi musiek van harp en lier.
5. Die rooidag wil ek wakker maak
wanneer ek soggens vroeg ontwaak.
U trou wat reik tot in die wolk
besing ek onder elke volk.
6. Verhef u eer oneindig hoog,
ver hoër as die hemelboog.
Oor alles, Heer, voer U gesag –
toon dan die grootheid van u mag.
#58 Ps: Is julle oordeel wel regverdig
1. Is julle oordeel wel regverdig
as julle, magtiges, beslis
oor reg en wat regverdig is?
Nee, julle is korrup, omkoopbaar.
Deur julle word geweld gepleeg
as julle met die regskaal weeg.
2. Die slegstes volg van die begin af,
reeds van hul eerste dag die weg
wat leuenagtig is en sleg.
En hul gedra hul soos ’n adder:
Hy hou hom stokdoof vir die stem
van die besweerder wat hom tem.
3. Ruk uit hul mond dié leeu se tand uit,
laat hul soos water ophou vloei,
soos gras verdroog wat ophou groei.
Laat hul dan net ’n slymspoor nalaat
soos slakke – doodgeborenes
wat sonder lig en lewe is.
4. In hulle fleur word hul oorweldig;
soos onkruid word hul uitgeroei,
verwaai deur God se wind wat skroei.
Dié wat regverdig is, sal bly wees
en sê, as daar vergelding kom:
“Geregtigheid geskied deur Hom.”
#59 Ps: Tot U, o Here, rig ek my gebed
1. Tot U, o Here, rig ek my gebed,
dat U my van die vyand red.
Dat ek onskuldig is, kan ek bewys,
tog wil hul, God, my lewe eis.
2. Almagtig is U, God van Israel,
in wie ek my vertroue stel.
U sterkte gaan bo hulle sterkte uit;
U kan gewis my vyand stuit.
3. Snags sluip hul grommend in die strate
rond, bloeddorstig soos ’n honger hond;
U sal hul hoogmoed uitlag en bespot,
al sou hul dink U hoor nie, God.
4. Ek sal my hoop op U gevestig hou;
U sal my hulp bied in u trou.
U sal my op hul hoogmoed neer laat sien.
U, wat as vesting vir my dien.
5. Breek hulle in hul sonde stadig af,
sodat my volk sien hoe U straf.
Almagtige wat oor die mens regeer,
laat hulle sien dis U, o Heer.
6. Saans keer die vyand t’rug, die honger
hond, en snuffel in die strate rond.
Maar elke môre sing ek tot u eer,
want ek vertrou op U, o Heer.
#60 Ps: O Here, U het ons verstoot
1. O Here, U het ons verstoot,
u grimmigheid oor ons was groot.
Ons het u guns, o Heer, verbeur.
U het ons uitmekaar geskeur.
2. Maak ons met land en al gesond,
ons is gekloof tot in die grond.
Wees ons soos vroeër goedgesind
en kom ons wonde weer verbind.
3. Ons gaan as volk, o Heer, tot niet.
’n Ramp het U oor ons gebied.
In gramskap het U wyn geskink
en ons verplig om dit te drink.
4. U wat ons eers laat steier het,
kom ons nou van die vyand red.
Laat nou u dienaars seëvier,
o Here, onder u banier.
5. Verhoor ons, Here, in ons nood.
Beveilig ons, u mag is groot.
U kan dié wat U lief het, red;
kom ons te hulp, hoor ons gebed.
6. Dít is die antwoord van die Heer:
“Ek sal oor Sigem triomfeer,
Ek gee dit aan my volk as buit;
die Sukkotlaagte deel Ek uit”.
7. “Manasse en Efraim, albei,
ook Gilead behoort aan My;
oor Juda heers Ek koninklik,
oor Moab sal Ek ook beskik”.
8. “My juigkreet word ook uitgedra
oor Edom en Filistea,
oor elke streek waar Ek regeer
en as oorwinnaar triomfeer.”
9. Wie sal ons Edom toe kan vat
en lei na sy versterkte stad?
Gaan U ons langer, Heer, verstoot,
alleen laat uittrek in ons nood?
10. Die mens se hulp is ydelheid.
Staan by ons, Here, in die stryd.
Ons steun op God se heerserskap.
Hy sal ons vyand sélf vertrap.
#61 Ps: Ver verwyder van u tuiste
1. Ver verwyder van u tuiste,
Here, luister,
roep ek in ’n smeekgebed.
Bied my in my wanhoop bystand
teen die vyand.
U alleen sal my kan red.
2. By U veilig en verhewe
wil ek lewe;
laat my intrek in u huis.
U is my versterkte toring;
in u woning
vind ek skuiling, is ek tuis.
3. My geloftes, my verwagting,
al my smagting
is bekend aan U, o Heer.
Ek weet U, vervul die wense
van die mense
wat u Naam, o Heer, vereer.
4. Mag die Here wonderbare
lewensjare
aan die koning bly bewys.
Ek sal my geloftes aan Hom
singend nakom.
Heer, u Naam sal ek bly prys.
#62 Ps: By God alleen is rus te vind
1. By God alleen is rus te vind;
van Hom alleen kan uitkoms kom.
Hy is my rots, Hy is my vesting.
Hy het my vas aan Hom verbind,
ek voel my veilig net by Hom;
dààr staan ek vas; Hy is my redding.
2. Hoe lank soek julle nog my dood?
Hoe lank word ek nog aangeval,
bedrieg, vervloek en vals beskuldig?
Ek word deur hulle omgestoot
– ’n muur van klip wat óm wil val –
deur vyande so menigvuldig.
3. By God alleen is rus te vind;
my redding sal van Hom af kom.
In Hom, my toevlug, staan ek stewig.
Ek voel my vas aan Hom verbind
en stel vertroue net in Hom
al is die aanval ook hoe hewig.
4. Stort julle hart dan voor Hom uit,
my volk, steun altyd net op Hom.
Stel altyd slegs in Hom vertroue.
Hy wat die aanval teen ons stuit
laat onrus tot bedaring kom.
Wie by Hom skuil, die bly behoue.
5. Vertrou op God se mag alleen.
Sien af van roof, geweld en geld
en weet: Ons, mense, is verganklik.
Hy wat ons oordeel, een vir een,
sal na verdienste ons vergeld.
Ons is van God alleen afhanklik.
#63 Ps: Ek soek U, Heer, na wie ek smag
1. Ek soek U, Heer, na wie ek smag,
ek soek u grootheid en u mag.
Hier in ’n dor en droë land
voel ek ’n dors na U wat brand.
U heerlikheid wil ek aanskou.
Ek wil, my God, na U toe kom,
na U toe in u heiligdom,
ek smag, Heer, na u liefdestrou.
2. Ek prys u troue liefde luid;
ver bo die lewe gaan dit uit.
Ek loof met hande opgehef
u trou wat alles, Heer, oortref.
As ek dit snags bepeins, weet ek:
U is voortdurend naby my.
Ek soek U op, U staan my by,
u vleuels is oor my uitgestrek.
3. Die wat vir my die dood begeer,
stort self diep in die afgrond neer;
die swaard sal oor hul seëvier
en aas maak vir die wilde dier.
Die koning en wie God vertrou,
is bly in Hom; hul prys sy Naam,
God sal die valse mens beskaam,
en dig sal hy sy mond moet hou.
#64 Ps: God, hoor my as in nood ek kla
1. God, hoor my as in nood ek kla,
as ek om u beskerming vra.
Die goddelose wil my skaad.
Bewaar my, Here, van hul kwaad.
2. Die vyand, Heer, het saamgespan
en onreg word teen my beplan.
Geheime strikke word gestel,
vals dinge word van my vertel.
3. Hul woordepyle, giftig, skerp,
word met die tong na my gewerp.
Hul planne maak hul agteraf.
God vind hul nogtans met sy straf.
4. Deur God se pyl word hul getref.
Wie kan hom teen Sy straf verhef?
Hul tong het self hul val bewerk,
tot spot van dié wat dit bemerk.
5. Dit wek by almal groot ontsag
vir God se dade en Sy krag
en hul getuig van wat die Heer
hul uit sy krag en dade leer.
6. Laat wie regverdig is Hom eer
en hom verbly in God die Heer.
Laat God vir hom ’n toevlug wees;
laat hy die Here prys en vrees.
#65 Ps: Aan U kom toe ons lofgesange
1. Aan U kom toe ons lofgesange.
Ons kom ons skuld bely.
Na u is almal se verlange.
Van sondes maak U vry.
By U, o Here, vind ons vrede;
ons sondes word verskoon.
Ons word verhoor in ons gebede
in Sion waar U woon.
2. U kies ons uit in u genade
om in u huis te woon;
U wys ons daar u troue dade;
u guns word ons betoon.
Ook dié uit lande afgeleë
vertrou op U, o Heer,
ook hul wat leef oor verre seë
wil hul na U toe keer.
3. U huis, o Heer, staan oop, is heilig.
Dis goed om daar te woon.
Wie by U bly, dié is beveilig.
U guns word hul betoon.
U is met mag en krag omgewe.
Ons sien U in u krag;
ook wie in verre lande lewe,
het vir u werk ontsag.
4. U krag kom só tot openbaring:
die see hou op rumoer,
U bring die nasies tot bedaring,
u berg staan ongeroer.
Voor U word elke mag gedweë.
U laat die mensdom juig.
Ook in die lande afgeleë
word van u mag getuig.
5. U maak ons koringlande vrugbaar,
die grond is week gereën,
sag deur die kluite loop die ploegskaar,
oorvloedig is u seën.
Vol water is die groot riviere,
die grasvelde staan ruig,
daar’s volop weiding vir die diere,
die aarde sing en juig.
#66 Ps: Juig, almal op die aarde, roem Hom
1. Juig, almal op die aarde, roem Hom;
sing, alle mense, tot Gods eer;
bring, die verering wat Hom toekom;
U werke wek ontsag, o Heer.
Voor u gesag breek alle teenstand
en voor u mag moet almal buig;
voor U, o Heer, kruip elke vyand;
voor U moet almal sing en juig.
2. Hoor hoe die God van wonderwerke
die see verdeel het met sy hand,
hoe, in sy almag sonder perke,
sy volk kon trek oor droë land.
Geen mag kon keer dat Hy ons red nie.
Dit het ons juigend bly gemaak.
Teen God durf niemand hom verset nie;
Sy oog sien elke nasie raak.
3. Loof alle volke, loof en prys Hom;
laat almal luid die lof vertel
van Hom uit wie ons lewe voortkom,
ons God, die God van Israel.
Ons is beproef met vuur en water,
deur U gevang, Heer, in ’n net,
maar uitgelei na oorvloed later
en uit beproewinge gered.
4. Ek bring my offers na u huis toe
wat ek in nood belowe het;
toe ek U roep, het U geluister;
ek was opreg in my gebed.
Kom, almal, hoor van my verlossing,
hoor, dienaars van die Here, hoor:
Hom wil ek met ’n loflied toesing,
my smekinge het Hy verhoor.
#67 Ps: Mag God verskyn in sy genade
1. Mag God verskyn in sy genade,
mag Hy ons red, mag Hy ons seën,
mag Hy bekend word vir sy dade
dwarsoor die ganse aarde heen.
Gee vir seëninge, gee vir goeie dinge
Hom ons dank en eer.
Alle volke, prys Hom, loof,
o ganse mensdom, prys die goeie Heer.
2. Mag al die volke aan U lof bring,
Regverdige, wat hul regeer;
mag hulle bly wees oor u leiding,
mag hulle oor u jubel, Heer.
Gee vir seëninge, gee vir goeie dinge
Hom ons dank en eer.
Alle volke, prys Hom, loof,
o ganse mensdom, prys die goeie Heer.
3. Die land het nou sy oes gelewer.
Ons is geseën deur God, ons Heer.
Die hele aarde moet die Gewer
vir seëninge dank en eer.
Gee vir seëninge, gee vir goeie dinge
Hom ons dank en eer.
Alle volke, prys Hom, loof,
o ganse mensdom, prys die goeie Heer.
#68 Ps: Die vyand vlug as God verskyn
1. Die vyand vlug as God verskyn;
soos rook wat voor die wind verdwyn,
soos was in vlamme sag word.
Al is sy haters hoe gedug,
as Hy verskyn, gaan hulle vlug,
en uitmekaar gejaag word.
Regverdiges, dié seën Hy,
dié wat getrou is, maak Hy bly.
Hul jubel in vervoering.
Laat ons ’n pad vir Hom berei,
vir Hom wat op die wolke ry,
en nou voor Hom ons lof sing.
2. Oor eensames ontferm Hy Hom
op Sion in sy heiligdom
en gee aan hul ’n woonplek.
Hy sal die weerloses beskerm,
Hom oor gevangenes ontferm,
sy hande oor hul uitstrek.
Maar dié wat opstaan teen sy troon
laat Hy in kaal woestyne woon,
in dor en barre lande.
Vir óns, Sy volk, het Hy geseën
by Sinai met oorvloed reën
uit liefdevolle hande.
3. U het met krag u volk gelei
deur die woestyn en hul bevry;
die aarde het gebewe.
U het die wolk vir hul bestel,
in oorvloed, God van Israel,
die droë land laat lewe.
U het die land met reën deurdrenk
en dit toe aan u volk geskenk
as hulle eie woning.
Voortvlugtend in hul nederlaag
is leërs uitmekaargejaag,
hoe magtig ook hul konings.
4. Die konings moes verward vertrek
toe sneeu die Salmonsberg bedek
as teken van Sy almag.
Jy, hooggekruinde Basansberg,
die Sionsberg sal jou verdwerg,
waar God woon in sy almag.
Hy het van Sinai gekom
met strydwaens na sy heiligdom,
derduisende wat skitter.
Gevangenes het saamgekom,
geskenke is gebring vir Hom,
Hy, Sion se besitter.
5. Loof dan die God wat deur sy krag
ons dra en help van dag tot dag.
Hy is vir ons die redder.
Dis Hy wat ons in doodsgevaar
beskerming gee en ons bewaar
maar sondaars sal verpletter.
Ons sien U na u heiligdom
in feestelike optog kom;
my God, U is my Koning.
Die stamme loof U in ’n koor;
die leiers van u volk loop voor
in optog na u woning.
6. O God, wat red, toon u gesag,
laat konings neerbuig voor u mag,
hul hande na U uitsteek.
Tree op teen die wat ons vertrap;
roep hulle, Heer, tot rekenskap.
Hoor as ons U om hulp smeek.
Ons moet aan God ’n lofsang wy,
aan Hom wat deur die hemel ry;
sy mag reik bo die wolke.
Erken dat Hy almagtig is,
Hy wat van die begin af is.
Kom, loof Hom alle volke.
#69 Ps: Red my, o God, steek uit u hand
{Dieselfde wysie: 69, 267}
1. Red my, o God, steek uit u hand.
Die water styg tot by my mond,
my voete voel geen vaste grond.
Diep in ’n modderpoel beland,
roep ek my hees en sonder krag;
met moeë oë bly ek wag.
2. So baie is teen my gekant;
ek word beskuldig sonder grond,
en as ek pleit, snoer hul my mond.
Maak, Here, my daarteen bestand.
Al staan ek sondig voor U, Heer,
wees U my redding en verweer.
3. Dink, God, aan dié wat U vertrou;
maak hulle, God van Israel,
maak hulle nie teleurgestel.
Laat hul die hoop op U behou.
Laat U vir ons ’n uitkoms bly
as ons om hulp roep as ons ly.
4. Om U ontwil word ek bespot;
ek staan daar as ’n vreemdeling,
alleen, in my familiekring.
U huis, die het ek lief, o God,
en daarom is dit dat ek ly,
en wie U smaad, die tref ook my.
5. Tot U rig ek nou my gebed,
o God van liefde, antwoord gou.
U hulp staan vas, vas staan u trou.
U kan my uit diep waters red
en teen gevare my beskut.
Kom red my uit die modderput.
6. U weet ek is beledig, Heer,
ek is gebreek, ek is gedaan
en is deur niemand bygestaan.
Deur spotters is ek verkleineer.
Daar is asyn en gif geskink
Toe ek om kos vra en wou drink.
7. Bewerk hul ondergang en val;
maak hulle blind en maak hul swak;
verwoes totaal hul onderdak.
En laat u gramskap hul oorval,
want uit my pyn put hul genot,
waar ek deur U getref is, God.
8. Laat dit hul skuld en straf verswaar;
tref hulle met u ban en vloek;
skrap hulle name uit die boek.
Daarin word slegs dié naam bewaar
wat deur U opgeskrywe is,
van hulle wat regverdig is.
9. ’n Hulpelose mens is ek,
vol pyn, maar God, U sal my red,
U hoor my smekende gebed.
U hand is oor my uitgestrek;
ek sal U met ’n danklied prys
wat as my offer op U wys.
10. Ek sal die Naam van God besing.
Hul sal hul in sy hulp verbly,
dié wat verdruk is, saam met my.
Sien dus dat Hy verlossing bring
en weet Hy slaan op hulle ag,
dié wat hul hulp van Hom verwag.
11. Kom, hemel, aarde en die see,
dié wat Hom dien, kom almal saam,
dié wat Hom lief het, prys sy Naam.
Hy sal ons red en woonplek gee.
Hy sal ons land vir ons behou,
ons stede sal Hy weer herbou.
#70 Ps: Red my, o God, en help my gou
1. Red my, o God, en help my gou
dat ek die lewe kan behou.
Dié wat die dood se strikke span,
laat hulle strikke hulle vang.
2. Wil U hul op die vlug laat slaan,
laat hul beskaamd van my af gaan.
Sorg dat hul wat my spot, o Heer,
verleë terug in skaamte keer.
3. Laat wie U soek, Heer, telkemaal
hul blydskap in u Naam herhaal.
Laat hulle altyd bly bely:
Die Heer is groot, hoe groot is Hy!
4. Ek, hulpeloos, hoor my gebed,
ek, arme mens, vra:”Here red.
Vertoef nie, Here, maar kom nou,
kom sonder talm of wag, kom gou.”
#71 Ps: By U, o Here, soek ek skuiling
1. By U, o Here, soek ek skuiling.
Ek weet U is getrou.
Hoor my geroep om hulp.
Laat staan my nie teleurgestel nie.
Kom red my en bevry my
van goddelose mense.
2. Ek het op U vertrou van jongs af.
U, Here, is my hulp.
U, Here, is my hoop.
Vandat ek daar was in die wêreld,
ja, selfs voor my geboorte
was U reeds my beskermer.
3. Ek loof U daarom, Heer, gedurig.
So baie wat dit hoor,
verwonder hul daaroor.
U is my sterkte en my toevlug;
ek sing van U voortdurend
die hele dag ’n loflied.
4. Moet my dan tog nie nou verwerp nie,
noudat ek oud is, Heer,
verswak en sonder krag.
Nou smee hul saam komplotte teen my;
die vyand soek my lewe.
Laat my nie nou alleen nie.
5. Hul sê: “Hy is van God verlate;
laat ons hom agtervolg,
hom gryp; wie sal hom red?”
Moet tog nie ver van my af bly nie.
Vernietig my vervolgers
en bring oor hulle skande.
6. Op U bly hoop ek, Heer, gedurig;
ek sal U altyd loof
vir u verlossingswerk.
Ontelbaar is u reddingsdade.
Net U bring my verlossing;
ek praat daarvan aanhoudend.
7. U onderrig my reeds van jongs af,
sodat ek kan getuig
van u daadkragtigheid.
Moet my dan nie verlaat nie, Here,
noudat ek oud geword het,
noudat ek afgeleef is.
8. Gun my dat ek vir die geslagte
voortdurend kan vertel
van u verlossingswerk.
Groot is u dade en oneindig
die werk wat U gedoen het.
God, U het geen gelyke.
9. Benouende ervarings, Here,
het U oor my gebring
maar telkens my gered.
Ek is verlos uit doodsgevare
deur U in die verlede;
gee my ook nou weer uitkoms.
10. Ek sal U loof om u getrouheid.
Herstel my in my eer
dat ek ú eer besing.
Oor U sal ek dan juig en jubel
omdat U my gered het.
My God, getrou en heilig.
11. Ek sal bly praat van u verlossing;
ek sal u eer besing,
met harp en lier U loof.
Dié wat my ondergang gesoek het,
beland in die ellende
en faal in hul verwagting.
#72 Ps: Wil aan die koning tog u reg gee
1. Wil aan die koning tog u reg gee,
leer U hom dit, o Heer,
laat in geregtigheid hom optree,
laat hom dan só regeer.
Maak hom regverdig as regeerder
oor ons, u volk, gestel
en van verdruktes die verweerder
waar hy sy oordeel vel.
2. Mag dan die berge voorspoed uitstraal,
en van die reg getuig;
en mag daar oral vrede neerdaal
oor velde groen en ruig.
Mag hy net so wees vir sy mense
soos reën is vir die plant.
Maak hom bekend oor alle grense
tot in die verste land.
3. Mag hy dan heers oor verre lande
en mag hul buig voor hom
van die Eufraat tot verre strande
en met geskenke kom.
Mag ook die konings kom van Skeba,
kom van die kus na hom.
Hul kom uit die woestyn, uit Seba;
van oral sal hul kom.
4. Hy gee aan hulle sy ontferming
wat voor geweld moet buk,
wat roep om hulp en sy beskerming
én swak is en verdruk.
Laat lewe hierdie edel koning;
laat goud uit Skeba kom,
laat hulle dit met eerbetoning
as skatplig bring vir hom.
5. Mag dan gedurigdeur sy mense
hul hulp van hom verwag
en bid vir hom, met seënwense
bly uitspreek dag vir dag.
Laat staan die graanoes ryk en volop,
laat groei dit geil soos gras,
laat wuif dit selfs tot op die bergtop
as welige gewas.
6. Kom loof die God wat ons te hulp kom,
laat ons Hom eer bewys;
solank die son en maan bly opkom,
laat ons Hom dien en prys.
Loof God se Naam so hoog verhewe,
en lig en prag gehul.
Ja, amen, mag sy Naam wat lewe
die hele aarde vul.
#73 Ps: Vir Israel maak God dit goed
1. Vir Israel maak God dit goed,
vir dié wat rein is van gemoed.
Tog was dit vir my onverklaarbaar
waarom die goddeloses goed vaar.
Want sorgloos leef hul, sterk, gesond,
en baie kwaad kom uit hul mond.
Hul leef asof geen kwellings pla;
hul trots word soos ’n snoer gedra.
2. Vir hulle dien geweld as kleed;
asof hul net van voorspoed weet.
Dit lyk vir my dit is om’t ewe
of jy opreg of sondig lewe.
Hul matig hulle alles aan
en sonder vrees is hul bestaan.
Hul leef in rykdom onverstoord,
asof God dit nie weet nie, voort.
3. Het ek verniet die kwaad vermy
om daagliks nuwe straf te ly?
As ek só aanhou redeneer het,
sou ek die vromes nie geëer het.
Maar eers in God se heilgidom
het ek tot die besef gekom:
Dié wat op gladde weë loop,
sal val en eindig sonder hoop.
4. Ek het my redeloos gedra
en ongegrond het ek gekla.
Niks verder as ’n kleine handreik,
nooit verder het U my laat afwyk;
en toe my hart verbitter was,
tog hou U my nog altyd vas.
U lei my met u wyse raad,
U, Here, red my van die kwaad.
5. Hoe swak van liggaam en van gees,
U sal my krag en sterkte wees.
Niks anders het vir my méér waarde,
niks in die hemel of op aarde.
Dis goed om naby U te wees,
dan is daar niks om voor te vrees.
My hoop het ek op U gestel.
Ek sal van al u werk vertel.
#74 Ps: Waarom, o God, bly U ons so verstoot?
1. Waarom, o God, bly U ons so verstoot?
U het ons aangeneem, reeds lank gelede,
as kudde, Heer, as u gemeentelede;
waarom stel U ons aan die vyand bloot?
2. Kom loop deur Sion, Heer, u heiligdom,
daar waar u Naam
gewoon het op die bergland,
tot op die grond
vernietig deur die vyand.
Is U dan kwaad vir ons, u eiendom?
3. Die plek van samekomste is onteer,
dit lyk soos bosse
skoongekap deur iemand;
dáár klink oorwinningskrete
van die vyand;
’n puinhoop is u woonplek van weleer.
4. Ons vaandels word nie
langer hoog gehou,
ons het nie meer een
enkele profeet nie.
Hoe lank dit nog sal duur,
sal ons nie weet nie.
Hoe lank gaan U van
ons u hulp weerhou ?
5. Heer, U alleen kan red uit elke nood,
van altyd af,
Almagtige en Koning.
U maak selfs in die
see ’n waterskeiding
en maak met krag sy
sterkste monsters dood.
6. Dit is aan U wat dag en nag behoort,
U wat fontein en waterstrome oopmaak,
U wat standhoudende riviere droogmaak
en die seisoene vasstel na hul soort.
7. Dink aan ons, Heer,
onthou; vergeet ons nie
en stel die hulpeloses nie teleur nie;
laat dit met ons,
u volk, tog nie gebeur nie;
verlos ons, Here, van die tirannie.
8. Die dwase skreeu en hulle skend u eer.
Maak nie of U al
die rumoer nie hoor nie.
Gee ons tog nie aan
die verdrukkers oor nie,
laat reg geskied
aan ons, laat geld U, Heer.
#75 Ps: Heer, ons kom ’n loflied bring
1. Heer, ons kom ’n loflied bring.
U is naby, U is sterk;
al u wonders word besing,
dade deur u krag bewerk.
Elkeen daarvan sal ons noem,
al u wonderwerke roem.
2. “As die tydstip dit vereis,
gryp Ek in en oordeel Ek.
Oor wie Ek tereg moet wys,
sal Ek dan my reg voltrek;
oor die aarde en die mens
is my almag onbegrens.”
3. “Ek sal my gesag volvoer
oor die skepping, mens en land.
Wát die aarde ook beroer,
Ek herstel dit in sy stand.
Laat die trotses dít besef:
Ék verneder en verhef.”
4. As ’n regter is Hy streng.
Leeg moet hul die beker drink,
wyn wat Hy, met gif gemeng,
vir die goddelose skink.
Dié wat hulle self verhef
sal Hy met sy oordeel tref.
5. Ek sal God die Here eer,
Hy wat met sy regterstaf,
God van Jakob, ons regeer,
maar sy vyand sal ek straf;
Al die trotses sal ek tref,
die opregtes word verhef.
#76 Ps: Hy het sy Naam bekend gestel
1. Hy het sy Naam bekend gestel
in Juda en in Israel.
Die aanval het Hy afgeweer
daar waar Hy heers. Groot is die Heer.
In Salem staan die Heer se woning,
in Sion waar Hy heers as koning.
2. Geen wapen was teen Hom bestand,
geen pyl of skild, geen swaard of hand.
Nog voor die vyand aan kon val,
is hulle in hul slaap oorval.
Op Sion het u glans geskitter
geen ander ligglans was ooit witter.
3. U krag, wie is daarteen bestand,
wie, as u grimmigheid ontbrand?
Die strydwa en die oorlogsperd
wat is dit teen die Here werd?
Die krygers het voor Hom gebewe
toe God Hom in die stryd begewe.
4. U het U uit die hemel, Heer,
na die verdruktes toegekeer.
Die mensdom was vol vrees en stom
toe U, o God van Jakob, kom,
toe U, o Heer, u uitspraak meedeel,
toe U kom ingryp met u oordeel.
5. Die vyand sal U hulde bring
en met ontsag u lof besing.
Kom lof met dankoffers betoon,
almal wat om die Here woon.
Voor Hom sal elke groot regeerder
in vrees kom neerbuig as vereerder.
#77 Ps: In my nood roep ek die Here
1. In my nood roep ek die Here,
onvermoeid sovele kere.
Smekend om sy hulp bid ek,
hou ek hande uitgestrek.
Snags dink ek aan God verslae;
al my nadink bring meer vrae
en daar is vir my geen troos.
Hy laat bly my slapeloos.
2. Peinsend moet ek nou die hede
afweeg teen die ver verlede.
Waarom dan, vra ek my af,
handel God met my so straf?
Bly ek altyddeur verstote,
van sy gunste uitgeslote?
Sy ontferming en sy trou,
het dit dan nou opgehou?
3. Wat bly oor van vroeër tye?
Waar is nou Sy medelye?
Sy beloftes, staan dit nog?
Hoor my, God, en antwoord tog.
Wat my nog die meeste smart gee,
is dat Hy nou anders optree.
Peinsend dink ek aan die Heer
van die dae van weleer.
4. Toon U my nooit weer genade?
Waar is nou u wonderdade?
Ek wil nadink oor u werk.
Heilig is dit, God, en sterk.
God is groot, met geen gelyke;
al sy werk gee daarvan blyke,
ook hoe Hy ons voorgeslag
vrygemaak het deur sy krag.
5. Waters het voor U gebeef, Heer,
en die aarde in u onweer.
U het deur die see gegaan,
deur die vloed u weg gebaan.
Niemand het u spoor gewaar nie.
Israel is nie laat vaar nie,
U het hulle uitgelei
en u kudde is bevry.
#78 Ps: Kom luister na wat ek jou onderrig
1. Kom luister na wat ek jou onderrig,
na wat ek sê, my volk, in my gedig,
geheimenisse wat ek voor gaan dra
uit ons verlede, luister goed daarna,
wát ons gehoor het en
dit wat ons weet,
laat dié wat ná ons kom
dit nooit vergeet.
2. Ons het dit van die voorgeslag gehoor
en óns dra dit weer aan ons kinders oor,
die dade, roemryk, van die Heer se mag,
sy wonderdade aan die voorgeslag;
aan Jakob is sy voorskrifte gestel,
sy onderwysinge aan Israel.
3. Die Here het die voorgeslag beveel
om dit aan hulle kinders mee te deel.
So sal hul dan op God se krag vertrou
en sy verordeninge bly onthou,
nie, soos ’n wederstrewige geslag,
ontrou teenoor Hom wees in hul gedrag.
4. Hoe sigbaar is die wonders van die Heer
wat Hy aan ons bewys het keer op keer.
Die Efraimiete wat dit moes onthou,
was in die dag van stryd aan Hom ontrou.
Al was hul hoe bedrewe met die boog
het hulle, wat op Hom moet steun, gevlug.
5. Want voor die oë van die voorgeslag
was daar so baie tekens van Sy krag.
Hy het hul droogvoets
deur die see laat gaan,
die waters het soos mure stil gestaan.
God het hul met ’n wolk gelei bedags
en met ’n vuur se helder liggloed snags.
6. Hy’t rotse oopgekloof in die woestyn,
groot waterstrome het daaruit verskyn.
Uitdagend het hul tog van God gesê:
“Waar is die brood en vleis
wat ons wil hê?
Kan Hy in die woestyn ’n tafel dek?”
Daardeur is God se gramskap opgewek.
7. Vertroue in sy redding het ontbreek.
Hy het ’n vuur teen hulle aangesteek.
Tog het Hy wolke hoog daarbo gebied
en mannareën oor hulle uitgegiet,
die voëls, soos sand ontelbaar in getal,
soos stof op hulle uit die wind laat val
8. Hy het gegee, meer as wat hul wou hê,
oorvloedig het dit oral rondgelê.
Hul is deur Hom voorsien na hulle wens
maar hulle gulsigheid was onbegrens.
Toe brand die Heer se toorn
teen hulle los
terwyl hul eet, hul monde nog vol kos.
9. Die groot en sterkes is getref deur
Hom. Die keur van Israel het omgekom.
Tog het hul voortgeleef in sondigheid,
sy wonderdade en sy krag ten spyt.
In jare wat vol kommer kom en gaan,
het Hy hul vrugteloos laat voortbestaan.
10. Maar dan, as hul getref is deur die
Heer, het hul sy wil gesoek en hul bekeer
Dat Hy hul rots is, het hul dan bely,
Hy wat verlosser is, Hy wat bevry.
Maar hul was vals, en hulle was ontrou
en het hul nie aan sy verbond gehou.
11. Maar God is goed, genadig, Hy vergeef,
Hy wis sy volk nie uit nie, Hy laat leef
Herhaaldelik het Hy sy toorn bedwing,
daaraan gedink: Dis mense, so gering,
soos wind wat kom, verby waai,
slegs ’n vlaag
wat nooit terug sal keer nie,
maar vervaag.
12. Hoe dikwels is
die Heer deur hul bedroef
is Hy in die woestyn gegrief, beproef.
Sy hand se krag, hul het vergeet daarvan,
sy wonders in Egipte, in Soan.
Sy onheil het Hy op hul losgelaat,
oor daardie volk, ’n vrag, in volle maat
13. Tien plae is oor hulle uitgestort.
Die waters van die Nyl het bloed geword.
Om hul te steek, is muggieswerms gestuur
hul lewens is deur paddas erg versuur.
Die sprinkaanwolke het hul land verwoes,
hul lande kaal gevreet en leeg geoes.
14. Die gure weer het hulle swaar laat ly,
dood was hul wynstok en die wildevy.
Hul vee is almal deur die hael geslaan.
God het sy toorn oor hul
sy gang laat gaan.
Hul eersgeborenes het hy getref
voor hul íéts van sy mag nog wou besef.
15. Daar het die Heer sy eie volk bevry,
Hy het sy kudde skape uitgelei,
en sonder vrees kon hulle verder trek
deur die woestyn na die bestemde plek,
die afgemete grondgebied, húl land,
’n streek verower deur sy regterhand.
16. Maar hul was weer afvallig en ontrou,
hul het met afgodsdiens hul opgehou.
Die Heer se toorn teen Israel was groot.
Hy het sy volk van Hom af weggestoot.
Die tent in Silo het Hy prysgegee,
sy ark en Israel ook saam daarmee.
17. Hy het sy volk in ballingskap gestuur,
die jongelinge is verteer met vuur,
die bruidslied vir
die meisies het verstom
en deur die swaard het priesters omgekom
Selfs sonder rou moes ook die weduwee
haar eggenoot maar aan die dood afgee.
18. God het, soos uit ’n slaap,
weer opgestaan
die vyand van sy volk vir goed verslaan.
Die stam van Juda het Hy aangeneem,
maar Efraim is vir goed van Hom vervreem
Op Sion is sy heiligdom gebou,
vas, hemelhoog, waar Hy sy woning hou.
19. Daar is ’n Dawid uitgekies deur Hom
as die versorger van Sy eiendom.
Deur God is hy oor hulle aangestel,
die Heer se volk van Jakob, Israel.
En met oorleg het hy sy volk gelei
en hom met liefde aan hul toegewy.
#79 Ps: Die heidene, o Here, het gekom
1. Die heidene, o Here, het gekom,
u land verower en u heiligdom.
U tempel het deur hul ontwy geraak,
hul het ’n puinhoop van u stad gemaak.
2. Die lyke van u dienaars is gegooi
vir roofvoël en vir roofdier as ‘n
prooi;hul bloed het om Jerusalem gevloei
en sonder graf is hulle rondgestrooi.
3. Ons word deur almal om ons uitgejou.
Hoe lank, Heer, sal ons dit nog
uit moet hou?
God, sal u toorn vir
altyd voort bly duur,
u woede altyd brandend, soos ’n vuur?
4. God, laat u gramskap hulle nie ontsien
wat nalaat om u Naam te eer en dien,
want Jakob is tot niet gemaak, o Heer,
sy woonplek is deur hul verinneweer.
5. Heer, straf ons nie
vir voorgeslagte nie,
hul kwaad, hou dit nie in gedagte nie;
laat kom hul sondigheid op ons nie neer
en reken ons dit tog nie toe nie, Heer.
6. Wees nou, o Here, tog oor ons begaan.
Ons Redder, help, ons kragte is gedaan;
ter wille van u Naam en tot u eer,
vergewe ons al ons oortredings, Heer.
7. Die heidene sal vra waar is U nou?
Hoe U hul straf,
laat ons dit, Heer, aanskou
en slaan op die gevangenes dan ag;
Red dié in doodsgevare deur u mag.
8. Kom, luister
na ons in ons groot verdriet;
hoe is, o Heer,
ons bloed deur hul vergiet;
dít wat U moes verduur van hulle spot,
vergeld hul sewevoudig daarvoor, God.
9. U volk, u kudde, Heer, ons sal U dank,
ons sal U loof en roem ons lewe lank,
u redding noem tot in die nageslag;
ons maak van al u dade groot gewag.
#80 Ps: As herder hou U wag oor ons
1. As herder hou U wag oor ons;
U wat ons voorgaan, Heer, hóór ons.
U wat hoog oor die gerubs troon,
kom om u mag aan ons te toon.
Kyk af en openbaar u mag
aan Israel se nageslag.
2. Hoe lank gaan U nog toornig bly
voor U ons help en ons bevry?
U het vir ons verdriet geskink
en trane bekersvol laat drink.
Laat dit met ons weer goed gaan, Heer,
verskyn tog as ons redder weer.
3. U het vir ons ’n land berei,
ons uit Egipte uitgelei.
U het ons uit die verre land
as wingerdstok hier oorgeplant.
Van wes na oos het dit sy loot,
van noord na suid ver uitgestoot.
4. Dié wingerd lê nou oop en bloot;
U het die mure omgestoot.
Dié wat verbygaan, sal dit stroop
en wilde diere sal daar loop.
Laat dit met ons weer goed gaan, Heer,
verskyn tog as ons redder weer.
5. U wingerdstok, versorg dit weer;
U het dit self gekweek, o Heer.
U het dit self hier oorgeplant,
o Here, met u regterhand.
Dié wat met vuur ons wou verteer,
tref hulle met u oordeel, Heer.
6. Hou, Here, oor u volk u hand,
hou ons, deur U gekweek, in stand.
As Ú ons aan die lewe hou
dan bly ons aan u Naam getrou.
Laat dit met ons weer goed gaan, Heer,
verskyn tog as ons redder weer.
#81 Ps: Roep die Here aan
1. Roep die Here aan,
Jakobs God, ons sterkte.
Vier by nuwemaan
fees om God te eer.
Jubel voor die Heer
wat ons heil bewerk het.
2. Vier die fees getrou
deur die nageslagte.
Dit moet ons onthou:
Uit die slawerny
is ons uitgelei.
Hou dit in gedagte.
3. “Seer was jou gewrig
toe jy swaar gedra het.”
“Elke swaar gewig het Ek afgelig.
en jou pyn verlig
toe jy hulp gevra het.”
4. “Ek was steeds getrou
op die trekpad later.
Bly dit steeds onthou:”
“Daar by Meriba
toe jy uitkoms vra,
was daar vir jou water.”
5. “Dien geen ander God.
Luister, wees gehoorsaam.
Eer dan my gebod.”
“Wat jy vra van My
sal jy van My kry,
volop en genoegsaam.”
6. “Dít is ingeskerp
diep in jou gedagte.
Maar wie My verwerp
nederlae ly
hy wat sonder My
steun op eie kragte.”
7. “As my volk tog maar
op my woord gelet het,
dan was Ek steeds daar;”
“in hul tyd van nood,
al was dié hoe groot,
sou Ek hul gered het.”
8. Wie die Here haat,
sal deur Hom gestraf word.
Maar in ruime maat
word sy volk gevoed:
Daar sal heuning soet
uit die rots verskaf word.
#82 Ps: God spreek die ander gode aan
1. God spreek die ander gode aan;
as Regter gaan Hy voor hul staan:
“Hoe lank gaan julle so bly oordeel,
die reg misken, die kwaad bevoordeel?
Sorg vir die mens in lyding,
bewerk vir hom bevryding.
Sien om na armes in hul nood,
die wees en ander sonder brood.
Breek dan die goddelose mag,
help almal wat na uitkoms smag.”
2. “Maar in die duister tas jul hand
en steur die aarde in sy stand.
Nou lê geregtigheid aan skerwe
en net soos mense sal jul sterwe.”
U wat alleen kan oordeel,
sal nie die kwaad bevoordeel.
U, immers, lê u regtershand
oor elke volk, oor elke land.
Dit alles, Heer, is u gebied.
Laat oor die aarde reg geskied.
#83 Ps: Moet nie afsydig staan
1. Moet nie afsydig staan,
laat almal nie begaan,
hou U nie stil nie, Here.
Hoor net hoe gaan hul aan
wat teen U op kom staan:
hul gaan teen U te kere.
U volk moet dit ontgeld
vanweë hul geweld,
hul spaar ons, Heer, geen lis nie.
Teen ons word saamgespan,
slu dinge word beplan
tot ons geen volk meer is nie.
2. Hul het hul eensgesind
teen U, o God, verbind
en saam teen U beraadslaag.
Met al die seuns van Lot
trek hulle op, o God,
en maak teen U ’n aanslag.
Hul kom van oos en wes,
van suid en noord die res;
vernietig hulle almal.
Verslaan die vyand, Heer,
soos voorheen keer op keer.
Bevry ons uit die aanval.
3. Laat hul soos bosse tol
wat oor die vlaktes rol,
verjaag, verward en kwesbaar.
Laat hulle dan erken
U het die stryd gewen,
almagtige oorwinnaar.
Wil U, Heer, hul bestraf,
Strooi hulle uit soos kaf,
soos stoppels in ’n dwarrel.
Verwoes hul kort en klaar.
Laat hulle deurmekaar
in werwelwinde skarrel.
4. Laat hul die aftog blaas,
laat hulle inderhaas
voortvlugtend uitmekaargaan.
Wis almal uit, o Heer,
laat vlamme hul verteer,
soos berge wat in brand staan.
Laat skaamte hulle tref,
laat hul verskrik besef:
U, Here, U is enig.
U heers en U alleen
oor gans die aarde heen.
U Naam, o Heer, is ewig.
84C Ps: Hoe lief het ek u woning, Heer
{Teks: TT Cloete, 2001}
{Dieselfde wysie: 84, 489}
1. Hoe lief het ek u woning, Heer.
Ek wil U in u tempel eer.
Ek smag na U met sterk verlange.
Met daardie mense gaan dit goed
wat in u tempel U ontmoet
en U daar prys met lofgesange.
Ek sal my lof met jubeling
aan U wat waarlik lewe, bring.
2. Ek prys U daar met hart en vlees
waar selfs die mossie tuis mag wees
by u altare hoog verhewe.
Die swaeltjie is daar ewe tuis;
’n woning is vir my u huis
waar ek bestendig met U lewe.
Met al die mense gaan dit goed
wat in u tempel U ontmoet.
3. U maak vir hul fonteine oop
wat deur die droë laagte loop,
U stuur vir hul die vroeë reën.
En nuwe krag ontvang hul weer
van U in Sion, keer op keer,
en uit u huis kom baie seën.
Ek wil U, God Almagtig, prys
wat soveel goeds aan my bewys.
4. Almagtige, my God, my Heer,
in wie se huis ek graag verkeer,
hoor, luister tog na my gebede.
Wees ons beskermer, Here, kom,
sien ook na u gesalfde om.
Gun ons u huis se heerlikhede.
Liefs één dag in u tempel gaan
as duisend dae buite staan.
5. In God se almag lê ons krag,
ons son en skild van dag tot dag.
Die goeie word ons nie weerhou nie.
Ons kan ons op sy trou verlaat,
ons word nie in die steek gelaat
as ons op Hom steeds bly vertrou nie.
U goedheid sal hul vergesel
wat hul vertroue in U stel.
84T Ps: Hoe lieflik is u wonings, Heer
{Teks: Totius}
{Dieselfde wysie: 84, 489}
1. Hoe lieflik is u wonings, Heer
der leërskare! Hoe begeer
my siel en hunker van verlange
om na Gods woning op te gaan
en in u tempelpoort te staan
met jubelende lofgesange.
My hart en vlees, o God, roep luid
tot U wat leef, verlangend uit.
2. Die mossie vind ’n huis, o Heer,
die swaeltjies lê in nessies neer;
en ek vind rus by u altare,
waar U vir my ’n woning maak
en U, my Koning, my bewaak.
Gedugte Heer der leërskare,
welsalig wie in u paleis
U altyddeur mag loof en prys!
3. Welsalig is die mensekind
wat al sy sterkte in U mag vind,
en op mag gaan na Sions hoogte.
Wanneer hul haas van dors verkwyn,
dan is die Heer self hul fontein
waar dorsland smag van somerdroogte.
Ook sal ’n reën hul daar oordek
wat hul tot nuwe lewe wek.
4. Hul sal van krag tot krag steeds gaan
totdat hul voet in Sion staan;
geeneen wat daar nie sal verskyn nie.
Let, Heer der leërskare, let
op my geroep, hoor my gebed,
en laat my nie in druk verkwyn nie.
Leen my ’n toegeneë oor;
o Jakobs God, gee my gehoor!
5. O God, ons skild, ons teëweer,
sien tog op u gesalfde neer,
skenk hulp en heil aan Sions koning!
Een dag is in u huis my meer
as duisend waar ek U ontbeer;
veel liewer is ek in woning
’n drumpelwagter, as gewend
aan yd’le vreugde in sondaarstent.
6. ’n Son en skild is onse Heer;
Hy sal genade gee en eer,
want Hy word nooit sy woord ontrou nie;
Hy sal aan almal wat opreg
Hom dien en wandel in sy weg,
die goeie nimmermeer onthou nie.
Welsalig, Heer, wie op U bou,
aan U geheel hom toevertrou.
#85 Ps: U was u land, o Here, toegeneë
1. U was u land, o Here, toegeneë,
’n nuwe toekoms het U ons gegee.
Ons sondes het U vir ons toegedek,
U het u gramskap teen ons prysgegee.
2. Wil U ontfermend weer na ons toe keer;
vernuwe ons, gun ons u liefde weer.Verlos
ons en maak dit weer vir ons goed,
gun ons weer vreugde en u hulp, o Heer.
3. Dit wil ek hoor, die woorde wat Hy praat
met hulle wat hul op sy woord verlaat,
wat na Hom luister en getrou Hom dien:
Die goeie gee Hy hul in volle maat.
4. Vir hulle is die uitkoms reeds al daar.
Sy redding sal Hy aan ons openbaar.
Geregtigheid en vrede, liefde, trou,
hier in ons land sal Hy dit openbaar.
5. Sy trou sal uit die aarde op ontspruit,
geregtigheid straal uit die hemel uit.
Geregtigheid sal God se pad berei,
dit loop Hom telkens op sy weg vooruit.
#86 Ps: Here, luister tog, verhoor my
1. Here, luister tog, verhoor my.
Heer, ek vra, ontferm U oor my.
Hoor my roep, want arm is ek,
hulpeloos, ek ly gebrek.
Ek wat steeds aan U getrou was,
roep U, want U is my houvas.
U wat ek as sterkte het,
U vertrou ek, U kan red.
2. Luister, Here, na my smeking
– daglank, sonder onderbreking –
om u troos wat ek begeer;
ag, Heer, gun my blydskap weer.
Aan hul roep sal u gehoor gee
wat in trou hul aan U oorgee.
U wat trou is, altyd, Heer,
U vergewe altyd weer.
3. U sal, Heer, wat alle mag het
op my nood van elke dag let.
Watter God soos U is daar?
Word u werk geëwenaar?
Alles kom vanuit u opdrag,
U beheer dit met u almag.
Al die nasies sal U eer
en hul skik na u beheer.
4. U het my na my gebede
uitgered uit diep benede,
uit die dieptes van die dood,
want u liefde, Heer, is groot.
Ek wil in u waarheid wandel,
toegewy en dienend handel,
met my hele hart U prys,
altyd eer aan U bewys.
5. Hul is trots wat teen my saamstaan,
Dit wat met hul oormoed saamgaan,
hul geweld en tirannie,
hulle trots ontsien U nie.
Maak van my ’n helder voorbeeld
hoe U uit u goedheid oordeel.
Dié wat haat en planne smee,
maak hul skaam, maak hul verleë.
6. U is liefdevol, lankmoedig.
In u trou is U oorvloedig.
Sedert my geboortedag
dien ek U, Heer; gee my krag.
Gee my uitkoms, laat hul raaksien
hoe U, Here, my steeds aansien.
Sien my in genade aan
waar ek biddend voor U staan.
#87 Ps: God het vir Sion hoog verhef
1. God het vir Sion hoog verhef:
die hele Jakob word deur hom oortref.
Groot dinge word van hom gesê.
Die stad se fondament is vas gelê.
Ook elkeen word aan God verbind
uit ander volke, as sy eie kind.
2. Dié wat Hom dien, behoort aan Hom;
en hulle wat uit ander lande kom,
word kinders van sy stad genoem.
Met sang en dans word Hy geprys, geroem,
dié wat Hom ken, in elke land.
Die Allerhoogste hou sy stad in stand.
#88 Ps: O God, wees U my hulp
1. O God, wees U my hulp.
Ek roep U elke dag,
help my en hoor my altyddeur;
ek roep U nag vir nag.
2. Laat smeek my nie vergeefs,
hoor, Here, as ek vra.
My swaarkry is vir my te veel,
meer as wat ek kan dra.
3. Die dood omring my, Heer,
van alle kante af;
ek vat al aan die doderyk
met een voet in die graf.
4. Diep in die put soek ek:
Waar, Here, is U hand?
By dié aan wie U ophou dink,
o Heer, het ek beland.
5. U gramskap is te swaar,
u golwe breek oor my;
ek het afskuwelik geword
vir dié wat my vermy.
6. Ek roep, ek sit gevang,
met oë sonder glans;
ek steek my hande uit na U
maar sien geen uitkomkans.
7. Kan dooies, Heer, U loof?
Kan hulle regop staan?
Word in dié plek van U vertel
daar waar die mens vergaan?
8. Vertel hul van u trou,
u liefde en u mag,
u redding uit vergetelheid,
die donker dood se nag?
9. Vroeg soggens bid ek reeds
en roep U in my nood.
Waarom trek U, my God, U t’rug,
waarom word ek verstoot?
10. Ek is al radeloos.
Ek kwyn omdat ek ly;
van jongs af dra ek hierdie las.
U gramskap teister my.
11. U skrik vernietig my;
dit kom soos water aan.
U laat die mense wat my ken
ver op ’n afstand staan.
12. U vloed van toorn, o Heer,
Kom alkant oor my stoot.
Ek het as donker metgesel
die duister van die dood.
#89 Ps: Vir ewig staan u trou
1. Vir ewig staan u trou,
dis sonder wankeling.
U liefdesdade, Heer,
sal ek altyd besing;
u trou verkondig ek
vir komende geslagte.
U hou u eed, o Heer,
met Dawid in gedagte;
U het dit self gesê:
Vir ewig sal dit vasstaan,
ook vir die nageslag
sal dit bly geld en voortgaan.
2. Die hemelinge loof
Sy trou en wondermag.
Die hemelwesens toon
vir God die Heer ontsag,
en niemand is soos Hy;
die Heer het geen gelyke,
en van hul vrees vir Hom
gee almal om Hom blyke,
want heilige ontsag
vir Hom het hulle almal.
U krag, o Heer, is groot,
u trou, o Heer, is oral.
3. U is die heerser, Heer,
en U bedwing die see,
U maak sy golwe wat
onstuimig is gedwee.
Die vyand is verjaag,
vernietig deur u oormag,
die monster is verslaan,
verbrysel met ’n doodslag.
Wat op die aarde is
en in die waters wemel,
dit is in u besit,
die aarde en die hemel.
4. Vier streke van die wind,
dit het U vasgestel,
die berge oos en wes
wat van u roem vertel.
U hand het dit geskep,
u regterhand so kragtig,
u arm het dit gemaak
– as maker is U magtig.
Hoog reik u arm en hand
tot in die onbeperkte.
Dat ons u guns geniet,
vir ons lê daarin sterkte.
5. Op u geregtigheid
het U ’n troon gebou;
Heer, U bied aan u volk
u liefde en u trou.
Goed gaan dit met die volk
wat deurentyd u Naam eer,
wat jubel tot u eer,
wat in u lig bly staan,
Heer. U is die krag wat
deur die mense hoog geroem word,
u reddingsdade sal
die hele dag genoem word.
6. Ons koning Dawid is
die Heer se eiendom,
die God van Israel
bewaar, beveilig hom.
God het geopenbaar:
“Ek bied aan hom my bystand
en Ek verdedig hom
as held teen elke vyand.
Ek het hom uitgesoek
as dienaar en as koning.
Met olie het Ek hom
gesalf met sy bekroning.”
7. “My liefde en my krag
sal hom versterk en steun,
en op my trou en arm
wat sterk is, kan hy leun.
Sy vyande sal hom
nie kwaad doen of verdruk nie,
en niemand sal hom skaad
of uit my hande ruk nie.
Ek laat hom sy gesag
oor ver riviere uitbrei,
tot oor die see sal hy
sy heersershande uitsprei.”
8. “Hy roep my as sy God
en as sy Vader aan:
‘My heil, my Redder, God,
my rots waarop ek staan’.
Ek maak hom eersteling,
as koning sal hy voor staan.
My trou en my verbond
met hom sal altyd voortgaan.
Sy troon sal altyd duur
en altyd staan dit stewig,
deur nageslagte heen;
my trou sal duur vir ewig.”
9. “Maar wyk sy nageslag
van my gebooie af,
word hulle swaar getref,
sal Ek hul sonde straf.
Tog sal Ek nie van hul my
liefde wil weerhou nie
en Ek versaak hul nooit
in my verbond en trou nie.
Ek sal my woord en eed
met Dawid nie verbreek nie
en Ek, wat heilig, laat
hom nie in die steek nie.”
10. “So lank die son verskyn
en dan weer ondergaan,
sal Ek vir Dawid steeds
sy troon laat voortbestaan;
so min as wat die maanlig
ooit sal ophou sprankel,
so min sal Ek in my
verbond sy troon laat wankel.
Ek sal hom steeds voorsien
van vele nageslagte;
wat Ek belowe het, hou
Ek steeds in gedagte.”
11. Maar u gesalfde is
verwerp, deur U vervreem,
vergeet is u verbond
wat U in ag sou neem.
Sy vestings lê in puin
en ook sy stad se mure.
Hy word geminag en beroof
deur al sy bure;
verneder is hy nou,
Heer, voor sy teëstander,
sy glans, sy troon en krag
het U in smaad verander.
12. Hoe lank laat brand U nog
u grimmigheid se vuur?
Dink tog hoe kort die mens
se lewensjare duur.
Waar is u liefde wat
ons vroeër ondervind het,
u trou waarmee U, Heer,
aan Dawid U verbind het?
Die wat ons smaad, o Heer,
smaad U daarmee tesame.
Ons lof kom God die Heer vir
altyd toe, ja, Amen.
#90 Ps: U was vir ons altyd ’n toevlug, Here
1. U was vir ons altyd ’n toevlug, Here,
deur die geslagte ongetelde kere.
U is van ewig af, van lank tevore,
toe was die berge nog nie eers gebore.
Steeds was U daar, by wie ons skuil kan gaan,
U, God, van voor die wêreld se ontstaan.
2. U sê:”Word stof”, dan sterf mens in ’n oogknip.
Vir u is duisend jaar ’n kleine tydstip,
soos gister wat haas ongemerk verbygaan,
snel soos ’n beurt van nagtelike wagstaan.
Soos gras staan ons nog soggens groen en hoog,
dan kwyn ons weg en saans is ons verdroog.
3. Ons gaan vanweë u gramskap, God, te gronde.
U oog belig ons weggesteekte sonde.
Ons jare vlieg daarheen soos ’n gedagte.
Ons haal ’n kleine sewentig of tagtig,
en dié is vol van swaarkry en van leed
en is verby nog voordat ons dit weet.
4. Wie ken u gramskap beter as u dienaar?
Dit maak te meer die lewe vir hom kosbaar.
Laat, Here, ons dan tog ons dae aftel,
ons lewensjare wat so gou verbysnel;
laat ons die tyd benut, heer, leer ons dit,
dat ons ’n hart wat wys is, mag besit.
5. Hoe lank nog, Here, voor U ons te hulp kom?
Skenk ons u liefde in sy volle rykdom.
Gee ons u liefde daagliks, gee ons blydskap,
soveel as wat verduur is van u gramskap.
So baie jare het U ons laat ly;
laat gaan dan ons verdrukking nou verby.
6. U goedheid, Here, gun dit vir u dienaar.
Maak duidelik u werke vir ons sigbaar,
skerp ons dit in, Heer, diep in ons gedagte
en wys u grootheid vir ons nageslagte.
Dit wat ons kon bewerk het met ons hand,
hou, Here, daardie werk van ons in stand.
#91 Ps: Wie God Almagtig bly vertrou
1. Wie God Almagtig bly vertrou,
vir hul is Hy ’n vesting.
Sy skadu sal hul veilig hou,
sy vleuels is hul skuiling.
Van siekte sal Hy jou bewaar,
jy hoef nie bang te wees nie;
geen aanval, plae of gevaar,
geen skrik hoef jy te vrees nie.
2. Al val daar duisend man maal tien,
Hy sal jóú nie laat neerstort;
die goddelose, sal jy sien,
dié sal deur Hom gestraf word.
Sy engele sal met jou stap;
jy sal jou voet nie stamp nie;.
jy sal op leeus en slange trap.
Vrees daarom dan geen ramp nie.
3. “Ek het hom lief, Ek sal hom red,
hom wat My ken, beveilig.
Ek hoor hom in sy smeekgebed
en Ek sal hom verdedig.
In nood staan Ek hom altyd by,
sy eer sal hy weer t’rugkry ;
hy sal hom oor My hulp verbly
en vele jare leef hy.”
#92 Ps: Om God te loof is heerlik
1. Om God te loof is heerlik
om van u Naam te sing,
u liefde lof te bring.
U trou is onontbeerlik.
Ons wil steeds elke more
en elke aand u trou,
u liefde bly onthou
met harp en lier en kore.
2. Heer, U beskik oor magte,
oor dade groots en sterk;
ek juig oor ál u werk;
hoe diep is u gedagte.
Dit is alleen die domme
wat daarvoor blind is, God;
wie daarvan swyg, is bot
’n redelose stomme.
3. Die goddelose opbloei,
hoe dit ook al floreer
-net U, o God, regeer-
U sal dit alles uitroei.
Wie vrees die kwaad se werker?
Ek sal hom deur U stuit,
U delg hom deur my uit;
ú kragte maak mý sterker.
4. Oor hul laat U my feesvier,
U laat my triomfeer
oor teëstanders, Heer,
so kragtig soos ’n sterk dier.
Dié wat die reg nie dien nie
ek luister sonder vrees
in my oorwinningsfees
na dié wat niks ontsien nie.
5. Die Here maak die vrome
en die regverdiges
sterk soos die palms is,
hoog soos die sederbome.
Só fris en lewenskragtig-
hul vrug vind hul in Hom
selfs in hul ouderdom.
My rots- Hy heers regverdig.
#93 Ps: Met krag omgord, as Koning, is die Heer
1. Met krag omgord, as Koning, is die Heer.
Hy wat oor al sy maaksels bly regeer;
Hy het Homself beklee met majesteit,
Hy wat regeer in alle ewigheid.
2. U aarde staan onwankelbaar en vas;
u heerskappy die bly onaangetas.
Van ouds af staan u troon onwankelbaar;
van altyd af is U, die Koning, daar.
3. Die baie waters het gedreun, gedruis,
riviere en die see, met groot gebruis.
Maar hoog daarbo is God se troon verhef.
Geen onbestendigheid kan Hom daar tref.
4. Sy troon daarbo staan vas en ongeroer.
ver, hoog bo die gedreun en groot rumoer.
Van daar af in sy koninklike mag
voer Hy wat heers oor die geraas gesag.
5. Al u verordeninge staan ook vas.
U bly, U, wat van altyd af daar was.
En heiligheid versier u huis, o Heer,
U, wat in ewigheid sal bly regeer.
#94 Ps: Verskyn, o Regter van die regspraak
1. Verskyn, o Regter van die regspraak,
U wat met straf die onreg regmaak,
U, Regter wat die onreg straf,
kom, reken met die mense af.
Dié wat hul, Heer, teen U verhef,
kom, laat u oordeel hulle tref.
2. Hoe lank sal goddeloses rustig
in leed van ander hul verlustig,
dié wat, o Heer, u volk vertrap,
so sonder vrees vir rekenskap,
wat weduwee en vreemdeling
en wese om die lewe bring?
3. Oor hulle onreg is hul smalend,
hul spog daaroor en is neerhalend.
Hul is vermetel en praat groot,
hul onderdruk en hul maak dood.
Die goddelose redeneer:
Dit bly verborge vir die Heer.
4. Hy wat ons oog en oor gemaak het,
sou Hy dan blind en doof geraak het?
Maar Hy sal straf, Hy wat ons leer,
want Hy besit wat Hy formeer.
Hy weet, Hy wat ons onderrig.
O dwaas, word wys, word nederig.
5. Die Here weeg al ons gedagtes:
Hoe lig is dit wat hoog geag is.
Maar hulle, deur U opgevoed,
met hulle, Here, gaan dit goed.
U gee hul rus na teëspoed.
U sal u volk altyd behoed.
6. Regverdig, Here, is u oordeel,
tot dié wat op U steun se voordeel.
Ons is sy volk, sy eiendom,
Hy hou ons vas en naby Hom.
Wie sonder Hom sélf klaar wil kom,
sy graf lê reeds gereed vir hom.
7. Wie sal teen onreg vir my optree
en in my lyding vir my omgee?
Omdat Hy my verdedig het,
het Hy my van die graf gered.
As ek nog dink my voete gly,
staan U my in u liefde by.
8. Ek vind vertroosting in gebede:
My onrus word herskep in vrede.
U duld hul nie wat onheil saai,
die reg vervals en dit verdraai –
hul wat teen u gebooie in
ellende stig en kwaad versin.
9. Regverdiges, dié word benadeel,
onskuldiges dié word veroordeel.
Maar God laat goddeloses boet
en maak dit vir my by Hom goed.
Hy sal die kwaad verdelg – ons Heer,
my rots, my toevlug, my verweer.
#95 Ps: Kom laat ons lofsing voor die Heer
1. Kom laat ons lofsing voor die Heer,
kom laat ons jubel tot sy eer.
Ons rots is Hy, oor almal heers Hy.
Aan sy gesag en koningskap
kan niks en niemand ooit ontsnap.
Hy heers oor alles, ver en naby.
2. Die aarde kan Hy diep af peil
en ook die berg, hoe hoog, hoe steil.
Die Here is daarvan die maker.
Die see en land behoort aan Hom,
die aarde is sy eiendom.
Hy sorg vir ons as ons bewaker.
3. Val almal biddend voor Hom neer,
kom loof die Heer, bewys Hom eer,
deemoedig voor die Skepper buigend.
Ons is sy volk, ons God is Hy.
Ons is sy kudde wat Hy lei.
Kom sing tot Hom, die Here, juigend.
4. As julle maar vandag wou hoor
wat sê die Here, dink daaroor:
“Wees nie soos julle voorgeslag nie:
In die woestyn is Ek getart,
hul hart het hulle daar verhard.
My werk het hulle nie geag nie.”
5. “Hul het hul van My afgekeer.
Ek het ’n eed teen hul gesweer
in wie Ek teësin gekry het.
Ek het hul veertig jaar ontsê
om daar ’n plek van rus te hê
waarheen Ek hul as volk gelei het.”
#96 Ps: Kom sing ’n nuwe lied, sing saam
1. Kom sing ’n nuwe lied, sing saam;
sing saam sy Naam ter ere;
sing, aarde, van die Here.
Sing almal saam en prys sy Naam.
Verkondig elke dag
sy redding en sy mag.
2. Gaan sê aan almal van sy mag,
vertel aan alle mense,
oor volk en land se grense;
sy dade wek by ons ontsag.
Lofwaardig is die Heer.
Kom, gee Hom lof en eer.
3. Ons moet Hom vrees en Hóm alleen.
Geen ander god is daar nie.
Niks kan Hom ewenaar nie.
Hy is die enigste, dié Een.
Sy luister straal uit Hom
en vul sy heiligdom.
4. Sy ligglans en sy majesteit,
sy krag, gaan uit oor alles,
hoe groot ook die heelal is.
Sy tempel is vol heerlikheid,
dis in sy lig gehul
en met sy krag gevul.
5. Kom, volke van die aarde, saam,
kom saam uit alle lande,
en bring jul offerande.
Prys God se mag en loof sy Naam.
Betoon Hom eer, buig neer.
Kom, nasies, prys die Heer.
6. Verkondig oral God regeer;
Hy hou die wêreld veilig.
Hy is regverdig, heilig.
Eerbiedig Hom en gee Hom eer.
Wees bly, die Here kom.
Prys, alle volke, Hom.
7. Die hemel moet daarvan getuig,
die velde en die bome,
als in die see se strome;
die aarde, alles saam moet juig.
Die Heerser sal regeer.
Betroubaar is die Heer.
#97 Ps: Juig, aarde, voor die Heer
1. Juig, aarde, voor die Heer,
juig omdat Hy regeer,
van donkerte omgewe,
waar wolke om Hom swewe.
Sy troon het Hy op trou
en volgens reg gebou.
’n Vuur trek voor Hom uit
wat dié verteer en stuit,
wat hul opstandig hou.
2. Die aarde staan verlig
voor God se aangesig.
Hy laat sy weerlig bewe,
dit laat die donker lewe.
Die berge smelt soos was,
al staan hul ook hoe vas.
Wat kan sy lig verduur,
die gloed van God se vuur,
dit wat verteer tot as?
3. En alle volke sien
– ook dié wat beelde dien –
sy magtige verskyning.
Die hemel bring die tyding.
Hy wat regverdig is,
sy regspraak is beslis.
Die valse gode buig,
hul dienaars moet getuig:
“Ons het ons sleg vergis.”
4. Maar Sion daarteenoor,
dié het van U gehoor,
van U, die God verhewe,
die enigste wat lewe.
U wat as God gebied,
laat aan ons reg geskied.
U, God, U heers, oral,
oor ons, oor die heelal,
oor elke landgebied.
5. Uit liefde vir die Heer
haat dit wat Hom onteer.
Haat alles dan wat sleg is
en streef dít na wat reg is.
Hy red dié wat Hom dien,
sy lig laat hulle sien.
Dié wat sy Naam bely,
wees in die Here bly –
Hy wat ons lof verdien.
#98 Ps: Sing van die dade van die Here
1. Sing van die dade van die Here,
kom sing vir Hom ’n nuwe lied.
Sing van sy wonders soveel kere;
groot dinge het deur Hom geskied.
Die nasies weet Hy is almagtig,
sy dade is aan hul vertel;
die wêreld weet sy trou is kragtig,
sy liefde is vir Israel.
2. Juig oor sy redding en bevryding,
juig almal op die aarde saam.
Eer Hom met sang en begeleiding,
speel op die lier en prys sy Naam.
Blaas die trompet en blaas die horing
en sing ’n lied tot God se eer.
Wees vrolik, jubel voor die Koning.
Sing almal juigend voor die Heer.
3. Laat see en aarde met hul rykdom
Hom toejuig om sy heerserskap;
ook berge en riviere prys Hom
as hulle met die hande klap.
Hy heers oor elke volk en landstreek,
Hy wat die reg onkreukbaar rig,
sy oordeel oor die wêreld uitspreek.
Juig almal voor sy aangesig.
#99 Ps: Volke, buig jul neer
1. Volke, buig jul neer
en erken die Heer –
Hom wat oor ons troon
en in Sion woon.
Kom, erken sy mag,
bewend van ontsag.
Laat ons voor Hom neerval,
volke, gerubs, almal.
2. Daar waar U gebied,
laat U reg geskied.
Heilig is die Heer;
buig jul voor Hom neer.
Hy wat als regeer,
loof Hom, gee Hom eer –
Hy is in sy woning, groot,
gevreesde Koning.
3. Reeds die voorgeslag
het op Hom gewag.
God het oor en oor
hul geroep gehoor.
Hy het hul gestel
onder sy bevel.
Hoe ook al verhewe,
Hy rig gans ons lewe.
4. U wat straf, U is
vol vergiffenis.
Ons mag voor U pleit
om barmhartigheid.
Heilig is die Heer.
Buig jul voor Hom neer.
Prys Hom, hoog verhewe;
prys Hom, al wat lewe.
100C Ps: Juig almal tot Gods lof en eer
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Juig almal tot Gods lof en eer,
kom dien met blydskap God die Heer.
Kom met gejubel voor Hom saam
en dank en loof Hom, prys sy Naam.
2. Erken dié God en sy gesag.
Hy hou oor ons, sy kudde, wag.
Laat ons as volk die Heer aanbid.
Hy’t ons gemaak as sy besit.
3. Gaan by sy tempel in en sing
en bring jul dank met jubeling.
Sy goedheid, liefde en sy trou
sal Hy vir altyd onderhou.
100T Ps: Juig, al wat leef, juig voor die Heer!
{Teks: Totius}
1. Juig, al wat leef, juig voor die Heer!
Dien God met blydskap, gee Hom eer;
kom nader voor sy aangesig,
en prys Hom met ’n lofgedig!
2. Die Heer is God, erken dat Hy
’n eie volk vir Hom berei,
’n volk om Hom te dien en vrees
en skape van sy wei te wees.
3. Gaan deur sy poorte in met lof,
met lofsang in sy tempelhof;
kom in sy huis, o bondsvolk, saam;
verhef sy lof en prys sy Naam.
4. Want goedertieren is die Heer;
sy goedheid eindig nimmermeer;
sy trou en waarheid hou hul krag
tot in die laaste nageslag.
#101 Ps: Ek wil ’n lied sing tot u eer
1. Ek wil ’n lied sing tot u eer,
sing van u reg en liefde, Heer.
Kom U na my toe, kom, my Heer;
wanneer kom help U my, wanneer?
2. Ek wil my huis bevry van kwaad;
dit wat verkeerd is, sal ek haat,
hom uitwis wat in laster praat,
en dit wat sleg is, sal ek laat.
3. Dié wat opreg van lewe is,
op God vertrou, die eerbares,
mag vir my werk en by my bly;
leuens en bedrog sal ek bestry.
4. Net hul wat eer aan U betoon
word van vernietiging verskoon.
Net hul mag in u stad bly woon.
Ek maak die land van onreg skoon.
#102 Ps: Here, luister en verhoor my
1. Here, luister en verhoor my,
help my en ontferm U oor my.
Elke dag verdwyn soos rook.
In my word ’n vuur gestook.
Ek is uitgedroogde veldgras.
Aan my bene kleef my vel vas.
Ek het in my pyn vergeet,
Here, om my brood te eet.
2. Eensaam is ek en verslae
soos ’n voëltjie wat sag klae.
Ek sal soos ’n pelikaan
in die dor woestyn vergaan.
Hoor hoe hul dit op my uithaal
en my naam gebruik as vuiltaal.
Hoor, die vyand gaan te keer,
heeldag word ek verkleineer.
3. Omdat ek in diepe nood is,
tewens, Heer, deur U verstoot is,
eet ek brood uit as berei,
trane is die drank vir my.
Opgetel en weggegooi weer
maak U my tot barre strooi, Heer.
In die laaste lig staan ek
by my skadu, lank gerek.
4. Nogtans, Here, heers U ewig.
In u hande rus als stewig.
Tot die laaste nageslag
is U daar, Heer, elke dag.
Kom die tyd van u genade,
sien ons u verlossingsdade.
Here, U sal U ontferm,
U sal Sion steeds beskerm.
5. Gun aan Sion mededoë,
daaroor is ons hart bewoë;
oor sy puin is ons begaan,
elke klip daar gaan ons aan.
Vrees Hom, konings, alle nasies,
Hy herstel weer ons murasies.
Op die tyd deur Hom gestel,
sal Hy Sion weer herstel.
6. Loof Hom vir sy medelye
nou en later, alle tye.
Hou dan aan om te vertel.
Sion is deur Hom herstel.
Al die komende geslagte
hou dit vas in die gedagte.
Hul sal hom, van harte bly,
weer opnuut ’n lofsang wy.
7. Dié wat naby aan die dood was,
hul wat arm en ontbloot was,
het Hy uit hul nood gered –
Hy wat op die aarde let.
Ons is naby Hom en veilig
selfs al woon Hy ver en heilig.
In sy oor was ons gekerm,
in sy oog is ons beskerm.
8. Hoog sal God se Naam geroem word,
in Jerusalem genoem word,
waarheen al die volke kom
om hul diens te wy aan Hom.
Daar bring baie koninkryke
aan Hom hulle huldeblyke.
Dienend sal hul voor Hom buig
as hul van hul lof getuig.
9. Breekbaar is ek en verganklik,
heeltemal van Hom afhanklik.
Vroeg reeds in my jeug moes ek
deur beproewing dit ontdek.
Maar, o Here, laat die lewe
my nie in my fleur begewe.
U wat ewig voortbestaan,
laat my tog nie nou al gaan.
10. Alles gaan verslyt soos klere.
U alleen is ewig, Here.
Wat bestaan het, gaan verby;
U alleen, net U sal bly.
Wie U dien se nageslagte
hou U egter in gedagte.
Hulle wat hul aan U wy,
kry ’n land om in te bly.
#103 Ps: God wil ek loof met alles wat in my is
1. God wil ek loof met alles wat in my is
ek wil Hom prys omdat Hy goed vir my is.
Ek sal sy goedheid altyd bly onthou.
Hom wil ek prys vir al sy goeie dade –
Hy wat vergifnis skenk deur sy genade.
Sy Naam is heilig en Hy is getrou.
2. Hy bied teen dood en
siekte my beskerming
en kroon my met sy liefde en ontferming;
van dit wat my bedreig, maak Hy my vry;
Hy gee vir my die goeie so oorvloedig;
in alles maak die Here my voorspoedig,
en jeugdig soos ’n arend maak Hy my.
3. Die Here is vol liefde en lankmoedig.
Hy is in sy geregtigheid oorvloedig.
Aan Moses is sy wil bekend gestel;
Hy het sy volk gelei na hu bevryding
en Hy verlos verdruktes van hul lyding.
Sy weg is voorgehou aan Israel.
4. Sy liefde, ver bo alle taal verhewe,
sal al ons sondes onvergeld vergewe.
Hy is onmeetbaar lief vir wie Hom dien,
so groot, daar is geen
maatstaf voor te kry nie.
Hy sal nie kwaad vir ons vir altyd bly
nie en sal na ons behoeftes om bly sien
5. So ver neem Hy ons sondes weg as Vader
ons kan met geen beskrywing dit benader.
Hy wil ons van ons sondelas genees.
Veel hoër reik sy liefde uit in waarde
as wat die hemel uitstyg bo die aarde
vir hulle wat Hom dien en eer en vrees.
6. Die Here is ons stoflikheid gedagtig,
ons is ’n korte lewensduur deelagtig,
soos van ’n veldblom,
kwesbaar, of soos gras.
Die Here weet waarvan Hy ons gemaak het.
As die woestynwind
ons eers aangeraak het,
bly daar ’n leegte, altyd, waar ons was.
7. Maar ewig duur die liefde van die Here.
Hy heers tot in die hoogste, verste
sfere.
Vir wie Hom dien en sy gebooie hou,
duur God se trou bestendig deur
geslagte,
en almal, alles leef in sy gedagte.
Hy eis aan sy verbond voortdurend trou.
8. Engele, kom, kom hemelwesens magtig,
dié wat Hom dien, kom
loof die Heer eendragtig,
laat almal wat Hom eer die Here loof;
ons, mense wat deur Hom geskep is, almal,
laat hoor jul lof daar
waar Hy heers, daar oral.
Ek sal Hom loof. Laat ons die Here loof.
#104 Ps: Ek wil die Here loof en prys
1. Ek wil die Here loof en prys.
Beklee met luisterryke prag,
soos Hy sy grootheid aan ons wys,
dra Hy die lig as koningsdrag.
2. U span die hemelhoë boog
net soos ’n tentdoek teen die lig.
Daarbo het U ’n woonplek hoog
bo-oor die waters ingerig.
3. Dis U wat op die wolke ry.
U swewe op die wind se vlerk.
U laat die wind u boodskap sprei;
U laat die weerlig vir U werk.
4. Die aarde is onwankelbaar.
Groot waters is deur U getem :
In laagtes het U dit vergaar
in plekke deur u krag bestem.
5. U het daaraan ’n grens gestel,
U het die vloei daarvan bepaal,
U wat fonteine op laat wel
en water in ’n stroom laat straal.
6. U laat die wildedonkies drink,
en voëls maak langs die water nes;
hul kwetter vrolik en rinkink.
Die diere kom hul dors daar les.
7. U laat dit op die berge reën,
die gras loop vir die diere uit.
Met voedsel word die mens geseën
wat uit die aarde vir hom spruit.
8. U laat die mens die goeie smaak
as U hom laaf en U hom voed,
met wyn word harte bly gemaak,
vir die gesig is olie goed.
9. Die bome is deur Hom geplant
waar voëltjies hulle neste bou.
Die hoë berg hou Hy in stand
waar dassies skuil en bokke hou.
10. U is die Skepper van die maan
om vaste tye aan te gee;
die son weet hy moet onder gaan,
U deel u wysheid aan hom mee.
11. Snags roer die diere in die bos
deur U met duisternis bedek;
die leeus wat brul gaan soek hul kos
en ligdag sluip hul na hul plek.
12. Die mens begin dan met sy taak;
tot teen die aand doen hy sy werk.
Dis U wat oor die tye waak,
ons kom en gaan vir ons bewerk.
13. U het die aarde vol geskep,
in wysheid en in skone prag,
die see, sy diere, vloed en eb;
die skepe vaar daar met hul vrag.
14. Dis U wat lewensasem wek
en plante uit die grond laat spruit,
maar word u hand teruggetrek,
dan vloei die lewe uit hul uit.
15. Mag al u werk U vreugde gee,
geen einde kom aan al U roem.
U is met mag en krag beklee,
U maak deur net te kyk en noem.
16. Ek wil die eer van God besing;
ek wil my in die Heer verbly,
so lank ek leef my lof Hom bring.
Mag wat ek peins sy guns verkry.
17. Laat sondaars voor sy oog verdwyn.
Hy wat sy grootheid aan ons wys,
wat in sy kleed van lig verskyn –
Hom wil ek loof, Hom wil ek prys.
#105 Ps: Loof God se Naam en roep dit luid aan
1. Loof God se Naam en roep dit luid aan.
Laat dit tot alle nasies uitgaan:
Laat ons sy wonders bly besing
en onder hulle aandag bring.
Kom, roem Hom, heilig is sy Naam.
Wees bly en lewe met Hom saam.
2. Soek sy teenwoordigheid en almag.
Dink aan die wonders van sy opdrag.
Dink, Abraham se nageslag,
dink aan die Here se gesag,
hoe Hy met ons, sy volk, verkeer –
ons, uitverkore deur die Heer.
3. Vir ewig leef in sy gedagte
sy woord vir duisende geslagte –
met Abraham sy trou verbond,
die eed aan Isak uit sy mond,
soos ook vir Jakob ingestel.
Hy gee die land aan Israel.
4. Toe hulle min was, vreemdelinge,
’n swerwersvolkie, ’n geringe,
is niemand deur Hom toegelaat
om hulle te verdruk of skaad.
Selfs konings is deur Hom vermaan:
“Dit is my volk, raak hul nie aan.”
5. Dis tóé dat hul sy plan besef het
toe hongersnood hul land getref het:
Die middelaar in God se hand
was Josef in Egipteland
As vreemdelinge is hul daar
gevoed deur die Egiptenaar.
6. Maar toe die hand wat
voed ’n straf word,
het Hy sý straf oor hul laat afstort.
Tien plae het Hy uitgestuur
om hulle lewens te versuur.
Die sprinkaan het hul oes verteer;
kaal was hul lande en niks meer.
7. Wat had hul van die weer te lye,
hul wingerdstok en wildevye,
hul diere, deur die hael geslaan…
God het sy toorn sy gang laat gaan,
hul eersgeborenes getref.
Sy erns het hul tóé besef.
8. Hy het deur Moses en Aäron
hul t’ruggebring na hulle oorsprong.
Hy het sy volk weer uitgelei,
van die Egiptenaars bevry.
Hy het gesorg vir hul behoud,
belaai met silwer en met goud.
9. Van hulle het nie een beswyk nie,
nie een het eers weer t’ruggekyk nie.
’n Wolk is oor ons uitgesprei
terwyl Hy ons beskut en lei,
en snags het Hy vir elke tree
vir hul ’n vuur se lig gegee.
10. Sy honger volk het Hy genadig
met kwartels en met brood versadig.
Hy het hul toe met hemelkos
van hongersnood en dood verlos.
Hy het, toe hul om water smeek,
die rots vir hulle oopgebreek.
11. Sy volk kon juigend trek en veilig.
Sy woord aan Abraham was heilig.
Hy het dit eerlik nagekom:
’n Land het hul gekry van Hom.
Wees aan sy woorde steeds getrou
en prys Hom wat ons onderhou.
#106 Ps: Kom loof Gods liefde onbeperk
1. Kom loof Gods liefde onbeperk,
want groot en magtig is sy werk
en onbeskryflik is sy dade.
Dié mense sal sy guns geniet
wat doen wat God se reg gebied,
en hulle deel in sy genade.
2. U volk, u uitverkorenes,
waarvan U, Heer, die redder is,
wil hierdie liefde my ook toesê.
Van daardie mense, u besit,
hul vreugde, Here, gun my dit.
Laat ek ook altyd daaraan deel hê.
3. Ons het gesondig teen u trou,
teen wat ons dankbaar moes onthou
tesame met die voorgeslagte.
Ons moes, u Erenaam getrou,
hoe U vergewe, bly onthou,
u wonders en u reddingskragte.
4. U het hul deur die see laat gaan,
deur die woestyn hul weg gebaan
waarheen U hul, verlos, gebring het.
Maar dit was gou alweer vergeet
toe daardie kalf, wat plante vreet,
as afgod U by hul verdring het.
5. Hul het U, God van trou, verraai
en die beloofde land versmaai
en U ten uiterste getreiter.
Tog het U telkens weer gered,
geluister na hul smeekgebed,
hul ontrou en gemor ten spyte.
6. Al het hul dwalend weggesink,
het Hy aan sy verbond bly dink
en hulle dan maar weer vergewe.
Hul het geroep in hulle nood.
Sy liefde is so trou en groot,
dis bo die mens se kwaad verhewe.
7. Laat ons u Naam en lof besing-
uit al die volke saamgebring,
ter wille van dié lof versamel.
Want heilig is die Heer se Naam.
Prys dan die Here, prys Hom saam,
en laat die volk dit uitsing: Amen.
#107 Ps: Die mense wat behou is
1. Die mense wat behou is,
moet sê: “Ons is bevry!
Loof God, Hy wat getrou is
hoe goed vir ons is Hy.”
Sy liefde, grenseloos,
het hulle uit die noorde,
die suide, wes en oos
gebring uit álle oorde.
2. Hy het uit dor woestyne
hul na die stad gaan haal,
verlos van hongerpyne,
van dors en van verdwaal.
Hy het hul t’ruggevat,
weg uit die onbekende
na die bewoonde stad,
bevry uit die ellende.
3. Hul noodroep is beantwoord;
laat hul Hom dank bewys.
Hul is nou waar hul tuishoort;
laat hul Hom loof en prys.
Laat hulle dit onthou:
Sy goedheid ken geen perke.
Onthou sy liefdestrou,
besing sy wonderwerke.
4. Party was ongehoorsaam,
geboei, gevangenes.
Hul is van Hom vereensaam
daar waar dit donker is.
Hy het hul daar laat knak,
laat swig vanweë die swaarkry,
hul inmekaar laat sak;
alleen moes hulle swaar ly.
5. Toe roep hul en Hy antwoord
en breek die grendels oop.
Hul is nou waar hul tuishoort,
hul kan weer vryuit loop.
Laat hulle dit onthou:
Sy goedheid is onpeilbaar.
Besing sy liefdestrou;
dit is en bly onfeilbaar.
6. Party het onverstandig
en dwaas gerebelleer.
Hul dade was opstandig
en sondig voor die Heer.
Erg siek en byna dood
kon hul geen kos verdra het.
Hy het genees in nood
toe hul om hulp gevra het.
7. Hul roep het Hy beantwoord;
Hul het die dood ontkom.
Nou is hul waar hul tuishoort
deur net één woord van Hom.
Laat hulle dit onthou;
wees bly en wees Hom dankbaar.
Bring offers weens sy trou,
sy dade onoortrefbaar.
8. Wie van die see bestaan het,
het daarop uitgevaar,
en wáár hul uitgegaan het
sy wonderkrag ervaar.
Die wind het opgesteek
en hulle rondgeskommel.
Hul moed het Hy gebreek,
die takelwerk verfrommel.
9. Hul seile was in repe,
niks werd hul seemansraad;
dít het hul met hul skepe
sleg in die steek gelaat.
Hul roep na Hom oorstelp.
hul smeek Hom uit die onweer.
Hul kon, deur Hom gehelp,
verheug hul rigting omkeer.
10. Die noodroep is beantwoord.
Hy het die storm bedwing.
Na hawens waar hul tuishoort,
het Hy hul t’ruggebring.
Laat hulle dit onthou,
getuig by die volksbyeenkoms
getuig van God se trou
en van sy hulp en uitkoms.
11. Hy maak dáár dor woestyne
waar water was en groei
en laat ontspring fonteine
wat deur die dorsland vloei.
Hul hand bewerk die land,
hul vee teel aan in oorvloed.
Hul oes van wat hul plant,
hul huise leef in voorspoed.
12. Die lydendes verhef Hy
al was hul hoe gering,
Die onderdrukkers tref Hy
met sy vernedering.
Hy sal hul rond laat dwaal,
hul in verwarring dompel.
Hul wêreld maak hy kaal,
vervalle en verskrompel.
13. Hy maak die swakkes vrugbaar
tot in hul nageslag.
Hul sal in alles goed vaar;
Hy maak hul lewe sag.
Dié wat dit kon aanskou:
Die onreg is beëindig.
wees wys, let op sy trou,
opregtes, wees verstandig.
#108 Ps: Ek voel weer veilig by U, Heer
1. Ek voel weer veilig by U, Heer;
ek wil ’n lied sing tot u eer;
my blydskap, Here, wil ek vier
met mooi musiek van harp en lier.
2. Die rooidag wil ek wakker maak
wanneer ek soggens vroeg ontwaak.
U trou wat reik tot in die wolk
besing ek onder elke volk.
3. Verhef u eer oneindig hoog,
ver hoër as die hemelboog.
Oor alles, Heer, voer U gesag;
toon dan die grootheid van u mag.
4. Dit is die antwoord van die Heer:
“Ek sal oor Sigem triomfeer,
k gee dit aan my volk as buit;
die Sukkotlaagte deel Ek uit.”
5. “Manasse en Efraim, albei,
ook Gilead behoort aan My,
oor Juda heers Ek koninklik,
oor Moab sal Ek ook beskik,”
6. “My juigkreet word ook uitgedra
oor Edom en Filistea,
oor elke streek waar Ek regeer
en as oorwinnaar triomfeer.”
7. Wie sal ons Edom toe kan vat
en lei na sy versterkte stad?
Gaan U ons langer, Heer, verstoot,
alleen laat uittrek in ons nood?
8. Die mens se hulp is ydelheid;
staan by ons, Here, in die stryd.
Ons steun op God se heerserskap.
Hy sal die vyand self vertrap.
#109 Ps: U wat ek loof, God, luister tog
1. U wat ek loof, God, luister tog
as ek u bystand vra.
Ek word met woorde vol bedrog
deur leuenaars aangekla.
2. My liefde word begroet met haat,
terwyl ek bid, o Heer,
die goeie word vergeld met kwaad,
en wraak vir my begeer:
3. “As regter oor hom aangestel,
wil ons ’n booswig hê;
laat sy gebed selfs teen hom tel,
as klag teen hom gelê.”
4. “Vind hom nou skuldig, vonnis hom,
straf dié wat hom bemin;
mag hy gou aan sy einde kom,
laat ly sy huisgesin.”
5. “Laat dan daarna die woekeraars,
wat hy besit, kom buit;
laat kom daarna die plunderaars
wat roof, en roei hom uit.”
6. “Laat dan sy nageslag niks erf,
laat niks hul lot versag.
Laat hul op soek na kos rondswerf.
Wis uit sy nageslag.”
7. “Die onreg van sy voorgeslag,
die sondes van sy ma,
onthou dit tot die laaste dag,
laat van hul naam niks na.”
8. “Hy was teen mense liefdeloos
in armoede en nood;
hy het die mense hulpeloos
vervolg tot in die dood.”
9. “Laat hy sy eie vloek beleef
oor ander uitgespreek.
Laat dit soos klere aan hom kleef,
laat seën hom ontbreek.”
10. Dié mense wat só teen my praat,
wat kwaad vir my begeer,
vergeld hul met hul eie kwaad,
laat kom dit op húl neer.
11. O Here, handel goed met my
ter wille van u Naam;
kom red my, God, en staan my by
soos dit u trou betaam.
12. My hart is inmekaargetrek,
lank is my skaduwee,
en hulpeloos en arm is ek
’n sprinkaan, weggevee.
13. My knieë knak, my lyf is maer,
ek word bespot, verag;
meewarig word ek aangestaar
deur dié wat my belag.
14. Help my in liefde en in trou
dat mense dit kan merk:
U het, o Here, my behou,
u hand het dit bewerk.
15. Waar hulle vloek, daar sal U seën
en U sal my verhoor.
Hul kla my aan; U, daarenteen,
sal hulle laat verloor.
16. Terwyl ek dan in blydskap leef,
sal skande hul oordek.
Mag dit soos klere aan hul kleef.
U dienaar, Heer, is ek.
17. Ek prys Hom voor die skare luid.
Hy staan die armes by;
veroordeeldes dié laat Hy uit
hul word deur Hom bevry.
#110 Ps: Dit het die Heer belowe vir my koning
1. Dit het die Heer belowe vir my koning:
“Sit aan my regterhand,”
het Hy gespreek,
“en in die stryd
behaal jy die oorwinning;
Ek sal jou vyande se mag verbreek.”
2. As God aan u die septer in die hand gee,
uit Sion, as die teken van u mag,
dan sê die Heer:
“Regeer die vyand daarmee.”
U volk staan
vir die stryd gereed en wag.
3. As u u krag wil
monster op die stryddag,
staan elke krygsman dagbreek aangetree.
Hul staan daar jonk
en sterk die dag en afwag,
reeds vir die stryd
wat heilig is, geklee.
4. Die Here sal sy
eed van trou nie t’rugtrek,
u priesterskap sal u vir altyd sier.
As priester sal u dien soos Melgisedek,
en God se toorn sal u laat seëvier.
5. Voor hom verdelg Hy elke ander koning.
Die water uit ‘n
stroom sal hom versterk;
hy drink dit langs die
pad na sy oorwinning.
Oorwinnings word vir
hom deur God bewerk.
#111 Ps: Kom met die opregtes saam
1. Kom met die opregtes saam,
loof sy werke, prys sy Naam.
Wie in vreugde daaroor dink,
laat ’n loflied oor Hom klink.
Laat ons met ontsag Hom noem,
in ons lied die Here roem
2. Luisterryk, vol majesteit
is sy groot barmhartigheid.
Al sy dade word onthou;
Hy’s standvastig in sy trou.
Laat ons met ontsag Hom noem,
in ons lied die Here roem
3. Hy voed hulle wat Hom dien;
in sy trou het Hy voorsien.
Sy verbond hou altyd stand.
Hy behoed sy volk se land.
Laat ons met ontsag Hom noem,
in ons lied die Here roem
4. Hy’s op trou en reg gesteld;
wat Hy voorskryf, sal bly geld.
Aan Hom bly sy volk verbind.
Wysheid is by Hom te vind.
Laat ons met ontsag Hom noem,
in ons lied die Here roem
#112 Ps: Luister hy na sy gebod
1. Luister hy na sy gebod,
vind hy vreugde in sy God.
God gee hom ’n nageslag
in die land, ’n sterke krag.
God wat oorvloed het, voorsien;
ryk is elkeen wat Hom dien.
2. Al sy dade die hou stand
en is blywend in die land.
Ook aan ander doen hy reg;
uit sy volheid gee hy weg.
God wat oorvloed het, voorsien;
ryk is elkeen wat Hom dien.
3. Hy sal altyd onbevrees,
veilig, seëvierend wees.
Magteloos smag dié daarna
wat hul goddeloos gedra.
God wat oorvloed het, voorsien;
ryk is elkeen wat Hom dien.
#113 Ps: Sing, halleluja, prys sy Naam
1. Sing, halleluja, prys sy Naam.
Sing, dienaars van die Here, saam,
Sing nóú, vanaf die son se opgang.
Loof Hom wanneer die son verskyn,
hou aan totdat hy weer verdwyn.
Sing vir die Heer altyd ’n lofsang.
2. Hy het oor elke volk gesag;
Hy het oor gans die skepping mag.
Het God se grootheid sy gelyke?
Wie woon soos Hy so hemelhoog
en kyk met sy alsiende oog
in hemelse en aardse ryke?
3. Hy rig die armes op uit as,
verhoog dié wat verneder was.
Hy laat hul sit by die vernames.
Die bar vrou kry ’n huisgesin,
sy vind daar baie vreugde in.
Sing, loof Hom wat so groot van Naam is.
#114 Ps: Toe Israel weg uit Egipte trek
1. Toe Israel weg uit Egipte trek,
het Juda sy besit geword,
en Israel het sy gewyde plek,
sy magsgebied en land geword.
2. Die see het voor Hom op die vlug geslaan
en t’ruggedraai het die Jordaan.
Die berge het soos ramme rondgespring,
soos lammers in verwondering.
3. Wat laat jou, see, van Israel af vlug,
en hoe, Jordaan, draai jy dan t’rug;
wat is dit wat jul in beroering bring,
wat, berge, rante, laat jul spring?
4. Die aarde bewe as die Heer verskyn,
Hy wat oor berg en see regeer.
Die rots word kuil,
die klip word ’n fontein.
Dis alles onder sy beheer.
#115 Ps: Nie aan ons nie, Here, nee
1. Nie aan ons nie, Here, nee,
nie vir ons nie is die eer.
Alle eer word U gegee;
kom u Naam toe, God, ons Heer,
U die God van egte trou,
wat ons vas in liefde hou.
2. Hy wat in die hemel troon,
wat Hy wil, dit kan Hy doen.
Maar ’n afgod kry gewoon
uit ’n mens se hand fatsoen.
Durf die heiden dan beweer:
Nêrens is hul God en Heer.
3. So ’n afgod, kan hy praat,
daardie lippe, daardie mond?
Blind is daardie blink gelaat,
daardie oë groot en rond.
Goud of silwer: die pupil
en die mond is blind en stil.
4. Daardie ore, kan hul hoor?
Daardie neus daar, kan dit ruik?
Voete het hy, maar waarvoor?
Kan hy daardie hand gebruik?
Soos die beeld deur hom gehóú,
Word hý wat dié god vertrou.
5. Israel, vertrou op Hom,
Hy beskerm en Hy help jou.
Priesters van sy heiligdom,
julle kan op Hom vertrou.
Goed word deur Hom omgesien
na hul wat die Here dien.
6. Hy sal ons onthou en seën.
Vromes, almal, klein en groot,
volk en priesters, iedereen
word gehelp in tyd van nood.
Goed word deur Hom omgesien
na hul wat die Here dien.
7. Mag Hy, waar hy woon, alleen,
mag Hy oor die aarde waak.
Mag Hy julle almal seën,
mag Hy julle talryk maak.
Óns, wat lewe, prys die Heer,
Halleluja! Gee Hom eer.
116C Ps: God het ek lief
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. God het ek lief,
omdat Hy my verhoor.
Ek was beangs;
Hy het na my geluister.
Toe ek Hom roep
vanuit die dood se duister.
“Heer, red my tog”;
het Hy my stem gehoor.
2. God is genadig, Hy hoor my gebed.
Aan hulpeloses bied Hy sy ontferming.
Die magtelose vind by Hom beskerming.
Hy is regverdig, Hy het my gered.
3. Waar U my trane nou beëindig het,
moet ek my in u goeie guns verlustig.
Ek moet nou onbekommerd wees en rustig.
Van dood en struikeling is ek gered.
4. Ek het in U steeds my geloof behou,
selfs toe my moed en krag my wou begewe.
Sodat ek U kan dien, kon ek bly lewe.
Op U alleen, o God, kon ek vertrou.
5. Van God se redding wil ek nou getuig.
Wat bied ek Hom vir al sy wonderdade?
Ek roem Hom voor sy volk vir sy genade.
Ek sal my offers bring en voor Hom buig.
6. Ek sal getrou U met my lewe dien.
Ons dood sien U as geen geringe saak nie
Het U, o Heer, my dan nie vrygemaak nie?
Juis in my nood het U my raakgesien.
7. Voor almal sal ek Hom my dank bewys.
Ek sal voor God my hou by my beloftes,
en ek betaal Hom altyd my geloftes.
Daar in sy huis sal ek die Here prys.
116T Ps: God het ek lief, want dié getroue Heer
{Teks: Totius}
1. God het ek lief, want dié getroue Heer
hoor na my stem uit vrye welbehae;
ek roep Hom aan in al my lewensdae,
Hy skenk my hulp,
Hy red my, keer op keer
2. Om my was bande en strikke van die dood;
en angste van die hel het my laat bewe;
ek was benoud,
vol droefheid was my lewe;
maar ’k het die Heer gesmeek
in al my nood:
3. ”Ag, red my, Heer, na u beloftenis!”
Toe ’t God gehoor;
Hy is my lofsang waardig;
Hy is die Heer
wat goed is en regvaardig,
en vir sy volk groot van ontferming is.
4. Eenvoudiges wil God steeds gadeslaan.
’k Was uitgeteerd,
maar Hy is vol ontferming.
Soek dan, my siel,
jou rus in sy beskerming,
Hy ’t jou verlos en aan jou welgedaan.
5. U het my siel weer van die dood bevry;
in droefenis droog U, o Heer, my trane;
U lei my voet langs nuwe lewensbane,
om in u lig te wandel, lewensbly.
6. Ek het geglo toe ek, in smart gedaal,
dit uit moes spreek:
”Ek is terneergeboë,”
en uit moes roep,
deur sware smart bewoë:
”Die mens se woord is enkel leuentaal.”
7. Wat Kan ‘k die Heer
vir al sy guns vergeld?
Wat kan ‘k Hom bring
uit dank vir sy genade?
Ek sal Hom prys vir sy verlossingsdade
en by die kelk van heil sy Naam vermeld.
8. Al my geloftes, uitgespreek in nood,
sal ek betaal as ek voor U mag nader
en met u gunsvolk in u huis vergader.
Hoe kost’lik, Heer,
is in u oog hul dood!
9. Ag, Heer, ek is, o ja, ek is u kneg,
seun van u diensmaagd,
in u diens gebore:
My bande is los;
vir hoër diens verkore,
bring ek die offers, aan U toegeseg.
10. Ek sal u Naam met dankerkent’nis prys
te midde van die feestelike skare.
Jerusalem, ek hoor om jou altare
die lofgeluid wat tot Gods eer verrys.
#117 Ps: Sing halleluja tot Gods eer
1. Sing halleluja tot Gods eer,
loof, alle nasies, prys die Heer;
sy liefde is almagtig, sterk,
sy trou is ewig, onbeperk.
Loof, alle nasies, prys die Heer,
sing halleluja tot sy eer.
#118 Ps: Kom, loof die Heer se liefdesdade
1. Kom, loof die Heer se liefdesdade,
getuig daarvan, o Israel,
en eindeloos is sy genade,
laat almal dit bly oorvertel.
Ek het in swaar omstandighede
en nood verkeer, ek was benoud;
ek het geroep in my gebede,
die Here God was my behoud.
2. God staan my by, ek ken geen vrees nie.
Kan iémand ooit iéts doen aan my?
In nood sal ek alleen nooit wees nie
want God is altyd aan my sy.
Vertrou jy op ’n mens, ’n hoë,
vra jy dat hý jou hulp verskaf?
Wie God vertrou, staan nooit bedroë,
kom altyd beter daarvan af.
3. Van oral soos ’n swerm bye
het nasies alkant my beleër.
Maar God het in sy medelye
van my hul aanval afgeweer.
In vlamme van ’n vuur wat knetter,
het hulle in sy gloed beland.
In God se Naam is hul verpletter.
Hul was nie teen sy krag bestand.
4. Hoe groot en kragtig is die dade
van Hom deur wie ons triomfeer!
Hoe groot en kragtig sy genade!
Hoor net hoe juig ons in die Heer.
Hoe swaar en hard ook sy kastyding,
ek is gespaar om te getuig:
Uiteindelik gee Hy bevryding.
Hoor hoe die laer oor Hom juig.
5. Die deur wat altyd vir ons oopstaan,
vir almal wat regverdig is,
staan oop vir my dat ek kan ingaan
na Hom met my getuienis.
Ek wil Hom met ’n loflied toesing.
Ek is verhoor in my gebed.
Ek wil Hom loof vir my verlossing;
Hy het my van die dood gered.
6. Die klip wat eers ’n plek ontsê is
as bousteen in die groot gebou –
die steunpunt waar dit ingelê is,
is later daaraan toevertrou.
Dit is vir almal helder sigbaar,
wie oë het, kan dit bemerk.
Dit is alleen vir ons verklaarbaar
as goddelike wonderwerk.
7. Dit is die dag wat Hy gemaak het.
Kom, laat ons juig, want God is goed.
Hy wat in nood oor ons gewaak het,
laat ons Hom in sy huis ontmoet.
Vra dat Hy voorspoed gee en loof Hom;
vra om sy redding; kom, juig saam.
Wees bly en prys wie in sy Naam kom,
ontvang sy seën en prys sy Naam.
8. Hy is die God van alle lewe
en Hy was goed vir ons gewees.
Hy het ons met sy lig omgewe.
Wuif takke en begin die fees.
U is my God, ek loof u grootheid,
ek loof die wonders van u hand.
Kom, loof die Here om sy goedheid;
sy liefde hou vir ewig stand.
#119 Ps: Salig is hulle wat so handel
1. Salig is hulle wat so handel
soos voorgeskrywe deur Gods wet;
die wat opreg in hulle wandel,
op sy verordeninge let.
Aan u gebooie eis U trou.
Ek moet van onreg my weerhou.
2. Laat van u wet my nooit nie los staan.
Ag, as ek maar standvastig was.
Op al u woorde wil ek ag slaan.
Bind my aan u gebooie vas.
Moet my tog nie verlaat nie, Heer.
Ek wil U loof vir wat U leer.
3. Hoe leef ’n jongmens skoon en suiwer?
Deur na te volg wat U bepaal.
Dan hoef hy nooit te staan en huiwer
of ooit te vrees hy sal verdwaal.
Wat U bepaal het, moet ek leer;
dit is teen sonde my verweer.
4. Al u bevele wil ek nakom,
my lippe sal elkeen herhaal;
dis groter as die grootste rykdom;
hoe heerlik is wat U bepaal.
Ek noem verruk dit oor en oor,
met vreugde dink ek steeds daaroor.
5. Doen aan my goed, gun my die lewe,
ek wil U dien; U kan my red.
Laat nooit dié insig my begewe,
die wonderwerking van u wet.
Ek is ’n vreemdeling op reis,
wat smag dat U die weg my wys.
6. U straf dié wat hul van U afkeer
en nie na u gebooie vra.
Wil hulle smaad tog van my afweer,
want ek kom u bepalings na.
Maghebbers kan komplotte smee,
ek weet U sal my uitkoms gee.
7. O Heer, versterk, verdiep my insig
in wat u woord verordineer.
Laat ek my hele lewe inrig
volgens wat U bepaal en leer.
Maak dan my hart daarop gesteld
en nie op winsbejag en geld.
8. Here, laat niks my aandag aflei
van die bepalings van u wet:
Gee dat ek my aan U sal toewy,
help my, soos U belowe het.
Laat loop my op die regte weg
en maak my lewend deur u reg.
9. Ek sal u woord vertrou en huldig.
U trou is my verweer, o God.
Red my van hul wat vals beskuldig
en in hul hoogmoed my bespot.
Ek sal u wet voor konings noem,
my sonder skroom daarop beroem.
10. Ek hoop op U in tyd van swaarkry
op die beloftes aan u kneg.
Ek wil my, Here, aan u diens wy,
aan u getuienis geheg.
Wat U beveel, bly ek betrag,
selfs in die diepste van die nag.
11. God, U is goed, ook selfs in swaarkry.
Ek is verdruk, met smaad bejeën.
So wou U my na U teruglei;
dit was uiteindelik ’n seën.
Ek volg u wet weer op die voet.
Ook deur beproewing doen U goed.
12. Die mense wat u wette minag,
dis hulle, Heer, wat my ontstel,
maar ek hou my by elke opdrag,
by elke voorskrif en bevel.
Die strikke wat hul vir my stel,
waarom sal dit my dan nog kwel?
13. Trotses mag my dan maar beledig,
hul kom daar immers sleg van af.
Ek sal my met u woord verdedig
en hulle sal hulself bestraf.
Wat U verorden, laat hul koud;
dit is vir my meer werd as goud.
14. Gee my in u gebooie insig –
ek wat gemaak is deur u hand.
Laat ek my lewe daarna inrig,
gee U my daarvoor die verstand.
En laat die ander saam met my
hul in u diens, o Heer, verbly.
15. Ek word vervolg, in leed gedompel
deur valses en hovaardiges.
O Heer, gee uitkoms, ek verskrompel,
tog hou ek aan u wette vas.
Heer, laat my leef, dat ek ontroer
al u bevele uit kan voer.
16. U woord is vas gegrondves, ewig,
heg in die hemel waar dit staan.
U het die aarde vas bevestig,
wat U gebied, sal nooit vergaan.
U trou duur van die voorgeslag,
tot in die verste nageslag.
17. Nooit sal u wette my begewe;
my redding lê in u gebod.
Dit gee aan my ’n nuwe lewe,
red my, u eiendom, my God.
Gebind is alles aan die tyd;
u woord is grenseloos en wyd.
18. U woord is soet gevul met wysheid,
dit hou my op die regte pad.
Vol liefde peins ek daaroor altyd
om dit ten volle te bevat.
Die wysheid wat ek daaruit haal,
verhinder dat ek sal verdwaal.
19. Net soos ’n lamp wat my die weg wys,
verlig u woord die pad vir my.
Regverdig, Heer, is u verbondseis,
en met ’n eed hou ek daarby.
Dit is my dankbare besit;
met vreugde onderhou ek dit.
20. Wie hink op twee gedagtes haat ek,
maar liefdevol eer ek u wet.
U is my skild, U is my skuilplek,
red my soos U belowe het.
Heer, maak my vry en gee my krag.
Dit is u woord waarop ek wag.
21. Alle bewerkers van die onreg,
ontroues, bly hulself mislei.
Die wederstrewiges, staan ver weg:
ék wil aan U gehoorsaam bly.
Hul is soos waardelose skuim
en hul word uit die weg geruim.
22. Wanneer u woord vir mense oopgaan
dan bring dit kennis, dit bring lig.
Laat skyn, voor ek die nagwaak ingaan,
oor my, o Heer, u aangesig.
U woord bepeins ek deur die nag.
Skenk my die lig waarop ek wag.
23. Dié wat oortree, is ongehoorsaam;
dit laat my walg, dit staan my teen.
Dié wat u wette verontagsaam,
dit laat my strome trane ween.
Here, gryp in teen wie oortree;
geen uitkomkans sal U hul gee.
24. Ek word nie deur die mag betower
van hulle wat my wil verdruk.
Soos iemand wat ’n skat verower,
so put ek uit u woord geluk.
Wat U gebied, dit sal ek ag
met vrees en bewende ontsag.
25. Ek haat die leuentaal met afsku
maar het u wette lief, o Heer.
Ek prys U elke dag en loof U,
ononderbroke, keer op keer.
Diegene wat u wet bemin
vind vrede, Here, steeds daarin.
26. Maak oop u woord, laat dit my voorlig;
wil u beloftes, Heer, volbring.
Omdat u woord my lei tot insig,
sal ek u lof, o Heer, besing.
Gee op my smeking daarom ag,
gee my die hulp waarna ek smag.
27. Sonder u woord, Heer, is ek raadop,
ek laat my altyd daardeur lei;
wat U gebied, dit stel ek voorop;
dit rig my voet, dit maak my vry.
As ek van u gebod afdwaal,
kom soek my, Here, kom my haal.
#120 Ps: God, my hulp, is daar soos altyd
1. God, my hulp, is daar soos altyd
in die dag van my benardheid;
Hy het my gebed verhoor:
Red my, Heer, van die verraaier,
“valsaard en die woordverdraaier.
Gee my aan sy tong nie oor.”
2. Jy, bedrieër, wat nie omgee
hoedat God teen jou sal optree,
weet: Sy pyl tref raak en skerp.
Hy sal soos ’n wakker krygsman
boog en pyle teen jou styfspan –
kole sal Hy op jou werp.
3. Hoe ellendig, Here, was ek
daar in Kedar en in Mesek –
daar waar hul die vrede haat.
Vrede bly my groot begeerte,
maar hul praat van oorlog, Here,
as my mond van vrede praat.
#121 Ps: Ek sien die berge en ek vra
1. Ek sien die berge en ek vra
waar kom my hulp vandaan?
Die Here hoor my aan:
Hy sal my vóór ek struikel dra;
sy waaksame ontferming
bied teen gevaar beskerming.
2. Oor jou is Hy altyd begaan.
Hy’t berg en see gemaak
en kan oor jou ook waak;
steek van die son, kwaad van die maan,
al is dit hoe gevaarlik.
Hy red jou wonderbaarlik
3. Die Here God waak dag en nag.
Hy wat sy volk bewaar,
red jóú ook van gevaar.
Hy hou oor jou vir altyd wag.
Hy is jou toegeneë,
altyd, op al jou weë.
#122 Ps: Met blydskap hoor ek roep ’n stem
1. Met blydskap hoor ek roep ’n stem;
Kom, ons gaan na Jerusalem.
Hier is Gods huis, hier is ons nou;
o stad, ons voete staan in jou.
Hoe stewig is die stad gebou,
sterk saamgevoeg, goed saamgehou.
Want soos die Here voorgeskryf het:
Dis hierheen waar sy stamme kom,
hier loof hul Hom, hier prys hul Hom,
hier waar die koning sy verblyf het.
2. Onthou die stad in jul gebed,
dié wat ’n liefde daarvoor het;
bid dat hul rustig daarin woon.
Daar rig die regter op sy troon.
Ek sal vir rus en vrede bid,
vir broers en vriende vra ek dit.
Jerusalem, ek gun jou vrede,
dis waar ons God se woning staan.
Sodat dit met jou goed sal gaan
dink ek aan jou in my gebede.
#123 Ps: U, Here, heerser in die hemel hoog
1. U, Here, heerser in die hemel hoog;
Op U rig ek my oog.
Hoor ons dan aan en
wees vir ons toeganklik.
Ons is van U afhanklik.
Ons ken ons swakheid en ons onvermoë
en pleitend is ons oë.
Só sien ons vir ontferming op na Hom
van wie ons hulp af kom.
2. Ons sien vir u ontferming op na U
ons is vir smaad al sku.
Wees ons genadig,
Heer, wees ons genadig
ons is van spot versadig.
Vir ons was daar veragting
in ’n oorvloed
van mense in hul oormoed.
Meer as genoeg het ons gehad, o God,
van trotsaards wat ons spot.
#124 Ps: Het God die oormag nie vir ons bestry
1. Het God die oormag nie vir ons bestry
dit moet ons uit erkentlikheid bely
vir seker het ons nie die stryd gewen.
Laat ons as volk dit openlik erken:
Hý het ons van die mensemag bevry.
2. So het die Heer ons ondergang verhoed.
Die wrede vyand was ’n watervloed.
Gewis en seker het ons omgekom
as ons alleen moes klaarkom sonder Hom.
Hul aanvalswoede was ’n vlammegloed.
3. Die ganse skepping
het deur Hom ontstaan;
die vyand is deur daardie krag verslaan.
Hy het ons voor die vyand laat ontglip
soos voëls ontsnap uit ’n gebreekte wip.
Hy is ons hulp, Hy het ons bygestaan.
125C Ps: Wie op die Here bly vertrou
{Teks: TT Cloete, 2001}
{Dieselfde wysie: 125, 275}
1. Wie op die Here bly vertrou
sal altyd vas bly staan;
hul is net soos die Sionsberg,
hul sal nooit ondergaan.
2. Net soos die berge alkant hoog
Jerusalem omsluit,
só sluit die Heer altyd gevaar
van die opregtes uit.
3. God sal regverdiges bewaar
van vreemde heerskappy –
’n mag wat hulle tot verval
en misdaad sal verlei.
4. Doen, Here, aan die goeies goed;
maak dié wat dwaal tot niet;
en laat dan Israel, u volk,
u vrede, Heer, geniet.
125T Ps: Wie op die Here bly vertrou
{Teks: Totius; Dieselfde wysie: 125, 275}
1. Wie op die Here bly vertrou
sal altyd vas bly staan;
hul is net soos die Sionsberg,
hul sal nooit ondergaan.
2. Net soos die berge alkant hoog
Jerusalem omsluit,
só sluit die Heer altyd gevaar
van die opregtes uit.
3. God sal regverdiges bewaar
van vreemde heerskappy –
’n mag wat hulle tot verval
en misdaad sal verlei.
4. Doen, Here, aan die goeies goed;
maak dié wat dwaal tot niet;
en laat dan Israel, u volk,
u vrede, Heer, geniet.
125B Ps: Soos Sionsberg onwrikbaar bly
{Teks: Andries Breytenbach}
1. Soos Sionsberg onwrikbaar bly
en onbeweeglik staan,
sal almal wat die Heer bely,
nooit wankel of vergaan.
2. Jerusalem, deur berg omskans,
is veilig teen gevaar.
Die Heer sal so sy volk omkrans, –
hul altyd trou bewaar.
3. ’n Bose mag sal nie regeer
oor wie teen onreg stry.
So word die kwaad deur God beheer,
kan misdaad nie gedy.
4. Wie kwaad bedryf, die word verdoem –
die Here tref hul swaar.
Mag Israel wat die goeie doen
sy vrede steeds ervaar.
#126 Ps: Verander tog, o Heer, ons lot
1. Verander tog, o Heer, ons lot.
Die nasies sal dit sien, o God,
en hulle sal daarvan getuig;
hul hoor ons sing, hul hoor ons juig.
2. Dit maak ons bly, ons sing dit uit:
U maak vir ons die droë spruit
’n ryk en volle waterstroom;
ons lot verander in ’n droom.
3. Hy wat die saaisak huilend dra,
hy oes al juigend agterna;
dié wat met trane saai en sug,
kom met die gerwe juigend t’rug.
#127 Ps: Vergeefs word sonder God jou huis gebou
1. Vergeefs word sonder God jou huis gebou.
Te swak is so ’n huis om stand te hou.
Vergeefs word
sonder Hom die stad bewaak.
Vergeefs word alles sonder Hom gemaak.
2. Vergeefs word vroeg die môre opgestaan,
word laat gaan
slaap en moeitevol bestaan.
Vir hulle wat Hy liefhet daarenteë
sal Hy in hulle slaap dit alles gee,
3. Ook kinders is geskenke van die Heer;
en seuns kan dien as pyle van verweer,
en dit sal goed met daardie vader gaan
aan wie God seuns gee om hom by te staan
4. Met kinders leef hy altyd sonder vrees,
want by die
stadspoort sal hul met hom wees;
in al sy onderhandelinge daar
sal hy voorspoedig teen die vyand vaar.
#128 Ps: Geseënd hy wat handel
{Dieselfde wysie: 128, 485}
1. Geseënd hy wat handel
soos God wil en Hóm vrees.
Wie op Sy weë wandel,
hý sal gelukkig wees.
Jy word gevoed met goedheid,
jy wat die Here dien;
die opbrengs van jou arbeid,
dít sal jou oë sien.
2. Net soos ’n wynstok, vrugbaar,
is in jou huis jou vrou;
soos jong olywe staan daar
jou kinders rondom jou.
So sal jou huis in bloei staan,
jý wat die Here dien.
Mag dit met jou so goed gaan
dat jy jou kindskind sien.
3. Dit alles wat jou deel word,
is God se gunsbetoon.
Mag Hy sy seën dan uitstort
uit Sion waar Hy woon.
Mag jy dan ook belewe
hoe bloei Jerusalem,
hoe vréde hom omgewe
vir Israel bestem.
129C Ps: Ek is steeds swaar verdruk, sê Israel
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Ek is steeds swaar verdruk, sê Israel,
ek was van jongs af
reeds nie daarvan vry nie;
hul het ’n ploegland van my rug gemaak
maar hulle kon my tog nie onderkry nie.
2. Die Here het die toue losgesny
waarmee die goddeloses my wou vasknoop.
Hy, wat regverdig is, het ons bevry;
in hulle eie strikke hul laat vasloop.
3. Laat dié wat Sion haat,
verdroog soos gras
wat op die kleidak
groei maar gou tot niet gaan.
En hulle sal geen seëngroet ontvang
van dié wat toekyk en net daar
verbygaan.
129T Ps: Ek is steeds swaar verdruk, sê Israel
{Teks: Totius}
1. Ek is steeds swaar verdruk, sê Israel,
ek was van jongs af
reeds nie daarvan vry nie;
hul het ’n ploegland van my rug gemaak
maar hulle kon my tog nie onderkry nie.
2. Die Here het die toue losgesny
waarmee die goddeloses my wou vasknoop.
Hy, wat regverdig is, het ons bevry;
in hulle eie strikke hul laat vasloop.
3. Laat dié wat Sion haat,
verdroog soos gras
wat op die kleidak
groei maar gou tot niet gaan.
En hulle sal geen seëngroet ontvang
van dié wat toekyk en net daar
verbygaan.
129B Ps: Ek, Israel, is jonk reeds onderdruk
{Teks: Andries Breytenbach}
1. Ek, Israel, is jonk reeds onderdruk;
ja, almal om my maak van my ’n vyand.
Om my te breek, het hulle nie geluk
ek kon oorleef,
danksy die Heer se bystand.
2. My rug is vroeg reeds
oop en rou geslaan,
my lyf geploeg soos vore lê die houe.
Maar God het my bevry, my uit laat gaan;
Hy sny my los van al hul wrede toue.
3. Laat elkeen wat die Heer se woning haat
daar sleg van afkom en verleë wegdraai.
Laat hulle wees soos nuttelose saad
wat op ’n dak ontkiem,
verdroog en wegwaai.
4. Soos droë gras is daar vir hul geen hoop
Húl gaan tot niet die goddelose mense;
en niemand wat verby hul woonplek loop,
sal in sy Naam hul groet met seënwense.
130C Ps: Uit dieptes van die duister
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Uit dieptes van die duister
roep ek U smekend aan;
as U vergewend luister,
net dan kan ek bestaan.
U wat my sonde uitwis,
my in die afgrond sien,
U skenk aan my vergifnis
sodat ek U kan dien.
2. Só wag ek op die Here
– Hy wat sy woord sal hou –
soos wagters op die môre,
omdat ek Hom vertrou.
Op Hóm wat so getrou is,
wag, Israel, ja wag!
Verlossing en vergifnis
kan Hy alleen vermag.
130S Ps: Uit donker dieptes roep ek
{Teks: Lina Spies}
1. Uit donker dieptes roep ek;
U, Here, roep ek aan,
hier waar, aan leed gekluister,
ek vrees om te vergaan!
Sal U, o God, tog luister
– u oor gedraai na my –
U wat uit nood en wanhoop
u gunsgenote lei?
2. Oor sonde wat bly klewe,
werp ek my voor U neer;
teen U, o God verhewe,
kan ek my nie verweer.
Maar, Heer, van ons oortredings
maak U geen optelsom;
U, God van groot vergewing,
laat sondaars na U kom.
3. Soos wagters na die ooste
die oog verlangend rig,
so soek ek in gebede
o, Heer, u aangesig.
Wag, Israel, op verlossing
totdat die môre straal
en God na nag en lyding
sy seën op ons laat daal.
130T Ps: Uit dieptes, gans verlore
{Teks: Totius}
1. Uit dieptes, gans verlore,
van redding ver vandaan,
waar hoop se laaste spore
in wanhoop my vergaan;
uit diep van donker nagte
roep ek, o Here, hoor,
en laat my jammerklagte
tog opklim in u oor!
2. As U, o Heer, die sonde
na reg wou gadeslaan,
wie sou een enk’le stonde
voor U, o Heer, bestaan?
Maar nee, daar is vergewing
altyd by U gewees;
daarom word U met bewing
reg kinderlik gevrees.
3. Soos een wat op die mure
as wagter uitgestel,
gedurigdeur die ure
met sy gedagte tel –
só wag my siel, en sterker,
gedurig op die Heer,
tot Hy, die Ligbewerker,
die nag in daagraad keer.
4. Hoop, Isr’el, in jou klagte;
vertrou, o volk, wat treur;
sy guns verduur die nagte,
sy heil breek eind’lik deur.
Dan skyn ’n soete vrede:
gans Israel word vry
van ongeregtighede.
Heer, doen ook so aan my!
#131 Ps: Geen strewe jaag ek na bo my vermoë
1. Geen strewe jaag ek na bo my vermoë,
geen trots of hoogmoed is daar in my oë.
Sal ek die groter dinge wil oortref
en sal ek my, o Heer, teen U verhef?
2. ’n Kind rus in sy moeder se beskerming.
So vind ek vrede, Heer, in u ontferming.
Wag, Israel, vertrou Hom deurentyd.
Wag op die Here tot in ewigheid.
#132 Ps: Dink, Heer, aan Dawid, dink daaraan
1. Dink, Heer, aan Dawid, dink daaraan
Hy het so baie deurgestaan.
Hy het voor U ’n eed gesweer
ter wille van u Naam se eer:
2. “Geen slaap of sluimer gun ek my
voor ek ’n plek vir Hom berei,
’n woning, ’n verblyf vir Hom,
eers dán sal ek tot rus kan kom.”
3. Die ark, gehaal bo uit Jaär
ons sal dit in Gods huis bewaar.
Kom laat ons waar die Here woon
aanbiddend neerbuig voor sy troon.
4. Trek op na waar u rusplek wag;
neem saam die ark, Heer, van u krag.
Heer, laat u priesters triomfeer,
u troue dienaars jubileer.
5. Verstoot nie u geslafde, Heer,
ter wille van u eed gesweer.
Ek weet U sal U wel getrou
aan u verbond met Dawid hou:
6. “Jou eie seun, jou eie kind,
voer ná jou koningskap bewind.
Jou nageslag sal bly regeer,
as hulle hou by wat Ek leer”.
7. ’n Huis is Sion vir die Heer.
Hy het dit self verordineer:
“Ek seën hom, Ek sorg vir hom,
Ek sien ook na sy armes om.”
8. “Sy priesters sal daar triomfeer,
my troue dienaars jubileer.
Daar vestig Ek sy koninkryk,
die vyand sal ontkrag toekyk.”
133C Ps: Waar broers saam woon
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Waar broers saam woon, as hulle eensgesind is,
as hulle saam in liefde heg verbind is,
hoe goed is dit, hoe mooi geaard.
Dit is soos olie, vloeiend, ryk van geur,
vanaf die hare loop die oorvloed deur
tot in die priesterlike baard.
2. Só is dit waar die eensgesindes lewe –
soos dou wat op die Hermon val en swewe
en ver op Sion daal dit neer.
So wonderlik is dit, so lieflik skoon,
Gods seën rus waar eensgesindes woon,
vir altyd leef hul by die Heer.
133K Ps: Hoe goed is dit as broers in vrede saamwoon
{Teks: Elsabé Kloppers}
1. Hoe goed is dit as broers in vrede saamwoon –
soos salwingsolie van Aäron afstroom,
oor hoof en baard tot by sy soom.
Dit is soos dou, die dou van Hermonsberg,
wat daal op Sion, soos ’n sagte reën
waar broers só leef, gee God sy seën.
134C Ps: Kom prys die Here, prys sy Naam
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Kom prys die Here, prys sy Naam,
dié wat Hom dien, kom loof Hom saam;
hef snags die hande op na Hom
en prys Hom in sy heiligdom.
2. Jy kan van Hom, wat als vermag,
uit Sion ryke seën verwag.
Jy kan altyd op Hom vertrou –
uit Sion seën die Here jou.
134E Ps: All people that on earth do dwell
{Taal: Engels}
1. All people that on earth do dwell,
sing to the LORD with cheerful voice.
Serve him with joy, his praises tell,
come now before him and rejoice!
2. Know that the LORD is God indeed;
he formed us all without our aid.
We are the flock he comes to feed,
the sheep who by his hand were made.
3. O enter then his gates with joy,
within his courts his praise proclaim.
Let thankful songs your tongues employ,
O bless and magnify his name.
4. Because the LORD our God is good,
his mercy is forever sure.
His faithfulness at all times stood
and shall from age to age endure.
#135 Ps: Prys die Here, prys sy Naam
1. Prys die Here, prys sy Naam,
tempeldienaars van die Heer.
Dis wat elke kneg betaam.
Hy is goed, bewys Hom eer.
Lieflik is die Heer se Naam.
Al sy dienaars prys Hom saam.
2. Jakob is sy eiendom,
uitverkies as sy besit.
Israel behoort aan Hom
Hóm wat hul as God aanbid.
Naas Hom is geen God soos Hy
wie se grootheid ek bely.
3. Wat Hy wil, dit sal geskied,
alles volg sy wil gedwee
wat Hy hul ook al gebied,
hemel, aarde en die see.
Wind en wolke gaan Hy haal;
vir die reën die weerligstraal.
4. Van die farao bevry,
het die Here ons laat gaan.
Veilig het Hy ons gelei;
baie nasies is verslaan.
Hulle land is ons geskenk.
Laat ons dan sy Naam gedenk.
5. Here, U is altyd daar,
oor ons saak voer U gesag.
U het ons as volk bewaar
van geslag tot nageslag.
U doen, Here aan ons reg,
U ontferm U oor u kneg.
6. Wat die nasies het, is stom,
blind en doof en van metaal.
Werk wat uit hul hande kom,
dít sal nie kan asemhaal.
Hy wat so ’n afgod vrees,
hy sal soos sy maaksel wees.
7. Daardie ore, kan hul hoor?
Daardie neus daar, kan dit ruik?
Voete het hy, maar waarvoor?
Kan hy daardie hand gebruik?
Soos die beeld deur hom gehóú,
word hy wat dié god vertrou.
8. Loof God, elke Israeliet;
Hy het na ons omgesien.
Loof Hom, priester en Leviet,
almal wat die Here dien.
Laat daar lof uit Sion kom;
prys Hom in sy heiligdom.
#136 Ps: Loof die Here, Hy is goed
1. Loof die Here, Hy is goed,
Hy die God wat ons behoed.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
2. Hy’s almagtig, Hy alleen,
in sy dade, in elkeen.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
3. Uit sy insig het ontstaan
hemel, aarde, son en maan.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
4. Israel is uitgelei,
uit die land van slawerny.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
5. Deur die see, in die woestyn
het Hy aan sy volk verskyn.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
6. Konings het voor hom gesterf;
Hy’t sy volk hul land laat erf.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
7. Ons is uit vernedering
na bevryding t’ruggebring.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
8. Hy laat lewe, want Hy voed;
loof die Here, Hy is goed.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
137C Ps: Ver van Sion weggevoer
{Teks: TT Cloete, 2001}
{Dieselfde wysie: 16, 137, 240, 578}
1. Ver van Sion weggevoer,
daar in Babel, diep ontroer,
het ons aan ons land gedink.
Geen musiek het opgeklink.
Daar waar die riviere vloei,
aan die wilgers wat daar groei,
is ons harpe opgehang
in ons hartseer en verlang.
2. Daar het hulle ons gepla
en ’n Sionslied gevra.
“Sing vir ons”, het hul gesê,
“vrolikheid, dit wil ons hê.”
Hoe besing jou hartseer mond
Sion op dié vreemde grond?
Hoe sing jy aan God die Heer
in die vreemde lof en eer?
3. O my stad, vergeet ek jou,
mag dit my dan swaar berou:
Mag my hand homself vergeet,
van homself nie langer weet,
mag my tong en mond verstom
en geen lied meer daaruit kom.
Mag my stad, o Sion, jý
steeds my hoogste vreugde bly.
4. Wil, o Here, Edom straf.
“Sion – breek sý mure af.
Laat dit op die aarde lê.”
Só is van ons stad gesê.
Babel, jy word straks beslis
oor ons lyding uitgewis.
Mag selfs vir jou nageslag
ook ’n swaar vergelding wag.
137S Ps: By Babel se riviere
{Teks: Lina Spies}
1. By Babel se riviere
traanblind het ons verlang
en in die wilgerbome
ons liere opgehang:
Hoe kon ons vir ontvoerders,
vir spotters sing van God;
so met ’n lied van Sion
sy heiligheid bespot?
2. Jerusalem, geliefde,
o, as ek jou vergeet,
laat dan my vingers stram raak,
my hand verlam in leed;
laat dan dié stem wat lofsing
hees in my keel bly steek –
oor jou het ek as balling
my swye nooit verbreek.
3. O, God, dat U oor Babel
u oordeel uit sal spreek:
Hy het ons heiligdomme
tot bouval afgebreek.
Van u altare is ons
deur sy geweld beroof,
ontneem ook van die sange
waarmee ons U kon loof.
4. Laat ook tog nou, o Here,
oor Edom reg geskied.
Maak die geweldenare
deur u bevel tot niet:
Gelukkig is diegene
wat julle sal kasty
na maat van al die smarte
wat ons deur jul moes ly.
#138 Ps: U loof ek met my hart wat sing
1. U loof ek met my hart wat sing
en hulde bring u Naam ter ere.
Laat al die gode dit maar hoor:
ek buig my voor u tempel, Here.
Ek sal u trou en liefde noem,
u Naam bly roem, so hoog verhewe.
U doen u Naam en woord gestand,
U sterk my hand, dwarsdeur my lewe.
2. Die konings sal U almal prys,
U eer bewys uit alle oorde.
As hulle van u dade hoor
sing hul daaroor en loof u woorde.
Verhewe Heer, U gee tog om
vir dié wat kom na U in ootmoed.
Maar hulle kan U nie ontgaan
wat selfvoldaan bly leef in hoogmoed.
3. Die dag toe ek in nood verkeer,
toe red U, Heer, my van die vyand.
Uit liefde reik U my u hand,
u regterhand in troue bystand.
U liefde, Heer, is onbeperk;
wat U bewerk laat U nie daar nie.
Hou dan die werke van u hand,
o Heer, in stand, laat dit nie vaar nie.
139C Ps: Here, U sien dwarsdeur my
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Here, U sien dwarsdeur my
en U ken my deur en deur,
waar ek gaan of waar ek bly;
U weet alles reeds vooruit
lank nog voor dit kan gebeur
en ek dink dis my besluit.
2. Of ek opstaan, of ek sit,
voor die vorming van my plan,
voor ek iets doen, weet U dit;
voor dit nog in taal bestaan,
weet U alles reeds daarvan,
het U wat ek wil, verstaan.
3. U omsluit my heeltemal;
dit gaan ver bo my begrip.
U besit my gans en al.
Waar ek gaan, U bly by my.
Niks van my sal U ontglip.
Dit, o Heer, oorweldig my.
4. Waar, God, kan ek U ontvlug –
waar ek gaan of waar ek kom,
hoog op in die hemellug,
diep af in die doderyk,
niks van my sal U ontkom,
nêrens kan ek U ontwyk.
5. Of ek na die ooste vaar,
óf ek in die weste bly,
naby, ver, ek vind U daar.
Waar ook al, in watter land,
waar ek gaan, word ek gelei
deur u vaste regterhand.
6. Kan die donker my versteek?
Kan dit my voor U bedek?
U kan oral lig laat breek;
U deurstraal die duisternis
en deursoek my wegkruipplek
totdat niks verborge is.
7. In my donker diep ontstaan
het ek in u oog geleef –
dáár was U oor my begaan.
Daar, tot my verwondering,
is ek aanmekaargeweef.
Lof wil ek U daarvoor bring.
8. Van verwondering vervul,
dink ek aan my vrugbestaan
in die moederskoot verhul.
Al die bene van my lyf,
elke dag van my bestaan,
het U toe reeds opgeskryf.
9. U gedagtes maak my stom.
Soos die sand, so ongetel,
is hul in hul volle som.
Wat van U kan ek nog noem?
As ek ophou met vertel,
het ek steeds met U te doen.
10. As U tog maar uit wou roei
wie U haat en teen U is
en met slegtheid hul bemoei.
Hy wat opstand teen U stook,
elkeen wat u eer betwis,
Here, is my vyand ook.
11. U wat dwarsdeur my kan kyk,
sien in my die onrus raak:
keer dat ék van U af wyk.
Bly altyd oor my begaan;
Here, bly tog oor my waak,
U wat my vooruit verstaan.
139S Ps: O, Here, U ken my volkome
{Teks: Lina Spies}
1. O, Here, U ken my volkome
U sien tot in my wesensgrond.
U toets my hart, lees my gedagte
voor daar ’n woord kom uit my mond.
Waar ek my ook al wend of keer,
U is voortdurend by my, Heer.
2. Kon ek op vlerke my begewe
na uiterstes van die heelal,
ek sal U teëkom in die sfere,
ook in die diepste aardse dal.
Die donker hou vir U niks dig:
dis soos die dag en stralend lig.
3. Ook was ek nooit vir U verborge,
maar altyd voor U oop en bloot:
U het my meesterlik geskape
in die geheime moederskoot.
U sluit vanaf my vrugbegin
my met u troue liefde in.
4. Bekend is U met al my tye
van voor my eerste daeraad.
Slegs U bepaal my aantal jare,
die afsny van my lewensdraad.
O, u gedagtes is soos sand,
ontelbaar vir my klein verstand.
5. Verblind tog dan met al u luister
die dwase wat U nie wil dien,
maar hou my uit die sondeduister
deur altyd dwarsdeur my te sien:
Met u nabyheid steeds omgeef,
deurgrond my hart, Heer, leer my leef.
#140 Ps: Beveilig my teen die geweld
1. Beveilig my teen die geweld
van mense ingestel op kwaad.
Op vyandskap is hul gesteld
met tonge wat venynig praat.
2. Hou U my uit die mag en plan
van goddelose mense, Heer,
wat strikke voor my voete span;
laat hul nie oor my triomfeer.
3. U is my God en my verweer.
Heer, luister na my smeekgebed.
Aan U behoort ek, God, my Heer,
U het die krag om my te red.
4. Die mense wat my dreig, o Heer,
teen U wil hulle hul verhef.
Voorsien daarin ’n ommekeer:
laat hulle planne hulle tref.
5. Gooi hulle in ’n donker put,
werp kole gloeiend op hul neer.
Laat hulle daar lê, onbeskut.
Roei uit die skindertonge, Heer.
6. Aan armes word u reg bewys,
aan swakkes word u reg getoon.
Dié wat opreg is, sal U prys
en in u huis, daar sal hul woon.
#141 Ps: Kom gou! Na U, o Here, roep ek
1. Kom gou! Na U, o Here, roep ek
en neem dit as ’n offer aan,
’n wierookoffer, of van graan,
as ek my hande na U uitstrek.
2. Heer, wil U oor my woorde waghou,
Oor wat ek sê en wat ek praat,
wil my gedagtes van die kwaad
en van verkeerde dinge weghou.
3. Wie onreg doen en ander sonde,
hou, Here, my van hulle weg,
ver weg van hulle feesgereg,
die lekkernye van hul monde.
4. Laat die opregte my teregwys,
laat hy in liefde my kasty;
maar goddeloses word vermy,
hoe gasvry ook, ek sal hul wegwys.
5. Ek bid aanhoudend teen die boosheid,
die kwaad en onreg wat hul stig:
Heer, my gebede word gerig
voortdurend teen die goddeloosheid.
6. As hulle leiers van ’n krans stort,
“Dis goed”, só sal hul my hoor sê;
laat hulle bene oral lê
soos kluite waar ’n land geploeg word.
7. O Heer, op U rig ek my oë
my skuiling – ek, u eiendom.
Wil dat ek kwyn, o Heer, voorkóm;
behou my deur u mededoë.
8. Dié wat ’n strik vir my gestel het,
laat hulle self daaronder ly;
laat kom my ongedeerd verby,
vang hulle in hul eie vangnet.
#142 Ps: In nood roep ek die Here aan
1. In nood roep ek die Here aan
en smekend kom ek voor Hom staan;
ek noem my nood vir Hom en kla
as ek om sy genade vra.
2. U weet, Heer, ek het moed verloor,
want wie het iets nog vir my oor?
Maar, Here, strikke is daar wel
deur mense op my weg gestel.
3. Ek kan alleen na U toe kom.
Wie anders gee nog vir my om?
En elke uitvlug is gesluit,
net U help my uit strikke uit.
4. Heer, ek is swak en ingeperk
en my vervolgers is te sterk.
Ek roep na U: Net U kan my
uit my gevangenskap bevry.
5. Doen goed aan my, ek sal U prys,
ek sal U dankbaarheid bewys.
Regverdiges sal my omring
en saam sal ons U hulde bring.
#143 Ps: Hou nie gerig met my nie
1. Hou nie gerig met my nie,
hoor tog hoe smeek u kneg.
Van skuld is niemand vry nie,
o Heer, voor u gereg.
Vertrapte van die vyand,
is ek so goed as dood;
ek smag, Heer, na u bystand,
verslae in my nood.
2. Ek dink aan verre dae;
dink oor u werke na.
Hoor hoe ek pleitend klae,
hoe ek om liefde vra.
Ek roep U in my nood aan,
U, Heer, wat ek vertrou.
Ek is soos een wat doodgaan.
Heer, antwoord my tog gou.
3. Ek skuil by U; bevry my.
Op U stel ek my hoop.
Leer my u wil en lei my –
wys my waar ek moet loop.
Gun my dat ek mag lewe.
Ruim húlle uit die weg
wat na my einde strewe.
Ek dien U as u kneg.
#144 Ps: Loof God die Heer, Hy gun my altyd bystand
1. Loof God die Heer, Hy gun my altyd bystand.
Hy leer my hoe om in die stryd te veg.
Hy ondersteun my altyd teen die vyand,
vir oorlog voer, leer Hy my vingers reg.
Ek skuil by Hom, my rots, wat ek vertrou,
Hy wat my volk trou onderdanig hou.
Dit is die Heer wat my so vaardig maak.
Hy is die skild wat veilig oor my waak.
2. Wat is die mens dat U tog U verwerdig
om soveel aandag dan aan hom te gee?
Wat steek daar in die mens wat dit regverdig
dat u, Heer, liefde aan hom bly bestee?
’n Nietigheid, ’n skadu wat vergaan,
’n asemstoot, oor hóm is U begaan.
U hou, o Heer, dié nietigheid in stand,
en U behoed hom seënend met u hand.
3. Laat skeur die hemelboog wanneer U afdaal,
laat staan in rook die hoë berge, Heer,
dié wat U straf, laat blitse op hul afstraal,
jaag hul daarmee, laat pyl dit op hul neer.
Strek uit u hand en laat u sterkte geld,
ontruk my uit die waters se geweld
en uit die mag van vreemdelinge, Heer,
wat leuens vertel en wat bedrog prakseer.
4. Vir U sing ek ’n lied met eerbetoning
en met die lier wil ek dit begelei.
U wat beslis oor heersers en oor konings,
wat Dawid red, my lied wil ek U wy.
U wat só red, U wat só kan bevry,
maak my ook vry, red van die swaard ook my.
Red my van hulle wat bedrog prakseer,
die waarheid en die eerlikheid onteer.
5. Heer, maak ons seuns sterk bome, hoog, vol blare.
Maak elke skuur oorlopens vol met graan.
Ons dogters, Heer, maak hulle hoekpilare.
Laat teel ons vee in duisendtalle aan.
Laat niemand bresse in ons mure slaan,
laat geen geskreeu óp uit ons strate gaan.
Gelukkig is die volk en land gewis
vir wie die Heer die God van goedheid is
#145 Ps: Ek wil u lof getrou verkondig, Heer
1. Ek wil u lof getrou verkondig, Heer,
dit uitdra oral, altyd, meer en meer.
’n Loflied kom U toe van dag tot dag
van elkeen, van geslag tot ver geslag.
2. My Koning, U is ondeurgrondelik;
u Naam is groot, u maaksels wonderlik.
U werk is magtig, magtig is u daad.
Die mense moet dit hoor en daarvan praat
3. Ek wil getuig van al u majesteit,
u luisterrykheid en u heerlikheid.
U grootheid moet ek aan die mense stel
sodat hul sonder ophou dit vertel.
4. U is genadig en vir almal goed.
Dit is u grote liefde wat ons voed.
U is oor al u maaksels steeds begaan,
want almal, alles het uit U ontstaan.
5. Ons almal as u skepsels loof u mag;
u troue dienaars prys u grote krag.
Ons noem u koningskap met diep ontsag,
u heerskappy geslag steeds na geslag.
6. Dié wat geval het kan weer op Hom leun.
Hy sal dié wat bedruk is, ondersteun.
Wie honger is, dié word deur Hom gevoed.
Sy hand is oop, vir almal is Hy goed.
7. In alles wat Hy doen,
is Hy getrou.
Geregtigheid word deur Hom onderhou.
Hy is regverdig in sy handeling.
Laat ons ’n loflied
oor sy grootheid sing.
8. Hy sal in sy genade hulle sien
wat voor Hom buig
en Hom met liefde dien,
maar dié wat goddeloos is,
gaan tot niet;
verdelging word deur Hom oor hul gebied.
9. Ek sal die lof verkondig van die Heer,
dit uitdra, altyd, oral, keer op keer.
Laat al wat leef Hom prys en almal saam
sing van sy heilige en grote Naam.
146C Ps: Prys die Here, loof en prys Hom
{Teks: TT Cloete, 2001}
1. Prys die Here, loof en prys Hom.
Ek wil God se lof besing.
Hy is magtig; loof en prys Hom.
Ek wil God my loflied bring,
en so lank ek leef Hom eer.
Loof die groot en troue Heer.
2. Van die mens bly niks behoue,
sonder asem word sy mond.
Stel in hom dan geen vertroue,
selfs die magtigste word grond.
Al sy planne gaan tot niet.
Hoe kan hy jou redding bied?
3. Hy is goed, die God van Jakob,
vestig ook op Hom jou hoop.
Hulpeloses rig Hy weer op,
blinde oë maak Hy oop.
Hy wat als geskape het,
Hy alleen sal jou kan red.
4. Gans sy skepping sonder grense
word deur Hom steeds onderhou.
So bly Hy ook aan die mense
as sy maaksels steeds getrou.
Hy die bron van wat bestaan,
is ook oor die mens begaan.
5. God gee uitkoms en bevryding,
hongeriges gee Hy brood.
Hy genees ons van ons lyding
en verlos uit elke nood.
Die verdrukte in gebed
hoor Hy aan, sy liefde red.
6. Hy sal altyd trou ons Heer bly;
deur Hom sal daar redding kom.
Maar die goddelose stuit Hy
en versper sy pad vir hom.
Hy sal altyd bly regeer.
Halleluja! Prys die Heer.
146T Ps: Prys die Heer met blye galme
{Teks: Totius}
1. Prys die Heer met blye galme,
o my siel, daar ’s ryke stof!
’k Sal, solank ek leef, my psalme
vrolik toewy aan sy lof
en Hom, wat sy guns my bied,
altyd groot maak in my lied.
2. Salig hy wat in die lewe,
sonder hulp en sonder raad,
as hom alles wil begewe,
vlug tot God, sy toeverlaat;
en ook in die swartste nag
op die Here alleen bly wag.
3. Dis die Heer wat aan die arme
in sy druk laat reg geskied,
wat uit liefderyke erbarme
hongeriges spyse bied;
wat gevang’nes vryheid skenk
en hul in hul smart gedenk.
4. Dis die Heer wat vreemdelinge
met ’n wakende oog aanskou,
weduwees in twisgedinge,
met hul wese, staande hou.
Maar sy arm, hul steun en hoop,
stuit die bose in sy loop.
5. Moet op prinse nie vertrou nie,
by wie niemand heil kan vind –
op die mens jou hoop nie bou nie;
want as God hul gees ontbind,
keer hul na die aarde weer
en hul raadslag stort terneer.
6. Dis die Heer wat aarde en hemel,
die getuies van sy mag,
met die see en wat daar wemel,
voortgebring het deur sy krag;
wat, onwrikbaar in sy trou,
altyd sy beloftes hou.
7. Dis die Heer se mededoë
wat die blinde oog verlig;
wie in stof lê neergeboë,
word deur Hom weer opgerig.
Hy bemin dié wat opreg
wandel in sy woord en weg.
8. Dis die God der leërmagte,
troue Bondsgod van weleer,
God van wordende geslagte,
tot in ewigheid die Heer.
Sion, sing dié God ter eer,
prys sy grootheid, loof die Heer!
#147 Ps: Dis goed om God se lof te sing
1. Dis goed om God se lof te sing;
om Hom te loof, gee ons genot.
Die lof wat ons aan Hom moet bring,
dit kom Hom toe. Hy is ons God.
Hy bou Jerusalem weer op.
Ons tuiste het ons t’ruggevind.
Genees is weer ons hart se klop.
Ons wonde is weer sag verbind.
2. Die sterre het Hy afgetel
en elkeen met ’n naam benoem.
Geen taal kan van sy mag vertel,
sy grenselose kennis noem.
Die swakkes word weer opgehef,
God sal vir hulle uitkoms bring.
Die goddeloses word getref
deur God se fel vernedering.
3. Sing nou ’n danklied tot die Heer;
Die aarde word met reën besproei,
Hy reël die wolke en die weer,
die bergland word met gras begroei.
Hy wat vir mens en dier voorsien,
het niks aan die vertoon van krag,
maar is gesteld op wie Hom dien
en prys stel op sy trou en mag.
4. Sing, Sion, sing, Jerusalem.
Jou poorte is deur Hom versterk.
Prys God, jou God, met blye stem.
Hy’t voorspoed in jou land bewerk.
Die aarde doen wat Hy beveel.
Hy’t alles onder Hom gestel.
Hy het sy woord jou meegedeel.
Kom, prys die Here, Israel.
#148 Ps: Prys uit die hemele die Heer
1. Prys uit die hemele die Heer,
gee, engele, aan Hom die eer.
Prys, son, prys, maan, en prys Hom, ster
dié hemelwesens hoog en ver.
2. Deur net ’n enkel woord te sê,
is wat bestaan reeds vasgelê.
Georden is op sy bevel
die dinge in hul plek gestel.
3. Geen enkel ding in die heelal
sal uit sy vaste hegting val.
Loof Hom, want binne sy bestek
het elke ding sy grens en plek.
4. Juig, dinge in die atmosfeer,
sing halleluja, loof die Heer:
Die seedier en die oseaan,
die sneeu en wolk wat Hom verstaan.
5. Die berg en hemel respekteer
al die bevele van die Heer;
gehoorsaam, julle, God se taal.
Loof Hom en prys Hom, weerlig, hael.
6. Die bome wat die berge sier,
die vrugteboom, die wilde dier,
en als wat kruip, wat vlieg, wat spring,
sal meegevoer hul loflied sing.
7. Loof, volke, heersers, regters saam,
loof, jonges, oues, God se Naam,
loof Hom, want in sy majesteit
heers Hy oor alles wyd en syd.
8. Laat ons dit in ons lof vertel:
Hy het sy volk in eer herstel.
Aan hulle het Hy mag gegee,
sy volk het Hy met roem beklee.
9. Kom prys die Heer met dankbaarheid.
Prys hom in al sy majesteit.
Die volk wat naby aan Hom staan,
hef hoog ’n halleluja aan.
#149 Ps: Prys met ’n nuwe lied die Heer
1. Prys met ’n nuwe lied die Heer,
sing halleluja, tot sy eer,
ons Koning en ons Maker.
Getroue dienaars, Israel,
kom loof by instrumentespel
ons Koning en ons Maker.
2. Juig waar ons saamkom tot sy eer;
loof met die tamboeryn en lier
die Sionsvolk se Koning;
Die hulpeloses triomfeer
deur dié almagtig sterke Heer,
Hy kroon ons met oorwinning.
3. Die roem van God klink uit hul mond;
daar is ’n swaard in elke hand,
geslyp, gereed, bevrydend.
Hul durf die volke daarmee aan,
die nasies word daarmee verslaan,
met swaarde skerp tweesnydend.
4. Die volkere se edeles
en konings word gevangenes,
die Heer se Naam ter ere.
Hul word gestraf op Gods bevel,
sy gunsgenote word herstel.
Getroues, prys die Here.
#150 Ps: Prys die Here, almal kom
1. Prys die Here, almal kom,
loof Hom in sy heiligdom.
Prys Hom met die harp en lier
hier op aarde, prys Hom hier.
Prys sy dade sterk en kragtig;
Sing jul loflied in ’n koor.
Jubel so dat almal hoor:
Hy is groot en Hy is magtig.
2. Laat ons God se grootheid vier.
Loof en prys Hom met die lier.
Bring die tamboeryn en snaar
en die horing bymekaar.
Prys met musikale rykdom,
harp en fluit en die simbaal.
Almal wat kan asemhaal,
Halleluja, loof en prys Hom.
Toetrede en aanroeping
#151 Skenk ons, Here, u beskerming
1. Skenk ons, Here, u beskerming
en ontferming.
Sien in liefde op ons neer.
Seën ons as ons hier vergader,
tot U nader.
Laat ons saam wees tot u eer.
2. Bring ons, Here, tot bekering
deur u lering,
gee ons insig deur u Gees.
Maak ons harte oop, o Vader,
trek ons nader.
Laat u Woord ons lewe wees.
#152 Verhoogde Heiland, bind ons saam
Verhoogde Heiland, bind ons saam
waar in u Naam ons hier vergader.
Leer ons, geheilig deur u Gees,
ootmoedig wees waar ons U nader.
Ons glo u Woord en bring U eer;
maak ons al meer Uself deelagtig.
Dan bly ons steeds, deur U verlig,
op U gerig, u dood gedagtig.
#153 O Jesus, kom tog nader
1. O Jesus, kom tog nader
en gee aan ons u seën.
Ons is hier saam vergader
en almal in U één.
2. Verlig ons deur u lering,
ons vind dit in u Woord.
Ons volg U deur bekering –
ons wat aan U behoort.
3. U is ons vriend en koning,
in eerbied buig ons neer.
En kom ons in u woning
sal ons U ewig eer.
#154 Kom nou tesaam, laat ons vergader
1. Kom nou tesaam, laat ons vergader,
één as sy Kerk, één in sy Naam;
in Christus Naam kom ons hier nader –
kom ons as sy gemeente saam.
Hy gee sy Gees, só laat Hy dit wees:
Hy seën wat ons bou
en bind ons deur sy trou.
2. Hier is die Heer by ons teenwoordig,
Hy skep die ruimte vir sy werk.
Is Hy dan self só hier teenwoordig,
word ons verenig in sy Kerk.
Hy staan ons by en maak ons ook vry
om ware mens te wees –
geheilig deur sy Gees.
3. Sing vir die Heer jul lofgesange,
laat ons met helder stem Hom loof.
Laat klink sy lof, sing onbevange
en laat geen muur die klanke doof.
Kom sing met vuur, laat lofsange duur,
vul alles hier met klank:
Laat ons die Here dank.
#155 Verhef ons harte tot U, Heer
1. Verhef ons harte tot U, Heer,
en laat u liefde ons regeer.
Wil deur u Gees steeds by ons bly
en ons in alle waarheid lei.
2. Raak U ons aan om U te loof,
versterk ons liefde en geloof,
skenk ons meer vreugde in u wet
en meer volharding in gebed.
3. Gee dat, gehoorsaam en getrou,
ons altyd op u Woord sal bou.
O heilige Drie-enigheid,
aan U die lof in ewigheid!
#156 Loof, loof die Here!
1. Loof, loof die Here!
Bring Hom dank en ere,
o Christenskare, rondom sy altare.
Hy is ons God die Ewige, die Ware!
Loof, loof die Here!
2. U is die Here, U is onse Vader.
In Jesus Naam is ons nou hier vergader.
Één deur u Gees,
kom ons vrymoedig nader.
Loof, loof die Here!
3. Hoor ons gebede, dat ons in u vrede
op al ons weë elke dag kan wandel
en altyddeur na u gebooie handel.
Loof, loof die Here!
4. God van weldade, Skenker van genade,
U, hoog verhewe, U bestraal ons lewe;
ons is gedurig deur u guns omgewe.
Loof, loof die Here!
#157 Here Jesus, ons is saam
1. Here Jesus, ons is saam,
op u roepstem hier vergader;
saam verenig in u Naam
kan ons tot die Vader nader.
Hoor die dank- en smeekgebede,
Heer, van u gemeentelede.
2. Maak ons harte deur u Gees
vir die heil’ge woord ontvanklik.
Laat ons daagliks onbevrees
op u heil bou, diep afhanklik.
Heer, laat ons geloofsvertroue
eenmaal oorgaan in aanskoue.
#158 Bring my na u woning, Here
1. Bring my na u woning, Here,
laat my daar voor U verskyn
waar ek lofsing U ter ere,
waar u guns oor my kan skyn.
Laat my in u glansend lig
neerbuig voor u aangesig.
2. Lam van God, U bring ’n offer,
met u bloed maak U my vry
dat ek dank aan U kan uiter,
my alleen aan U kan wy.
Sien my as u priester aan
as ek, Here, voor U staan.
3. Here, heilig U my denke,
laat u woorde my steeds dring
dat ek met my blye klanke
singend aan U hulde bring.
Sang en lied is my geskenk
as ek, Here, U gedenk.
#159 God is hier teenwoordig
{Dieselfde wysie: 197}
1. God is hier teenwoordig;
laat ons biddend nader,
hier waar ons voor Hom vergader.
God is hier teenwoordig.
Heilig is die Here;
buig in stilte, Hom ter ere!
Wie Hom roem, wie Hom noem
Heer en Hemelvader,
kom nou almal nader!
2. God is hier teenwoordig.
Here, gee ons vrede,
wees genadig, wil vergewe.
Ons is swak en sondig,
maar ons lied verkondig:
U’s die bron van alle lewe.
U is Heer, U regeer.
Lei ons al ons dae
na u welbehae.
3. God is in sy tempel;
hemelpoorte bewe,
almal buig voor Hom wat lewe!
Engele sing: Heilig,
heilig is die Here,
in die allerhoogste sfere!
Uit die stof klink ons lof:
Here, God van vrede,
hoor ook ons gebede.
#160 Inkoms en uitgang
{Kanon}
(I) Inkoms en uitgang,
(II) aanvang en einde,
(III) soos U bepaal, Heer –
(IV) wees nou hier teenwoordig.
#161 Halleluja! Heer, U is ons lewe
Halleluja! Heer, U is ons lewe,
middelpunt van ál ons hoop.
U’s die doelwit van ons hoogste strewe,
Leidsman van ons lewensloop.
Heer, U is ons Skepper, God, almagtig;
ons Verlosser, Bystand, so barmhartig.
U wat is, en was, sal wees –
Vader, Seun en Heil’ge Gees!
#162 U self het ons geroep
{Dieselfde wysie: 162, 302, 311}
1. Voorsanger:
U self het ons geroep, Heer,
en daarom kom ons saam.
Gemeente:
U self het ons geroep, Heer,
en daarom kom ons saam.
Voorsanger:
Verenig as u liggaam,
loof ons u Naam.
Gemeente:
Verenig as u liggaam,
loof ons u Naam.
2. Voorsanger:
Rig U tog ons gedagtes
en lei ons deur u Gees.
Gemeente:
Rig U tog ons gedagtes
en lei ons deur u Gees.
Voorsanger:
Laat ons verseker weet,
Heer, U sal hier wees.
Gemeente:
Laat ons verseker weet,
Heer, U sal hier wees.
3. Voorsanger:
Kom open so ons harte
en spreek tot elke oor.
Gemeente:
Kom open so ons harte
en spreek tot elke oor.
Voorsanger:
Laat ons van al u dade,
u liefde, hoor.
Gemeente:
Laat ons van al u dade,
u liefde, hoor.
#163 Soos ’n wildsbok
Soos ’n wildsbok wat smag na water,
smag my siel na U, o Heer.
U alleen is my hartsverlange
en ek bring aan U die eer.
U alleen is my bron van krag;
in U teenwoordigheid wil ek wag.
U alleen is my hartsverlange
en ek bring aan U die eer.
#164 Ons is almal hier tesaam
1. Ons is almal hier tesaam,
vergader in sy Naam, verheerlik Hom.
Tot die dood was Hy getrou
en daardeur is ons nou sy eiendom.
Kom ons leef soos wat Hy vra
en leer om te verdra
en liefde na te streef.
Loof Hom, Christus, die Heer.
2. Ons is almal hier tesaam,
verenig in sy Naam, verheerlik Hom.
Met ons hart en mond en hand,
ons kragte en verstand kom loof ons Hom.
Hou ons lewend deur u Gees,
laat ons u kinders wees
en U bo alles eer.
Jesus Christus, die Heer.
#165 O wat ’n vreugde in ons harte
1. O wat ’n vreugde in ons harte,
om na u kerk, o Heer, te gaan,
want hier kom almal wat u volk is,
in u teenwoordigheid tesaam.
Ons sing u lof, o Koning, Heer!
Ons buig in eerbied voor U neer.
2. Dit is ’n opdrag van U, Here,
dat almal hier u Naam moet prys.
Net deur u Woord en Gees, o Here,
word ons die regte pad gewys.
Ons sing u lof, o Koning, Heer!
Ons buig in eerbied voor U neer.
#166 Kom, Heil’ge Gees, wees U self
1. Kom, Heil’ge Gees, wees U self
teenwoordig hier by ons;
ons is hier saam in Jesus Naam. Kom
(Kom van die Vader!)
2. Kom, Heil’ge Gees, wees U self
teenwoordig hier by ons;
ons is hier saam in Jesus Naam. Kom
(Kom, Gees van Christus!)
3. Kom, Heil’ge Gees, wees U self
teenwoordig hier by ons;
ons is hier saam in Jesus Naam. Kom
(Kom in ons harte, kom!)
Kom!
#167 Jesus, bron van al my vreugde
1. Jesus, bron van al my vreugde;
Jesus, lig van my geloof,
U is vol genade, waarheid
U, my Heiland, Heer en Hoof.
Ja, ek is u eiendom;
U, die Seun, U het gekom.
As gestuurde van die Vader
is U self die weg na Hom.
2. Jesus, bron van alle lewe,
Jesus, U wat lof verdien;
U, die bron van alle waarheid,
U laat my die Vader sien.
Ek is by die Vader tuis
waar my hart vol vreugde ruis.
U wat één is met die Vader
het die weg na Hom kom wys.
#168 Heilige Jesus
{Dieselfde wysie: 168, 542}
1. Heilige Jesus, Heer van die here,
U is verhoog tot die hemeltroon.
Ons bring U ere, Christus, die Here!
Met heerlikheid is U gekroon.
2. Mooi is die aarde, dit het groot waarde,
maar is gering voor u grootheid, Heer.
U is ons lewe, U is ons vrede.
U Gees moet ons hier lei en leer.
3. U is die Alfa, en die Omega.
U kom en elkeen sal U kan sien.
U is die Eerste. U is die Laaste.
Die ganse skepping sal U dien.
#169 Heilig, heilig, heilig
1. Heilig, heilig, heilig,
Heer, God almagtig,
groot is u troon,
U is steeds met lof omring!
Heilig, heilig, heilig,
liefderyk, genadig
u troon is steeds
met lig en lof omring!
2. Heilig, heilig, heilig,
Heerser vir ewig;
groot is u Naam
U die Vader, Seun en Gees.
Grote God, ons eer U,
met u hele skepping.
U wat in liefde God regverdig is.
3. Heilig, heilig, heilig,
Heer, so weldadig,
groot is u guns,
want U buig U tot ons neer!
Heilig, heilig, heilig,
magtig en genadig.
U wás en ís en sál vir ewig wees.
169B Holy, holy, holy!
{Taal: Engels}
1. Holy, holy, holy!
Lord God Almighty!
Early in the morning
our song shall rise to thee;
Holy, holy, holy!
Merciful and mighty,
God in three persons,
blessed Trinity!
2. Holy, holy, holy!
All the saints adore thee,
casting down their golden crowns
around the glassy sea;
cherubim and seraphim
falling down before thee.
Who wer’t and ar’t and
ever more shalt be.
3. Holy, holy, holy!
Though the darkness hide thee,
though the eye made blind by sin thy
glory may not see,
only thou art holy,
there is none beside thee,
perfect in power,
in love, and purity.
4. Holy, holy, holy!
Lord God Almighty!
All thy works shall praise thy name,
in earth and sky and sea;
Holy, holy, holy!
merciful and mighty,
God in tree persons,
blessed Trinity!
#170 Heilig, heilig, heilig
Heilig, heilig, heilig,
my hart, o Heer, aanbid U.
My hart is bly en roep dit uit:
U is heilig, Heer.
#171 Heilig, heilig, heilig
1. Heilig, heilig, heilig,
heilig is die Heer.
Eng’le in die hemel
buig hul voor Hom neer.
Here, hoor my bede,
hoor my as ek sing,
en aan U, my Vader,
al my hulde bring.
2. Heilig, heilig, heilig,
heilig is die Heer.
Wie kan Hom op aarde
ooit na waarde eer?
Nogtans sal ek jubel,
sing ek weer en weer:
Heilig, heilig, heilig,
heilig is die Heer!
#172 Heilig, heilig, heilig
Heilig, heilig, heilig,
God almagtige Heer.
Heilig, heilig, heilig,
God almagtig Heer.
Die aarde getuig van u heerlikheid.
Die aarde getuig van u heerlikheid.
Die aarde getuig van u heerlikheid.
U is heilig, Heer.
#173 Heilig, heilig, heilig
{Kanon}
1. (I) Heilig, heilig, heilig,
(II) heilig, heilig, heilig.
(III) Hosanna, hosanna, hosanna,
(IV) hosanna, hosanna, hosanna.
2. Sanctus, sanctus, sanctus,
sanctus, sanctus, sanctus.
Hosanna, hosanna, hosanna,
hosanna, hosanna, hosanna..
#174 Heilig, heilig, heilig
Heilig, heilig, heilig,
Here, God van mag.
U vul heel die aarde
met u heerlikheid.
Hosanna, Seun van Dawid,
geseënd is Hy wat kom,
wat kom in die Heer se Naam,
hosanna in die hoogste.
#175 Majesteit, glansryke heerlikheid!
Majesteit, glansryke heerlikheid!
Ons wil Jesus, die koning, hulde bewys!
Majesteit, hemelse heerlikheid!
Van waar ons woon, tot by sy troon, wil ons Hom prys.
Kom ons loof, kom ons besing die Naam van Jesus!
Kom ons loof, kom ons aanbid die Here ons God!
Majesteit, heilige heerlikheid!
Hy het gesterf, ons heil verwerf, Hy het oorwin!
#176 Halleluja! U is Koning
Halleluja! U is Koning.
Ons aanbid U in u woning.
U’s die Alfa en Omega,
daarom sing ons: Halleluja!
#177 Jesus, gróót bo almal
Jesus, gróót bo almal,
sterke Verlosser,
magtige Heer en Heiland,
Immanuel, God is met ons,
reddende Here,
lewende Woord.
#178 Dona nobis pacem, pacem
{Kanon}
(A) Dona nobis pacem, pacem,
dona nobis pacem.
(B) Dona nobis pacem, dona nobis pacem.
(C) Dona nobis pacem, dona nobis pacem.
#179 Vader in die hemel
{Kanon}
1. (A) Vader in die hemel,
(B) U beheer ons lewe,
(C) ons aanbid U.
2. (A) Jesus Christus, Redder,
(B) U beheer ons lewe,
(C) ons aanbid U.
3. (A) Heil’ge Gees, ons Trooster,
(B) U beheer ons lewe,
(C) ons aanbid U.
#180 Eer aan die Vader en die Seun
Eer aan die Vader en die Seun
en die Heilige Gees,
soos dit was aan die begin, toe en so ook
nou, en van ewigheid tot ewigheid. Amen.
#181 Gee ons ware vrede, Jesus Heer
Gee ons ware vrede, Jesus Heer.
Gee ons ware vrede, Jesus Heer.
Dona nobis pacem, Domine.
Dona nobis pacem, Domine.
Lofprysing
#182 Ons wil, o Heer, U loof en eer
1. Ons wil, o Heer, U loof en eer
vir liefde en genade.
U swakke kind, deur skuld gebind,
verlos U van die kwade.
2. Ons kniel en buig, aanbid en juig,
verlostes, hier vergader.
Ons is verbly, van skuld bevry,
verbind aan U, ons Vader.
3. Gelowig steun ons op u Seun,
want ons het niks verdien nie.
Ons Heiland het, om ons te red,
nie eens die dood ontsien nie.
#183 Verbly jul in die Here
1. Verbly jul in die Here,
die God van Israel.
Sing altyddeur sy ere,
gehoorsaam sy bevel.
Hy stel die see se grense,
laat die seisoene kom.
Sy guns is oor die mense
o almal, buig voor Hom!
2. Verbly jul in die Here,
dié wat verlore was.
Hy het jul self versamel
uit elke taal en ras.
Jul wat deur God gered is,
kniel almal nou voor Hom.
Erken dat liefde wet is
en roep: “Die Here kom!”
#184 Lofsing die Here
{Diskant}
1. Lofsing die Here, die Ewige,
sing tot sy ere!
Lofsing die Koning, die Skepper,
die Vader, die Here!
Loof almal saam –
groot is sy heilige Naam!
Loof Hom, die Heer van die here!
2. Lofsing die Here wat kunstig
u liggaam berei het,
Hy is die sterke
wat altyd nog by u gebly het;
wat in gevaar,
hoe groot, hoe dreigend, hoe swaar,
oor u sy vleuels gesprei het!
3. Lofsing die Here,
dis Hy wat u kroon met sy seën!
Hy skenk die lewe,
die wasdom, die sonlig, die reën!
O sterfling, weet:
Hy wat Almagtige heet,
het ons in liefde bejeën.
4. Lofsing die Here,
ja, almal kom loof nou die Here!
Alles wat asem het,
hier tot in tydlose sfere!
Hy is die Lig;
ons oog bly op Hom gerig:
Hy is die Heer van die here!
184B Praise to the Lord
{Taal: Engels}
1. Praise to the Lord, the Almighty,
the King of creation!
O my soul, praise him,
for he is thy health and salvation;
all ye who hear,
now to his temple draw near,
joining in glad adoration.
2. Praise to the Lord,
who o’er all things
so wondrously reigneth,
shieldeth thee gently from harm,
or when fainting sustaineth;
hast thou not seen,
how thy heart’s wishes have been
granted in what he ordaineth?
3. Praise to the Lord,
who doth prosper thy work
and defend thee;
surely his goodness and mercy
shall daily attend thee;
ponder anew what the Almighty can do
who with his love doth befriend thee.
4. Praise to the Lord!
O let all that is in me adore him!
All that hath life and breath
come now with praises before him!
Let the Amen sound
from his people again;
gladly for aye we adore him!
#185 Kom alle volke
{Kanon}
{Bybel: Psalm 67:4-6}
(A) Kom alle volke en loof nou die Heer
(B) jubel oor Hy jul regverdig regeer.
(C) Loof Hom volke, kom loof die Heer.
#186 Ons kom loof U as ons Vader
{Dieselfde wysie: 186, 244, 435}
1. Ons kom loof U as ons Vader –
ons, wat nou u kinders is.
Ons mag U in Christus nader,
wat ons voorspraak by U is.
Juis vir ons, deur skuld gebonde
en bedorwe van natuur,
is u Seun as borg gestuur.
Vrygespreek van al ons sonde,
kan niks ons van U meer skei –
in u liefde sal ons bly!
2. As ons selfs ons aardse vader
innig liefhet en waardeer,
hoeveel meer, o Hemelvader,
moet ons U nie dien en eer?
Ons wil dankbaar tot U nader –
U so groot in majesteit,
liefde en geregtigheid.
Dat ons U mag ken as Vader
en ons self aan U mag wy –
dit maak ons vir ewig bly!
#187 Loof, loof die Here
{Kanon}
(A) Loof, loof die Here,
(B) bring Hom dank en ere!
(C) Loof Hom, loof Hom, loof
(D) Hom, die Heer.
#188 Kom, dank nou almal God
{Dieselfde wysie: 188, 458, 592}
1. Kom, dank nou almal God
met hart en mond en hande;
loof Hom wat wonders doen
tot in die verste lande.
Van vroeg, van kindsbeen af,
het Hy ons trou bewaar
en tot vandag toe nog
geseën en gespaar.
2. O God, so ryk en goed,
gee ons solank ons lewe
altyd ’n blye hart;
as dit u wil is: vrede.
Laat u genade ons
beveilig teen gevaar,
in donker ure ons
van struikeling bewaar.
3. Lof, eer sing ons voor God,
die bron van alle lewe –
die Vader, Seun en Gees,
almagtig en verhewe.
Drie-enig God, ons roem
u krag en majesteit.
O Heer, ons wil U noem:
ons God in ewigheid!
188B Now thank we all our God
{Taal: Engels}
1. Now thank we all our God
with heart and hands and voices,
who wondrous things hath done,
in whom this world rejoices;
who, from our mothers’ arms
hath bless’d us on our way
with countless gifts of love,
and still is ours today.
2. O may this bounteous God
through all our life be near us,
with ever joyful hearts
and blessed peace to cheer us;
and keep us in his grace,
and guide us when perplexed,
and free us from all ills
in this world and the next.
3. All praise and thanks to God
the Father now be given,
the Son, and him who reigns
with them in highest heaven,
the one eternal God,
whom heav’n and earth adore;
for thus it was, is now,
and shall be ever more.
#189 Halleluja!
Halleluja!
Halleluja!
Halleluja!
#190 Grote God, aan U die eer!
{Dieselfde wysie: 191, 192}
1. Grote God, aan U die eer!
Heerlik is waar U regeer;
hemels is u majesteit;
heilig u geregtigheid.
U wat alles onderhou,
U is ewig en getrou.
2. In genade, groot en ryk,
bou U, Heer, u koninkryk.
Voordat ek kon kies, kon vra,
het u Seun my vloek gedra.
Ek kon vind: U’t my gekry
voor ek nog my skuld bely.
3. U, oor alles God en Hoof,
open oë van geloof
dat ons sien, geen goed of kwaad
word aan toeval oorgelaat:
Bokant ons begrip, verstand,
hou U al wat is in stand.
190B Holy God, we praise your name
{Taal: Engels}
1. Holy God, we praise your name;
Lord of all, we bow before you.
Saints on earth your rule acclaim;
all in heaven above adore you.
Infinite your vast domain;
everlasting is your reign.
2. Hark, the glad celestial hymn
angel choirs above are raising;
cherubim and seraphim,
in unceasing chorus praising,
fill the heavens with sweet accord:
”Holy, holy, holy Lord!”
3. Lo, the apostolic train
joins your sacred name to hallow;
prophets swell the glad refrain,
and the white-robed martyrs follow;
and from morn to set of sun,
through the church your song goes on.
4. Holy Father, holy Son,
Holy Spirit, three we name you,
though in essence only one;
undivided God, we claim you,
and, adoring bend the knee
while we own the mystery.
#191 Grote God, ons bring U eer
{Dieselfde wysie: 190, 192}
1. Grote God, ons bring U eer,
ons aanbid U, Koning, Heer.
U kom toe die lof alom –
U wat was, wat is, wat kom.
Voor U buig die skepping neer –
U wat ewig sal regeer.
2. Om u troon bring eng’le eer:
“Heilig, heilig, heilig, Heer”.
Hier op aarde word ’n lied
deur die eeue aangebied:
Die getuies van u Naam,
jubel in hul lofsang saam.
3. Vader, ewig, goed en groot,
hoor ons lof uit elke oord.
Seun van God in ewigheid,
ons is tot u diens bereid.
Heil’ge Gees, Vertrooster, Heer,
ons, u kerk, wil U steeds eer.
#192 Grote God, u skepperhand
{Dieselfde wysie: 190, 191}
1. Grote God, u skepperhand
word verheerlik deur u werke;
son én sterre, see en land,
prys U, Ewige en Sterkte,
U wat is, U was altyd,
U sal wees in ewigheid.
2. Heiliges daar voor u troon
sing voor U vol vreug en vrede.
Ons in wie u Gees reeds woon,
wy aan U ons dankgebede.
Eng’le, mense, almal saam,
Heer, aanbid en roem u Naam.
3. Sien u volk in liefde aan;
laat ons nie ons stryd verloor nie;
help ons Satansmag weerstaan –
laat sy lis ons nie bekoor nie.
U, van alles, heer, die bron,
laat die nuwe aarde kom!
#193 Bring lof en dank, gee God die eer
1. Bring lof en dank, gee God die eer,
o volke, almal saam!
Sing: Heilig! Heilig! Heilig Heer!
Hoogheilig is sy Naam!
2. U is lankmoedig, het geduld.
U deel die boodskap mee:
U delg ons sonde en ons skuld,
U werp dit in die see.
3. Gee vrede, Heer, waak oor u kerk
met vaderlike hand.
Maak ons voorspoedig in ons werk
en seën u volk en land.
4. Wanneer ons kragte eendag swig,
sal U ons hande hou.
Dan sal ons, Heer, u aangesig,
u heerlikheid aanskou.
#194 Ons bring aan U die lof en ere
1. Ons bring aan U die lof en ere,
ons prys u grote Naam, o Here,
vir al die goedheid uit u hand.
Ons dank U vir ons hele lewe
waarin U ons met guns omgewe,
met liefde ver bo ons verstand.
2. Ons bring aan U die lof en ere,
ons prys u grote Naam, o Here,
dat ons mag deel hê aan u Ryk.
Dit is ons hoogste doel en strewe
om U te eer ons hele lewe –
maak ons aan Jesus meer gelyk.
3. Ons bring aan U die lof en ere,
ons prys u grote Naam, o Here,
U wat oor alles triomfeer.
U vul ons hart met lofgesange,
u Gees skenk ons ’n sterk verlange
na volle vreugde by U, Heer.
#195 U, o God, wat ewig op die troon is
1. U, o God, wat ewig op die troon is,
aan U al die lof en eer.
Voor U, wat met majesteit gekroon is,
buig ons in aanbidding neer.
U is Heer, U heers oor alle magte,
U regeer oor duisende geslagte.
U kom toe die heerlikheid
tot in alle ewigheid.
2. Christus, voor U kniel die hele aarde,
want die hemel buig hul neer.
U, die Lam, is alle eerbied waardig;
U kom toe die dank en eer.
Deur u offer waarborg U die lewe;
deur u bloed word al ons skuld vergewe.
Ons sal aan U eer bewys –
U vir ewig loof en prys.
#196 O kon ek jubel, Hemelvader
1. O kon ek jubel, Hemelvader,
met duisend stemme, tot u eer
hoe sou ek juigend tot U nader
en U my danklied bring, o Heer!
Ek sou u roem en lof vermeld,
u wonderdade, ongeteld!
2. O kon ek U besing na waarde
tot waar die son sy baan beskryf
en sterre, ver bokant die aarde,
geruisloos meld u heerlikheid!
O kon ek tog die lof besing
wat ek so graag aan U wil bring!
3. Laat alles wat op aarde lewe,
die berge, bosse, see en meer,
my onvolkome lof en bede
in stilte aanvul, tot u eer!
Saam sal ons oor u goedheid juig;
aan U ons dankbaarheid betuig.
4. My swakke dank- en smeekgebede
wil dit genadig, Heer, aanvaar.
Eens neem ek, swerwer in die hede,
my plek in by die eng’leskaar.
Dan jubel ek, verlos, o Heer,
met duisend stemme tot u eer!
#197 Wonderbare Koning
{Dieselfde wysie: 159}
1. Wonderbare Koning,
Heerser oor u skepping,
ons bring U ons lofgesange.
Deur u goedheid, Vader,
kan ons tot U nader –
U’s ons diepste hartsverlange.
Laat die lied wat ons bied,
opstyg na u woning,
wonderbare Koning!
2. Loof Hom, hemelboë!
Loof Hom, berge en dale!
Daar’s geen einde aan sy werke.
Loof, my siel, die Here!
Bring Hom dank en ere!
Hy is die onmeetlik’ sterke.
Hef omhoog hart en oog!
Wie kan ooit op aarde,
Heer, U prys na waarde?
#198 God is my lied
1. God is my lied,
sy almag ken geen perke
Heer is sy Naam,
volmaak sy skeppingswerke;
die groot heelal is sy gebied.
2. Niks is van my,
dis alles u genade;
ek sien u goedheid
oral, troue Vader,
u lof sal op my lippe bly.
3. Waar God gebied,
sal ons geen onheil vrees nie,
want niemand kan
soos Hy ’n redder wees nie –
aan Hom my lof, aan Hom my lied.
#199 Loof die Here uit die hemel
{Dieselfde wysie: 307 (1 toon laer)}
{Bybel: Psalm 148}
{Teks: Elsabé Kloppers}
1. Loof die Here uit die hemel,
loof Hom deur wie ons bestaan;
loof Hom eng’le, hemelwesens,
loof Hom son en prys Hom maan.
Kom en loof Hom, kom en prys Hom,
kom en loof die Heer se Naam!
2. Loof die Here alle volke,
loof Hom alles wat bestaan;
loof Hom weerlig, sneeu en wolke,
loof Hom meer en oseaan.
Kom en loof Hom, kom en prys Hom,
kom en loof die Heer se Naam!
3. Loof Hom konings, alle vorste,
almal wat op aard’ regeer;
loof Hom kinders, mans en vroue,
loof Hom almal, buig jul neer.
Kom en loof Hom, kom en prys Hom,
roem sy Naam, kom loof die Heer!
#200 U goedheid, Heer
{Diskant}
1. U goedheid, Heer,
kan ons nie peil nie –
wie word daardeur
nie diep getref!
Niks anders bring
vir ons die heil nie –
ons wil ons hart tot U verhef.
Aan U alleen ons dank en ere –
U wat ons in u liefde lei.
U sal ons nooit vergeet nie, Here
U wil ons in u waarheid lei.
2. U is die Heer
wat ons gemaak het,
voor U kom ons,
u skepsels, staan;
U is die Heer
wat steeds gewaak het,
deur wie ons gans en al bestaan.
U bring in ons gemoed die vrede,
U sterk ons gees met nuwe krag;
U gee u lig ook oor ons rede –
dis U van wie ons heil verwag.
3. Sou ek, o Heer,
U nie vereer nie,
sou ek u goedheid nie verstaan?
Sou U my raad gee,
ek nie leer nie,
die weg wat U my wys nie gaan?
Nee, Heer, U rig
my wil en strewe;
u Woord bly my gedurig by.
Vul met u liefde ook my lewe
om my in alles U te wy.
#201 Lofsing die Heer, buig voor Hom neer
1. Lofsing die Heer, buig voor Hom neer;
bewys aan Hom die eer.
Laat elke mond Hom loof en prys
en Hom erken as Heer
en Hom erken as Heer
en Hom, ja Hom erken as Heer.
2. Lof aan die Heer, verheerlik Hom;
wees vrolik, juig en sing.
Laat al wat leef Hom dank en prys,
aan Hom die hulde bring,
aan Hom die hulde bring,
aan Hom, aan Hom die hulde bring.
3. Lofprys die Heer, besing sy Naam –
sy hele skepping juig.
Laat almal saam Hom eer betoon
en voor hul koning buig,
en voor hul koning buig,
en voor, ja voor hul koning buig.
#202 Prys Hom, die Hemelvors
{Teks: Crown Him with many crowns}
{Bybel: Openbaring 4 en 5}
1. Prys Hom, die Hemelvors,
op sy verhewe troon,
loof Hom aan Wie die hemelkoor
hul hulde steeds betoon.
Aan Hom, die Skepperheer,
kom toe die eer en mag.
Sy Woord het alles voortgebring,
roem ewig sy gesag.
2. Loof Hom, die Lam van God,
want Hy’s vir ons geslag.
Hy het ons met sy bloed gekoop;
besing sy reddingsmag.
Uit elke stam en taal
het Hy ons vrygemaak;
sy koninkryk, sy priesterdom –
dít het Hy ons gemaak.
3. Lof, eer en heerlikheid,
die wysheid en die krag
behoort aan God daar op die troon
en aan die Lam, geslag.
Tot in die ewigheid
sal ons die lied laat hoor;
die hele skepping oraloor roep
“Amen” in ’n koor.
#203 Loof die Here, al wat lewe
1. Loof die Here, al wat lewe,
wil Hom dank en hulde bring
Hy het al ons skuld vergewe;
ons ’n nuwe lied laat sing.
Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom!
Loof die Vader, God en Heer!
2. Loof Hom wat in groot genade
ons deur eeue heen behou;
loof Hom vir sy reddingsdade –
vas kan ons op Hom vertrou.
Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom!
Hy’s genadig en getrou.
3. Soos ’n vader sorg vir kinders,
sorg die Heer vir wie Hom vrees.
Hy vergewe hul oortredings
en berei ’n vreugdefees.
Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom!
Laat ons Hom gehoorsaam wees!
4. Mense, soos die veld se blomme,
bloei maar vir ’n korte tyd;
ewig oor ons kleine kommer
waak Gods goedertierenheid:
Loof Hom, prys Hom Loof en prys Hom –
ewige geregtigheid.
5. Loof die Here, maan en sterre,
waar jul in die wydtes kring.
Loof Hom, engele en mense,
almal wat sy wil volbring!
Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom –
o my siel, bly Hom besing!
203B Praise, my soul, the King of heaven
{Taal: Engels}
1. Praise, my soul, the King of heaven;
to his feet thy tribute bring;
ransomed, healed, restored, forgiven,
who like thee his praise should sing?
Praise him, praise him,
praise him, praise him,
praise the everlasting King.
2. Praise him for his grace and favour
to his people in distress;
praise him still the same forever,
slow to chide, and swift to bless:
praise him, praise him,
praise him, praise him,
glorious in his faithfulness.
3. Fatherlike he tends and spares us;
well our feeble frame he knows.
In his hands he gently bears us,
rescues us from all our foes:
praise him, praise him,
praise him, praise him,
widely as his mercy flows.
4. Frail as summer’s flower we flourish,
blows the wind and it is gone;
but while mortals rise and perish
God endures unchanging on.
Praise him, praise him,
praise him, praise him,
praise the High Eternal One.
5. Angels, help us to adore him,
ye behold him face to face;
sun and moon, bow down before him;
dwellers all in time and space,
praise him, praise him,
praise him, praise him,
praise with us the God of grace.
#204 Halleluja!
{Kanon}
(I) Halleluja! Halleluja!
(II) Amen. Amen.
#205 Bring lof aan die Vader
1. Bring lof aan die Vader, verheerlik die Seun,
vir liefde, genade, verlossing en steun –
dat elkeen wat glo nie verlore mag gaan
maar ewig voor Hom as verloste kan staan.
Refrein:
Loof die Heer, loof die Heer! Sing, gelowiges, saam!
Loof die Heer, loof die Heer! Prys sy heilige Naam!
Hy kom uit genade ons sondes versoen
dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem.
2. Ons lof aan die Skepper wat altyd getrou
sy kerk hier bewaar, dit vernuwe en bou –
ons bly inspireer en ons stuur deur sy Gees
om sout en om lig vir die wêreld te wees.
Refrein:
Loof die Heer, loof die Heer! Sing, gelowiges, saam!
Loof die Heer, loof die Heer! Prys sy heilige Naam!
Hy kom uit genade ons sondes versoen
dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem.
3. Ons lof, ons aanbidding, o Vader, ons lied
is nietige klanke, deur kinders gebied.
Tog sien U ons nood en verhoor ons gebed –
oneindig die liefde wat U vir ons het.
Refrein:
Loof die Heer, loof die Heer! Sing, gelowiges, saam!
Loof die Heer, loof die Heer! Prys sy heilige Naam!
Hy kom uit genade ons sondes versoen
dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem.
#206 Halleluja
Halleluja.
Halleluja.
Halleluja.
Halleluja.
#207 Eer aan die Vader, wat alles gemaak het
1. Eer aan die Vader, wat alles gemaak het;
eer aan die Seun, ons Verlosser en Vriend;
eer aan die Gees wat ons lei in die waarheid –
aan God Drie-enig ons lof en ons lied.
Refrein:
Ere aan God! Die Heer van alle here
woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees
Gee ons die liefde, geloof en vertroue
om u gehoorsame kinders te wees.
2. Heiland, aan U al ons dank en aanbidding
U het kom soek, ons van sonde gered.
Deur u verdienste kom ons na die Vader;
hoor Hy sy kinders se lied en gebed.
Refrein:
Ere aan God! Die Heer van alle here
woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees
Gee ons die liefde, geloof en vertroue
om u gehoorsame kinders te wees.
3. Wek in ons liefde, o Heer, vir u waarheid:
Waarheid gee insig, versterk en maak vry.
U is die Waarheid, die Weg en die Lewe:
U woon in ons en laat ons in U bly.
Refrein:
Ere aan God! Die Heer van alle here
woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees
Gee ons die liefde, geloof en vertroue
om u gehoorsame kinders te wees.
4. Maak ons, o Heer, u getroue getuies
dat ons met vreugde dit oral vertel:
Christus, oorwinnaar oor dood en oor chaos.
Hy ken ons nood, Hy kom red en herstel.
Refrein:
Ere aan God! Die Heer van alle here
woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees
Gee ons die liefde, geloof en vertroue
om u gehoorsame kinders te wees.
5. Heer van die skepping en Heer oor ons lewe:
niks wat u aandag, u almag ontgaan.
Groot is u werke, herskeppend u liefde;
heerlik, o Heer, is u heilige Naam.
Refrein:
Ere aan God! Die Heer van alle here
woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees
Gee ons die liefde, geloof en vertroue
om u gehoorsame kinders te wees.
#208 Ek wil die Here loof en prys
1. Ek wil die Here loof en prys
solank as ek nog leef.
Aan Hom my dank en eer bewys
omdat Hy my vergeef.
Nooit kan ek Hom vergoed nie,
tog bly Hy gee en gee.
Ek sing dus steeds my lofgesang
aan Hom, my Redder, Heer.
2. Ek wil dit wyd en syd vertel:
Die Here sorg vir my.
Hy het dit in sy Woord beloof:
Net Hy is God vir my.
In angste, laste, sorge,
in vreugde en in rou
kan ek sy waarborg steeds onthou:
jou Herder sorg vir jou.
3. Ek wil die Here loof en prys
solank ek asemhaal.
Ek wil my dank en eer bewys
in blye jubeltaal.
Ag, ek bly altyd maar vir Hom
’n arme bedelaar.
En Hy hou aan met gee en gee;
ek sing: Hy’s wonderbaar!
#209 Heer, met my hele hart
{Bybel: Psalm 9:2-3}
Heer, met my hele hart
kom sing ek ’n lofsang,
kom ek van u magtige wonders vertel
en van al u reddingsdade.
Heer, met my hele hart
kom sing ek ’n lofsang.
Ek wil oor U altyd bly en vrolik wees,
ek wil u Naam besing.
Ek wil oor U altyd bly en vrolik wees.
Halleluja!
#210 Prys God, Hy is groot
1. Prys God, Hy is groot;
prys God, Hy is sterk;
die ganse heelal
vertel van sy werk.
Oor aarde en hemel
strek sy majesteit.
Prys alles wat lewe
sy Naam wêreldwyd.
2. Prys God, Hy is groot;
prys God oor sy mag;
loof Hom met simbaal
en prys só sy krag.
Loof Hom met die snare,
met harp en met fluit.
Sing almal wat lewe,
kom jubel dit uit.
210B Joy to the world!
{Taal: Engels}
1. Joy to the world! The Lord is come:
let earth receive her King.
Let every heart prepare him room,
and heaven and nature sing,
and heaven and nature sing,
and heaven, and heaven and nature sing.
2. Joy to the earth! The Saviour reigns:
let all their songs employ,
while field and floods, rocks, hills,
and plains
repeat the sounding joy,
repeat the sounding joy,
repeat, repeat the sounding joy.
3. No more let sin and sorrow grow
nor thorns infest the ground;
he comes to make his blessings flow
far as the curse is found,
far as the curse is found,
far as, far as the curse is found.
4. He rules the world with truth and grace,
and makes the nations prove
the glories of his righteousness
and wonders of his love,
and wonders of his love,
and wonders, wonders of his love.
#211 Ons bring lof aan U, Jesus Heer
(A) Ons bring lof aan U, Jesus Heer,
(B) Jesus Heer.
(C) Ons bring lof aan U, Jesus Heer,
(D) Jesus Heer.
(A) Gloria tibi, Domine,
(B) Domine.
(C) Gloria tibi, Domine,
(D) Domine.
#212 Loof die Heer, Hy is goed
1. Loof die Heer, Hy is goed,
loof sy heilige Naam;
laat alles in die groot heelal
die Here loof.
Refrein:
Ek wil die Here loof
(ek wil die Here loof),
loof met my hele hart
(loof met my hele hart)
Hy gee hul wat roep,
weer nuwe krag.
2. Hy’t my sonde vergeef
en Hy maak my sy kind –
laat alles in die groot heelal
die Here loof.
Refrein:
Ek wil die Here loof
(ek wil die Here loof),
loof met my hele hart
(loof met my hele hart)
Hy gee hul wat roep,
weer nuwe krag.
3. Loof, o hemel, die Heer,
al die engele saam –
laat alles in die groot heelal
die Here loof.
Refrein:
Ek wil die Here loof
(ek wil die Here loof),
loof met my hele hart
(loof met my hele hart)
Hy gee hul wat roep,
weer nuwe krag.
#213 Kom, volk van God, verhef jul stem
1. Kom, volk van God, verhef jul stem,
loof Hom, die kind uit Betlehem –
God wat ’n mens geword het.
Die pad van leed het Hy verstaan,
self het Hy na die kruis gegaan
waar Hy sy bloed gestort het.
Loof Hom, die Here van sy kerk,
prys Hom vir sy verlossingswerk,
eer Hom vir sy genade.
Hy het ons nou met God versoen;
aan God se eise is voldoen.
Juig oor sy liefdedade.
2. Die Christus het ons stryd gestry;
Hy het nie in die dood gebly,
die graf kon Hom nie hou nie.
Hy’t na die Vader opgevaar,
regeer sy eiendom van daar –
sal ons Hom nie vertrou nie?
Loof, loof ons Redder, God en Heer,
Hy sien in liefde op ons neer,
in Hom is ons behoue.
“Die Heer kom weer, die Heer kom weer”
juig ons met vreugde keer op keer,
volhardend, met vertroue.
#214 Here, ons sal U loof, u weldade roem
1. Here, ons sal U loof, u weldade roem.
U Naam sal ons eer, almagtige Heer,
want U het wonders gedoen.
2. Here, ons sal U loof. U het ons verlos,
uit duister bevry; ons harte verbly –
dit het u lewe gekos.
3. Here, ons sal U loof, u weldade roem.
Dis U wat voorsien, ons wil U graag dien
en U ons Vader noem.
#215 Besing die lof van Jesus saam
1. Besing die lof van Jesus saam,
ook eng’le bring Hom eer.
Juig hemel, aarde, roem sy Naam
en dien Hom, volg Hom, loof Hom
Christus is dié Heer!
2. O nageslag van Israel,
gee u Messias eer;
erken Hom as Immanuel,
en soek Hom, vind Hom, prys Hom:
Christus is dié Heer!
3. Verdwaasde mens, aanvaar dit nou
dat Hy jou heil begeer;
bekeer jou, en sy Gees sal jou
laat loof en prys en jubel
Christus is dié Heer!
4. Wees, volkere, opreg en wys;
besef dat Hy regeer;
wil Hom bo alle vorste prys
en eer Hom, daagliks, oral –
Christus is dié Heer!
5. Hy wat as die oorwinnaar staan,
kom op die wolke weer.
Hef al wat leef jul loflied aan
en dien Hom, volg Hom, loof Hom –
Christus is dié Heer!
#216 Sing met vreugde, sing
1. Sing met vreugde, sing
oor ons Redder-Koning.
Laat ons hulde bring
aan die Hemelheer
wat sy Kerk regeer.
Hy maak by ons woning.
2. Loof en eer die Seun
wat ons skuld vergewe.
Ons kan op Hom steun.
Wanneer sorge druk,
elke plan misluk,
bring Hy hoop en lewe.
3. Met ons hele hart
dien ons U as koning.
Heer, in vreugde, smart
is ons in u hand;
is ons hart, verstand
vir u Gees ’n woning.
#217 Verlosser, Redder, Heer en Hoof
1. Verlosser, Redder, Heer en Hoof,
neem aan die onvolmaakte lied
wat ons, as sondaars, aan U bied.
’n lied waarmee ons U kom loof.
Ons bring ons lied aan U, o Heer;
ons sing om U te eer.
O neem dit aan,
U wat ons hart verstaan.
Ons kom met ons verlange,
ons smeek- en dankgesange.
O neem dit aan.
2. Ons dank U Christus, troue Heer,
U het ons van die dood verlos;
dit het die hoogste prys gekos.
Ons sing u lof en bring U eer;
ons buig ons voor u voete neer;
U is ons Hoof en Heer.
U is ons hoop;
U sluit die toekoms oop.
Ons wag op die voleinding,
die dag van u verskyning.
U is ons hoop.
#218 Halleluja. Halleluja
Halleluja. Halleluja.
Halleluja. Halleluja.
Halleluja. Halleluja.
#219 Laat ons sing van ons Verlosser
{Dieselfde wysie: 220}
1. Laat ons sing van ons Verlosser,
Hy wat wys hoe liefde lyk.
Deur sy kruisdood het die Here
self sy hand na ons gereik.
Sing, o sing van ons Verlosser,
aan die kruis het Hy gely.
Deur sy dood bring Hy versoening,
van ons skuld maak Hy ons vry.
2. Laat ons praat met almal om ons
oor die hoop wat in ons leef.
Jesus Christus het in liefde
al ons sonde ons vergeef.
Sing, o sing van ons Verlosser,
Hy oorwin die dood en hel.
Ons het deel aan sy oorwinning,
oral wil ons dit vertel.
3. Laat ons sing oor Hom wat t’rugkeer
aan die einde van die tyd:
“Bruidegom, die bruid verwag U:
altyd tot u lof bereid.”
Sing, o sing van ons Verlosser,
Hy kom trug, Hy maak ons nuut.
“U, die Heerser oor die wêreld,
Seun van God, o hoor ons lied.”
#220 Met ons harte sing ons, Here
{Dieselfde wysie: 219}
1. Met ons harte sing ons, Here,
van u liefde meer en meer.
Aan die kruis het U ons sonde
als gedra met geen verweer.
Juig, o juig oor ons Verlosser,
van ons las is ons bevry.
Ons sal aan U, Redder, Here,
net uit dank ons lewe wy.
2. Met ons monde bring ons, Here,
aan U hulde in ons lied.
Aan die kruis het U die losprys
vir ons sonde aangebied.
Prys, o prys nou ons Verlosser,
vir ons redding is betaal.
U het deur u sterwe, Here,
dié oorwinning reeds behaal.
3. In ’n koor met duisend stemme
sal ons loflied U besing.
U nabye liefde, Here,
het in noutes ons omring.
Sing, o sing oor ons Verlosser,
prys sy Naam ons lewe lank.
Ons bly aan U trou, o Here,
ons sal U steeds loof en dank.
#221 Loof die Heer omdat Hy goed is
{Taize}
{Bybel: Psalm 107}
1. Loof die Heer omdat Hy goed is;
daar’s geen einde aan sy liefde.
Loof die Heer omdat Hy goed is.
Halleluja.
2. Confitemini Domino quoniam bonus,
confitemini Domino,
alleluia.
#222 Loof die Here God
{Taize}
1. Loof die Here God
en prys sy heil’ge Naam.
Loof die Here God –
Hy red my van die dood.
2. Bless the Lord, my soul,
and bless his holy Name.
Bless the Lord, my soul,
He rescues me from death.
#223 Aan Jesus, Koning, al die eer!
1. Aan Jesus, Koning, al die eer!
Buig eng’le voor Hom neer,
buig eng’le voor Hom neer.
God gee aan Hom die koningskroon.
Refrein:
Kom loof Hom.
Loof Hom. Loof Hom.
Loof Hom en volg Hom as u Heer!
2. Loof Hom, verlostes van die Lam,
wat om sy troon verkeer,
wat om sy troon verkeer.
Sing alle volke, elke stam!
Refrein:
Kom loof Hom.
Loof Hom. Loof Hom.
Loof Hom en volg Hom as u Heer!
3. Eens sal verlostes almal saam
ook saam met Hom regeer,
ook saam met Hom regeer.
Kom, almal, loof sy grote Naam.
Refrein:
Kom loof Hom.
Loof Hom. Loof Hom.
Loof Hom en volg Hom as u Heer!
#224 Kom prys Hom alle nasies
{Taize}
{Bybel: Psalm 117}
1. Kom prys Hom alle nasies.
Kom sing, kom loof die Heer!
Kom prys Hom alle volke.
Kom sing, kom loof die Heer!
2. Laudate omnes gentes,
laudate Dominum.
Laudate omnes gentes,
laudate Dominum.
#225 Ons kom prys u Heer, Jesus Christus
{Taize}
1. Ons kom prys u Heer, Jesus Christus.
Halleluja. Halleluja.
En ons loof U, Heer, Jesus Christus,
en ons loof U, Heer – Halleluja!
2. Adoramus te Jesu Christe,
alleluia, alleluia.
Et laudamus te Jesu Christe,
et laudamus te, alleluia.
#226 Juig nou aarde, hemel
{Bybel: Psalm 100: 1-2}
1. Juig nou aarde, hemel,
almal wat hier leef.
Dien die Heer, gee Hom eer,
kom met jubeling.
Halleluja! Halleluja!
Kom met jubeling.
Halleluja! Halleluja!
Laat ons Hom besing!
2. Jubilate Deo omnis terra.
Servite Domino in laetitia.
Alleluia, alleluia in laetitia.
Alleluia, alleluia in laetitia.
#227 Sing, loof en prys die Heer
{Taize}
1. Sing, loof en prys die Heer.
Sing, loof en prys die Heer, alle volke.
Halleluja.
(x2)
2. Laudate Dominum,
laudate dominum omnes gentes,
alleluia.
(x2)
#228 Halleluja
Halleluja (x8)
Skuldbelydenis en genade
#229 Wil, Heer, in liefde U ontferm
Wil, Heer, in liefde U ontferm;
skenk U ons volk genade.
Delg U tog uit ons sondeskuld;
wis uit ons sonde dade.
Sal U ons dan nie lewend maak
dat ons in U weer vreugde smaak!
Skenk ons tog u heil, o Here.
#230 O Jesus, in u lyding
1. O Jesus, in u lyding
kom soek ek troos in nood.
U smeek ek om bevryding
van sondestraf en dood.
Ek het my hele lewe
die sondaarspad gegaan,
verblind in al my strewe.
O Jesus, sien my aan.
2. Die tyd wat U verleen het,
het ek, onwys, verspeel,
omdat, soos ek gemeen het,
ek sélf my toekoms reël.
Vertrou het ek op deugde;
allenig wou ek staan.
Verbeur het ek my vreugde!
O Jesus, sien my aan.
3. Al doen ek steeds nog sonde –
wil my genadig wees.
Genees my deur u wonde,
verwyder al my vrees.
Vergeef my sondedade,
die dwaasheid ook begaan;
ek smeek U om genade:
O Jesus, neem my aan!
#231 Heilig, heilig, heilig, Here
{Dieselfde wysie: 231, 232, 255}
1. Heilig, heilig, heilig, Here,
U is heilig sonder perk;
ons kom sing u Naam ter ere –
bid dat U in ons sal werk.
Ons onheiligheid, o Heer,
dwing ons op ons knieë neer.
Ons kom pleit om u genade:
Heer, verlos ons van die kwade.
2. Wat geskep is deur u hande –
dit was heilig, rein en goed;
maar die sonde bring die skande,
bring die seer in ons gemoed.
Ons verstand is swak en klein,
ook ons strewe is onrein.
Ons is, Heer, in skuld gebore –
sonder U is ons verlore.
3. Heil’ge God, herskep ons lewe,
en laat groei die goeie saad;
maak ons heilig in ons strewe,
in gedagte, woord en daad;
Ons wil U ons danklied bring,
en u lof, o Jesus, sing.
Laat u Gees ons lei, o Here,
om te lewe, U ter ere.
4. O dat alle mensetale,
alle eng’lesang, o Heer,
saamruis deur die hemelsale
in gejubel tot u eer.
Eenmaal staan ons voor u troon
waar ons eer aan U betoon –
sing ons met die eng’le: Ere
Heilig, heilig, heilig, Here!
#232 Diep, o God, diep neergeboë
{Dieselfde wysie: 231, 232, 255}
1. Diep, o God, diep neergeboë,
staan ons voor u hoë reg
in volslae onvermoë.
Hoe word ooit ons saak besleg?
Waar ons voor U skuldig pleit,
o volmaakte Heiligheid,
werk U met u Gees versoening
deur die Heiland se voldoening.
2. Om ons vry te maak van sonde
het u Seun gesterf, o God!
Deur geloof aan Hom verbonde,
sal ons leef na sy gebod.
Liefd’ het U na ons gebring –
Jesus, laat u liefde ons dring,
laat die liefde, so verhewe,
ons besiel deur heel ons lewe!
#233 Ek, Vader, wat gesondig het
1. Ek, Vader, wat gesondig het –
hoe skuldig staan ek voor u wet,
maar tog in Christus heilig!
Ek wil my skuld voor U beween;
ek soek en roep weer om u seën,
u Gees laat voel my veilig.
Help my geloof om vrug te dra
soos wat U van verlostes vra
in woorde en in dade.
Ek was verlore, is gevind;
ek was vervreemd, maar tog u kind –
hoe groot is u genade!
#234 Ontferm U, God
Ontferm U, God, ontferm U, hoor my klag.
Teen U alleen, teen U het ek gesondig.
Here, voor U, voor U is ek onwaardig.
Ek is verblind, verlam deur sondemag.
Maar grote God, U wek in my berou.
Here, my God, U het my skuld vergewe.
Net deur u guns kan ek op U vertrou.
By U is rus, U is die bron van lewe.
#235 Voor u wet, Heer, staan ons skuldig
1. Voor u wet, Heer, staan ons skuldig.
Liefde is die groot gebod!
Liefde is ons steeds verskuldig
aan ons naaste en ons God.
Ons wil u gebod bewaar,
maar ons struikel baie kere.
Leer ons liefde vir mekaar,
maar bo al vir U, o Here.
2. Liefde doen aan niemand kwaad nie
dis vervulling van die Wet.
Dié gebod mag ons nie laat nie,
maar met ywer daarop let.
Ons weet, ver is reeds die nag;
ken die tydsomstandighede
weldra breek die volle dag.
Wek ons, Heer, uit valse vrede!
#236 O God, hoe salig om te weet
1. O God, hoe salig om te weet,
as ons in ootmoed nader,
U sal u kinders nooit vergeet
ons ken U as ons Vader.
Ons bid om skuldvergiffenis
deur Jesus wat ons voorspraak is
ons kniel in stil vertroue.
2. Sien ons dan, Vader, in ons nood,
saam voor u troon vergader;
sal ooit ’n kind vergeefs om brood
smeek by sy aardse vader?
Sal U ons dan nie nog veel meer
u Gees, in al sy volheid, Heer,
op ons gebede skenk nie?
#237 Heer, ons kom pleit by U
1. Heer, ons kom pleit by U;
o God, verlaat ons nie.
U wat die weeskind nie verstoot –
voor U buig ons die knie.
2. Voor U staan ons ontbloot;
ons skuld verdien die dood.
Wees ons genadig en vergeef.
Red ons, Heer, uit ons nood.
3. Maak ons van sonde vry;
leer ons die kwaad vermy;
ons pleit by U in Jesus Naam.
U kan ons weer verbly.
#238 God, enkel lig, voor u gesig
1. God, enkel lig, voor u gesig
is niks op aarde rein nie.
Ons is bevlek, met skuld bedek
kan nie voor U verskyn nie.
2. Die sterreprag verdwyn by dag
teenoor die son se luister;
soveel te meer is ons, o Heer,
teenoor u lig, die duister.
3. Heer waar dan heen? Tot U alleen;
U sal ons nooit begewe.
U eie Seun, ons borg en steun,
is ook ons weg tot lewe.
4. Ja, amen, ja! Op Golgota
betaal Hy vir my sonde,
en deur sy bloed word ons gemoed
gereinig van die sonde.
5. Gee ons al meer, om U te eer,
geloof, o Ewig-sterke!
Dan doen ons bly, aan U gewy,
uit liefde goeie werke.
#239 Jesus, Rots vir my geslaan
1. Jesus, Rots vir my geslaan,
laat my nie verlore gaan!
U was self van God verlaat.
Laat u lyding, sonder maat,
my tot heil wees en tot krag
teen die sondeskuld en -mag.
2. En ek self – wat kan ek doen
om my sonde te versoen?
Sou my hart met ywer gloei,
sou my trane ewig vloei
nòg gebede, nòg geween
kan my red, Heer; U alleen.
3. Leeg, net met my sondelas,
hou ek u verdienste vas.
Ek kom om vergewing vra;
U het ook my skuld gedra!
U, geslaan tot heilsfontein,
wás my, Heiland, maak my rein!
4. Heer, my Rots, bo almal groot
staan U vas in elke nood.
Trou van mense kom en gaan,
maar U bly onwrikbaar staan.
Eew’ge Rots, U laat ook my
veilig, ewig in U bly!
239B Rock of ages, cleft for me
{Taal: Engels}
1. Rock of ages, cleft for me,
let me hide myself in thee;
let the water and the blood,
from thy wounded side which flowed,
be of sin the double cure,
cleanse me from its guilt and power.
2. Should my tears forever flow,
should my zeal no respite know,
all for sin could not atone;
thou must save, and thou alone;
in my hand no price I bring,
simply to thy cross I cling.
3. While I draw this fleeting breath,
when my eyelids close in death,
when I rise to worlds unknown,
and behold thee on thy throne,
Rock of ages, cleft for me,
let me hide myself in thee.
#240 Heiland, as in ootmoed stil
{Dieselfde wysie: 16, 137, 240, 578}
1. Heiland, as in ootmoed stil
ons afhanklik voor U kniel
en berouvol na omhoog
tot U rig die hart en oog
o, waar U soveel moes ly
om van skuld ons te bevry:
Skenk ons die vergiffenis
op ons skulderkentenis.
2. Jesus, al is ons ontrou
U bly altyddeur getrou!
Wanneer ons ons skuld bely,
maak U ons in waarheid vry.
Nooit pleit ’n gebroke gees
om versoening tevergeefs.
U skenk die vergiffenis
op ons skulderkentenis!
#241 Troue Here van my lewe
1. Troue Here van my lewe,
God by wie ek vrede vind;
Vader wat my skuld vergewe,
dankbaar leef ek as u kind.
Vrees vir straf laat my nie weifel,
want u liefde laat geen twyfel;
ja, ek weet in sondesmart:
U is trooster van my hart.
2. U die kenner van ons harte,
sien my skuld en ken my nood.
Ek treur, vol berou en smarte,
want my sonde bring die dood.
Ja, U sien my hart se wonde,
sien my ly oor al my sonde,
Christus laat my voor U staan,
deur sy bloed neem U my aan.
3. Deur u Seun skenk U genade,
in geloof neem ek Hom aan;
Hy verlos my van die kwade,
Hy sal altyd met my gaan.
Al is ek in skuld gebore,
is ek in Hom uitverkore
voor u Woord in skeppingsmag
nag geskei het van die dag.
#242 Here, ontferm U
Here, ontferm U.
Christus, ontferm U.
Hoor ons gebed, Heer.
Ontferm U tog oor ons. Amen.
#243 Heer, wees genadig
{Teks: Kyrie eleison}
Heer, wees genadig.
Heer, wees barmhartig.
Heer wees genadig.
ons kniel hier voor U neer. Amen.
#244 Alles, alles is genade
{Dieselfde wysie: 186, 244, 435}
1. Alles, alles is genade,
onverdiende guns alleen.
Die verlossing uit die kwade
kan net U, o God, verleen.
U het ons reeds lank tevore
as u eiendom beskou,
ons in Christus vasgehou.
In Hom is ons uitverkore.
Ons sal oor u liefde juig,
dankbaar van u guns getuig.
2. Christus kom deur u ontferming,
deur Hom reik U ons die hand.
U neem sondaars in beskerming –
liefde ver bo ons verstand.
Christus red ons deur sy dade;
Hy laat ons u liefde sien –
liefde wat ons nooit verdien.
Hy herskep ons uit genade.
Ons sal oor u liefde juig,
dankbaar van u guns getuig.
3. Ons ontvang u Gees as gawe.
Wie kan ooit dié wonder peil?
Skuldiges en sondeslawe
word verseker van u heil.
Heer, u Gees beseël die waarheid
dat ons nou u kinders is –
ons verlossing is gewis.
Deur u Gees borg U ons vryheid.
Ons sal oor u liefde juig,
dankbaar van u guns getuig.
4. Aan die einde van my lewe
sal u liefde my omvou.
Waar my moed my wil begewe,
dra U my steeds in u trou,
In my doodsangs en beklemming
sien ek Christus aan die kruis,
reik ek na die vaderhuis.
Dis ons ewige bestemming.
Ons sal oor u liefde juig,
dankbaar van u guns getuig.
#245 Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het
1. Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het,
sing dankbaar my verlossingslied.
U weet hoe ek na U verlang het
U het u guns my aangebied.
Ek loof en prys U deurentyd,
ek loof en prys U deurentyd
en roem u groot barmhartigheid,
en roem u groot barmhartigheid.
2. Ek was verlore in my sonde
en van die goeie weg vervreem.
Tog doen die Heer aan my die wonder
om my as kind terug te neem.
Ek loof en prys U deurentyd,
ek loof en prys U deurentyd
en roem u groot barmhartigheid,
en roem u groot barmhartigheid.
3. O God wat ryk is aan ontferming,
weerhou genade nooit van my,
maar hou my steeds in u beskerming
by U sal ek vir altyd bly!
Ek loof en prys U deurentyd,
ek loof en prys U deurentyd
en roem u groot barmhartigheid,
en roem u groot barmhartigheid.
#246 Wees my genadig
{Kanon}
(A) Wees my genadig, Here my God.
(B) Delg uit my sonde – dit is so groot.
(C) Wees my genadig in Jesus Naam.
#247 Heer wees ons genadig
{Melodie: Russiese Hospodi pomilui, Kyrie eleison}
1. Heer wees ons genadig,
Christus wees genadig,
Heer wees ons genadig.
2. Kyrie eleison,
Christe eleison,
Kyrie eleison.
#248 Here, ontferm U oor ons
Here, ontferm U oor ons.
Christus, ontferm U.
Here, ontferm U oor ons
en gee ons u vrede (x2)
Die wil van God
#249 God het gesê: “Ek is die Here …”
{Bybel: Eksodus 20}
1. God het gesê: “Ek is die Here
wat jou uit sondeslawerny
gelei het na ’n nuwe lewe.
Jy mag geen god hê, buiten My!”
2. “Vereer dan geen gesnede beelde,
maak van My geen gelykenis;
maar dien My wat, alomteenwoordig,
jou Skepper en Verlosser is.”
3. Gebruik die heil’ge Naam nooit ydel
God is waaragtig in sy trou.
Hy sal dié straf wat Hom belaster;
dié wat Hom liefhet, word behou.
4. Met wysheid het Hy rus en arbeid
vir ons, sy mense, hier beveel;
gedenk die rusdag, hou dit heilig
en jy sal in die seën deel.
5. Eer ouers en eer owerhede,
God gee aan hulle die gesag,
en die belofte van die lewe
dra jou en ook jou nageslag.
6. Jy mag nie doodslaan of jou wreek nie,
maar liefde moet jou lewe rig.
Jy mag die egband nie verbreek nie,
behou wat God in liefde stig.
7. Jy mag nie van jou naaste steel nie,
maar wees in wat jy doen, getrou.
Neem nie aan valse dinge deel nie
wees een wat by die waarheid hou.
8. Die hart is setel van die lewe,
maar laat hom ook so gou mislei.
Aanvaar in denke en begeerte
die Gees van God se heerskappy.
9. Deur u volmaakte wet, o Here,
ontdek ons steeds ons sondigheid;
u Gees bring ons die heil in Christus
dat ons kan leef uit dankbaarheid.
#250 Gods wet vra al ons liefde
1. Gods wet vra al ons liefde
vir Hom, ons God en Heer,
en liefde vir ons naaste
dis wat sy Woord ons leer.
2. O Heer, wil dan u liefde
ook deur ons openbaar,
dat ons mekaar mag liefhê
en só u wet bewaar.
3. Veral omdat die tye
ons dringend daartoe maan:
Die Heer se koms is naby,
dis tyd om op te staan.
4. Laat ons die werke aflê
in duisternis verrig
en vir die stryd gereed maak
met wapens van die lig.
5. Laat ons welvoeglik lewe,
geheilig deur die Gees,
beklee met U, Heer Jesus,
gekruisig na die vlees.
#251 Salig dié wat arm voor God is
1. Salig dié wat arm voor God is –
hulle erf Gods koninkryk;
en wie treur, dié is gelukkig;
só kan God sy troos laat blyk.
Wie verdraagsaam is, laat Hy
op sy nuwe aarde bly.
2. Dié wat honger na wat reg is
hulle sal versadig word.
Wie barmhartig langs die weg is,
vind hulself het geen tekort.
Dié wat, rein van hart, Hom dien,
hulle sal die Here sien.
3. Vredemakers is gelukkig –
hul is kinders van die Heer.
Hul wat ly vir reg en waarheid
weet: God bly nog in beheer.
Wie Hom volg, deur laster heen,
wees verheug – God sal jul seën.
Voorbereiding om God se Woord te hoor
#252 Bewaar ons, Vader, deur u Woord
1. Bewaar ons, Vader, deur u Woord,
help ons teen onreg, roof en moord.
Keer dié wat selfs u eie Seun
opnuut wil kruisig deur die leuen.
2. Bewys u mag, o Jesus, Heer,
toon dat u oor u kerk regeer.
Beskerm die hele Christendom,
bewaar ons tot u groot dag kom.
3. O Heil’ge Gees wat by ons bly,
gee dat ons lewens sin mag kry;
staan by ons in die laaste nood,
gee ons die lewe na die dood.
#253 U het die brood gebreek
1. U het die brood gebreek
eens by die meer
breek nou die lewensbrood
vir my ook, Heer.
Wil steeds u waarheid meer
aan my ontvou
tot ek ook in u Woord
my Heer aanskou.
2. U is die lewensbrood,
Heiland, vir my.
U is die waarheid, Heer,
U maak my vry.
U beeld straal uit die Skrif
so helder voort –
U soek ek, Heer, Uself,
o Lewend’ Woord.
#254 Spreek Heer
1. Spreek Heer, spreek Heer,
want u dienaar luister.
Net u Woord, Heer,
bring weer lig in duister.
2. Spreek Heer, spreek Heer,
want u kinders luister.
Net u Woord, Heer,
bring weer lig in duister.
#255 Woord van God, Woord van die lewe
{Dieselfde wysie: 231, 232, 255}
1. Woord van God, Woord van die lewe,
Woord vir ewig vas en waar,
Woord onfeilbaar en verhewe
waarin God Hom openbaar!
Woord betroubaar, vas en waar
deur miskenning, deur gevaar
wat sou ons dan ooit laat bewe?
In dié Woord het ons die lewe!
2. T’rug tot in die grys verlede
bou Gods woord vir ons ’n brug;
oor die troebel van die hede
open dit ’n toekomsvlug.
Spreek die Here, word die tyd
oomblikke van ewigheid.
Deur sy Gees laat God, verhewe,
ook in ons sy woorde lewe.
3. Trotse berge sal eens wankel,
elemente sal vergaan.
As die skepping selfs verander,
bly Gods woord onwrikbaar staan!
Bo die ruimte, bo die tyd
heers die Heer in ewigheid.
Ons geloof bly vas geanker
in Gods woord wat nimmer wankel!
#256 Laat klink die boodskap nog ’n keer
1. Laat klink die boodskap nog ’n keer
van heil en troos en vrede.
Vir eeue reeds is dit geleer –
laat hoor dit in die hede.
Die blye boodskap is gewis:
dat Jesus Heer en Heiland is.
2. Kom óns getuig dit nog ’n keer:
Die skuld is ons vergewe!
Laat ons met dankbaarheid Hom eer,
want Hy herskep ons lewe.
Die evangelie is gewis,
dat Jesus ons verlosser is.
#257 O Heer, maak oop my hart se poort
1. O Heer, maak oop my hart se poort;
maak my ontvanklik vir u Woord
wat my u raad en wil verklaar.
Laat my dié Woord altyd bewaar.
2. U Woord, o Heer, deurboor en wond,
maar dit genees ook, maak gesond;
u Woord toon al ons sondes aan
en wys die weg wat ons moet gaan.
3. O Vader, Seun en Gees tesaam,
hoe heerlik is u Wondernaam!
O heilige Drie-enigheid,
ons loof U tot in ewigheid.
#258 Vreugdevolle tyding
1. Vreugdevolle tyding,
bron van hartverblyding –
evangeliewoord!
Woord van lig en lewe
rig ons aardse strewe
as bevrydingswoord –
deur sy Gees laat God dit wees:
woorde van sy openbaring,
van sy heilsverklaring.
2. Luister ons aandagtig,
skei Gods woorde kragtig
tussen kwaad en goed.
Van ons skuld vergewe,
kan ons voluit lewe,
vry, deur Jesus bloed.
Alle eer aan God, die Heer;
bo verwagting, bo gebede
skenk Hy ons sy vrede.
3. Op u grondslag bou ons,
op u heil vertrou ons,
mensgeworde Woord!
Alles hier verander,
U sal nooit verander
want U hou u woord.
Woord by God en Self ook God,
U is waarheid, lig en lewe,
ewig en verhewe.
Geloofsbelydenis
#259 Ek glo in God die Vader, die Almagtige
{Teks: Apostoliese Geloofsbelydenis}
Ek glo in God die Vader, die Almagtige,
die Skepper van hemel en aarde.
En in Jesus Christus, sy eniggebore
Seun, ons Here,
wat ontvang is van die Heilige Gees,
gebore uit die maagd Maria,
gely het onder Pontius Pilatus,
gekruisig is, gesterf het en begrawe is,
en ter helle neergedaal het;
op die derde dag opgestaan het uit
die dood, opgevaar het na die hemel,
en sit aan die regterhand van God,
die Almagtige Vader,
waarvandaan Hy sal kom om te oordeel die
wat lewe en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees,
aan ’n heilige, algemene,
Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges;
die vergewing van sondes,
die opstanding van die liggaam
en ’n ewige lewe.
#260 Ek glo vas in God, die Vader
1. Ek glo vas in God, die Vader,
wat almagtig, wys en goed,
aarde en hemel eens gemaak het,
nog bestuur en trou behoed.
Deur Hom leef, beweeg en is ek,
Hy beskik, bestuur my lot;
dít vertrou ek aan sy leiding
as my Vader en my God.
2. Ek glo vas in Jesus Christus,
eengebore Seun van God,
deur wie alles is geskape,
Woord by God en self ook God.
Ek vereer Hom soos die Vader,
buig my dankbaar voor Hom neer,
wat my vrygekoop, verlos het
Hom erken ek as my Heer.
3. Ek glo Jesus, wat ontvang is
deur die werking van die Gees,
word hier deur die maagd Maria,
waarlik mens van bloed en vlees.
Onder Pontius Pilatus
het Hy smart en pyn gely;
is gekruisig en begrawe
só maak Hy van sonde vry.
4. Op die derde dag het Jesus
uit die dood uit opgestaan,
deur sy sterwe en sy lewe
dood en graf en hel verslaan.
Na die hoogste hemel het Hy
tot die Vader opgevaar;
aan Gods regterhand in ere,
voer Hy heerskappy van daar.
5. Ek glo dat Hy op die wolke,
Hy, die Menseseun, wéér kom.
Al die lewendes en dooies,
elke knie sal buig voor Hom.
Hy beoordeel al ons werke
so beslis Hy ook my lot.
Maar dit troos my: Hy, die regter,
het my skuld betaal by God.
6. Ek glo met my hele wese
in die Heil’ge Gees as Heer,
wat sy kerk met al sy lede
troos en deur die Woord regeer.
Hy skenk my sy krag en leiding
dat ek hier die goeie stryd
in sy Naam begin en eindig
met geloofsblymoedigheid.
7. Ek glo God se kerk is heilig,
Christelik en algemeen;
in geloof en hoop en liefde
aan Hom toegewy soos één.
Hy is Hoof en ons die lede
wat Hy roep, versterk, bewaar.
Hartlik deel, met dank en vreugde,
ons sy gawes met mekaar.
8. Ek glo aan die skuldvergewing
deur die Heer se midd’laarsbloed;
in my eie werk en waarde
is geen rus vir my gemoed.
Dit is alles net genade
dat ek nie verlore gaan;
ja, my Vader, ja, ek weet dít:
U neem my in Christus aan.
9. Ek glo ook dat hierdie liggaam
wat tot stof en as vergaan,
op die laaste van die dae
weer verheerlik op sal staan;
dan onsterflik, onverganklik,
ken dit geen verderfenis;
dan is dit so skoon en heerlik
soos my Heer se liggaam is.
10. En ek glo daar wag ’n lewe
ewig, heerlik, sondevry.
Jesus, wat vooruitgegaan het,
het ons plek reeds voorberei.
Doderyk, waar’s jou oorwinning?
Dood en sonde, waar jul mag?
wig in die vaderwoning
leef ons sonder dag of nag!
11. Ewig, onbegryplik’ Wese,
U die Vader, Seun en Gees,
Heer, leer my U ken al beter,
u gehoorsaam kind te wees.
Ons wil sing van al u liefde;
in u waarheid wil ons juig.
Amen! Blye evangelie!
Amen, bly my hart getuig!
#261 Ek glo in God, die Vader
{Melodie: Hubert du Plessis}
1. Ek glo in God, die Vader,
almagtig’ Skepper heer,
wat hemele en aarde
gemaak het en beheer.
Sy troon is heerlikheid,
en wonderlik sy dade;
deur sy geliefde Seun
verlos Hy uit genade.
2. Ek glo in Jesus Christus
Hy, van die Gees ontvang,
is uit ’n maagd gebore,
moes aan die kruishout hang;
het graf en dood oorwin
as God bo alle gode,
sal weer as regter kom
oor lewende en dode.
3. Die Heil’ge Gees is ewig;
is Here en laat leef.
Hy maak sy kerk ook heilig
en één en algemeen.
Aan God drie-enig eer
wat sondeskuld vergewe,
die liggaam op laat staan
en ewig ons laat lewe!
#262 Ons was nie daar in Betlehem
1. Ons was nie daar in Betlehem
by herders en by eng’lesang;
ons was ook nie in Nasaret
en ken U nie as timmerman;
ons kon nie sien nie, maar ons glo
die Woord van God sê dit wás so.
2. Ons was ook nie op Golgota
toe duister oor die mensdom daal;
of toe U voor die hemelvaart
dissipels aanstel vir hul taak –
maar, Heer, ons weet tog dit wás so;
ons kon nie sien nie, maar ons gló.
#263 U goeie Herder, wat ons lei
1. U goeie Herder, wat ons lei,
U bring ons by die waters.
U laat u kudde veilig wei,
ver weg van bose haters.
U lê u lewe vir ons af.
U koop ons vry en dra ons straf –
U lei ons na God die Vader.
2. U tel gevalle sondaars op.
Dié wat verdwaal het, soek U.
U maak die siekes self gesond.
Ons hoor, o Heer, hoe roep U.
Ons sal U volg waar U ons lei.
Gaan dan ook hier ons tyd verby –
kom ons aan by God die Vader
3. U roep ons almal op ons naam.
U plaas op ons u teken.
U lei ons saggies almal saam.
U het die prys bereken.
U bloed het vir ons skuld betaal.
U kom ons eenmaal almal haal –
ewig, veilig by die Vader.
#264 Hoe heerlik is die Jesus-naam!
1. Hoe heerlik is die Jesus-naam!
’n Engel deel dit mee:
Die Here kom sy volk verlos,
hul lig en lewe gee.
2. Hy’s Christus, deur die Gees gesalf
tot leraar en profeet,
tot grote koning wat bewaar,
tot priester in ons leed.
3. Hy leer ons in sy Naam te bid,
te dien, te leer, te werk.
En sou ons om dié Naam moes ly,
bou Hy ook só sy kerk.
4. Deur u verdienste het ek ook
die Christen-naam verkry,
gee dat ek U blymoedig eer;
met woord en daad bely.
#265 Enigste Here, enkele Wese
1. Enigste Here, enkele Wese,
ons glo in U met ons hele hart.
Heerlik bely ons, vry-uit getuig ons:
U is vir ewig God en Heer.
2. U, onbegryplik, U is onsienlik,
altyd dieselfde, oneindig groot.
U is almagtig, wys en regverdig,
U is die bron van alle goed.
Gebede
#266 Ons Vader wat woon in die hemel
Ons Vader wat woon in die hemel,
geheilig sy u Naam.
Laat u ryk kom, u wil geskied,
soos in die hemel so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons dag se brood
en vergeef ons al ons skulde,
net soos ons vergewe
dié wat teen ons sondig.
Laat kom ons nie in die versoeking,
maar verlos ons van die Bose.
Want U is die ryk
en die sterkte en die ere,
vir ewig en ewig, amen.
Vir ewig en ewig, amen.
#267 Ons Vader op die hemeltroon
{Dieselfde wysie: 69, 267}
1. Ons Vader op die hemeltroon
aan wie ons lof en eer betoon,
ons bid ootmoedig almal saam:
Gee dat u goddelike Naam
deur ons geken, geëer, gevrees –
in alles mag geheilig wees.
2. Laat Heer u Koninkryk steeds kom
in hierdie land en oral om.
Die skepping is u magsgebied
waar u volmaakte wil geskied –
vanuit die hemel om u troon
tot waar ons op die aarde woon.
3. Gee ons, o Heer, ons daagliks brood;
bewaar ons van gebrek en nood.
Bewys aan ons barmhartigheid
en skeld ons, Heer, ons skuld tog kwyt
soos wat U ook van ons vereis
om só u liefde te bewys.
4. Lei ons nie in versoeking, Heer;
laat ons u Naam bly loof en eer;
verlos ons van die bose mag.
Beskerm ons, Here, deur u krag.
Aan U behoort die koninkryk,
die krag en eer in ewigheid.
#268 Laat, Heer, u seën op hul daal
{Dieselfde wysie: 268, 304, 338}
{Alternatiewe wysie: 466}
1. Laat, Heer, u seën op hul daal,
u guns uit Sion hul bestraal!
U wat beveel en dit geskied,
wil, Heer, u seën oor hul gebied!
2. Laat, Heer, u seën op hom daal,
u guns uit Sion hom bestraal!
U wat beveel en dit geskied,
wil, Heer, u seën oor hom gebied!
3. Laat, Heer, u seën op haar daal,
u guns uit Sion haar bestraal!
U wat beveel en dit geskied,
wil, Heer, u seën oor haar gebied!
#269 God bly met u, waar u ook mag gaan
1. God bly met u, waar u ook mag gaan.
Mag sy Gees u lei en heilig
en u altyddeur beveilig.
God bly met u, waar u ook mag gaan.
2. God bly met u, waar u ook mag gaan.
Deur sy sterke hand behoed Hy,
daagliks met sy manna voed Hy –
God bly met u, waar u ook mag gaan.
3. God bly met u, waar u ook mag gaan.
As ons struikel, trek die Vader
deur sy liefde ons weer nader –
God bly met u, waar u ook mag gaan.
4. God bly met u, waar u ook mag gaan.
In gevare, angs en lyding
bied sy almag ons bevryding –
God bly met u, waar u ook mag gaan.
269B God bly met ons, waar ons ook mag gaan
{“ons” vervang “u”}
1. God bly met ons, waar ons ook mag gaan.
Mag sy Gees ons lei en heilig
en ons altyddeur beveilig.
God bly met ons, waar ons ook mag gaan.
2. God bly met ons, waar ons ook mag gaan.
Deur sy sterke hand behoed Hy,
daagliks met sy manna voed Hy –
God bly met ons, waar ons ook mag gaan.
3. God bly met ons, waar ons ook mag gaan.
As ons struikel, trek die Vader
deur sy liefde ons weer nader –
God bly met ons, waar ons ook mag gaan.
4. God bly met ons, waar ons ook mag gaan.
In gevare, angs en lyding
bied sy almag ons bevryding –
God bly met ons, waar ons ook mag gaan.
269C God bly met jou, waar jy ook mag gaan
{“jou” vervang “u”}
1. God bly met jou, waar jy ook mag gaan.
Mag sy Gees jou lei en heilig
en jou altyddeur beveilig.
God bly met jou, waar jy ook mag gaan.
2. God bly met jou, waar jy ook mag gaan.
Deur sy sterke hand behoed Hy,
daagliks met sy manna voed Hy –
God bly met jou, waar jy ook mag gaan.
3. God bly met jou, waar jy ook mag gaan.
As ons struikel, trek die Vader
deur sy liefde ons weer nader –
God bly met jou, waar jy ook mag gaan.
4. God bly met jou, waar jy ook mag gaan.
In gevare, angs en lyding
bied sy almag ons bevryding –
God bly met jou, waar jy ook mag gaan.
#270 Son van die geregtigheid
1. Son van die geregtigheid,
skyn in hierdie donker tyd.
Laat u strale uitsig bring
in die nag wat ons omring.
Ontferm U, Heer.
2. Son van ons geregtigheid,
toon u mag, u majesteit.
Laat u strale ons genees;
maak ons een van hart en gees.
Ontferm U, Heer.
3. Maak ons oë oop, o Heer,
vir dié wat u Woord ontbeer.
Raak ons onrein lippe aan,
dat ons in u diens kan staan.
Ontferm U, Heer.
4. Breek deur elke donker poort
met die ligglans van u Woord.
Maak dit lig, verdryf die nag;
bring die dag waarop ons wag.
Ontferm U, Heer.
#271 Heil’ge Jesus, wat my lewe
1. Heil’ge Jesus, wat my lewe
wil heilig – hart en wil en rede –
hoe heerlik is u heiligheid!
U is ver bo ons verhewe,
deur majesteit en lig omgewe.
U is volmaak in heiligheid.
O Heer, so onbesmet,
U is my Hoof en Wet.
Heil’ge Jesus,
o heilig my,
staan U by my
om hart en handel U te wy.
2. Heil’ge Jesus, hoor my bede:
Hervorm my hart, my krag, my rede;
maak my al meer u beeld gelyk.
Vorm my wil en ook my wandel,
dat in my denke, spreke, handel
in alles slegs u beeld sal blyk.
Herskep opnuut, o Heer,
my lewe tot u eer.
Heil’ge Jesus,
o heilig my,
wil U my lei
om my geheel aan U te wy.
#272 Stuur nou u lig en stuur u waarheid
Stuur nou u lig en stuur u waarheid.
Laat dit my lei na u heilige woning.
Ek sal U loof, my helper, my God.
#273 Laat my met U verenig lewe
{Dieselfde wysie: 273, 274, 594}
1. Laat my met U verenig lewe,
U wat die ware wynstok is;
u krag gee my voortdurend lewe,
bewaar my van verderfenis.
Deurstroom, besiel en seën my
sodat ek altyd vrugbaar bly.
2. Word elke loot nie reg gesnoei nie,
sal daar net wilde lote skiet.
Die druiwestok sal nie kan bloei nie,
die rank en loot geen vrugte bied.
Die wyse wynboer ken sy snoei
sodat die druif al voller groei.
3. Geen groeikrag kom deur eie strewe,
niks kan ek sonder U, o Heer;
in u gemeenskap bloei my lewe
en word die lewensvolheid meer.
Ek wil aan U verbonde bly –
bly U, o Here, steeds in my.
4. Nee, Heer, van U wil ek nie skei nie,
U wat die ware wynstok is.
As ek nie in u liefde bly nie,
is ek ’n loot wat vrugloos is.
Gee dat ek altyd vrugbaar bly
en U verheerlik word in my.
#274 Leer my soos Henog met U wandel
{Dieselfde wysie: 273, 274, 594}
1. Leer my soos Henog met U wandel
en deur geloof U te behaag.
Leer my om tot u eer te handel
totdat die nuwe môre daag.
Dié wat U aanhang, op U steun,
is in die gees, Heer, met U één.
2. Want Henog het in donker dae
met U gewandel, trou en waar.
Hy’t U geken en sonder klae
u leiding, koers en wil aanvaar.
Tot aan die einde van my pad,
wil ek só wandel; u hand vat.
#275 O God van Jakob, deur u hand
{Dieselfde wysie: 125, 275}
1. O God van Jakob, deur u hand
word steeds u volk gevoed;
U het weleer op see en land
ons vadere behoed.
2. Ons dank- en smeekgebede gaan
tot u genadetroon;
wil ons en ook ons kroos voortaan
u guns en trou betoon!
3. Berei vir ons die lewenspad
wil deur u Gees ons lei;
en as ons val, o Vader, vat
ons hand en staan ons by.
4. Bewaar ons, Heer, in alle nood;
hou oor ons lewe wag.
Wil kleding skenk, gee daagliks brood
ons deel vir elke dag.
5. Beskikker van ons deel en lot
in voor- en teëspoed,
U is ons Vader en ons God
net U is waarlik goed.
#276 Leer ons om in eie oë
1. Leer ons om in eie oë
klein te wees voor U, o Heer,
diep bewus van onvermoë
om u Naam opreg te eer.
Maak ons nederig en stil
om te lewe soos U wil.
2. Daar is by ons soveel weerstand,
teen u wil, u Woord, o Heer.
Ons bied soveel kere teenstand,
wil ons nie deur U laat leer.
Skep in ons ’n nuwe gees;
laat ons U gehoorsaam wees.
#277 U wat van ouds af ons behoed
1. U wat van ouds af ons behoed,
ons God op wie ons bou,
ons skuilplek as die stormwind woed –
op U sal ons vertrou!
2. Nog voor die aarde se bestaan
en voor ons ruimte en tyd,
was U van ewigheid af aan –
U bly in ewigheid.
3. ’n Duisend jaar is soos een dag
gereken met u maat.
Ons bly die wederkoms verwag,
die nuwe daeraad.
4. U wil u volk getrou bewaar
en u gemeente bou –
hou ons in voorspoed en gevaar
tog aan u Woord getrou!
5. U wat van ouds af ons behoed,
ons God op wie ons bou,
ons skuilplek as die stormwind woed –
op U sal ons vertrou!
277B O God, our help in ages past
{Taal: Engels}
1. O God, our help in ages past,
our hope for years to come,
our shelter from the stormy blast,
and our eternal home:
2. Under the shadow of your throne
your saints have dwelt secure;
sufficient is your arm alone,
and our defense is sure.
3. Before the hills in order stood
or earth received its frame,
from everlasting you are God,
to endless years the same.
4. A thousand ages in your sight
are like an evening gone,
short as the watch that ends the night
before the rising sun.
5. Time, like an ever-rolling stream,
soon bears us all away;
we fly forgotten, as a dream
dies at the opening day.
6. O God, our help in ages past,
our hope for years to come,
still be our guard while troubles last,
and our eternal home!
#278 Hoor ons bid, o Heer
Hoor ons bid, o Heer;
hoor ons bid, o Heer
Verhoor tog ons gebed en gee ons vrede.
Amen.
#279 Hoor ons sug, o Heer
Hoor ons sug, o Heer,
hoor ons sug, o Heer,
draai, Heer, u oor na ons,
en gee ons rus, Heer. Amen.
#280 Here, Redder, groot en magtig
{Dieselfde wysie, 280, 281}
1. Here, Redder, groot en magtig,
U oorskou ons lewenspad.
In u liefde en genade
het U ook my hand kom vat.
Heer, u leiding bring bevryding –
U het ook my hand kom vat.
U het ook my hand kom vat.
2. U, my Redder, groot en magtig,
U het my ook raakgesien.
Ek is feilbaar, swak, onseker,
tog wil ek U dankbaar dien.
God, my Here – U is Here:
Vas kan ek op U vertrou,
vas kan ek op U vertrou.
3. Lei my, Heer, na dié bestemming
in u Woord my opgedra.
Laat my leef en werk met vreugde
want dit sal volharding vra.
Heer, u lyding bring bevryding:
Al ons skuld het U gedra,
al ons skuld het U gedra.
280B Guide me, O my great Redeemer
{Taal: Engels}
1. Guide me, O my great Redeemer,
pilgrim through this barren land;
I am weak, but you are mighty;
hold me with your powerful hand.
Bread of heaven,
bread of heaven,
feed me now and evermore,
feed me now and evermore.
2. Open now the crystal fountain,
where the healing waters flow.
Let the fire and cloudy pillar
lead me all my journey through.
Strong Deliverer,
strong Deliverer,
ever be my strength and shield,
ever be my strength and shield.
3. When I tread the verge of Jordan,
bid my anxious fears subside.
Death of death, and hell’s Destruction,
land me safe on Canaan’s side.
Songs of praises,
songs of praises
I will ever sing to you,
I will ever sing to you.
#281 Lei ons, Here, groot en magtig
{Dieselfde wysie, 280, 281}
1. Lei ons, Here, groot en magtig,
U alleen ons hulp en krag.
As die nag se kleed ons sluier,
bly ons steeds u heil verwag.
Ons Bevryder, ons Bevryder.
U, die God van ons behoud.
U, die God van ons behoud.
2. Lei ons, Here, groot en magtig,
U alleen ons sorg en stut.
As die toekoms ons bekommer,
sal U, Here, ons beskut.
Ons Beskermer, ons Beskermer.
U, die God wat ons behoed.
U, die God wat ons behoed.
3. Lei ons, Here, groot en magtig,
U alleen ons borg en steun.
As die donker ons laat steier,
vind ons rus by U alleen.
Ons Bewaker, ons Bewaker.
U, die God wat ons bewaar.
U, die God wat ons bewaar.
#282 Terwyl ons bid vir elke volk
1. Terwyl ons bid vir elke volk
deur U op aard’ geplant,
hóór ons, o Heer, wanneer ons bid
vir hierdie dierbaar land.
2. Ons ouers het in hierdie grond
gewerk waar ons nou woon;
wil soos voorheen u guns en trou
aan hierdie land betoon!
3. Wil elke vyand van ons weer,
gee vrede in ons land
dat voorspoed onder ons mag heers
as gawe van u hand.
4. Behou dan almal wat hier woon
in liefde tot mekaar,
en laat geregtigheid dié band
van eenheid steeds bewaar.
5. Gee, Here, vryheid in ons land
om U te loof en prys;
die ware vryheid van u Woord
aan elke mens te wys.
6. O Heer van nasies, aan u sorg
wil ons ons toevertrou;
ons wil die toekoms op u Woord
en u beloftes bou.
#283 Ons kom, o Vader, vir ons land
1. Ons kom, o Vader, vir ons land
om vrede by U pleit.
Solank die vlam van haat bly brand,
is vrede self ’n stryd.
Wil deur u Gees ons lei, genees
in u geregtigheid.
2. Lei, Vors van vrede, op u weg
húl wat oor ons regeer,
dat hul met insig en met reg
u opdrag hier hanteer
gelei deur U, bewaar deur U,
getroue Opperheer.
#284 Laat, Heer, u vrede deur my vloei
1. Laat, Heer, u vrede deur my vloei –
waar haat is, laat ek daar
U liefde bring
Laat ek in pyn en smart
vertroostend wees, en krag gee
deur geloof in U, o Heer.
O Heer, help my
om altyd so te leef –
om ander hoër as myself te ag.
Ja, om lief te hê –
ander bo myself –
en ook eerder te gee
as te verwag.
2. Laat, Heer,
u vrede deur my vloei –
en laat ek hoop gee
waar daar twyfel is.
Ek wil u lig
in duisternis laat skyn.
Laat ware vreugde
altyd uit my straal.
O Heer, help my
om altyd so te leef –
om ander hoër as myself te ag.
Ja, om lief te hê –
ander bo myself –
en ook eerder te gee
as te verwag.
3. Laat, Heer,
u vrede deur my vloei –
leer my om ook soos
U te kan vergeef.
Maak my bereid
om aan myself te sterf,
dat ander U al meer
in my kan sien.
#285 O God, so groot in heerlikheid
1. O God, so groot in heerlikheid,
vergeef ons klein geloof.
Beklee ons met standvastigheid,
aan U ten volle toegewy –
ons leef om U te loof,
ons leef om U te loof.
2. O God so groot in heerlikheid,
U roep ons ook vandag.
Gee ons ook nou gehoorsaamheid –
U krag vir ons ’n werklikheid.
Gee ywer elke dag,
gee ywer elke dag.
#286 Here God van liefde
Here God van liefde,
waar ons ook mag gaan,
wil ons in u skadu by U staan.
Hoor ons dankgebede,
hoor ons loflied styg
as ons aan U ons dank betuig.
Here, u genade het ons hier behou,
in u hand van liefde vasgehou.
Moet nooit van ons wyk nie,
skenk aan ons u seën, Here,
laat ons nooit alleen.
Heer Jesus, laat ons nooit alleen,
ons wil vir ewig op u almag steun;
want elke knie sal buig
en elke hart sal juig,
Here Jesus, neem ons bede aan.
Doop
#287 By u verbondsbeseëling, Heer
1. By u verbondsbeseëling, Heer,
bring u gemeente dank en eer:
U neem ons met ons kroos tesaam
tot kinders aan in Jesus Naam!
2. Ons dank U vir u Seun se dood:
Hy red ons uit ons diepste nood.
Die doop laat ons dié wonder sien:
U red ons wat dit nie verdien.
3. Ontmoet ons, Vader, in die doop;
versterk ons met geloof en hoop.
Laat ons u liefde ondervind –
aan U verbonde as u kind.
4. Bewaar ons kroos van kwaad, o Heer,
en laat u Gees hul steeds regeer.
Laat elkeen grootword as u kind
en self u liefde ondervind.
#288 Ons dank U, Heer, en bring U eer
1. Ons dank U, Heer, en bring U eer –
hoe groot is u ontferming!
U het ons kind aan U verbind;
ons leef in u beskerming.
2. Al is hul klein en ook onrein,
tóg is hul vir U heilig.
En, U, die borg sal altyd sorg –
by U is hulle veilig.
3. Gee aan ons kroos u hulp en troos,
gee aan ons wysheid, Here.
Laat almal saam u grote Naam
verheerlik, U ter ere.
#289 Jesus, Heer, op wie ons hoop
1. Jesus, Heer, op wie ons hoop,
ons maak soos U ons beveel het:
Ons bring kinders hier ten doop
hulle wat ook aan U deel het.
In die Naam van God die Vader,
Seun en Gees, kom tree ons nader.
2. Heer, ons bid dat elke kind
U sal dien solank hy lewe
en ook altyd ondervind
dat U goed is en vergewe.
O, ons smeek U, troue Herder
lei ons met ons kinders verder.
#290 Dit is my troos dat ek gedoop is
1. Dit is my troos dat ek gedoop is,
dat ek gedoop is in u Naam,
want deur die doop is ek verseker
dat U in guns U nooit nie skaam
as Vader, Seun en Heil’ge Gees
om ook my God genoem te wees.
2. Dit is my troos dat U as Vader
Uself in trou aan my verbind
en dat U in u milde liefde
my neem as erfgenaam en kind;
dat U die kwaad van my wil weer
of anders tot my beswil keer.
3. Dit is my troos dat U, Heer Jesus,
as Seun my deur u bloed wil was;
dat U my inlyf in u sterwe
en vrymaak van my sondelas;
dat U my met U óp laat staan
en op ’n nuwe weg laat gaan.
4. Dit is my troos dat U vir ewig,
o Heil’ge Gees, in my wil woon.
U wil my heilig en steeds voller
die beeld van Christus laat vertoon.
So maak U tot my eiendom
als wat ek reeds besit in Hom.
#291 Ons kinders, Heer, is duur gekoop
1. Ons kinders, Heer, is duur gekoop,
u Seun het self betaal.
Ons word verseker deur die doop:
U liefde sal nooit faal.
2. Ons is gedoop, Heer, in u Naam;
dit sal ons dankbaar sê.
U Gees bind ons as lede saam
om waarlik lief te hê.
3. In Christus sterf ons by die doop,
van sonde is ons vry.
Ons sal aan Hom, die bron van hoop,
ons nuwe lewe wy.
#292 My enigste troos in lewe en dood
1. My enigste troos in lewe en dood
is dat ek aan Jesus Christus behoort.
Met sy kosbare bloed het Hy my vrygekoop
dis my anker, my vaste hoop.
Ek behoort aan die Here.
Niks sal my ooit van Hom kan skei.
Met sy kosbare bloed het Hy my vrygekoop
dis my anker, my vaste hoop.
2. Die doop is die seël
dat die Heilige Gees
my ’n kind van God,
die Vader laat wees.
Sy onfeilbare Woord
is die gids wat ons lei;
deur sy liefde bewaar Hy my.
Ek behoort aan die Here.
Niks sal my ooit van Hom kan skei.
Sy onfeilbare Woord is die gids wat ons
lei; deur sy liefde bewaar Hy my.
#293 Jesus neem ons kleine kinders
1. Jesus neem ons kleine kinders,
met ’n hart vol liefde aan;
niemand mag dit ooit verhinder
dat ons vry na Hom toe gaan.
Loof die Here, loof Hom almal!
Halleluja! Amen!
2. Jesus hoor ons swak gebede
wáár ons ook op aarde gaan.
Dag of nag, ons weet verseker
dat ons nooit alleen sal staan.
Loof die Here, loof Hom altyd!
Halleluja! Amen!
3. Jesus gee aan ons sy seën,
lei ons op die regte pad.
En ons weet dat Hy ons liefhet:
Hy het Self ons hand gevat.
Loof die Here, almal, altyd!
Halleluja! Amen!
#294 Jesus roep die kindertjies
1. Jesus roep die kindertjies;
moet hul nie verhinder nie.
Hy wil hul omhels en seën
en sy liefde hul verleen.
2. Here Jesus, U alleen
kan ons kindertjies só seën
dat ons in ons harte weet:
U sal hulle nooit vergeet.
3. Dankie vir genade, Heer,
dankie dat ek van U leer;
dankie dat u Woord en Gees
my ook laat gehoorsaam wees.
Nagmaal
#295 Heer, U laat ons hier vergader
{Dieselfde wysie: 295, 296}
1. Heer, U laat ons hier vergader,
bring ons om u tafel nader.
Heer, U vul ons met u vrede,
luister na ons smeekgebede.
U het ál ons skuld vergewe,
ons herskep tot nuwe lewe.
Daarvoor bring ons al ons ere
aan U, ons Verlosser, Here.
2. Heer, ons bid nou om u seën,
oor die tyd en grense heen:
Heer, wees self nou in ons midde,
Herder van u eie kudde.
U’t ons vrygemaak van sonde,
deur u bloed en deur u wonde.
Hiervan word ons vas verseker
deur die brood en deur die beker.
3. Heer, ons wil u wy ons lewe,
U’s die liggaam, ons die lede.
Ons is u verbondsgenote,
U’s die wynstok, ons die lote.
U kom eenmaal op die wolke,
word erken deur alle volke.
Aan die kruis dra U ons skande.
Nou’s ons toekoms in u hande.
#296 Jesus, U is my verblyding
{Dieselfde wysie: 295, 296}
1. Jesus, U is my verblyding.
Jesus, U troos in my lyding.
Jesus, inhoud van my lewe,
Jesus, einddoel van my strewe,
ek sing van u bloed en wonde;
weet hoe groot is al my sonde.
Wil my van u guns verseker
by die brood en by die beker.
2. Heer, U hoor al my gebede,
hoe ek sug en smag na vrede.
Ja, ook in my lofgesange
klink die toon van groot verlange.
Laat ek opstaan, laat ek lewe,
U het al my skuld vergewe.
Heer, wat my in guns bejeën,
breek die brood – ons vra u seën.
#297 Ons buig hier in belydenis
1. Ons buig hier in belydenis;
ons dink hier aan u smarte.
Ons almal wat verlostes is,
verhef tot U ons harte.
Kom, Middelaar, en openbaar
u reddende genade:
weerhou ons van die kwade.
2. O Heer en Heiland, ons bring dank
dat U vir ons gestry het.
Ons wil U prys met helder klank,
waar U ons so verbly het.
U het gely, ons is bevry –
na U is ons verlange;
neem aan ons dankgesange.
3. Wil U dan ons geloof versterk
by hierdie brood en beker;
u Gees ook daardeur in ons werk
van u verbond verseker.
Dan word ons, Heer, voortdurend meer
in lof en dank oorvloedig
en doen u werk blymoedig.
#298 Brood en wyn is tekens
1. Brood en wyn is tekens
van ons Heer se dood.
Hy is vir ons almal
lewensbrood.
2. Ons ontvang die lewe
in ons sondenood.
Christus is die ware
lewensbrood.
3. Kom dan, wees verseker,
God se guns is groot:
Hy gee aan ’n sondaar
lewensbrood.
#299 Laat ons, Heer, u dood verkondig
1. Laat ons, Heer, u dood verkondig
deur gebruik van wyn en brood.
Al het ons teen U gesondig,
wil ons tog u dood verkondig.
U gee lewe deur u dood;
U gee ons die lewensbrood.
2. Sterk U self nou ons verlange
om te lewe tot u eer.
Neem nou aan ons vreugdesange –
U te loof, is ons verlange.
Laat ons lewe tot u eer;
vrugte dra vir U, o Heer.
#300 Heer Jesus, kom
1. Heer Jesus, kom en wil ons gas hier wees!
Nee, U is self die gasheer – dis ú fees!
U gee Uself aan ons hier by die dis
waar brood en wyn vir ons u tekens is.
2. Sterk ons geloof en
laat ons hart verlang
om wat U bied, ten volle te ontvang.
Ons is verheug,
o opgestane Heer,
dat ons vrymoedig met U mag verkeer!
3. U gee ons deel, Heer Jesus, aan u bloed;
U wil ons met u eie liggaam voed.
U bloed is waarlik drank u liggaam brood
U laat ons met U een word in u dood.
4. Bind U ons saam,
ons wat u tafel deel
en maak ons as u liggaam één geheel.
één brood word hier gebreek,
één Naam bely
één volk is ons wat in u liefde bly!
#301 Ons kom vier u maaltyd, Vader
1. Ons kom vier u maaltyd, Vader,
U sal ons oorvloedig voed.
U versorg ons soos ’n herder,
U sal ons steeds trou behoed.
Ons sal, Here, tot U nader,
U gee ons weer nuwe moed.
2. Lam van God, berei ter slagting,
Voor u skeerders was U stom.
Deur u offer bring U redding –
U het ons tot heil gekom.
By U, Here, is vergewing,
lofsang vul u heiligdom.
3. U klee ons met bruilofsklere
vir die feesmaal van die Lam.
Tot U, allerhoogste Here,
rys gebede soos ’n vlam.
Ons sing, Here, duisend kere:
prys die Leeu uit Juda’s stam.
4. Met ons harte vol verwagting
sal ons, Here, U ontmoet.
Met ons lied sal ons u lof sing,
ons sal met musiek U groet.
U kom maak by ons u woning,
oral straal ons vreugdegloed.
#302 Ons is genooide gaste
{Dieselfde wysie: 162, 302, 311}
1. Voorsanger:
Ons is genooide gaste en
daarom is ons hier.
Gemeente:
Ons is genooide gaste en
daarom is ons hier.
Voorsanger:
Die Here nooi sy kinders
om fees te vier.
Gemeente:
Die Here nooi sy kinders
om fees te vier.
2. Voorsanger:
U is die lewensbrood, Heer,
U wil u gaste voed.
Gemeente:
U is die lewensbrood, Heer,
U wil u gaste voed.
Voorsanger:
Laat ons dan met verwagting U,
Heer, ontmoet.
Gemeente:
Laat ons dan met verwagting U,
Heer, ontmoet.
3. Voorsanger:
“O kom, elkeen wat dors is”,
so nooi die Lewensvors,
Gemeente:
“O kom, elkeen wat dors is”,
so nooi die Lewensvors,
Voorsanger:
“kom drink nou uit my beker,
en les jou dors.”
Gemeente:
“kom drink nou uit my beker,
en les jou dors.”
4. Voorsanger:
Ons kom nou na u tafel,
geniet nou van u fees.
Gemeente:
Ons kom nou na u tafel,
geniet nou van u fees.
Voorsanger:
Ons wil gelowig deelneem –
en dankbaar wees.
Gemeente:
Ons wil gelowig deelneem –
en dankbaar wees.
#303 Eet die brood
{Taize}
1. Eet die brood, drink die wyn.
Kom na Christus, Hy stil u honger.
Eet die brood, drink die wyn.
Glo in Hom en Hy les u dors.
2. Eat this bread, drink this cup;
come to Christ and never be hungry.
Eat this bread, drink this cup;
trust in Christ and you will not thirst.
Bevestiging van ampsdraers
#304 Voor U kom ons, u kinders staan
{Dieselfde wysie: 268, 304, 338}
1. Voor U kom ons, u kinders staan –
gered, verlos in Jesus Naam.
U maak ons tot u diens bereid
om U te eer uit dankbaarheid.
2. U wat ons roep, U is getrou.
Ons wil gehoorsaam op U bou.
Regeer ons lewens deur u Gees –
só kan ons waarlik diensbaar wees.
3. Laat, Heer, u seën op hul daal,
u guns uit Sion hul bestraal.
U wat beveel en dit geskied,
wil, Heer, u seën oor hul gebied.
4. Laat, Heer, u seen op hom daal,
u guns uit Sion hom bestraal.
U wat beveel en dit geskied,
Wil, Heer, u seen oor hom gebied.
5. Laat, Heer, u seen op haar daal,
u guns uit Sion haar bestraal.
U wat beveel en dit geskied,
wil, Heer, u seen oor haar gebied.
Openbare belydenis van geloof
#305 Aanbiddelike God, drie-enig
1. Aanbiddelike God, drie-enig,
neem aan die dank wat ons U bring.
In liefde is ons hier verenig
u liefde bou ons onderling.
Deur die verbond van u genade
het U ons aan U self verbind
só kan u kinders, troue Vader,
die vastheid van vertroue vind.
2. Deur één Verlosser is ons harte
in doop en om die tafel één;
één Gees wil ons in vreug en smarte
sy blydskap skenk en hulp verleen.
Dis één geloof waardeur ons lewe;
één hoop wat ons versterk in stryd;
één liefde wat ons nooit begewe,
wat bly vir tyd en ewigheid.
3. Gee krag, o Heer, aan hierdie lede
waar hulle nou u Naam bely.
Mag hul geloof en hoop en liefde
hul lewe lank dinamies bly.
Laat doen hul, Heer, die goeie werke
deur Christus reeds vir ons berei;
bly inspireer hul met u sterkte
dat hul die lewenskroon verkry.
4. Heer, heilig ons steeds in u waarheid;
dié waarheid maak ons waarlik vry.
U Woord, in sy volkome klaarheid,
gee lig wat op die pad ons lei.
Deur duister nagte, helder dae,
is U die gids van ons geloof;
U rig ons na u welbehae
dat ons beleef wat U beloof.
Toewyding en offerhandeling
#306 U, Christus, is my lewe
1. U, Christus, is my lewe,
die sterwe wins vir my.
In lewe en in sterwe
is ek aan U gewy.
2. As ek nog hier moet lewe,
beteken dit vir my
dat ek vir die gemeente
nog langer diensbaar bly.
3. Maar as ek nou moet sterwe
om by die Heer te wees –
ook dít is my verlange,
ook dáártoe dring my gees.
4. Ek word van beide kante
gedring, ek kan nie kies –
in Hom is dood of lewe
vir my nie ’n verlies.
5. U is my hoogste vreugde,
aan U is ek gewy;
in lewe en in sterwe
sal U steeds by my bly.
#307 O Heer, Verlosser-Heer
1. O Heer, Verlosser-Heer,
beheer my lewe meer en meer.
Ek wil aan U behoort
met wil en daad en woord.
Maar in my leef die vrees
dat ek nie trou sal wees nie.
Hoe troosteloos die stryd
van wisselvalligheid!
2. Twee kragte voer in my
’n stryd om opperheerskappy:
As ek die goeie wil
dan staan die kwaad by my –
dat ek, met U versoen,
die goeie nie bly doen nie.
O Heer, Verlosser-Heer,
beheer my meer en meer.
#308 Neem my lewe
{Diskant}
1. Neem my lewe,
laat dit, Heer,
U gewy wees meer en meer.
Laat my hart gedurig juig
en van dankbaarheid getuig.
2. Neem my hande,
maak hul sterk
diensbaar in u goeie werk.
Neem my voete,
skoei hul, Heer,
met bereidheid tot u eer.
3. Neem my stem
en laat my sing
aan U, Here, hulde bring.
Laat my mond
dié boodskap dra:
Hul sal vind wat na U vra.
4. Neem my goud
en silwer, Heer
niks noem ek my eie meer.
Al my kennis en verstand
stel ek in u vaderhand.
5. Maak my hart
vir U tot troon
deur u Gees wat in my woon.
Rig my wil, gevoel en daad
altyd na u wyse raad.
308B Take my life and let it be
{Taal: Engels}
1. Take my life and let it be
consecrated, Lord, to thee.
Take my moments and my days;
let them flow in endless praise.
2. Take my hands and let them move
at the impulse of thy love.
Take my feet and let them be
swift and beautiful for thee.
3. Take my voice and let me sing
always, only, for my King.
Take my lips and let them be
filled with messages from thee.
4. Take my silver and my gold;
not a mite would I withhold.
Take my intellect and use
every power as thou shalt choose.
5. Take my will and make it thine;
it shall be no longer mine.
Take my heart – it is thine own;
it shall be thy royal throne.
6. Take my love; my Lord, I pour
at thy feet its treasure store.
Take myself, and I will be
ever, only, all for thee.
#309 My lewe bly aan U gewy
1. My lewe bly aan U gewy,
o Vader van genade!
U rig omhoog my hart en oog
beskerm my teen die kwade.
2. My lewe bly aan U gewy,
o Seun van God, die Vader!
Ons prys u Naam en juig tesaam
waar ook u volk vergader.
3. My lewe bly aan U gewy,
o Gees, so vol ontferming!
Waar ek moet stry, waar ek moet ly –
gee altyd u beskerming.
Wegsending en seën
#310 Voor U, Heer, bly ek staan
{Bybel: Lukas 2:29-32}
1. Voor U, Heer, bly ek staan,
gereed om heen te gaan.
U woord van lank gelede
waaraan ek vas kon hou
en steeds my hoop op bou –
ontsluit die weg na vrede.
2. Nou sien ek reeds u lig,
verlossing kom in sig.
Gee dat die hele aarde
ook hierdie lig sal sien
omdat u volk U dien –
want dis Israel se waarde.
#311 Dit wat ons hier ontvang het
{Dieselfde wysie: 162, 302, 311}
1. Voorsanger:
Dit wat ons hier ontvang het
gaan deel ons verder uit.
Gemeente:
Dit wat ons hier ontvang het
gaan deel ons verder uit.
Voorsanger:
Ons gee ons hele lewe uit
dankbaarheid.
Gemeente:
Ons gee ons hele lewe uit
dankbaarheid.
2. Voorsanger:
As ons van hier af gaan, Heer,
laat U ons nie alleen.
Gemeente:
As ons van hier af gaan, Heer,
laat U ons nie alleen.
Voorsanger:
U het ons reeds belowe, U sal ons seën.
Gemeente:
U het ons reeds belowe, U sal ons seën.
#312 Amen
Amen, amen,
amen, amen,
amen, amen.
#313 Amen
Amen, Amen, Amen.
#314 Amen
Amen, Amen, Amen
#315 Amen
Amen, Amen, Amen
#316 Kom seën en beskerm ons nou
{Kanon}
(I) Kom seën en beskerm ons nou,
(II) God Vader, Seun en Heil’ge Gees.
(III) Amen
#317 Inkoms en uitgang
{Kanon}
(I) Inkoms en uitgang,
(II) aanvang en einde,
(III) soos U bepaal, Heer –
(IV) lei U ons nou verder.
Advent
#318 Ek prys sy grote Naam
{Bybel: Lukas 1:46-55}
1. Ek prys sy grote Naam,
ek sal dit bly beaam:
God gee aan my genade.
Hul sal my salig noem.
Dis tot Gods eer en roem:
Hy heers met wonderdade.
2. Hoogmoediges vergaan;
grootdoeners is verslaan-
die Heer doen hierdie dinge.
Wie ryk is word gestroop;
aan armes gee Hy hoop;
Hy sorg vir die geringe.
3. Hy het sy volk beskerm,
oor Israel Hom ontferm;
Hy hou hul in gedagte.
God bly aan Abram trou,
sy woord het Hy gehou
deur duisende geslagte.
#319 Lofwaardig is ons God, die Heer
{Bybel Lukas 1:67-79}
1. Lofwaardig is ons God, die Heer,
genade toon Hy weer.
Hy gee aan ons, soos lank verwag,
die redder van die volk –
verlossing uit die vyandsmag
en donker onweerswolk.
2. Aan sy verbond bly Hy getrou,
beloftes sal Hy hou.
Daarom kan ons Hom altyd dien
solank ons hier mag leef.
Die vyand sal ons werke sien
en almal voor Hom beef.
3. Jy, pasgebore priesterspruit,
loop as profeet vooruit;
die Heer se pad moet jy berei
dat Hy sy lig kan bring.
Die skadutyd gaan nou verby
en vrede sal deurdring.
#320 O kom, o kom, Immanuel
{Dieselfde wysie: 320, 321}
1. O kom, o kom, Immanuel,
verlos u volk, u Israel.
Verlos hul wat in nood en pyn
die ure tel tot U verskyn.
Wees bly, wees bly, o Israel.
Hy kom na ons, Immanuel.
2. O kom, o kom, o Môrester,
ons sien alreeds u lig van ver.
Verdryf die newels van die nag,
laat skyn u helder lig met prag.
Wees bly, wees bly, o Israel.
Hy is naby, Immanuel.
3. O kom, o kom, o Dag wat breek,
om lig in ons nou aan te steek.
Verby is nagte sonder moed,
want in die ooste skyn u gloed.
Wees bly, wees bly, o Israel.
Hy is naby, Immanuel.
4. O kom, o Seun uit Dawidstam,
U, Vredebringer – U die Lam.
Van sonde kom U ons bevry
dat ons nou ewig in U bly.
Wees bly, wees bly, o Israel.
Hy is met ons, Immanuel.
5. O kom, o kom, kom by ons bly
dat niks ons ooit van U kan skei –
sodat ons, soos u Woord beloof,
U altyddeur kan prys en loof.
Wees bly, wees bly, o Israel.
God is met ons – Immanuel.
#321 U het gekom, Immanuel
{Dieselfde wysie: 320, 321}
1. U het gekom, Immanuel,
u volk verlos, u Israel.
Ons was in sondeslawerny
U het gekom, U maak ons vry!
Wees bly en juig, o Israel!
God is mét ons: Immanuel!
2. U Christus, spruit van Isai,
kom ons u lig en vrede gee!
U was in Betlehem ’n kind;
die herders het U daar gevind.
Wees bly en juig, o Israel!
God is mét ons: Immanuel!
3. U, Vredevors, Immanuel,
U heers oor ons, u Israel.
Ons was in sondeslawerny
nou sal ons ewig by U bly!
Wees bly en juig, o Israel!
God is mét ons: Immanuel!
#322 Redder van die nasies, kom
1. Redder van die nasies, kom;
Godgestuurde Redder, kom;
Seun, gebore uit ’n vrou,
kom na ons; ja, kom tog gou.
2. U kom uit die ewigheid
en word mens op God se tyd;
deur die Heil’ge Gees verwek,
híér gebind aan tyd en plek.
3. Mens uit ons gebrokenheid ,
U keer t’rug in heerlikheid.
God én mens – dié twee in een –
onbegryplik, ons tot seën.
4. Laat ons God die Vader loof,
eer bring aan sy Seun, ons hoof,
hulde aan die Gees bewys,
God Drie-enig altyd prys.
#323 Uit droë hout spruit lewe
1. Uit droë hout spruit lewe,
spruit ’n loot, kom daar groei.
’n Takkie uit ou wortels
word ’n boom, staan in bloei.
’n Nuwe koning kom,
een uit die stam van Isai.
God se Gees rus op Hom.
2. Die Gees van God gee wysheid
dat ’n vors kan regeer.
Die Gees van God gee insig,
maak bekwaam, lei en leer.
Die nuwe koning kom.
Hy sal regverdig oordeel.
God se Gees rus op hom.
#324 So lief het God die wêreld
1. So lief het God die wêreld
dat Hy vir ons sy Seun,
sy enigste, gegee het –
ons Redder, Lig en Steun.
Wie in Hom glo, sal lewe,
sal nooit verlore gaan;
maar het die ware lewe
as God se erfgenaam.
2. Die Seun het nie kom oordeel –
Hy kom om vry te spreek.
Sy koms het oor die wêreld
’n nuwe dag laat breek.
Maar hulle wat nie glo nie
bly selfveroordeeld staan:
Die liefde vir die duister
laat hul verlore gaan.
3. So kom die stryd, die skeiding,
van duisternis en lig.
Wie aanhou met die slegte,
hul lewens bly ontwrig.
Maar wie, uit God gebore,
die waarheid soek en doen,
kom dankbaar na die lig toe
as kind met God versoen.
#325 Uit oorvloed van genade
1. Uit oorvloed van genade
het Jesus eens verskyn.
verlossing vul die aarde,
die duister moet verdwyn!
Die Here God se dag breek aan –
ons leef nou in sy lig.
Ons mag vol hoop weer opstaan;
sy glans op ons gesig.
2. Uit oorvloed van genade
sal Jesus wéér verskyn.
Dan kom die nuwe aarde,
bevry van smart en pyn.
Die Here God se dag breek aan
vol heerlikheid en krag –
sy kinders sal dan opstaan,
erkentlik voor sy mag!
#326 Maak oop die poorte, deure, wyd!
1. Maak oop die poorte, deure, wyd!
Die Koning kom in heerlikheid!
Oorwinnend kom Hy aangery
met klere voor Hom uitgesprei.
Die Heerser van die hemelryk
is ook ons Heiland tegelyk.
Ons gee die Koning eer!
Ons prys u Naam, o Heer!
2. Sy wese is geregtigheid;
sy sieraad is sagmoedigheid;
sy koningskroon is heiligheid;
sy septer is barmhartigheid.
Ons maak aan Hom ons skuld bekend.
Aan al ons nood maak Hy ’n end.
Hy kom, die Heer so groot!
Maak oop, maak oop die poort!
3. Geseënd is die een wat Hom
as Koning groet wanneer Hy kom;
gelukkig dié wat Hom verwag,
wanneer Hy weer kom vol van krag.
Hy is die son van ware vreug
en Hy verlig ons. Sing verheug:
Ons gee die Koning eer!
Ons prys u Naam, o Heer!
4. Maak oop die poorte; wees gereed,
Hy kom wat Jesus Christus heet.
Met liefde en geloof versier,
sal ons vol vreug sy aankoms vier.
Hy kom, beklee met glans en prag,
na elkeen wat sy koms verwag.
Hy kom, die Heer so groot!
Maak oop, maak oop die poort!
#327 Dag van verlossing! Kyk, Hy kom
{Diskant}
{Bybel: Jesaja 61, Lukas 4:16-21}
1. Dag van verlossing! Kyk, Hy kom:
Gesalfde van die Heer.
Op Hom het God se Gees gekom
om goeie nuus te bring.
2. Hy bring bedruktes nuwe moed,
geboeides maak Hy vry,
verkondig God se nuwe dag:
genade ryk en vry.
3. Hulle wat treur, kom bied Hy troos;
waar smart is, gee Hy eer.
Sy volk wat sug in vreemde land
herstel Hy eind’lik weer.
4. Welig en sterk in God se heil,
geplant deur Hom, die Heer –
sy priesters, dienaars, soos hul heet,
besing sy roem en eer.
5. God se verbond staan ewig vas,
Hy doen wat Hy beloof.
Die nasies sal dit sien, sal hoor –
sy volk wat Hom bly loof.
6. Laat ons dan juig in God die Heer,
want Hy het ons genees,
gered, getooi met bruilofsprag.
Ons vier oorwinningsfees!
#328 Die Heer, die Koning kom hierheen
{Kanon}
1. (A) Die Heer, die Koning kom hierheen,
(B) Hy kom sy liefde, guns verleen.
(C) Ons loof u Naam, o Heer.
2. Hy kom, Hy kom, met glans en prag,
laat ons met blydskap Hom verwag.
Ons loof u Naam, o Heer.
3. Hy kom, die Heer wat vrede bring,
laat ons nou juig – met vreugde sing.
Ons loof u Naam, o Heer.
#329 Want so lief het God die wêreld gehad
{Bybel: Johannes 3:16}
Want so lief het God die wêreld gehad
dat Hy sy eniggebore Seun
gestuur het, gegee het,
sodat elkeen wat in Hom glo
nie verlore sal gaan nie,
maar die ewige lewe sal hê.
#330 Die volk wat in die donker wandel
{Bybel: Jesaja 9}
1. Die volk wat in die donker wandel,
oor hulle het ’n lig geskyn:
Die Christus, Lig oor alle lande,
laat angs en duisternis verdwyn!
U het die volk vermenigvuldig;
hul vreugde het U groot gemaak.
Soos in die oestyd juig hul vrolik
waar hul mét U oorwinning smaak.
2. Die juk wat swaar op ons gedruk het,
het U met wondermag verbreek.
Die vyande wat ons verskrik het,
verdwyn wanneer u almag spreek:
’n Kind is vir u volk gebore,
’n Seun het U aan ons gegee –
die heerskappy is op sy skouer,
met mag en eer is Hy beklee.
3. Hy’s Wonderbaar, ’n Eew’ge Vader;
Hy’s Raadsman; Hy is Sterke God;
en Hy vermeerder in genade
sy heerskappy as Vredevors.
Hy kom met vrede sonder einde,
versterk dit deur geregtigheid –
met ywer sal Hy dit bevestig
van nou af tot in ewigheid.
#331 Want so lief het God die wêreld gehad
{Bybel: Johannes 3:16}
Want so lief het God die wêreld gehad,
die wêreld gehad,
dat Hy sy enigste Seun,
sy enigste Seun,
sy enigste Seun gegee het,
sodat elkeen wat in Hom glo, in Hom glo,
nie verlore sal gaan nie, maar
die ewige lewe, die ewige lewe sal hê.
#332 God se liefde, so oneindig
1. God se liefde, so oneindig,
sien die nood van sondaars raak,
en God stuur vir hul die Christus
wat van sondaars kinders maak.
2. Jesus wys ons hoe sy liefde
liefdeloosheid kan oordek
en in harde menseharte
deernis en geloof kan wek.
3. Heer, ons leef steeds soveel kere
of u liefde ons nie raak
en vergeet van al u goedheid
wat van ons u kinders maak.
4. Tot U, Here, klink ons lofsang –
oor u liefde wil ons sing
en ons wil u liefdesboodskap
oor die aarde uit laat kring.
#333 Groot is die Heer, groot is die Heer
{Diskant}
{Taize}
{Kanon}
{Bybel: Lukas 1:46-49}
1. (A) Groot is die Heer, groot is die Heer
(B) só sing my siel oor God my Saligmaker
(C) Groot is die Heer, groot is die Heer
(D) só juig my gees oor my Verlosser.
Magnificat, magnificat,
magnificat anima mea Dominum.
Magnificat, magnificat,
magnificat anima mea.
Diskant: Groot die Here,
groot die Here,
sing my siel oor God, my Heer,
sing my siel oor God, my Heer.
Magnificat,
magnificat
anima mea Dominum,
anima mea Dominum.
#334 “God is Liefde!” juig ons harte
{Diskant}
1. “God is Liefde!” juig ons harte,
en bedink wat liefde doen:
Dat Hy ons sy Seun gestuur het
om ons sonde te versoen.
2. Hy wat eerste liefgehad het,
het in liefde ons vergeef –
nou kan ons, uit God gebore,
uit dié bron van liefde leef!
3. Deur sy Gees, die wondergawe,
laat Hy wederliefde spruit;
en dié liefde – wat volmaak is –
dryf die vrees en selfsug uit.
4. As die Vader in sy liefde
dan die sondaar maak tot kind,
mag sy Seun al meer gestalte
in ons doen en late vind!
#335 Die Heiland is gebore
1. Die Heiland is gebore
juig saam met eng’le-kore!
Hy, die Hemelkoning,
kom in die volheid van die tyd,
kom maak by ons sy woning,
kom bly by ons in ewigheid.
Hy is God met ons –
Hy, Immanuel.
2. Die Heiland is gebore
ons is nie meer verlore!
Hy, die Vredekoning,
versoen ons sondeskuld by God
en deur sy gunsbetoning
word liefde ook ons groot gebod.
Hy is God met ons –
Hy, Immanuel.
#336 Dit is die dag deur God geskenk
1. Dit is die dag deur God geskenk,
wat elke Christen tans herdenk;
laat heel die skepping hulde bring
en feest’lik Jesus Naam besing!
2. Vol vreugde dink ons aan die dag
deur voorgeslagte lank verwag,
toe God uit liefde sonder peil
sy Seun geskenk het, óns tot heil.
3. U maak die sondaar tot Gods kind;
U word ons broer en troue vriend,
verberg u hoë majesteit,
word mens, word óns tot saligheid.
4. As ek dié wonder wil deurgrond,
verstar my denke, swyg my mond;
ek sien alleen die wonder aan
en bly aanbiddend daarvoor staan.
5. Roem almal sy geboortedag –
sy lig verdryf die sondenag.
Juig, mensdom, loof u Koning saam,
groot is sy Naam bo elke naam!
#337 Loof God, o Christen! Hy is groot
1. Loof God, o Christen! Hy is groot
op sy verhewe troon.
Hy het sy hart vir ons ontbloot;
sy liefde ons getoon (x2)
2. Die Christus gaan by sondaars tuis,
hul hoor die blye woord.
Die woonplek in die vaderhuis
sal ook aan ons behoort (x2)
3. Loof Hom, o Christen! Hy is groot,
vir ewig op die troon!
Hy triomfeer oor graf en dood
en ons sal by Hom woon (x2)
#338 Weer dink ons saam aan daardie nag
{Dieselfde wysie: 268, 304, 338}
1. Weer dink ons saam aan daardie nag:
Die herders en die sterreprag,
die engel wat die boodskap bring,
die hemelkoor wat juig en sing.
2. Die Seun van God kom by ons woon,
op aarde God se beeld vertoon.
Die Woord word mens: Die Hemelheer,
God sélf daal in ons armoed neer.
3. Ons kan dit oor en oor herhaal –
die eng’lelied in mensetaal;
deur eeue bly dit inspireer:
Op aarde vrede; God die eer!
4. Saam prys ons U, Immanuel:
U kom oorwin die dood en hel.
U maak ons van die sonde vry –
ons loof, aanbid en dank U bly.
#339 Halleluja! Prys die Heer
1. Halleluja! Prys die Heer,
mensdom, bring aan Hom die eer!
Juig, die Woord het mens geword;
só Gods liefde uitgestort.
Vir die mens in skuld verlore
bring Hy heil en heerlikheid.
Prys en roem sy majesteit.
Juig, die Heiland is gebore!
2. Sing en juig in dankbaarheid,
loof die hoogste Majesteit –
Hy wat in die hemel troon,
het hier onder ons kom woon!
Loof Hom, loof met vreugdekore,
sing ’n nuwe jubellied,
juig – die wonder het geskied –
Jesus Christus is gebore!
#340 Kom ons loof die Jesuskind
1. Kom ons loof die Jesuskind,
Hy is waarlik Koning.
Ons Verlosser het gekom,
maak by ons sy woning.
Vir ons sondes kom Hy sterf;
so word ons vergewe.
Nou kan ons Hom loof en prys –
Heer so hoog verhewe.
2. Tussen doeke lê die Kind,
in ’n krip so need’rig.
Laat ons al die lof en dank,
bring aan Hom vir ewig.
Dit is sy geboortedag,
daarom sing ons: Ere!
Ons sal Hom nou dank en prys –
Heer so hoog verhewe!
3. Wyse manne kom van ver;
buig voor Hom die Koning.
Herders bring Hom al die eer;
prys Hom in aanbidding.
Eng’le in die sterrenag
jubel bly in kore.
Laat ons saam ’n loflied sing:
Jesus is gebore.
#341 Die regte tyd het aangebreek
1. Die regte tyd het aangebreek,
die tyd deur God bestem –
die Vader stuur vir ons sy Seun
as kind na Betlehem.
2. Vir ons gebore, as ’n mens
kom Hy in ons belang –
Hy koop ons vry, dat God ook ons
as kinders kan ontvang.
3. God maak ons kind en erfgenaam,
Hy stuur vir ons sy Gees.
Ons kan Hom nou ons Vader noem,
aan Hom gehoorsaam wees.
4. O Vader, al die lof en eer
en dank wil ons U bring;
van al u vrede, liefde, guns,
sal ons vir ewig sing!
#342 O Jesus, ons Heer, U het ons verbly
1. O Jesus, ons Heer, U het ons verbly,
uit boeie kom U ons bevry;
U kom uit heerlik’ hemelryk,
en U word aan die mens gelyk
so skenk U, o Heer, genade vir my!
2. O Jesus so rein, o Jesus so goed,
met krip en kruis deur ons begroet.
Waar haat was, kom U liefde gee,
die blye boodskap deel U mee.
So bring U weer rus, Heer,
in ons gemoed.
3. Aan U alle eer, aan U alle dank,
aanbidding, lof, ons lewe lank!
U kom op die bestemde tyd,
kom stig in ons u vrederyk.
Hoe nuut is die lied,
hoe heerlik sy klank!
#343 Loof die God van ons verlange!
1. Loof die God van ons verlange!
Wees verheug, sing met vreug
vrolike gesange!
Soos beloof reeds lank tevore,
laat U, Heer, dit gebeur –
Christus is gebore!
2. Christus, U is my vertroue;
U, die Heer, U kom weer –
U is die getroue.
Hoor ons lof- en dankgebede:
U is Heer, U regeer,
U, die God van vrede.
#344 O die goeie tyding
1. O die goeie tyding,
o die blye tyding –
helder klink dit met Kersfeestyd:
Diep was ons verlore,
Christus is gebore.
Juig dan, almal, jubel oor die
saligheid!
2. O die goeie tyding,
o die blye tyding
kom met krag in die Kersfeestyd:
Hy, die Hemelkoning,
maak by mense woning –
Hy, gebore in die volheid van die tyd!
3. O die goeie tyding,
o die blye tyding –
oral hoor ons: Dis Kersfeestyd.
Blye jubelkore
loof die Kind, gebore.
Juig nou mensdom,
prys Hom tot in ewigheid!
#345 Kom, alle getroues
{Diskant}
1. Kom, alle getroues,
vrolik en vol vreugde,
o kom in die gees nou na Betlehem!
Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore
kom buig daar in aanbidding,
kom buig daar in aanbidding,
kom buig daar in aanbidding,
voor Jesus, die Heer.
2. ’n Kind is gebore;
loof die God van liefde!
Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar,
Raadsman en Sterke, God en Vors van vrede
Ons buig in blye aanbidding,
ons buig in blye aanbidding,
ons buig in blye aanbidding,
Verlosser en Heer!
3. Kom, lofsing die Here;
Hy is onse Koning.
Vir ons word Hy mens en oorwin die dood.
Hy heers met reg in hemel en op aarde –
buig dankbaar in aanbidding,
buig dankbaar in aanbidding,
buig dankbaar in aanbidding,
voor Christus, die Heer!
4. Kom lofsing die Here,
loof Hom, al wat lewe!
Wees vrolik, besing nou sy majesteit.
In U, Getroue, bly ons ook behoue.
Ons prys U in aanbidding,
ons prys U in aanbidding,
ons prys U in aanbidding,
Gesalfde en Heer!
#346 Ek kniel ook voor u voete, Heer
1. Ek kniel ook voor u voete, Heer,
U, Jesus, is my lewe!
Saam met die herders kniel ek neer.
God het my skuld vergewe!
O neem my denke, wil, gevoel;
laat streef my na die hoogste doel –
om tot u eer te lewe!
2. Lank voordat ek op aarde was,
is U vir my gebore.
Voor ek van U ’n woord kon hoor,
was ek reeds uitverkore.
U het die hemelryk verlaat;
U maak my na Gods wyse raad
sy kind – nie meer verlore!
3. In diepe donkerheid en nag
raak ek die pad soms byster.
Stuur, Heer, u Gees; skenk, Heer, u krag
en lei my deur die duister.
U, Son wat deur die wolke breek
en in my hart u lig ontsteek,
verlig my met u luister!
#347 Kyk, die goeie tyd is hier
1. (I) Kyk, die goeie tyd is hier,
(II) God kom na die aarde,
dit is tyd om fees te vier –
Hy gee ons genade (2x)
Halleluja.
Halleluja.
#348 Stille nag, heilige nag!
{Diskant}
1. Stille nag, heilige nag!
Jesus-kind, lank verwag,
Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,
word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!
2. Stille nag, heilige nag!
Hemelvors, ons gee ag
op die lied van die engelekoor.
Herders het dit die eerste gehoor:
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!
3. Stille nag, heilige nag!
Jesus, Heer, voor u mag,
voor u ryk moet die duisternis swig;
tot in ewigheid bly U die lig –
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!
#349 Kom, kinders
1. Kom, kinders,
besing met ’n vrolike stem
die wonder van God in die stad Betlehem,
want daar is die Heiland
gebore, dié nag,
die hoop van die wêreld,
deur eeue verwag.
2. Geringe klein dorpie in duister gehul,
’n heilswoord is
deur dié geboorte vervul:
Die lig van die wêreld,
die God’like Kind,
is Jesus in wie ons die saligheid vind!
3. In need’rige krip
was sy bedjie berei –
die Kind wat die harte van almal verbly.
Omhoog, uit die hemel, sing engele eer,
die herders en wyses
kom kniel voor Hom neer.
4. Ons bring soos die herders
en engele weer
aan Hom alle hulde, ons Heiland en Heer.
Verlos van die sonde, besing ons tesaam
die roem en die eer
van sy heerlike Naam.
#350 In die stad van koning Dawid
1. In die stad van koning Dawid,
in die nederige stal,
in ’n krip lê daar ’n Kindjie,
Koning van die groot heelal.
Refrein:
Jesus Christus, God en Heer,
aan U, Koningskind, ons eer.
2. Hy kom woon hier onder mense,
Hy kom red hul van die dood.
Hul wat in Hom glo, Hom aanneem,
dié verlos Hy uit hul nood.
Refrein:
Jesus Christus, God en Heer,
aan U, Koningskind, ons eer.
3. Eenmaal sal Hy as die Regter
in sy koningsmajesteit
weer verskyn vanuit die hemel,
in volmaakte heerlikheid.
Refrein:
Jesus Christus, God en Heer,
aan U, Koningskind, ons eer.
#351 Kom, verwonder julle, mense
1. Kom, verwonder julle, mense,
kyk hoe God ons kom versoen –
Hy vervul Hy ons diepste wense;
kyk wat Hy vir ons kom doen.
Kyk sy Seun word kind, verstote,
kyk die Woord nou sonder woord;
sien die Koning, sonder glorie,
sien die heerser sonder mag;
sien die Een wat Lig uit Lig is,
sien Hom eensaam in die nag.
2. Kyk hoe mense Hom behandel,
hoe hul Hom in doeke bind –
Hy, die Here wat kan wandel
op die vleuels van die wind.
Kyk hoe lê Hy hier as suigling
sonder teken van verstand –
Hy, die wonder van bevryding,
Hy wat wysheid is, beheer –
kyk hoe tenger is die Here
wat die groot heelal regeer.
3. Heer, verag deur ons, die mense,
Heer, verneder deur ons kwaad,
lei U ons en al ons wense –
gee ons deur u kindwees raad.
Lig uit Lig, verdryf die donker,
maak ons deur u kleinheid groot.
Maak ons vry deur u verneed’ring,
maak ons moedig deur u nood.
Gee ons blydskap deur u lyding,
maak ons lewend deur u dood!
#352 Hoor die blye tyding
1. Hoor die blye tyding
weer met Kersgety:
Jesus is gebore.
Hy kom maak ons vry.
2. U was daardie kindjie,
need’rig in die krip.
U vergeef ons sonde,
laat ons glo en bid.
3. Met die blye herders
kan ook ons vertel:
U is die Verlosser,
die Immanuel.
#353 Die Heiland is gebore
1. Die Heiland is gebore,
soos eeue reeds voorspel.
Daar in die stad van Dawid
word Hy Immanuel.
Met blye hemelkore
wil ons ook juig en sing:
Ons Heiland is gebore –
dis Hy wat redding bring!
2. Die Lig kom na die wêreld
in Jesus Christus, Heer.
Uit liefde vir die mensdom
daal Hy as dienskneg neer.
So lief het God die wêreld,
Hy gee vir ons sy Seun –
só word Hy ons Verlosser,
ons Middelaar en Steun.
3. Wie glo in Jesus Christus,
word nou sy eiendom.
Hy gee die reg tot kindskap
aan dié wat glo in Hom.
Juis daarom juig ons harte
opnuut dié Kersfeestyd:
Ons Heiland is gebore –
vertel dit wêreldwyd.
#354 O Christus, ons verlange
{Dieselfde wysie: 354, 470, 478}
1. O Christus, ons verlange,
U het ons heil gebring.
Sal ooit ons jubelsange
u lof na waarde sing?
Vervul in welbehae
ons harte met u Gees;
skenk ons in hierdie dae
’n ware Christusfees.
2. U wat as Hemelkoning
in heerlikheid regeer,
maak onder mense woning;
daal as ’n dienskneg neer –
en herders vind ’n Herder
oor wie hul dankbaar juig;
en wyses vind dié Wysheid
voor wie hul biddend buig.
3. Soos kinders met “hosannas”
hul Koning bly ontmoet,
en Sion sy Messias
met jubels kon begroet –
só wil my lied u vrede,
u heerskappy besing;
my lof- en dankgebede
U juigend hulde bring.
4. Ek, magteloos gebonde,
ek word deur U bevry;
ek is bevlek met sonde –
U kom en reinig my.
Nou leef my dankgebede –
nou kan ek sing en dien!
Nou kan ek sterf in vrede –
ek het my Heer gesien!
Kersfees en epifanie
#355 Al was ek nie daar nie
1. Al was ek nie daar nie –
ek weet dit is waar:
die krip en Maria
met die Kindjie by haar.
Dis of ek die engel
die boodskap hoor bring
van Jesus se vrede,
wat harte laat sing.
2. Al was ek nie daar nie –
ek weet dit is só:
Die herders en wyses
het dit eerste geglo.
En deur al die jare
bou Jesus sy kerk –
Die Gees en die Woord
kom geloof in ons werk.
#356 Ons het gehoor die Hemelheer
{Kanon}
1. (I) Ons het gehoor die Hemelheer
(II) Ons het gehoor die Hemelheer
(I) daal as ’n Kind na ons toe neer.
(II) daal as ’n Kind na ons toe neer.
(I) Christus, die Here,
(II) vir ons gebore!
Hy maak ons lewe vry.
(I) Christus, die Here,
(II) vir ons gebore!
Loof Hom met harte bly.
2. (I) Laat ons tot eer van Christus sing,
(II) Laat ons tot eer van Christus sing,
(I) wat ons na God, die Vader, bring.
(II) wat ons na God, die Vader, bring.
(I) Christus, die Here,
(II) vir ons gebore!
Hy maak ons lewe vry.
(I) Christus, die Here,
(II) vir ons gebore!
Loof Hom met harte bly.
#357 ’n Kindjie is gebore
1. ’n Kindjie is gebore –
Verlosser is sy Naam.
’n Kindjie is gebore –
oor Hom juig almal saam.
Die engele sing: “Vrede”.
Die wyses bring Hom eer.
Met herders in aanbidding,
kniel ons ook voor Hom neer.
2. Hy kom vanuit die hemel –
vir ons word Hy ’n mens.
Hy kom na ons op aarde –
Hy ken ons diepste wens.
Die engele sing: “Vrede”.
Die wyses bring Hom eer.
Met herders in aanbidding,
kniel ons ook voor Hom neer.
3. Die Kindjie is besonder –
Hy neem ons sonde weg.
Die Kindjie, die Verlosser –
Hy maak ons lewe reg.
Die engele sing: “Vrede”.
Die wyses bring Hom eer.
Met herders in aanbidding,
kniel ons ook voor Hom neer.
#358 Welkom, o stille nag van vrede
1. Welkom, o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis.
Refrein:
Kersfees kom, Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.
2. Hoor jy hoe sag die klokke beier
in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.
Refrein:
Kersfees kom, Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.
3. Voel jy ook nou sy warm liefde
as ons die dag gedenk,
toe Hy sy Seun aan ons gestuur het –
ons grootste Kersgeskenk.
Refrein:
Christus kom, Christus kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.
#359 Engele, met glans omgewe
1. Engele, met glans omgewe,
sing in die nag: “Aan God die ere”.
Herders hoor, hul loof die Here.
Oor die veld klink die goeie nuus:
2. Hy, die Christus, is gebore
soos daar beloof is lank tevore.
Prysend sing die eng’lekore –
God se vrede het nou gekom.
3. Eindelik is daar bevryding
deur die Verlosser se verskyning.
Herders juig oor hierdie tyding –
haastig gaan hul om Hom te sien.
4. Ons wil U ook prys, o Here,
saam met die herders bring ons ere.
Oor en oor – ja, talle kere,
sal ons hulde aan Jesus bring.
#360 Vanuit die hemel is gebring
1. Vanuit die hemel is gebring
die boodskap waarvan eng’le sing:
Gebore is die Christuskind
wat julle in ’n krip sal vind.
2. God stuur sy Seun op aarde neer
om mens te word, die Hemelheer.
Hy kom ons van ons skuld bevry
en vir sy feesmaal voorberei.
3. Ons loof U, Heer, met hart en mond;
U het gedink aan u verbond.
U gee u Seun en maak ons vry;
ons sing ons dankgesange bly!
#361 Oor skape hou die herders wag
1. Oor skape hou die herders wag
in velde oop en wyd,
toe kom ’n engel in die nag –
verskyn in heerlikheid.
2. Ten spyte van hul skrik en vrees,
hoor hul sy helder stem:
“Ek bring vir jul die goeie nuus –
dis vir Gods volk bestem.”
3. In Betlehem lê in ’n krip
die Goddelike Kind.
Die herders, in verwondering,
het daar dié Kind gevind.
4. Met herders en met engele
bring ons aan God die eer.
Hy gee ons sy geliefde Seun,
laat daal sy vrede neer.
#362 Vol vreugde sing die eng’leskaar
1. Vol vreugde sing die eng’leskaar:
Ere! Ere!
Aan Hom, die God van die hemele!
Die Seun word mens, Gods Woord is waar.
Halleluja! Halleluja!
Hy’t ons kom red, ons skuld gedra.
2. Ons loof die Raadsman, wonderbaar:
Ere! Ere!
Aan Hom, die Heer van die hemele!
Gods liefde is geopenbaar.
Halleluja! Halleluja!
Hy’t ons kom red, ons skuld gedra.
#363 In die nag by hulle weiding
1. In die nag by hulle weiding
hoor die herders stemme sing.
Helder klink die goeie tyding
deur ’n eng’-leskaar gebring.
Juigend sing die hemelkore:
“Christus is vandag gebore.”
Haastig gaan hul soek na Hom.
Haastig gaan hul soek na Hom.
2. In ’n krip vind hul ’n kindjie,
Hy’s in doeke toegevou.
Hy is Koning, hierdie kindjie –
dis ’n wonder wat ontvou.
Hy is broos maar tog verhewe,
bring vir sondaars hoop en lewe.
Hul gaan t’rug, gaan praat oor Hom.
Hul gaan t’rug, gaan praat oor Hom.
#364 Herders op die ope velde
1. Herders op die ope velde
het dié nag die englekoor,
met die blye evangelie
uit die hemel aangehoor:
Refrein:
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste heem’le.
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste hemele.
2. Met hul harte vol van vreugde
praat hul van die Jesuskind:
Herder vir die mens op aarde
wat verdwaaldes soek en vind.
Refrein:
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste heem’le.
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste hemele.
3. Ere in die hoogste hemel,
klink dit nou die wêreld deur:
Liefde, vrede, welbehae
daal in Jesus tot ons neer.
Refrein:
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste heem’le.
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste hemele.
Gloria
Gloria
in excelsis Deo!
in excelsis Deo!
#365 Hoor die blye eng’lelied
{Diskant}
1. Hoor die blye eng’lelied
aan die Koningseun gebied:
“Vrede op aarde – God die eer –
Hy daal tot die sondaar neer.”
Almal wat Hom liefhet, sing
om Hom lof en dank te bring!
Almal, juig met hart en stem:
God word mens in Betlehem.
Hoor die blye eng’lelied
aan die Koningseun gebied.
2. Christus, ewig God en Heer,
Christus daar omhoog vereer,
in die volheid van die tyd
word Hy mens, in needrigheid.
Sondelose Lam van God
kom aanvaar die mens se lot –
Hy, met mense saamgetel,
ware God – Immanuel!
Ook die aarde bring Hom eer –
Christus, ewig God en Heer!
3. Jesus, ware Vredevors
kom vir Hom ’n volk verlos.
Wêreldwyd, in elke land
kom bevryding deur sy hand.
In ons nood het Hy gedaal,
vir ons lewe duur betaal.
Vrygemaak, deur Hom gevind,
is ek ook nou koningskind!
Almal deur sy koms verlos,
dank en loof die Vredevors!
365B Hark! The Herald angels sing
{Taal: Engels}
Hark! The Herald angels sing:
“Glory to the new born King.”
Peace on earth and mercy mild –
God and sinners reconciled!
Joyfull, all ye nations, rise.
Join the triump in the skies.
With th”angelic hosts proclaim,
Christ was born in Bethlehem!
Hark the herald angels sing.
Glory to the new born King!
#366 Die vreugdelied wat engele sing
{Diskant}
1. Die vreugdelied wat engele sing,
het die boodskap oor Jesus
aan herders gebring.
Die goeie nuus,
soos lank reeds voorspel,
het ’n engel dié nag
aan die herders vertel.
Immanuel! Immanuel!
God kom verlos sy Israel!
2. Die lied wat al die engele sing,
is die boodskap wat vrede
op aarde sal bring.
“Aan God die eer!”
weerklink daardie lied
wat die engele juigend
vol lof aan Hom bied.
Immanuel! Immanuel!
God kom verlos sy Israel!
3. Die goeie nuus wat engele bring,
is die boodskap wat herders
ook wyer laat kring.
Met herders wil ook ons nou getuig
en in dankbaarheid
oor ons Verlosser bly juig.
Immanuel! Immanuel!
God kom verlos sy Israel!
#367 Ere aan God, ere aan God
Ere aan God, ere aan God
in die hoogste, in die hoogste,
in die hoogste!
Vrede op aarde, vrede op aarde
in die mense ’n welbehae.
Ere aan God in die hoogste,
ere aan God in die hoogste!
Vrede op aarde, vrede op aarde,
vrede op aarde, vrede op aarde,
in die mense, in die mense ’n welbehae –
in die mense ’n welbehae, ’n welbehae.
Ere aan God, ere aan God
in die hoogste, in die hoogste,
in die hoogste!
Vrede op aarde, vrede op aarde
in die mense ’n welbehae.
Amen. Amen.
#368 Wyl herders by hul kudde wag
1. Wyl herders by hul kudde wag,
spreek daar ’n engel in die nag.
Wees bly, wees bly!… bly, wees bly!
Loof die Heer! Loof die Heer!
Lofsing die Heer se grote Naam;
lofsing die Heer se grote Naam.
2. Juig oor die tyding; moenie vrees.
God wil vir jul ’n herder wees.
Wees bly, wees bly!… bly, wees bly!
Loof die Heer! Loof die Heer!
Lofsing die Herder, sing sy eer;
lofsing die Herder, sing sy eer.
3. Tussen die doeke lê die Kind –
jul sal in Hom verlossing vind.
Wees bly, wees bly!… bly, wees bly!
Loof die Heer! Loof die Heer!
Jesus, die Redder, maak ons vry;
Jesus, die Redder, maak ons vry.
4. Hy laat die lam en leeu saam wei;
Hy laat ’n kind die kudde lei.
Wees bly, wees bly!…bly, wees bly!
Loof die Heer! Loof die Heer!
Loof die Verlosser, Koning, Heer!
Loof die Verlosser, Koning, Heer!
#369 Ere aan God, ere aan God
{Kanon}
1. (I) Ere aan God, ere aan God,
(II) Ere in die hoogste.
(III) Ere aan God, ere aan God.
(IV) Halleluja! Halleluja!
2. (I) Gloria, gloria,
(II) in excelsis Deo!
(III) Gloria, gloria,
(IV) Alleluia, alleluia.
#370 Eng’le uit die hoogste hemel
{Dieselfde wysie: 199 (1 toon hoër), 370}
1. Eng’le uit die hoogste hemel
sing ter ere van ’n Kind,
van ’n nuwe tyd wat aanbreek
waarin almal vrede vind.
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
2. Waar die wagters waak oor skape
hoor hul engele wat sing.
Oor die velde klink die lofsang
aan ’n Kind wat vrede bring.
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
3. Sterrekykers uit die ooste
bring geskenke tot sy eer.
Hy’s die nuutgebore Koning –
hierdie Kindjie is die Heer.
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
4. Jare later loop daar kinders
voor Hom in Jerusalem,
en besing Hom as die koning
juigend met ’n blye stem:
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
5. Aan die kruis sterf ons Verlosser
en oorwin die sondedood.
Hy is nou vir ewig Koning,
Jesus, Redder uit ons nood.
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
#371 Redder van ons lewe, Jesus, troue Heer
1. Redder van ons lewe, Jesus, troue Heer,
uit liefde vir die mense
kom daal U neer.
Ons kom bring ons dank en wil ons
vreugdesange sing.
Onder mense woon U en wil U vrede bring.
Loof, loof die Heer!
2. Herders op die velde het die blye koor
met Jesus se geboorte dié nag gehoor:
In die hoogste hemel,
aan die Here al die eer –
deur sy welbehae
daal Christus na ons neer.
Loof, loof die Heer!
3. Wyses uit die ooste,
deur die ster gelei,
hul kom en vind die Kindjie,
en hul was bly.
Hulle bring geskenke:
wierook, mirre en ook goud.
Ere aan die Koning
wat kom tot ons behoud!
Loof, loof die Heer!
#372 Hoe glansryk blink die Môrester
1. Hoe glansryk blink die Môrester,
hoe helder skyn die lig van ver
in donker aardse nagte!
O Ster uit Jakob wat ook my
met hierdie wonderlig verbly,
ek is u dag te wagte.
Christus Jesus, U wat lewe,
hoor my lied en hoor my bede:
O bestraal my pad met vrede!
2. Sy ster het eenmaal hoog geskyn,
geskitter toe die Heer verskyn
in daardie nag van nagte.
Die eng’le het hul lied gesing,
die blye tyding oorgebring:
Sy volk is heil te wagte!
Christus Jesus, Lig en Lewe,
hoor my lied en hoor my bede:
O bestraal my pad met vrede!
3. O Môrester wat ons verlig,
voor wie die nag eens sal moet swig,
ons weet dié dag kom nader –
die dag waaraan geen einde is
en ons as uitverkorenes
vergader by die Vader!
Christus Jesus, o verlig my,
leer my, rig my, Vors van ere!
Kom, ja, kom, ons wag, o Here!
#373 U, Jesus, eersgebore Kind
1. U, Jesus, eersgebore Kind,
u lig sou bewe in die wind,
dit flikker in die donker.
U, Jesus, was ’n klein wit vlam,
U is so weerloos soos ’n lam
as offer oorgelewer.
Jesus Christus,
U is Here,
ons buig voor U,
hoog verhewe.
U skenk ons u lig en lewe.
2. Maak, Here, my ’n vlam met gloed,
in droefheid en in teëspoed,
’n blink lig in die donker.
Ek, Here, ’n geringe vlam,
ek is so weerloos soos ’n lam.
Jesus Christus,
U ons Here,
ons juig voor U,
hoog verhewe
Skenk ons tog u lig en lewe.
#374 ’n Ster het in die ooste
1. ’n Ster het in die ooste
met wonderlig geskyn –
’n teken dat die duister
wyk voor ’n Kindjie klein:
2. ’n Kind vir ons gebore
die Bybel leer ons so
en niemand gaan verlore
wat in dié Kindjie glo.
#375 Heer Jesus klein, so teer en rein
1. Heer Jesus klein, so teer en rein,
slaap rustig, soet en sag.
Dit word nou nag, die lig verdwyn,
die Vader hou hier wag.
2. Daar kom ’n vors uit Betlehem,
soos die profeet getuig.
Herodes vrees hy is bestem
om voor dié vors te buig.
3. Daarom maak hy ’n wrede plan:
Klein seuntjies word vermoor.
Juis teen dié Kind word saamgespan –
hy wil Sy hart deurboor.
4. Slaap nou maar voort, Heer Jesus klein,
slaap rustig, soet en sag.
Dis donker nag, net sterre skyn –
die Vader hou steeds wag.
#376 Wyses het u ster gesien
{Diskant}
1. Wyses het u ster gesien,
self gegaan om U te dien.
Aan U het hul eer betuig;
by die krip hul neergebuig.
U, ons ster, ons lig, o Heer,
maak ons wys, laat ons U eer.
2. Jesus, U aan God gelyk,
U kom na die menseryk.
U, die Heer, het niks ontsien –
U word kneg, U kom ons dien.
Gee aan ons dieselfde gees
om tot diens bereid te wees.
Lydenstyd en Goeie Vrydag
#377 O Lam van God, onskuldig
1. O Lam van God, onskuldig,
wat moedig en geduldig
aan daardie kruishout ly –
verdien dan nie my sonde
die slae en die wonde?
Ek weet, ek wéét dit is vir my!
2. Hier waar ek dankbaar nader,
o Midd’laar, by die Vader,
prys ek u liefde groot!
U gee my nuwe lewe,
die nuwe, ew’ge lewe,
en sterf daarvoor die wrede dood.
3. Sou ek U dan nie prys nie;
aan U my dank bewys nie –
al wag my ook ’n kruis.
Aan U my lofgebede!
U skenk die ware vrede;
U bring my na die Vaderhuis.
#378 Jesus Christus, Heiland, Heer
1. Jesus Christus, Heiland, Heer,
Man van smart en lyding,
U daal van die hemel neer,
sterf vir ons bevryding.
In die gees sien ons u kruis
buitekant die mure
Eensaam ly U, wreed verguis
in die droewe ure.
2. In geloof wil ons oordink
al die spot en laster!
Hamerhoue wat weerklink,
Spyker u al vaster!
Om ons te bevry, verlos,
sterf U pynlik, stadig.
Ons skuld het u dood gekos.
U was ons genadig.
3. Jesus, ek moet ook my kruis
opneem al my dae;
U volg na die Vaderhuis
met my vrees en vrae.
Help my, Heer, versterk my wil,
rig my swakke treë
Help my hier my taak vervul,
rig my op u weë.
#379 Jesus Christus, Lam van God
{Kanon}
Jesus Christus, Lam van God,
wat die las van sonde dra,
wees ons genadig.
Jesus Christus, Lam van God,
wat die las van sonde dra,
wees ons genadig.
Jesus Christus, Lam van God,
wat die las van sonde dra,
gee ons u vrede.
Amen, amen.
#380 Jesus, Lam gelei ter slagting
1. Jesus, Lam gelei ter slagting,
U oorwin vir ons die dood.
Jesus, prooi van ons veragting,
U dra self ons angs en nood;
drink die beker van verraad,
word deur mens en God verlaat.
Duisend, duisend maal, o Heer,
bring ons daarvoor dank en eer!
2. Koning tot ’n spot geteken
met ’n riet en doringkroon;
by die moordenaars gereken
met veragting, smaad en hoon,
sodat óns mag vryspraak vra
en die kroon van eer kan dra.
Duisend, duisend maal, o Heer,
bring ons daarvoor dank en eer!
#381 Voor vorste en die wêreld
1. Voor vorste en die wêreld
lê ’n figuur verwring.
Dis Israel, die dienskneg,
wat ons Gods wonder bring.
Die menslik onverwagte
het God tot stand laat kom:
net deur sy kneg se neerlaag
kom mense nou tot Hom.
2. Dit is Gods slaglam, Christus,
wat uit sy volk sou spruit.
As skaap gelei ter slagting
het Hy geen woord ge-uit.
Hy is vir ons oortreding
verneder en deurboor,
sodat ’n nuwe kudde
geen oordeelswoord meer hoor.
3. Om sondaars te regverdig
het Hy die prys betaal.
Vir mense kom die vryspraak
slegs soos Gods reg bepaal.
Wat voluit ongehoord is,
het Christus so verrig –
deur juis in lydensdonker
ons lewens te verlig.
#382 Hoor hoe die Seun van God bespot word
1. Hoor hoe die Seun van God bespot word
deur sondaars wat hul Koning hoon.
Kyk hoe sy heerlikheid vertrap word
deur mense wat sy godheid loën.
2. Sien jul die Seun se selfverloëning,
sy stryd, sy lyding en sy dood?
Dit is die prys van ons verlossing;
geen offer was vir Hom te groot.
3. Oor graf en dood word Hy oorwinnaar;
God wek Hom uit die dood met krag.
Hy word die Heer oor alle magte;
oor al wat leef voer Hy gesag.
4. Heer, ons is veilig in u hande,
in stryd en lyding, pyn en nood.
U is ons hoop deur alle tye;
u liefde dra ons deur die dood.
#383 Die Heiland sterf; die dag word duister
1. Die Heiland sterf; die dag word duister
waar Hy vir sonde ly
só sonder eer en sonder luister
wyl die soldate stry.
Sy gees beveel Hy aan sy Vader.
Hy spreek geen kruiswoord meer.
En uit sy wond kom bloed en water
asof die dood regeer!
2. Hy sterf vir ons, so diep verlore,
vir ons stort Hy sy bloed.
So word ons nou, uit God gebore,
hernu in ons gemoed.
Laat ons Hom dan nou dankbaar nader
wat só uit liefde ly;
deur Hom het ons in God ’n Vader
wat ewig Vader bly.
3. Hy wat vir al ons skuld deurboor is,
het hier geen stryd ontsien –
Hom, wat in al sy angs verhoor is,
kan ons vrymoedig dien!
Hy’s by die Vader, hoog verhewe,
volmaak in heerlikheid,
maar deur sy Gees is Hy ons lewe
vir tyd en ewigheid.
#384 Jesus, o dink aan my
{Taize}
{Bybel: Lukas 23:42}
1. Jesus, o dink aan my
wanneer U, Heer,
in U ryk kom.
Jesus, o dink aan my
wanneer U, Heer,
in U ryk kom.
2. Jesus, remember me when You come into
your kingdom.
Jesus, remember me when You come into
your kingdom.
#385 Loof, loof die Here – dis volbring
1. Loof, loof die Here – dis volbring:
die worsteling in bange duister.
Die son het van die hemeltrans
die kruis omglans met nuwe luister.
Dit is volbring, volmaak volbring:
Christus oorwin die dood volkome.
Halleluja – dit is volbring:
Gods goedheid vloei in volle strome.
2. Laat dié wat dors het nou na Hom
met vreugde kom uit dor woestyne:
Hy is die rots – o, neem dit aan! –
vir ons geslaan tot heilsfonteine.
Triomf, triomf, sing wêreldrond,
sing uit een mond: Ons is vergewe!
Ja – Halleluja! – dis volbring.
Aan Christus lof: Hy is ons lewe!
#386 Jesus, dit wat U moes ly
1. Jesus, dit wat U moes ly,
bly in my gedagte.
U maak ons van sonde vry,
vry van bose magte.
Deur u bloed is ons verlos;
word ons skuld vergewe.
Angs en dood het dit gekos,
Jesus, Bron van lewe.
2. Aan die kruis het U geroep
in u sterwenslyding,
en dié roep: “Dit is volbring!”
is die blye tyding.
U was vir ’n sondaar borg,
wat langs U gesterf het
neem my in u liefdesorg;
dink aan my ook, Here.
#387 O Heer, uit bloed en wonde
{Dieselfde wysie: 387, 388, 389}
1. O Heer, uit bloed en wonde,
uit kruishout haat en hoon
blyk duid’lik hoe die sonde
die liefde ru beloon!
U liefde bring genesing
al is met U gespot.
U liefde skenk vergewing,
en wil versoen met God.
2. Verlate van u vriende,
verlate Worstelaar;
verlate van die Vader
verlate Middelaar!
Net pyn en dors en duister
is by U in u nood;
ontdaan van aardse luister,
oorwin U tog die dood!
3. U vasgenaelde hande,
u spiesverwonde sy
spreek wyd oor alle lande:
Só moes die Christus ly!
Vervloek, om te ontsondig,
verlate, om te vind;
moes sterf om te verkondig:
Deur My word jy Gods kind.
4. Ek dank U, Heer, van harte
dat U, Verlosser, Vriend,
vir my die bitter smarte
gely het, onverdiend!
Waar ek hier ook mag swerwe,
dié troos sal ek behou
dat as ek eenmaal sterwe,
ek, Heiland, U aanskou.
#388 Die Woord het deur die eeue
{Dieselfde wysie: 387, 388, 389}
1. Die Woord het deur die eeue
die boodskap reeds gebring
van Jesus se geboorte
en sy vernedering.
Wie sou Hom só verwag het,
só sonder koningskroon?
As menseseun gebore,
het Hy by ons kom woon.
2. Hy is verag deur mense;
met krankheid ook bekend,
omdat Hy al ons smarte
gedra het tot die end.
Deurboor vir ons oortreding
en ongeregtigheid,
gewond vir ons genesing,
bring Hy die saligheid.
3. Aan sondaars gee U vrede,
ons straf het U gedra,
mishandel, onderworpe –
Gods Lam op Golgota.
Ons buig in dank, o Here,
al kan ons nie verstaan
dat Jesus vir die sondaars
op só ’n pad wou gaan.
#389 Is dit, is dít my Koning
{Dieselfde wysie: 387, 388, 389}
1. Is dit, is dít my Koning
kyk daar, aanskou die Mens!
Is dit, is dít sy kroning
wie het dit só gewens?
Is dit sy konings-hulde
dié riet, dié kleed, dié kroon?
Boet Hy só vir my skulde,
word só Gods Seun vertoon!
2. Ja, ek kos Hom die slae,
die smarte en die hoon.
Vir my hang Hy, verlate
en naak, met doringkroon.
Vir my was daardie wonde,
vir my moes Hy daar staan;
Hy moes vir al my sonde
die bitt’re kruisweg gaan.
3. O Jesus, Man van smarte,
o Liefde onbegrens,
skryf diep in alle harte
die woord: “Aanskou die Mens!”
O laat my nooit vergeet nie
dié kroon, dié kleed, dié riet!
Geen groter troos in leed nie
dis ook vir my geskied!
#390 Ons kniel hier voor u voete neer
1. Ons kniel hier voor u voete neer
en hoor die hemelkore:
hul loof en prys en roem u eer
oor ons, eens so verlore.
2. U liefde is onpeilbaar groot,
ontsien nie om te ly nie.
Geen kruis stuit U, geen vloek, geen dood
om sondaars te bevry nie.
3. Die Lam wat vir ons sondes boet
oorwin die hel se magte.
Hy koop ons met sy dood, sy bloed,
uit duisende geslagte.
4. Tot priesters deur u bloed gewy,
is al ons skuld vergewe.
U maak ons konings, heel en vry,
om tot u eer te lewe.
#391 Vervul, o Heer
1. Vervul, o Heer,
my hart met stille wyding
waar ek herdenk die
diepte van u lyding,
hoe U daar aan die kruis
vir my gesterf het;
my heil verwerf het.
2. O Heiland,
U’t gely vir ons versoening;
by God bring U vir al
ons skuld voldoening;
die saligheid is deur u lydensbeker
vir ons verseker.
3. Ek sien U, Heer –
die Lam van God, onskuldig –
tot in die dood
gehoorsaam en geduldig.
O Liefde, ek aanskou in al u wonde
die vloek van sonde!
4. U lyding breek my
trotse hart en rede;
dit buig my neer,
en skep in my u vrede;
dit bring die heil wat my,
Gods teëstander,
tot vriend verander.
5. Net deur u offer
word ons skuld vergewe!
Sou ek dan na my eie wil nog lewe?
Sou ek nie, Heer,
waar U so swaar moes ly nie,
my hart U wy nie?
6. As ek beangs en skuldig voor U bewe,
dan laat u kruis, o Heer,
my hoop herlewe.
Aan U, o Heiland,
Leidsman, Vors van vrede,
my dankgebede.
#392 O Lam van God, onskuldig
O Lam van God, onskuldig,
wat vir ons skuld geslag is;
lankmoedig en geduldig,
hoe diep U ook verag is
U wou ons sondelas kom dra,
dit was Gods welbehae!
Ontferm U oor ons, Jesus.
Gee U ons vrede, Jesus.
#393 Middelpunt van ons verlange
1. Middelpunt van ons verlange,
U bring rus in ons gemoed!
Jesus, met ons dankgesange
loof ons steeds u liefdegloed!
Op ons diepbedorwe aarde
het U, Heiland, neergedaal
en vir elke skuldbeswaarde
met u kosbaar bloed betaal.
2. Jesus, al u angs en smeking,
eensaam in Getsemane –
dit was liefdevol bereken
om ons ware rus te gee.
Heer, U het, gedring deur liefde,
self die kruis vir ons gedra.
En U sterf – die Sondelose –
in ons plek op Golgota.
3. Heiland, U peil ons verlange:
dieptepunt en verste vlug.
Uit ons soeke, twyfel, angste
lei U ons na God terug.
U laat vind ons, deur u lyding,
ware vrede, ware rus.
U gee ons met dié bevryding
weer spontane lewenslus.
4. Heer, in liefde wek U liefde,
U kom met ons vóór begin:
U laat groei in ons die visie
van ’n nuwe lewensin.
U skenk nuwe inspirasie
om te bid, te volg, te dien.
Middelpunt van ons verlange,
U het rus aan ons voorsien.
#394 O Christus, ek het in u lyding
1. O Christus, ek het in u lyding
die prys wat liefde vra, gesien:
en met verskrikking, maar met blydskap,
weer eens besef dat liefde dien.
2. U offer, Heiland, laat ons altyd
en onvervreembaar U s’n wees.
U gee Uself dat ons kan lewe,
wek ons, en lei ons deur u Gees.
3. Laat, Heer, u trou en reg en vrede,
u liefde deur ons lewe stroom –
dan dra ons vrugte van bekering:
U kruis is, Heer, ons lewensboom.
#395 My Verlosser aan die kruis
1. My Verlosser aan die kruis –
die Geneser, eens so kragtig,
nou onmagtig?
Waar is tog sy almag tans,
waar sy goddelike glans?
2. My Verlosser aan die kruis
ly vir sonde, smart en pyne
ook vir myne!
Van die vloek maak Hy my vry
en sy sterwe red ook my.
3. My Verlosser aan die kruis
ja, die beker van sy lyding
bring bevryding.
Brand, my hart, ontbrand in gloed
teenoor Hom, so groot, so goed!
#396 Aanskou die Heiland, sien die kruis
1. Aanskou die Heiland, sien die kruis –
die Hemelvors, verag, verguis.
Vir my het Hy Hom daar laat hang.
Hy leef, Hy sterf – in my belang.
2. Hy hang, van God en mens verlaat,
Hy seën waar ander spot en haat.
Hy bly verdra, vergeef, versoen –
in só ’n redder sal ek roem.
3. Vir al my skuld het Hy betaal;
vir my in helle-angs gedaal.
Sy kruis, sy liefde onbegrens,
ontsluit in my ’n nuwe mens.
4. Hom kan ek nou met vreugde dien
in ruimte deur sy kruis voorsien.
’n Liefde so volmaak en vry
eis alles, alles ook van my.
396B When I survey the wondrous cross
{Taal: Engels}
1. When I survey the wondrous cross
on which the Prince of glory died,
my richest gain I count but loss,
and pour contempt on all my pride.
2. Forbid it, Lord, that I should boast
save in the death of Christ, my God!
All the vain things that charm me most,
I sacrifice them through his blood.
3. See, from his head, his hands, his feet,
sorrow and love flow mingled down.
Did e’er such love and sorrow meet,
or thorns compose so rich a crown?
4. Were the whole realm of nature mind,
that were a present far too small.
Love so amazing, so divine,
demands my soul, my life, my all.
#397 Ontsluit, o Heer, ontvlam ons hart
1. Ontsluit, o Heer, ontvlam ons hart
laat dink ons aan u lyding.
U het vir ons die hel se smart
gedra tot ons bevryding.
Ons kan u liefde nooit verstaan,
maar deur geloof gryp ons dit aan
dat U vir óns gely het.
Laat ons in dankbaarheid, o Heer,
U altyd met ons lewe eer,
omdat U ons bevry het.
2. Al het U in die tuin gesmeek
dat daardie bitter beker
aan U verby mag gaan, o Heer,
het U dit nie geweier.
Dié beker, U deur God geskink,
het U gehoorsaam leeg gedrink
waar U die stryd gestry het.
Wat kan ’n sondaar meer begeer?
Ons buig in dankbaarheid, o Heer,
voor U wat ons bevry het.
3. Die gésel het u vlees gebreek
u vlees as offerande;
die dorings het u hoof gesteek
die kroon uit sondaarshande.
U kies die weg van Golgota,
U wóú die straf vir sondaars dra
deur aan die kruis te sterwe.
U het die Raad van God volbring,
ons kan dit nooit genoeg besing
U sterwe bring die lewe.
#398 Kyk daar
{Kanon}
Kyk daar,
kyk die Lam van God,
wat die wêreldsonde dra.
#399 Aan die tafel met die Paasmaal
1. Aan die tafel met die Paasmaal,
breek die Here self die brood:
Dis my liggaam, dis vir julle;
dink aan My en aan my dood.
Drink nou almal uit die beker,
dis my bloed wat vryspraak bring.
So verkondig jul my sterwe,
so sal redding wyer kring.
2. In die tuin aan die Olyfberg
het die Heer beangs gaan bid
en geworstel met sy Vader
tot sy sweet soos bloed bly drup:
Vader, neem die lydensbeker,
neem dit tog by My verby!
Tog geskied u wil, o Vader!
My verraaier is naby.
3. Met ’n soen word Jesus Christus
deur ’n volgeling verraai;
nog ’n volgeling verloën Hom
voor die haan se derde kraai.
Sonder volgeling of vriende
is die Heer alleen dié nag.
In die steek gelaat moes Jesus
op sy kruis, sy sterwe wag.
4. Na ’n nag van ondervraging,
na ’n nag van géseling
word die Heer ter dood veroordeel,
word Hy na die kruis gebring.
Met die spykers, met die slae,
deur die marteling, die spot,
wys die diepte van die liefde
van ons Here, van ons God.
5. In die pyn, daar aan die kruishout,
klink sy woorde, sewe keer –
woorde van vergifnis, liefde,
en aanvaarding deur die Heer;
ook die woorde van alleenheid
en die uitroep: “Ek het dors!”
“Dis volbring”, “Ek gee my gees oor”
en sy hoof sak op sy bors.
#400 Juig, juig in Hom
Juig, juig in Hom,
ons Heiland aan die kruis,
tot elke tong en taal Hom eer bewys.
1. Kom, volk van God,
kom volg Hom waar Hy lei,
want Hy is Oorwinnaar,
selfs wanneer Hy ly.
Juig, juig in Hom,
ons Heiland aan die kruis,
tot elke tong en taal Hom eer bewys.
2. Lydende Kneg,
maar Vors van vorste – Hy!
En ons as sy knegte
ken sy heerskappy.
Juig, juig in Hom,
ons Heiland aan die kruis,
tot elke tong en taal Hom eer bewys.
3. Ons dra sy teken,
Hy het ons verseël,
gekoop met sy bloed
uit elke wêrelddeel.
Juig, juig in Hom,
ons Heiland aan die kruis,
tot elke tong en taal Hom eer bewys.
4. Laat elke volk en stam
die boodskap dra
van Hom en sy kruis –
die prys van Golgota.
Juig, juig in Hom,
ons Heiland aan die kruis,
tot elke tong en taal Hom eer bewys.
5. Kom, volk van God,
loof Christus vir sy kruis;
kom sing ’n triomflied,
laat ons Jesus prys!
Juig, juig in Hom,
ons Heiland aan die kruis,
tot elke tong en taal Hom eer bewys.
#401 Wie sal ons glo as ons vertel
1. Wie sal ons glo as ons vertel
wat God se Kneg moes ly.
Verag en deur sy volk verstoot
moes Hy die doodstryd stry.
2. Die Man van lyding ken die pyn,
deur God en mens verstoot.
Vir ons oortredings hang Hy daar –
ons straf kos Hóm die dood.
3. Deurboor, verbrysel en geslaan –
dra Hy ons sondeskuld.
Hy neem ons lyding op Homself
in stilte, met geduld.
4. Ja, Jesus Christus, Lam van God,
U is vir ons geslag.
U diepe lyding maak ons vry
van skuld- en sondemag.
Paasfees
#402 Die Heer het waarlik opgestaan
1. Die Heer het waarlik opgestaan.
Halleluja. Halleluja –
Die dood se mag is nou verslaan.
Halleluja! Halleluja!
2. Hy het nie in die graf gebly.
Halleluja. Halleluja –
Hy is die hoop wat ons bely.
Halleluja! Halleluja!
3. Hy het die graf en dood oorwin.
Halleluja. Halleluja –
Sy lewe gee ons nuwe sin.
Halleluja! Halleluja!
4. Nou kan ons almal vrolik wees.
Halleluja. Halleluja –
Ons sing nou bly, vier Christusfees.
Halleluja! Halleluja!
#403 Christus het opgestaan
1. Christus het opgestaan,
Hy het uit die graf gegaan.
Ja waarlik, Hy het opgestaan,
loof die Vader, prys sy Naam.
Halleluja! (Kyrieleis)
2. Halleluja! Halleluja!
Beeindig is die dood se mag,
Christus leef, dis ewig dag,
Halleluja! (Kyrieleis)
#404 Ons juig weer oor ’n leë graf
1. Ons juig weer oor ’n leë graf,
’n steen wat weggerol is,
u heerlikheid, triomf en krag
waarvan die aarde vol is!
O seën hierdie Paasfeestyd.
U het verrys met majesteit,
o Koning van die lewe.
2. Die engele het daar verskyn;
vertel van al u werke.
Die vroue haas hul van die tuin,
hul vreugde ken geen perke.
Die Heer het waarlik opgestaan
en Hy het ons vooruit gegaan.
Loof Hom, die Heer, die Sterke!
#405 Roem al wat leef die Heer se dag
1. Roem al wat leef die Heer se dag-
die glorie-teken van sy mag!
Bo alle magte is Hy groot,
Hy is oorwinnaar oor die dood.
2. Geen doodse bande kon Hom keer
dat Hy oor sonde triomfeer.
Die leë graf spreek elkeen aan:
Die Lewensvors het opgestaan!
3. Wie met Hom sterf, sal met Hom leef-
ons sondeskuld het Hy vergeef.
Hy leef – ons deel sy heerlik lot:
Hy leef, ons redder en ons God.
4. Aan Hom wat was en is en bly,
word al ons lof en dank gewy.
Verhoog sy Naam en majesteit
en roem Hom tot in ewigheid!
#406 Ons loof U, Vader, op die troon!
1. Ons loof U, Vader, op die troon!
U Seun het onder ons kom woon.
Hy het u beeld aan ons vertoon.
Ons loof U, Here!
Ons loof U, Here!
Halleluja!
2. U liefde, Heiland, is so groot,
U dra ons straf, oorwin die dood
en is vir ons die lewensbrood.
Ons loof U, Here!
Ons loof U, Here!
Halleluja!
3. U het vir ons die weg berei
wat na die Vaderwoning lei.
Daarom aanbid en sing ons bly.
Ons loof U, Here!
Ons loof U, Here!
Halleluja!
4. Aan U behoort die majesteit,
ons roem u krag en heerlikheid
en loof U tot in ewigheid.
Ons loof U, Here!
Ons loof U, Here!
Halleluja!
#407 Triomf, triomf, Immanuel!
1. Triomf, triomf, Immanuel!
Die Heer oorwin die dood en hel
ná bitter stryd en lyding.
Hy, God-met-ons, Hy het oorwin,
lei ons die Vaderwoning in –
laat deel ons sy bevryding!
Triomf, triomf, verlossingsdag-
die Heil’ge Gees verklaar met krag
Hy’s Seun van God die Vader.
Hy heers, en elke vyand sien
hoe dat sy volk Hom dankbaar dien,
Hom loof vir sy genade.
2. Triomf, die Heer het opgestaan!
Die laaste vyand is verslaan,
geen mag hou Hom gebonde.
Wie in Hom sterf, sal met Hom leef;
wie skuld bely, dié word vergeef:
deur Christus vry van sonde.
Hy, heerlik aan Gods regterhand,
Hy stuur vir ons die Gees as pand-
die Gees laat ons herlewe.
Ons, deur sy wonderkrag bevry,
bly oor en oor sy woord bely:
Hy leef, en jul sal lewe!
#408 Dit is die dag, die Heer se dag!
1. Dit is die dag, die Heer se dag!
Die Heiland leef, oorwin die graf
verbreek sy mag verdryf die nag.
2. Die Heer verrys in môrelig.
Getroues sien sy aangesig
en bring met blydskap dié berig.
3. Halleluja. Halleluja.
Halleluja. Halleluja.
Die Heiland leef, is uit die graf!
#409 Hoor jy die Paasfeesklokke?
1. Hoor jy die Paasfeesklokke?
Hul lui van vroegdag af;
hul jubel oor die wêreld:
Die Heer is uit die graf!
Hy, Christus, die oorwinnaar,
is uit die donker uit!
Die Heer, die sleuteldraer,
sal ook my graf ontsluit.
2. Hoor jy die Paasfeesklokke?
Die Heer het opgestaan!
Hy het vir al ons sonde
Hom aan die kruis laat slaan.
In Hom is nuwe lewe,
sy graf is leeg en oop.
Hy gaan ons voor – verheerlik –
en ons kan op Hom hoop!
3. Hoor jy die Paasfeesklokke?
Die Heer voer heerskappy –
Hy heers oor alle dinge,
sy bloed het ons bevry.
Ons sal met Jesus opstaan,
die lewenskroon verkry.
Ons hoor die Paasfeesklokke
wat oor die wêreld lui.
#410 Ja, Jesus het verrys!
1. Ja, Jesus het verrys!
Hy breek die dood se greep,
Hy bring die lewe.
Die graf kon Hom nie hou.
Versoening is verwerf,
ons word vergewe.
Die wagte voor die graf,
die klip wat goed verseël was –
vergeefs dat mense poog
om Hom daarin te kerker.
Hy lewe, Hy lewe,
Oorwinnaar en Heilbewerker.
2. Die kruisweg moes Hy gaan
om sondaars te verseker:
God vergewe.
Die prys het Hy betaal,
sy dood en graf is waarborg van die lewe
Met lyding, dood en graf
voltooi Hy nie sy taak nie.
Hy moes die graf ontsluit –
tóé volg die vrug in oorvloed:
Ons lewe, ons lewe,
want Jesus bring lewe, oorvloed.
#411 Kom, almal, laat jul stem verrys!
{Dieselfde wysie: 411, 456 (half toon laer)}
1. Kom, almal, laat jul stem verrys!
Kom, laat ons die Verlosser prys.
Halleluja! Halleluja!
Die Heer laat duisternis verdwyn:
Hy is die lig wat helder skyn;
Loof die Here, gee Hom ere.
Halleluja! Halleluja! Halleluja!
2. Loof Hom wat die oorwinnaar is
oor magte van die duisternis.
Halleluja! Halleluja!
Hy gee die gawe van sy Gees,
stuur Hom om ons tot troos te wees.
Loof die Here, gee Hom ere.
Halleluja! Halleluja! Halleluja!
3. Prys almal die verrese Heer;
Hy kom op wolke eenmaal weer
Halleluja! Halleluja!
Sou son en maan en sterre swig,
God bly in ewigheid die lig.
Loof die Here, gee Hom ere.
Halleluja! Halleluja! Halleluja!
#412 Jesus Christus lewe
{Dieselfde wysie: 412, 495, 496}
1. Jesus Christus lewe.
Hy gee ons sy vrede,
Hy tree vir ons in.
Honger, naaktheid, lyding –
niks bring ooit weer skeiding,
want Hy het oorwin.
Hoogte, diepte, dood, gevaar,
niks wat ons ooit hier sal ly nie,
kan ons van Hom skei nie.
2. Vrygespreek deur Christus,
leef ons as verlostes –
Hy’t vir ons gely.
Wie kan ons nog teenstaan,
wie kan ons veroordeel?
God self spreek ons vry!
Jesus Christus pleit vir ons –
deur sy liefde maak Hy sondaars
saam met Hom oorwinnaars.
#413 Loof God die Heer
Loof God die Heer,
loof God die Heer.
Halleluja.
Halleluja.
1. Kom, koningseuns en -dogters saam,
besing die Lewensvors se Naam.
Die graf en dood is nou verslaan.
Halleluja.
2. Vroeg Sondag met die eerste lig,
hul oë op die graf gerig,
sien vroue daar ’n helder lig.
Halleluja.
3. Die klip is weg, ’n engel praat –
die Here het die graf verlaat.
Vol blydskap gaan hul daaroor praat.
Halleluja.
4. Die Heer het waarlik opgestaan.
Kom, jubel met die vroue saam:
Die graf en dood is nou verslaan!
Halleluja.
Loof God die Heer,
loof God die Heer.
Halleluja.
Halleluja.
#414 Juig, verlostes, juig en sing
{Diskant}
1. Juig, verlostes, juig en sing.
Halleluja! Halleluja!
Jesus het die dood oorwin.
Halleluja! Halleluja!
Hy het uit die graf gegaan.
Halleluja! Halleluja!
Loof ons Koning, prys sy Naam.
Halleluja! Halleluja!
2. Hy het klaar die stryd gestry.
Halleluja! Halleluja!
Lewe is vir ons verkry.
Halleluja! Halleluja!
Roem die Vors wat leef en heers.
Halleluja! Halleluja!
God se volk vier ewig fees.
Halleluja! Halleluja!
414B Christ the Lord is risen today!
{Taal: Engels}
1. Christ the Lord is risen today!
Alleluia!
All creation, join to say:
Alleluia!
Raise your joys and triumphs high:
Alleluia!
Sing, o heavens, and earth, reply:
Alleluia!
2. Love’s redeeming work is done,
Alleluia!
Fought the fight, the battle won;
Alleluia!
Death in vain forbids him rise;
Alleluia!
Christ has opened paradise.
Alleluia!
3. Lives again our glorious King;
Alleluia!
Where, o death, is now your sting?
Alleluia!
Once he died, our souls to save;
Alleluia!
Where your victory, o grave?
Alleluia!
4. Soar we now where Christ has led,
Alleluia!
Following exalted Head;
Alleluia!
Made like him, like him we rise;
Alleluia!
Ours the cross, the grave, the skies.
Alleluia!
5. Hail the Lord of earth and heaven!
Alleluia!
Praise to you by both be given;
Alleluia!
Risen Christ, triumphant now;
Alleluia!
Every knee to you shall bow.
Alleluia!
#415 Jesus leef, en ons met Hom!
1. Jesus leef, en ons met Hom!
Dood, wie sou vir jou nog bewe?
Jesus lewe en daarom
wek Hy ons tot nuwe lewe.
Laat ons dan die dood nie vrees
Hy laat ons oorwinnaars wees!
2. Jesus leef – verheerlik Hom!
Kyk, geen graf hou Hom gevange.
Jesus leef – en ek met Hom:
weg is nou die dood se angel.
Nuut sluit Hy die toekoms oop.
Hy gee my ’n vaste hoop.
3. Jesus leef, en maak die dood
nou vir my die poort tot lewe.
Hy, oorwinnaar, ewig, groot,
sal getrou my nooit begewe.
Word my aardse huis gesloop –
Hy is Lewe; Hy is Hoop!
#416 Jesus het die dood deurbreek
1. Jesus het die dood deurbreek
waardeur alles ingeperk was,
en die grens so oorgesteek
waardeur eindigheid bewerk was.
Uit sy dood kom lewe voort,
só ontstaan ’n deurgangspoort.
2. Jesus het die dood verslaan!
So leef Hy nou by die Vader.
Hy het almal voorgegaan
wat Hy tot Hom wil vergader.
In sy woning maak Hy plek
dat sy mense in kan trek.
3. Jesus het die dood oorwin!
Hy is daarom Lewenskoning,
en sy ryk het reeds begin –
maar daar wag nog ’n bekroning.
Waar die aarde sterk na smag,
sal dan aanbreek deur sy mag.
#417 Jesus, ons eer U, opgestane Heer
1. Jesus, ons eer U, opgestane Heer.
Lewensvors en Koning, U het triomfeer!
Hoe was U verneder, hoe het U gely;
hoe is U verheerlik! U voer heerskappy.
Jesus, ons eer U, opgestane Heer.
Lewensvors en Koning,
U het triomfeer!
2. Jesus, ons eer U, opgestane Heer,
omdat U oorwin het, sal ons triomfeer!
Hoe was ons gebonde,
hoe was ons verkneg.
U bevry tot lewe, baan vir ons die weg.
Jesus, ons eer U, opgestane Heer,
nou het ons ’n toekoms:
lewe by ons Heer!
#418 Blye môre, blyste van die dae
Blye môre, blyste van die dae,
dag van die verrysenis –
dag waarop, in God se welbehae,
U oor dood oorwinnaar is!
Heer, U leef, U breek die dood se bande
en laat leef ons deur u offerande.
Lewend kom U by ons staan,
bind ons in gemeenskap saam.
#419 Die kruis is kaal, die graf is leeg
1. Die kruis is kaal, die graf is leeg,
ons Heer het opgestaan,
en deur sy kerk klink bly die woord:
Hy’t waarlik opgestaan!
2. Ons lewe in die Seun se lig,
lag vir die dag wat kom,
want dood en sonde heers nie meer:
Ons het verrys in Hom!
#420 Daar klink ’n lied, daar juig ’n stem
1. Daar klink ’n lied, daar juig ’n stem,
dit klink oor heel Jerusalem.
’n Helder nuwe dag breek aan –
die Seun van God het opgestaan.
2. Geen graf se donker kon Hom hou,
Hy is oorwinnaar oor ons rou,
want Hy staan op beklee met mag.
Hy het die dood oorwin met krag.
3. Die dood is dood, ons vrees nie meer,
ons lewe saam met Christus, Heer;
wie in geloof op Hom vertrou,
sal ook sy heerlikheid aanskou.
#421 Die Here Jesus lewe
1. Die Here Jesus lewe,
Hy het die dood oorwin.
Met krag is Hy oorwinnaar:
Ons toekoms het begin.
Hy gee ons hoop en vrede,
ons kan weer voorwaarts gaan,
want Jesus is ons Here,
Hy’t klaar ons weg gebaan.
2. Die Here Jesus lewe,
Hy’t hemel toe gevaar.
Hy heers daar as die Koning:
Ons word deur Hom bewaar.
Laat ons met moed en ywer
ons roeping hier volbring,
want Jesus is óns Koning,
Hy gee ons lewe sin.
3. Die Here Jesus lewe,
Hy kom ons eendag haal.
Hy sal ons dan laat aansit
by sy Messiasmaal.
Kom, laat ons Hom verheerlik,
sy liefde nou besing,
en, saam met als wat lewe,
aan Hom ons hulde bring
#422 Die Heer, die Heer het opgestaan!
1. Die Heer, die Heer het opgestaan!
Die Heer het wáárlik opgestaan!
Vir sondaars het die Heer gesterf,
die lewe deur sy dood verwerf!
Oorwinning is vir ons verkry
oor sondemag en -heerskappy.
2. Die Heer, die Heer het opgestaan!
Die Heer het wáárlik opgestaan!
Die Here leef; die Here bly
ons in die aardse stryd naby.
Hy het oorwin die dood, die hel.
Ons kan dit wêreldwyd vertel!
3. Die Heer, die Heer het opgestaan!
Die Heer het wáárlik opgestaan!
Aan Hom die lof, die roem en eer,
Hy laat ons mét Hom triomfeer.
Laat ons, o Here, deur u Gees,
afhanklik én oorwinnaars wees.
#423 Kom laat ons almal vrolik
1. Kom laat ons almal vrolik
voor God die Here sing!
Laat heel die aarde juigend
aan Jesus hulde bring!
Ons Heiland is oorwinnaar,
Christus is oorwinnaar,
Hy’t waarlik opgestaan!
2. Die sonde met sy smarte
is aan die kruis verslaan.
Nou kan ons vol van vreugde
na God ons Vader gaan.
Ons Heiland is oorwinnaar,
Christus is oorwinnaar,
Hy’t waarlik opgestaan!
3. Laat alles wat hier lewe
die Heer se liefde prys,
want Christus het na lyding
weer uit die graf verrys!
Ons Heiland is oorwinnaar,
Christus is oorwinnaar,
Hy’t waarlik opgestaan!
#424 Jesus het die dood oorwin
{Diskant}
1. Jesus het die dood oorwin,
daarom kan ons juig en sing!
Die Heer het waarlik opgestaan!
Halleluja!
2. Vrouens van Jerusalem,
hoor verras ’n engelstem.
Die Heer het waarlik opgestaan!
Halleluja!
3. “Hy wat dood was, lewe weer”,
deel die engel hulle mee.
Die Heer het waarlik opgestaan!
Halleluja!
4. Leeg die graf! Hy’t opgestaan,
en ons só vooruitgegaan.
Die Heer het waarlik opgestaan!
Halleluja!
Jesus het opgestaan!
Halleluja!
Halleluja!
Halleluja!
Hemelvaart
#425 Kyk die Heer het opgestaan
1. Kyk die Heer het opgestaan. Halleluja!
kyk die graf het oopgegaan. Halleluja!
Christus het vir ons gesterf. Halleluja!
lewe deur sy dood verwerf. Halleluja!
2. Kyk die Heer het opgevaar. Halleluja!
Hy is by die hemelskaar. Halleluja!
Hy heers op die hoogste troon. Halleluja!
daar is Hy met eer gekroon. Halleluja!
3. Eenmaal sal ons by Hom wees. Halleluja!
dan vier ons vir ewig fees. Halleluja!
Ons sal voor Hom sing en juig. Halleluja!
Hom vir ewig dank betuig. Halleluja!
4. Kom laat ons sy Naam besing. Halleluja!
Hom ons lofbetuigings bring. Halleluja!
Laat ons met ontsag Hom noem. Halleluja!
Hom met vreugdesange roem. Halleluja!
#426 Ons sing nou bly ons vreugdelied
1. Ons sing nou bly ons vreugdelied
en juig in onse Here;
dis Hy wat hemelvreugde bied;
ons sing sy Naam ter ere!
Die Heer het waarlik opgevaar;
ons weet sy Woord bly ewig waar –
Hy is ons Hoof en Here!
2. Hy maak nou vir ons plek gereed
by God, ons Heer en Vader;
en deur sy offer kan ons weet
dat ons tot God mag nader!
Laat ons Hom daarvoor loof en prys;
sy Naam roem en Hom eer bewys –
Hy lei ons na die Vader!
#427 Alle volke, loof die Koning!
1. Alle volke, loof die Koning!
Oorwinnend gaan Hy na sy woning,
in goddelike majesteit.
Op ’n wolk voor mense-oë
onpeilbaar deur die hemelboë,
vaar Hy omhoog in heerlikheid.
Aan God se regterhand
hou Hy sy werk in stand.
Loof die Koning!
Buig voor Hom neer,
bring aan Hom eer:
Oorwinnaar, Redder, Christus – Héér!
2. Loof die Koning, alle volke!
Hy kom weer eendag op die wolke –
as Regter kom en oordeel Hy.
Uit die grafte kom die dooies;
voor Hom kniel almal, slegtes, goeies,
waar Hy die bokke, skape skei.
Erken die Hoogste Heer,
gee Hom sy Koningseer:
Halleluja!
Kom, huldig Hom,
dank en loof Hom
wat was, wat is, wat weer sal kom.
#428 Loof Christus, roem sy wonderdae
1. Loof Christus, roem sy wonderdae,
sy almag, liefde en genade.
Hy’t na die Vader opgevaar,
maak daar vir ons ’n woonplek klaar
dat ons ook deur Hom op kan staan
en dankbaar na die Vader gaan.
2. Hy is ons Voorspraak by die Vader;
deur Hom tree ons vrymoedig nader.
Hoe groot ons sondeskuld ook is,
volkome word dit uitgewis.
Wie soek, sal vind; wie klop in hoop,
vind so die poort na God toe oop.
3. Hy hoor die dank- en smeekgebede
van ons, sy swakke aardse lede.
Hy toon aan ons sy trou en mag:
sy las is lig, sy juk is sag.
Het ons nie raad nie, weet ons dit:
Hy is by ons, Hy leer ons bid.
4. Loof Christus, roem sy wonderdade –
hoe groot sy liefde en genade!
Hy heers omhoog en wêreldwyd.
Hy vestig hier sy koninkryk:
ontelbaar hul wat op kan staan,
vrymoedig na die Vader gaan.
#429 Die Heer regeer, Hy’t opgevaar
1. Die Heer regeer, Hy’t opgevaar,
die dood kon Hom nie hou nie.
Sy almag sal ook óns bewaar
wie sal op Hom nie bou nie?
2. Kom sing dan nou ’n loflied saam;
Hy roep ons na sy woning.
Kom prys die allergrootste Naam
van Hom, ons Heer en Koning.
3. Sy kerk, gegrondves in sy bloed,
sal vir geen vyand skrik nie;
geen onheilsmag, hoe fel dit woed,
kan ons aan Hom ontruk nie.
4. Die Lam van God sien al ons nood
en neem op Hom ons sonde.
Ja, liefde, onbegryplik groot,
bloei vir ons uit sy wonde.
5. Dis Hy wat oor sy volk regeer,
ook in hul aardse woning.
As regter kom Hy eenmaal weer
met straf of met beloning.
Pinkster
#430 Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk
1. Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk,
U wat vernuwe, ons versterk.
Vul self u skepping, Heil’ge Gees,
met krag op hierdie Pinksterfees.
2. U is die trooster wat ons lei,
geskenk van God wat by ons bly!
U, Lewensbron, van bo gestuur,
deurgloei ons met u liefdevuur!
3. Bestraal ons, Bron van alle lig,
en toon ons God se aangesig.
Deur U geheilig, spreek ons mond,
eer ons u dade oral rond.
4. Gee helder lig aan ons verstand
en laat u liefde in ons brand.
Ons self is nog so swak, ons wag
dat U ons sterk met Pinksterkrag.
5. Help ons die vyand teen te staan,
in vrede op ons pad te gaan.
Trek U as leidsman voor ons uit,
word alle bose mag gestuit.
6. Gee dat ons geest’lik helder sien,
die Vader, Seun in waarheid dien.
O Gees, van albei uitgegaan,
U’t ons kom troos, by ons kom staan.
7. Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk,
U wat vernuwe, ons versterk.
Vul self u skepping, Heil’ge Gees,
met krag op hierdie Pinksterfees.
#431 O Gees van Vader en van Seun
1. O Gees van Vader en van Seun,
ons voorspraak, leidsman, krag en steun,
U vul ons diepste hartsverlange:
U kom ons in die waarheid lei;
U leer ons bid, kom by ons bly –
U loof ons met ons lofgesange!
Wil steeds die goeie in ons werk,
bewaar, vermeerder en versterk.
2. U maak die Skrifte vir ons oop;
bekeerdes, deur die Gees gedoop,
ontvang met blydskap skuldvergewing.
Verlos, na liggaam en na gees,
deel hul vol vreugde in die fees.
God gee ’n nuwe heilsbedeling!
Saam breek ons brood, één in gebed,
saam loof ons God wat ons kom red.
#432 O Heil’ge Gees, aan U die eer
1. O Heil’ge Gees, aan U die eer;
U, met die Seun en Vader, Héér –
één, enig God, waaragtig!
Op Pinkster ryklik uitgestort
laat U ons God se kinders word –
sy volle heil deelagtig!
O Heer, ons Heer,
so verhewe,
rig ons denke,
wil en strewe
dat ons waarlik vir U lewe.
2. O Heil’ge Gees, ons bid U weer
– Gees van ons Vader en ons Heer –
maak van ons hart u woning!
O Lig van God wat in ons skyn;
die donker in ons laat verdwyn –
kom vul u tempelwoning!
Kom, Heer,
ons Heer;
en versier ons
met u deugde,
gee ons vreugde.
Heer, U is die hoogste vreugde.
#433 Kom, Skepper-Gees, kom gee u seën
1. Kom, Skepper-Gees, kom gee u seën
en laat die oes sing in die reën.
Die boom dra vrugte by ’n stroom
en mense pluk ’n nuwe droom.
2. Kom, Skepper-Gees, versterk geloof,
ons wêreld is vol brand en roof.
Laat ons u vrede oral stig,
’n vlam wat mense kom verlig.
3. Kom, Skepper-Gees, skenk ons u krag,
vul ons met moed vir elke dag.
Ook wanneer pyn en sorge knaag,
sal ons met ywer werk en waag.
4. U, Skepper-Gees, kom by ons bly,
dring ons om ons aan God te wy.
Leer U ons om met hoop te sug,
ons oë op ons Heer te rig.
#434 O Heilige Gees, o heilige God
1. O Heilige Gees, o heilige God,
U troos ons in ons diepste nood.
U’t uitgegaan van Vader, Seun,
om ons te lei, om ons te steun,
o Heilige Gees, o heilige God.
2. O Heilige Gees, o heilige God,
laat ons al meer gehoorsaam word.
Gee ons meer liefde vir u Woord –
ons almal wat aan God behoort,
o Heilige Gees, o heilige God.
3. O Heilige Gees, o heilige God,
laat leef ons uit die groot gebod.
Maak ons in liefde eensgesind
lojaal, steeds aan mekaar verbind,
o Heilige Gees, o heilige God.
#435 Heil’ge Gees, U bou ’n tempel
{Dieselfde wysie: 186, 244, 435}
1. Heil’ge Gees, U bou ’n tempel
deur die Woord wat kragtig werk.
U lei mense tot bekering,
bou so, wêreldwyd, u kerk.
U kom lei ons in die waarheid;
mense vind hul Vader weer.
Oral sing hul lof en eer.
Hul loof U in alle tale:
Halleluja, loof die Heer!
Loof die Heer. Halleluja!
2. Heil’ge Gees, ons gids tot lewe,
bring ons in u waarheid saam –
dan vereer ons, God se kinders,
hartlik saam die Vadernaam.
Maak ons vry van elke dwaling,
vry van alle valse leer,
een in Christus, in ons Heer.
Ons sing saam ons lofgesange.
God Drie-enig, U die eer.
Halleluja. Loof die Heer!
#436 Herskep, o Gees, laat leef, o Gees
1. Herskep, o Gees, laat leef, o Gees,
laat kom die koninkryk met mag,
laat mense tot bekering kom,
oorreed deur u oortuigingskrag.
2. O Gees, verlig ons, laat ons vind
die waarheid wat u Woord ons leer
dat ons met God en met mekaar
in Gees en liefde kan verkeer.
3. Herskep, o Gees, laat ons herleef,
maak wakker elkeen in u kerk.
Laat ons uit God se liefde leef,
en dankbaar waak en bid en werk.
#437 O Leidsman, Gees van waarheid
1. O Leidsman, Gees van waarheid,
vervul ons soos voorheen.
Skenk blydskap, lig en klaarheid;
maak ons in geesdrif één.
Kom, Heil’ge, met u vuur weer
en raak ons lippe aan,
sodat U ons kan stuur, Heer.
Laat ons met vreugde gaan.
2. O, Heil’ge Gees, bereider
van God se koninkryk!
O Helper en Bevryder,
laat Gods beeld in ons blyk!
Gee ons die krag tot dade
om in u Naam te bou,
gsterk deur u genade.
Maak ons in U getrou.
#438 Gees van God, o Gees van lewe
1. Gees van God, o Gees van lewe,
ware God van ewigheid,
laat ons nooit u wil weerstrewe,
lei ons tot gehoorsaamheid.
Stel ons in u diens al meer
wil U self u kerk regeer.
2. Lei U self u kerk se lede
om vrymoedig te getuig.
Luister na u volk se bede
as ons smekend voor U buig.
Al ons woorde is te min
tree U self tog vir ons in.
#439 O Heil’ge Gees, o God in ons
1. O Heil’ge Gees, o God in ons,
ons wil u krag besing:
Die krag wat Jesus op laat staan
en lewe in ons bring.
Maak ons oorwinnaars in die stryd
wat ons ook nou moet stry.
O Gees van God, getuig in ons,
dat ons u kinders bly.
2. O Heil’ge Gees, o Gees van God,
ons lied klink tot u eer.
Maak nuut ons lewe elke dag
soos wat u Woord ons leer.
Ons prys U, Gees van Vader, Seun,
as ware God en Heer.
Ons bid dat U ook dié gebed
sal hoor, ons God en Heer.
#440 Die Here salf ons met sy Gees
1. Die Here salf ons met sy Gees
tot diens en heiligheid –
tot koning, priester en profeet,
tot ware Christen-wees.
2. Die Gees van God bly wonderbaar
voortdurend inspireer –
dat ons met Hom en met mekaar
in liefde kan verkeer.
3. Die Heil’ge Gees gee uit die skat,
deur Christus self verdien –
sy liefde, blydskap, vrede, guns
kom Hy aan ons voorsien.
4. Wie hul laat lei deur God se Gees,
leer iets van Christen-wees –
Hy leer ons bid, getuig en dien
en liefhê sonder vrees.
#441 O Heil’ge Gees, ons Heer
1. O Heil’ge Gees, ons Heer,
wat ons in waarheid leer,
vernuwe ons gemoed
deur u genade.
Gee vreugde op die fees.
Laat ons getuies wees,
Ons wil vertel
van al u wonderdade.
2. Ons bid U, Heil’ge Gees,
laat ons gehoorsaam wees.
Gees van die Vader,
van ons Heer en Koning,
ons loof u heerlikheid
in hierdie Pinkstertyd.
O Skepper-Gees,
maak in ons hart u woning.
#442 Gees van God wat in my woon
1. Gees van God wat in my woon,
breek die Woord vir my.
Gees van God wat in my woon,
kom en heilig my.
Troos my, sterk my, leer my, lei my.
Gees van God, kom heilig my –
breek die Woord vir my.
2. Gees van God wat lewend maak,
vul my meer en meer.
Gees van God wat lewend maak,
vorm my tot u eer.
Troos my, sterk my, leer my, lei my.
Gees van God, vul my al meer –
vorm my tot u eer.
#443 Wind kan jy nie sien nie
1. Wind kan jy nie sien nie –
niemand sien dit raak;
maar wanneer ons luister,
hóór ons hoe dit maak.
2. Wie kan God se Gees sien?
Niemand kan Hom sien!
Maar wanneer ons luister,
leer Hy ons Hom dien.
3. Wind kan soveel doen, dit
dryf die wolke heen;
dit beweeg die seë
en dit bring die reën.
4. God se Gees doen soveel –
leer ons God vertrou;
leer ons om te luister
en op Hom te bou.
5. Kom ons sê vir elkeen:
bid tot God die Heer,
dat Hy ons sy Gees gee,
dat Hy ons sal leer.
#444 Kom kyk! Kom kyk!
Kom kyk! Kom kyk!
Kyk, alles word nuut!
Die Gees werk in my;
die Gees werk ook in jou.
Kom kyk! Kom kyk!
Kyk, alles word nuut!
Sy woorde is waar –
jy kan op Hom vertrou.
Drie-eenheidsondag
#445 Drie-enig God, ons wil U eer
1. Drie-enig God, ons wil U eer
met smeek- en dankgebede:
U skenk in welbehae, Heer,
aan ons u volle vrede.
Geen kwaad kan blywend skade doen,
want ons is nou met U versoen
deur Jesus, onse Here.
2. Aanbidding, dank en heerlikheid
bring ons aan U, o Here,
ons Vader, groot in majesteit –
aan U vir ewig ere.
U spreek één woord, en dit geskied.
Dit staan reeds daar as U gebied.
U weet vóór ons gevra het!
3. O Jesus Christus, Seun van God,
o Lig uit Lig gebore,
U het gesterf na Gods gebod
vir sondaars diep verlore.
En so onskuldig soos ’n lam,
het U daar aan die kruis gehang –
in U, Heer, uitverkore!
4. O Heil’ge Gees wat in ons woon,
U krag versterk ons harte.
U help ons God se beeld vertoon
en troos ons in ons smarte.
U laat geloof diep in ons groei,
laat wortel skiet en bot en bloei.
In U is ons vertroue.
#446 Drie-enig God, aan U die eer
Drie-enig God, aan U die eer
en dank vir u genade.
Soli Deo Gloria.
#447 U Naam, o Skeppergod
1. U Naam, o Skeppergod,
woon in u handewerk –
in elke deel daarvan
sien ons u vingermerk.
Die skeppingslied rys op
en klink uit alle oorde
op aarde, in die lug,
soms met, soms sonder woorde.
Hoogheerlik is u Naam,
o liefdevolle Vader!
Neem aan die vreugdelied
waarmee ons tot U nader.
2. U, Skeppingsmiddelaar,
het tussen ons kom bly –
van alle skuld en straf
het U ons kom bevry.
U is die Seun van God,
die Woord uit Hom gebore,
voor alles wat gemaak is,
ja nog lank tevore;
maar tog het U gesterf,
gehoorsaam aan die Vader,
en so die weg berei
dat ons tot God kan nader.
3. U, die Herskeppergees,
het in ons hart kom woon.
U is dit wat ons troos –
pand van genadeloon!
Meer as net “God by Ons”,
leef U met ons verenig;
as Leidsman op die weg
wil U ons smarte lenig.
Deur U geïnspireer
wil ons ook heilig lewe.
Ons dank U dat U self
die krag is van ons strewe!
#448 O God, ons wil U altyddeur
1. O God, ons wil U altyddeur
in Christus as ons Vader eer,
en deur die leiding van u Gees,
wil ons aan U gehoorsaam wees.
2. Ons sonde bring vir ons die dood,
maar U gee ons die lewensbrood:
U Seun het vir ons mens geword,
oor ons u liefde uitgestort.
3. In Christus vind ons veiligheid
teen twyfel en onsekerheid.
Op Hom kan ons in hoop bly bou,
aan Hom ons lewens toevertrou.
4. U gee aan ons u Gees as pand;
Hy help ons, lei ons aan die hand:
Hy maak vir ons die Skrifte oop,
laat groei in ons geloof en hoop.
#449 Halleluja, ons loof U, Heer
1. Halleluja, ons loof U, Heer;
aanbid U, Vader, gee U eer,
o Bron van alle lewe!
Ons roem in u barmhartigheid,
u wysheid, mag en majesteit –
ver bo ons lof verhewe!
2. Halleluja, ons loof U, Heer;
U daal in ons ellende neer,
o, Jesus, ons Verlosser!
Vir sondaars het U, Heer, gesterf,
die lewe deur u dood verwerf –
ons roem U as Verlosser.
3. Halleluja, ons loof U, Heer;
U, Gees, daal uit die hemel neer,
maak onder mense woning.
U wil ons troos en leer en lei,
reeds hier op aarde voorberei;
gereedmaak vir ons Koning.
4. Ons loof U, Vader, Seun en Gees,
ons wil U, Heer, gehoorsaam wees,
aan U behoort ons lewe.
Heer, drie maal heilig, hoor die lied,
Drie-enig God, wat ons U bied –
sing lof, sing al wat lewe!
#450 Vader, Seun, Heil’ge Gees
1. Vader, Seun, Heil’ge Gees,
hoe sal ons u heerlikheid
kan verwoord, u lof besing
met ’n aardse stem?
Eer die Vader, eer die Seun,
eer die Gees as God en Heer.
Eer ons God as Majesteit,
loof Hom tot in ewigheid.
2. Woord uit Woord, Lig uit Lig,
kom as mens op aarde.
Bo begrip, bo ons verstand
is u grootheid, Heer.
Eer die Vader, eer die Seun,
eer die Gees as God en Heer.
Eer ons God as Majesteit,
loof Hom tot in ewigheid.
#451 Hemelse Vader, ons bring U eer
1. Hemelse Vader, ons bring U eer –
U wat u skepping met wysheid regeer.
Groot is u almag, liefde en trou.
Ons eer u goedheid; op U kan ons bou (x2)
2. Christus, Verlosser, ons bring U eer –
U daal uit liefde as Middelaar neer.
U gee u lewe; U maak ons vry.
Dankbaar kom ons nou onsself aan U wy (x2)
3. Heilige Gees, aan U al die eer –
U wat gelowiges lei en wil leer.
Rig ons gedagtes, heers oor ons hart.
Gee ons u vrede en troos ons in smart (x2)
#452 Here, Hemelvader
1. Here, Hemelvader,
liefdevol, genadig,
bron van volkome heil en seën:
Hoor tog ons smeking,
skenk ons vergewing;
net U kan ware hulp verleen.
2. Here Jesus, Redder,
troue, goeie Herder –
U las is lig en sag u juk.
U is sagmoedig
en lei vermoeides
tot vrede, wysheid en geluk.
3. Gees van God, U lei ons,
help, vertroos, bevry ons –
U self tree pleitend vir ons in.
Lei ons gebede,
gee ons u vrede,
volbring die werk deur U begin.
#453 Aan die Vader dank en ere
1. Aan die Vader dank en ere,
laat ons saam sy lof besing.
Hy het al ons skuld vergewe,
laat ons Hom hulde bring.
Hy’s genadig en magtig,
die bewerker van ons heil.
Kom ons loof Hom,
kom ons eer Hom vir onverdiende seën.
2. Aan die Christus ons aanbidding –
Hy’s dit waardig, Lam van God.
Hy kom leer ons wat is liefde –
dit is sy groot gebod.
Hy’s gestuur van die Vader –
en so stuur Hy ons ook uit.
Kom ons loof Hom,
kom ons eer Hom vir onverdiende seën.
3. Aan die Heil’ge Gees ons danklied:
Hy wat ons leer glo en bid,
Hy kom lei ons in die waarheid;
wil ons voluit besit.
Hy laat eer ons die Vader,
leer ons doen wat Jesus vra.
Kom ons loof Hom,
kom ons eer Hom vir onverdiende seën.
#454 Vader, ons eer U
1. Vader, ons eer U,
ons loof U, ons aanbid U.
U wat heel die skepping onderhou,
U gee son en reën,
ons ontvang u seën.
Heel die skepping wentel om u trou.
2. Jesus, ons eer U,
ons loof U, ons aanbid U.
Ons is u gemeente hier tesaam.
Hoor ons as ons sing,
U ons loflied bring.
Ons, u vrygekooptes, prys u Naam.
3. Trooster, ons eer U,
ons loof U, ons aanbid U.
Heil’ge Gees, ons is met U gedoop.
U wat rig en lei,
staan ons altyd by.
U versterk ons gees, U gee ons hoop.
Skepping en onderhouding
#455 Here, u skepping gee U eer
1. Here, u skepping gee U eer.
U maak die rooidag wakker.
Stadig sif sonlig saggies neer.
Sterre besing hul Maker.
Saam sing die son en ster u eer,
bring aan U hulde, grote Heer.
Halleluja, ons prys u Naam.
2. Almal op aarde jubel saam,
Prys U met lofgesange.
Kyk net hoe glansryk blink u Naam;
U troon is jubelsange.
Here, u roem is wêreldwyd,
U goedheid bly in ewigheid.
Halleluja, ons prys u Naam.
#456 Loof, heel die skepping, loof die Heer
{Dieselfde wysie: 411, 456 (half toon laer)}
1. Loof, heel die skepping, loof die Heer,
verhef u stem om Hom te eer!
Kom en prys Hom! Halleluja!
Die aarde op sy vaste baan,
die wolke en die silwer maan,
Kom en loof Hom, kom en prys Hom!
Halleluja! Halleluja! Halleluja!
2. Hy is ons God wat alles dra
en niemand ooit om bystand vra.
Kom en prys Hom! Halleluja!
Sy krag in droefheid, krag in leed,
sal niemand ooit na waarde meet.
Kom en loof Hom, kom en prys Hom!
Halleluja! Halleluja! Halleluja!
3. Laat alles voor die Skepper buig
en Hom ootmoedig dank betuig.
Kom en prys Hom! Halleluja!
Loof, loof die Vader, Seun en Gees,
drie-enig God, met heil’ge vrees.
Kom en loof Hom, kom en prys Hom!
Halleluja! Halleluja! Halleluja!
#457 O Hemelvader, uit u hand
1. O Hemelvader, uit u hand
alleen kom ware seën!
U het opnuut ons dorre land
deurdrenk met milde reën!
Ná uitkoms roep u kleure-boog
’n jubel uit ons hart omhoog:
Ons leef uit u voorsiening!
2. Aan U die lof en dank en eer,
Verhoorder van gebede!
Hoe diep bewus maak U ons weer
van u goedgunstighede;
dié wat hul saad met trane saai,
sal, na u Woord, met vreugde maai,
en juig in u voorsiening.
3. Waar, in ’n groot verskeidenheid,
ons land sy opbrengs lewer,
wy ons in diep erkentlikheid
ons gawes aan die Gewer!
Gebieder van die wind en weer,
laat elkeen, soos u Woord ons leer,
U loof vir u voorsiening.
#458 Aan U ons lof, o God
{Dieselfde wysie: 188, 458, 592}
1. Aan U ons lof, o God,
u skepping bring U hulde.
Ons kroon U, Heer, met eer,
U heers oor al die lande.
Met glans is U beklee,
U is met mag omring.
U is ons toegeneë,
Ons kom u lof besing.
2. Aan U ons dank, o God,
u seën versier ons lewe:
die wolke stapel op,
u reën deurweek die aarde.
’n Oes spruit uit die grond,
U sorg vir mens en dier,
u brood voed elke mond,
ons prys U almal hier.
3. Aan U ons eer, o God,
ons skuld het U vergewe.
U skenk die lewensbrood.
U skenk die nuwe lewe.
Ons God, ons sing dit luid:
U daal na mense neer.
U stort u liefde uit,
aan U ons lof en eer.
#459 Ons Vader, alles in die lewe
1. Ons Vader, alles in die lewe
het deur u wil tot stand gekom.
U Gees het oor die vloed geswewe –
die aarde is u eiendom.
U’t lig geskep naas duisternis,
naas nag ’n dag wat helder is.
2. Met see en silwer waterstrome,
met dal, gebergte en rivier,
met stapelwolke, blomme, bome
het U u handewerk versier:
U’t gras geskep, U is die bron
van elke ster, die maan, die son.
3. U hande skep die weerligstrale,
die donderwolk wat water dra:
U bring die storms oor velde en dale
en skenk die kalmte ook daarna.
U het die diere bly laar juig;
die reënboog teen die lug laat buig.
4. Ons dank U, Vader, vir u goedheid,
vir al wat ons van U ontvang:
die aardse lewe met sy soetheid,
maar ook die pynlikheid daarvan.
Ons loof U vir wat heerlik is,
selfs in ons smart en duisternis.
#460 Ons sing ’n nuwe lied tot u eer
1. Ons sing ’n nuwe lied tot u eer.
Ons loof u Naam, o Skepperheer,
U heers oor aarde en hemel.
1. Die berge, heuwels, bome van die veld,
die voëls en diere sal u lof vermeld;
want die aarde behoort aan die Here,
dis Hy wat heers oor al wat lewe.
2. Ons sing ’n nuwe lied tot u eer.
Ons loof u Naam, o Skepperheer,
U heers oor aarde en hemel.
Die visse en die diere van die see
besing die Skepper wat die lewe gee;
want die aarde behoort aan die Here,
dis Hy wat heers oor al wat lewe.
3. Ons sing ’n nuwe lied tot u eer.
Ons loof u Naam, o Skepperheer,
U heers oor aarde en hemel.
Planete wentel in die hemelruim.
Ons jubel as die sterre snags verskyn,
want die aarde behoort aan die Here,
dis Hy wat heers oor al wat lewe.
#461 Na ploegtyd en na saaityd
1. Na ploegtyd en na saaityd,
na onvermoeide vlyt,
kom steeds die blye oestyd
deur u goedgunstigheid.
U stuur na koue winter
weer lente met sy bloei,
die winde en die reën
en sonskyn wat laat groei.
Alle goeie gawes kom van die Hemelheer.
Ons dank U, Heer, ja, dank U, Heer,
en wil U daarvoor eer.
2. Ons eer U as die Skepper
van alles wat hier groei,
van planttyd en van oestyd;
van winter en van bloei.
Neem tog ons danklied aan, Heer,
vir gawes ryk en vry.
Ons wil aan U, die Gewer,
aan U, ons opbrengs wy.
Alle goeie gawes kom van die Hemelheer.
Ons dank U, Heer, ja, dank U, Heer,
en wil U daarvoor eer.
#462 Aan U, ons Vader, lof en dank
1. Aan U, ons Vader, lof en dank,
met blye hart, met blye klank
vir sonskyn en vir reën.
U het gesorg, U het beskik
’n oes waardeur U ons verkwik-
dank, Vader, vir u seën.
2. U gee die plan en energie;
die kleinste saad laat U ontkiem-
vir alles sorg U, Vader.
U laat ons droom, beplan en spit;
U leer ons wag; U leer ons bid-
ons leef uit u genade.
3. U maak ons dankbaar, vrolik, bly:
met sorg is lande voorberei
wat nou hul opbrengs lewer.
Die plante, elkeen na sy soort,
bring blom en vrug en sade voort.
Ons eer U, grote Gewer.
#463 Sou ons nie Gods lof besing nie
1. Sou ons nie Gods lof besing nie,
eer Hom bring nie
waar Hy deur sy voorsorg spreek?
Hy het weer die sware droogte
uit die hoogte
met ’n milde reën gebreek.
2. U het in u groot genade
al ons skade
raakgesien en ons gehelp.
Ons was raadop, het geweifel,
selfs getwyfel.
Nou’s ons bly, ons is oorstelp.
3. Hoor, o Heer, vir ander streke
ons gebede;
hoor ons diep bekommernis.
Wil, o Here, hul so seën
met u reën
dat daar ware uitkoms is.
#464 O Heer my God
1. O Heer my God,
as ek in eerbied wonder –
en al u werke elke dag aanskou:
die son en maan,
die aarde, sterre, wolke,
hoe U dit elke dag so onderhou…
Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U; hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit
saam: hoe heerlik, Heer, u grote Naam!
2. Ek sien die veld –
die bosse, berge, vlaktes.
Ek hoor hoe fluister
grasse, stroom en wind.
O Heer, U sorg
vir klein, vir groot, vir alles
en U sorg dag na dag vir my, u kind.
Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U; hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit
saam: hoe heerlik, Heer, u grote Naam!
3. U Seun word mens;
in ons gebroke wêreld
kom vestig Hy sy koningheerskappy.
Hy maak weer heel
wat sonde hier gebreek het.
Hy bring weer hoop
en redding – ook vir my.
Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U; hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit
saam: hoe heerlik, Heer, u grote Naam!
4. U maak ons deel van al u grootse werke.
U laat ons bid, Heer, dat u ryk mag kom.
En kom U weer, in heerlikheid op wolke,
maak U volkome nuut u eiendom.
Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U; hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit
saam: hoe heerlik, Heer, u grote Naam!
464B O Lord my God
{Taal: Engels}
1. O Lord my God,
when I in awesome wonder
consider all
the works thy hands hath made,
I see the stars,
I hear the mighty thunder,
thy power throughout
the universe displayed.
Then sings my soul,
my Saviour God, to thee:
how great thou art,
how great thou art!
Then sings my soul,
my Saviour God, to thee:
how great thou art,
how great thou art!
2. When through the woods
and forest glades I wander,
I hear the birds
sing sweetly in the trees;
when I look down
from lofty mountain grandeur
and hear the brook
and feel the gentle breeze;
Then sings my soul,
my Saviour God, to thee:
how great thou art,
how great thou art!
Then sings my soul,
my Saviour God, to thee:
how great thou art,
how great thou art!
3. But when I think
that God his Son not sparing,
sent him to die,
I scarce can take it in,
that on the cross,
my burden gladly bearing,
he bled and died
to take away my sin;
Then sings my soul,
my Saviour God, to thee:
how great thou art,
how great thou art!
Then sings my soul,
my Saviour God, to thee:
how great thou art,
how great thou art!
4. When Christ shall come,
with shout of acclamation,
and claim his own,
what joy shall fill my heart!
Then I shall bow
in humble adoration
and there proclaim,
“My God, how great thou art!”
Then sings my soul,
my Saviour God, to thee:
how great thou art,
how great thou art!
Then sings my soul,
my Saviour God, to thee:
how great thou art,
how great thou art!
#465 O, Here God, so groot in majesteit!
1. O, Here God, so groot in majesteit!
Ons buig voor U in diep afhanklikheid.
Ontferm U oor ons in goedgunstigheid.
Wees ons genadig, heer!
2. O Heer, ons weet in hierdie droogtetyd
net U kan help deur u voorsienigheid.
Hoor ons gebede, Vader, as ons pleit:
Skenk ons tog uitkoms, Heer!
3. Hoe diep maak U, o Heer, ons weer bewus
dat U alleen die goeie Gewer is.
Hoor, in ons swaarkry, ons belydenis:
U is ons hoop, o Heer!
Heerskappy van God
#466 Aanbiddelike Skepperheer
{Alternatiewe wysie: 268, 304, 338}
1. Aanbiddelike Skepperheer,
aan U die dank, aan U die eer;
aan U die lof met jubeling,
diep uit ons harte toegebring.
2. Uit U is alles wat ons het:
ons lewe, arbeid en gebed.
Op U, wat alles onderhou,
bly ons ons hoop en toekoms bou.
3. Gee, Heer, u seën oor al ons werk;
ons krag, vermoëns is beperk.
Leer ons, soos kennis verder strek,
u hand in alles te ontdek.
4. Volmaak is alles wat U doen;
volkome is ons skuld versoen.
Aanbiddelike Vader, Heer,
aan U die dank, aan U die eer.
#467 Die Heer is God, die sterke God!
1. Die Heer is God, die sterke God!
Die Vors van vrede is ons God –
o prys Hom nou van harte!
Roem, volkere, sy majesteit:
Hy het gespreek – en vrolikheid
vervang ons angs en smarte.
Dank Hom, prys Hom:
Halleluja.
Halleluja.
Halleluja.
Hom loof ons met vreugdeklanke.
2. Ons sing ons lied van lof en dank,
’n nuwe lied met nuwe klank,
aan U, die God van vrede.
O God van vrede, bly ons by;
O Gees, maak ons van selfsug vry;
O Jesus, rig ons rede.
Rig ons, lei ons
uit genade,
al ons dae,
in u vrede.
U is Vrede; U is Here.
#468 Christus, die Seun, is beeld van God
1. Christus, die Seun, is beeld van God –
van God onsigbaar, groot.
Hy is die Eerste, Hy alleen,
die hoog verhewe Heer.
2. Alles wat is, is daargestel
déúr Hom, vír Hom alleen.
Voor iets daar was, was Hy reeds daar;
deur Hom hou alles stand.
3. Hy is die oorsprong van die kerk,
ons Hoof, die Heer is Hy.
Ons is sy liggaam, één met Hom;
en in Hom is ons één
4. Christus het waarlik opgestaan
as Eerste uit die dood.
In die heelal sal Hy dus wees
die Eerste – Hoof en Heer.
5. God met sy volheid woon in Hom,
só het God self besluit.
Daarom kon Hy versoening bring –
Gods vrede weer herstel.
6. Christus moes sterwe aan ’n kruis,
Hy moes sy bloed laat vloei.
Hemel en aarde, die heelal,
is só met God versoen.
#469 O diepte van die rykdom
{Dieselfde wysie: 469, 521}
1. O diepte van die rykdom
van wat U ken en weet!
Geen skepsel kan daar bykom,
die omvang daarvan meet.
Wie ken ooit u gedagte;
by wie gaan soek U raad?
U heers oor alle magte;
U’s groot in woord en daad!
2. Uit U en deur en tot U
is alle dinge, Heer.
Bepaal U nie ons lot nie
al sou ook wát gebeur?
Geen toeval skend u werke,
en kom ook hier my tyd,
sal ek by U, o Sterke
mag bly in ewigheid.
#470 U, Here, is ons Koning
{Dieselfde wysie: 354, 470, 478}
1. U, Here, is ons Koning,
Een wat met mag regeer.
U onderdane lofsing,
en buig hul voor U neer.
Groot is u Naam en heilig,
getrou is U en goed.
U, Here, is ons toevlug,
die God wat ons behoed.
2. U troon hoog as ’n vesting,
verhoor ons as ons vra:
Heer, bied aan ons beskerming,
Ontfermer wat ons dra.
U, Heer, is sterk en magtig,
U wat ons digby hou,
by U is ons steeds veilig,
op U kan ons vertrou.
3. Gee nou aan ons volharding
dat ons met moed kan stry.
Heer, gee aan ons oorwinning,
u krag sal ons bevry.
U is ons Rots, ons Redder,
Een wat die vyand stuit
U, Here, is ons Vader,
ons God in ewigheid.
4. Aan U ons jubelsange,
ons prys U met ontsag.
Na U is ons verlange,
ons bly u heil verwag.
Heer, U maak by ons woning,
u lof sal ewig duur.
U koms is ons verwagting,
dít wil ons juigend vier.
#471 Soek allereers die koninkryk van God
{Kanon}
(I) Soek allereers die koninkryk van God;
en sy geregtigheid.
wat jul nodig het sal die Vader dan
vir julle gee uit sy oorvloed.
Hy sal voorsien in sy oorvloed.
(II) Halleluja! Halleluja!
Halleluja! Amen. Amen.
#472 Kom lofsing die Heer
{Diskant}
1. Kom lofsing die Heer;
loof Hom op sy troon;
laat glansryk die hemel hulde betoon.
Loof Hom, helder sterre,
loof Hom, son en maan,
prys Hom, alle wesens –
Hy laat jul bestaan.
2. Kom lofsing die Heer;
loof almal en juig;
laat weerlig Hom eer en berge kom buig.
Loof Hom, oseane,
loof Hom, berg en meer,
prys Hom, ganse aarde,
prys Hom wat regeer.
3. Kom lofsing die Heer;
loof almal sy Naam;
gee Hom al die eer,
kom juig almal saam.
Oor aarde en hemel is Hy in beheer.
Roem, almal wat lewe,
kom lofsing die Heer.
#473 Waarmee kan ons die koninkryk
1. Waarmee kan ons die koninkryk
van God tog vergelyk?
’n Saadjie onopsigtelik –
’n mosterdsaad.
2. Wanneer ons hierdie saadjie plant
is dit nog baie klein,
maar as dit groei, word dit so groot
daar in die tuin.
3. Voëls uit die hemel kom daarheen
om daarin nes te maak –
dit gee aan hul ’n skaduwee
wat oor hul waak.
4. Waarmee kan ons die koninkryk
van God dan vergelyk?
’n Saadjie soos die ewigheid:
’n mosterdsaad.
#474 Skeppergod, U is die Heer
1. Skeppergod, U is die Heer
wat die groot heelal regeer.
Christus aan u regterhand
hou u handewerk in stand.
U deel aan ons gawes uit
om die bronne te ontsluit.
2. U laat weerligflitse slaan,
U beveel die stormorkaan.
U beheer die arendvlug
en ook stralers in die lug.
Alles hou U in u hand
in die lug, op see en land.
3. Heer oor kuns en wetenskap,
U heers oor ons vakmanskap.
Heer oor chemie en musiek,
U eis orde, metodiek.
Leer ons alles só hanteer
dat ons U daardeur sal eer.
4. Heer van heerlikheid en eer
wat die groot heelal regeer,
U breek selfs die dood se mag:
Christus leef – dis ewig dag.
U het sondaars losgekoop.
U is liefde, U gee hoop.
Die kerk
#475 Allerhoogste Hemelvader
1. Allerhoogste Hemelvader,
lofgesange prys u Naam.
In ons kerke, in ons huise
loof ons, dank ons U tesaam.
Hoor die loflied, vreugde-sange,
neem dit aan in Jesus Naam.
2. Werk in u gemeente, Here
Vader, Seun en Heil’ge Gees
reinig ons deur u genade,
laat ons offers heilig wees;
U is heilig, maak óns heilig
deur die werking van u Gees.
#476 ’n Vaste burg is onse God
{Dieselfde wysie: 476, 477}
1. ’n Vaste burg is onse God,
ons skuil in Hom, die sterke.
Hy is ’n vesting in die nood
vir ewig staan sy werke.
Al kom die Bose aan
in sy oorwinnaars-waan,
ons weet by al sy lis,
sy lot is reeds beslis
God self stel aan hom perke.
2. Gord ons met eie krag ons aan
dan is die stryd verlore.
Oorwinning is alreeds behaal
deur Een daartoe verkore.
Vra u sy Naam, so weet
dat Hy die Christus heet;
gaan Hy voor in gevaar,
Heer van sy leërskaar,
nooit is die stryd verlore!
3. Al storm hul ook van elke kant,
die hel se leërmagte,
die Een wat sterker is, hou stand,
Hy sterk ons swakke kragte.
Al veg hy met sy lis,
die vors van duisternis,
ons vrees geen dood of hel;
sy vonnis is gevel,
ons is sy val te wagte.
4. God hou sy woord altyd in stand,
geen mag kan dit laat wyk nie.
Hy hou ons veilig in sy hand,
sy trou sal nooit beswyk nie.
Al eis die Bose dan
hier alles wat hy kan,
dit bring hom geen gewin
ons gaan die hemel in,
hy roof ons nooit Gods ryk nie.
476B A mighty fortress is our God
{Taal: Engels}
1. A mighty fortress is our God,
a bulwark never failing;
our helper he, amid the flood
of mortal ills prevailing.
For still our ancient foe
doth seek to work us woe;
his craft and power are great;
and, armed with cruel hate,
on earth is not his equal.
2. Did we in our own strength confide,
our striving would be losing;
were not the right man on our side,
the man of God’s own choosing.
Dost ask who that may be?
Christ Jesus, it is he;
Lord Sabaoth his name,
from age to age the same,
and he must win the battle.
3. And though this world,
with devils filled,
should threaten to undo us,
we will not fear, for God hath willed
his truth to triumph through us.
The prince of darkness grim,
we tremble not for him;
his rage we can endure,
for lo! his doom is sure;
one little word shall fell him.
4. That word above all earthly powers,
no thanks to them, abideth;
the Spirit and the gifts are ours
through him who with us sideth;
let goods and kindred go,
this mortal life also;
the body they may kill;
God’s truth abideth still;
#477 Hou Christus self sy kerk in stand
{Dieselfde wysie: 476, 477}
1. Hou Christus self sy kerk in stand –
vergeefs die hel se woede.
As Here aan Gods regterhand
regeer Hy ons ten goede.
Hy is in alle leed
steeds tot ons hulp gereed,
bewaak die Christendom,
en waar die vyand kom,
stuit Hy die bose woede.
2. O Christen wat op Hom vertrou,
u moet geen onheil vrees nie.
Sal Hy wat sy gemeente bou,
ons nie ’n toevlug wees nie?
Hy, oor die toekoms Heer,
waak oor sy Woord en eer –
Hy gee geduld in nood
en krag en moed in dood:
Moet geen bedreiging vrees nie!
#478 Op vaste fondamente
{Dieselfde wysie: 354, 470, 478}
1. Op vaste fondamente
het God sy kerk gebou.
Apostels en profete
het ons dít toevertrou:
Die Koning van die hemel
herskep deur Woord en Gees
verlorenes op aarde
dat hul sy volk kan wees.
2. Hy roep uit alle volke
’n volk vir Hom tesaam
één in geloof en werke,
één in sy heil’ge Naam!
Hy gee die brood en beker,
Hy gee die heil’ge doop
om hulle te verseker:
Ek het jul duur gekoop!
3. Bedreig gevaar van buite
met skerp venyn gemik;
vul twyfel ons van binne
met kleingeloof en skrik
dis eie aan die wêreld,
ons sal verdrukking hê,
maar Christus het sy bystand
aan ons hier toegesê.
4. O Heer, skryf in ons harte
dat ons dit nooit vergeet,
al pynig ons die smarte
al martel ons die leed:
Die kruis van ons Verlosser
sluit vergesigte oop!
In ’n verwarde wêreld
bring dit weer vaste hoop!
#479 U self het oor Jerusalem
1. U self het oor Jerusalem,
die vredestad, geween.
Bekeer, bekeer u volk, o Heer,
wil aan hul guns verleen!
2. In u genade het U, Heer,
U ook na ons gewend
en ons wat eens verlore was,
is nou met U bekend.
3. Verhoed dat ons verhard, o Heer,
u liefde ooit verlaat.
Messias, laat ons van u koms
getuig met woord en daad.
4. Bekeer, bekeer ook Israel
tot U, gee hul geloof,
Verlosser wat uit Sion kom,
geseënde Heer en Hoof!
#480 My volk, Ek self het jou verwek
1. My volk, Ek self het jou verwek,
met liefde jou na My getrek;
’n kindjie aan die hand gelei,
só was jy altyddeur by My.
Jy het leer loop, en voor jy vra,
het vaderhande jou gedra.
2. Ek het in krankheid jou genees,
was van jou groei die krag gewees.
Maar jy het weggedwaal van My;
jy kies die sondeheerskappy!
Jy eer My nie met rein gemoed;
erken die hand nie wat jou voed.
3. Dis nie jou dood wat Ek begeer,
maar dat jy jou tot My bekeer.
Laat al jou slegte dade staan
waarom wil jy verlore gaan?
Net Ek, die Heer, kan skuld vergeef.
Keer jou tot My en jy sal leef!
#481 Ontwaak, jy wat slaap
1. Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dood,
laat Christus se lig in jou lewe!
Hy wek jou en roep jou, o mens in jou nood
Hy oordeel as regter verhewe.
Ontwaak en staan op, die gevaar is so groot –
wie kies, o verdwaasde, bo lewe die dood?
2. Ontwaak en staan op uit jou sonde vir goed!
Die nag het verdwyn met sy duister.
Die lig van genade, met blydskap begroet,
skyn lankal op aarde met luister.
Jou roeping is heilig en heerlik jou taak,
maar min is die ure – ontwaak dan, ontwaak!
3. Gelukkig is almal wat leef in die lig,
deur Christus gewek tot die lewe.
Geen vrees vir die oordeel, die laaste gerig,
geen angs vir die dood laat hul bewe.
Ontwaak, jy wat slaap en staan op uit die dood! –
só roep jou Verlosser, jou redder uit nood.
#482 Keer terug en kom na My
1. “Keer terug en kom na My,
van jou skuld maak Ek jou vry,”
roep die stem van God, die Heer,
na sy volk om trug te keer.
“Soos die dou die veld laat bloei,
sal my liefde jou laat groei.
O, laat niemand jou verlei.
Keer terug en kom na My.”
2. “As my volk sy skuld bely,
sal Ek hom daarvan bevry.
Hy sal in my skadu woon,
soos ’n lenteblom vertoon,
soos die bome vas bly staan
op die Libanon se hang.
O, laat niemand jou verlei.
Keer terug en kom na My.”
3. “Keer terug en kom na My,
van jou skuld maak Ek jou vry,”
roep die stem van God, die Heer,
deur die eeue altyd weer.
“Al verbreek my volk hul trou,
Ek sal my beloftes hou.
O, laat niemand jou verlei.
Keer terug en kom na My.”
#483 O almal wat dors het
1. O almal wat dors het,
kom drink by die waters
en die wat geen geld het nie,
kom hier en eet.
Al het u geen duit om te koop,
kom tog nader –
vir u staan die Here se tafel gereed
met wyn en met melk
uit die hand van die Koning:
Kom, u is genooi na die Here se woning!
2. Vir wat weeg u geld af
vir wat tog geen brood is
en arbei u aldag vir dit wat ontbreek,
vir voedsel wat niks gee as
méér hongersnood nie:
O luister, u sal van die goeie kan eet!
Die Here gee oorvloed van hemelse spyse.
Verlustig u in sy genadebewyse!
3. O soek na die Here terwyl Hy te vind is
en roep Hom aan, prys Hom,
hier naby is Hy.
Kom almal na Hom toe,
wat u goedgesind is;
by Hom is genade, vergifnis te kry.
Hoe hoog is sy weë, sy dade, gedagte:
Hy is God die Here vir alle geslagte.
#484 Almal wat dors het, kom geniet
1. Almal wat dors het, kom geniet
die grootste gunsbewys:
Neem wat die Here gee, verniet –
kom koop dit sonder prys.
God gee jul water, wyn en melk –
Hy gee dit as geskenk.
2. Waarom betaal en waarom werk
en dit nie eens vir brood?
Luister met aandag, en Ek breek
vir jul die lewenswoord.
My liefde, goddelik en trou,
sal jul herstel en bou.
3. Vra na sy wil; kom, soek die Heer
terwyl Hy Hom laat vind.
Ontdek Hy maak, genadig weer,
die sondaar tot sy kind.
Wie hul bekeer, dié word vergeef;
die Here laat hul leef.
4. Hy maak die doringbos sipres;
die distel mirtestruik.
Wie sleg is, maak Hy nuut – ’n mens
wat Hy met vrug gebruik.
Hy gee hul vreugde, vastigheid
nou, en in ewigheid.
5. Soos wat die wolke kom met reën,
op aarde lewe giet,
so kom die woord van God met seën –
dit doen wat Hy gebied.
Dit bly ’n teken tot sy eer:
die Here, Hy is Héér!
#485 O Heer, u laaste woorde
{Dieselfde wysie: 128, 485}
1. O Heer, u laaste woorde
digby Jerusalem,
kom deur die loop van eeue
soos met u eie stem:
“Aan My, wat dood oorwin het,
is alle mag gegee;
die heil wat Ek gebring het
gaan deel dit verder mee!”
2. O Heer, u laaste woorde
as eerste sendeling,
het oor die hele wêreld
bevrydend uitgekring:
“Gaan oral en verkondig,
deur lewe, woord en doop,
vergifnis van die sonde,
verlossing uit die dood.”
3. Maak deur u laaste opdrag
wat soveel vreugde bring,
ons arbeid tot ’n seën;
laat liefde ons ook dring.
Bring mense tot bekering,
wil u gemeente bou.
En laat ons, Heer, u lering
van harte onderhou.
#486 Bring aan die volke die boodskap
1. Bring aan die volke die boodskap
van hoop en bevryding!
So sê die Here,
verkondig al verder die tyding:
“Daar is my kneg!
Hy bring aan nasies die reg –
volg Hom getrou in sy leiding.”
2. Hy, die geliefde,
die enigste daartoe verkore,
ly vir ons sonde en red ons,
in sonde verlore.
Die Kind word Kneg!
Hy neem ons sondeskuld weg
ons word in Hom weergebore.
3. Hy wat verstaan, sal die riet
wat geknak is, nie breek nie.
Hy laat die swakke, verdrukte nie
vrugteloos smeek nie.
Die Kneg is Heer!
Duisende wag op sy leer –
laat ons hul nood nie vergeet nie.
4. As Hy ons roep tot sy diens –
hoe sal ons dit mag weier?
Hy is almagtig, genadig,
die troue bevryder.
Christus gee krag,
klee ons met koningsgesag –
Hy is ons Koning en Leier.
#487 Wagter, wakend op die mure
{Dieselfde wysie: 487, 571}
1. Wagter, wakend op die mure,
sê my, wanneer wyk die nag?
Ag, ons tel die donker ure
tot die deurbreek van die dag.
Wanneer sal die son se strale
mense uit verwarde dwaling
roep om in die helder lig
hulle lewe in te rig?
2. U, o Jesus, Ewig-sterke,
laat geboeides vry uitgaan;
deur u reddingswoord en werke
word die weg tot God gebaan.
Ons sien eens geslote harte
oopgaan deur u lydensmarte;
hoor, uit sondenag bevry,
dat hul nou u Naam bely!
3. Wil, o Here, in genade
voortgaan met u reddingswerk;
leer ons ons talente dankbaar
U te wy en aan u kerk.
Deur die waarheid van u lering,
deur die wonder van bekering,
dring u liefde ons al meer
in u diens te staan, o Heer.
4. Ryke seën vloei al verder,
tot die allerverste strand,
uit die volheid, troue Herder,
van u liefde, deur u hand.
Volk op volk sal tot U nader,
saamstroom in u poorte, Vader,
neerkniel voor u aangesig,
jubel in u eew’ge lig!
#488 Helder skyn u lig
1. Helder skyn u lig
vir die nasies,
’n vreugdeglans
om die mense te verlig
tot die hele wêreld
kan sien U is die lig.
Mag u lig, Heer,
deur ons skyn.
2. Vrolik klink ons lied
vir die volke,
’n pryslied bring
al die nasies om ons saam
tot die hele wêreld
kan jubel oor u Naam
Mag u lof, Heer,
deur ons klink.
3. Balsem bring herstel
vir die wonde,
’n sagte salf
vir die mense met hul seer
tot die hele die wêreld
kan sien dat U genees.
Mag U troos, Heer,
deur ons bied.
4. Heer, u Woord gee hoop
aan die nasies;
’n hartvol hoop
om die volke te verbly
tot die hele wêreld
kan glo dat U bevry.
Mag U hoop, Heer,
deur ons gee.
5. U is Koning, Heer,
oor die aarde.
Die mense vra
na u wil om U te eer
tot die hele wêreld
kan juig dat U regeer.
Laat u ryk, Heer, in ons kom!
Laat u ryk, Heer, deur ons kom!
Laat u ryk, Heer, oral kom!
Geloof en vertroue
#489 Waak, Christen, staan in die geloof
{Dieselfde wysie: 84, 489}
{Bybel: Romeine 13:11-14}
1. Waak, Christen, staan in die geloof
dat niemand jou die kroon ontroof!
Wees wys en dapper, sterk en moedig –
steeds toegewy aan God se werk,
standvastig, onbeweeglik, sterk,
vol ywer, altyd meer oorvloedig –
dan sal jou arbeid in die Heer
tot seën wees, sy Naam ter eer!
2. Wees, Christen, in jou Heer versterk,
want Hy wil altyd in jou werk
om kwaad en sonde te weerstrewe.
Verrig jou taak met vaste hand,
en doen jou woord altyd gestand;
wil daarby rein en matig lewe.
En wil die Here dat jy ly,
o Christen, leer geduld daarby!
3. Beoefen die godvrugtigheid
en wees jou medemens altyd
tot voorbeeld in jou lewenswandel;
Jy moet uit liefde teenoor God,
in opdrag van die groot gebod,
uit liefde tot die naaste handel.
O God, staan met u Gees ons by
sodat u liefde in ons bly.
#490 Soos U wil, Heer, laat dit gebeur!
1. Soos U wil, Heer, laat dit gebeur!
U wil is steeds die beste.
Vir almal wat hul tot U keer,
is U ’n veil’ge vesting.
Al kom daar nood, al is daar stryd –
U sal ons nooit verlaat nie.
By U alleen is veiligheid;
by U vrees ons nie kwaad nie.
2. Ons kan ons steeds op U verlaat,
U dra ons deur die lewe.
Kan iemand ooit met woord en daad
u wyse Raad weerstrewe?
Op aarde sal geen mossie val
wat U, Heer, nie van weet nie –
en gaan ek deur ’n donker dal
van dood, vrees ek geen leed nie.
3. Hoe min weet ek! Hoe bitter min
begryp ek van u werke!
U Seun se sterwe is my wins,
ek sien die spykermerke.
Ek sien die wond aan hand en sy
wat my met U versoen het.
Ek weet, o Heer, wat U vir my
in liefde hier gedoen het!
#491 ‘k Het Jesus lief
1. ‘k Het Jesus lief,
Hy is my lig en krag.
Hy sal in nood en angs
my nooit verlaat nie.
Hy bly my redder
al het ek nie raad nie.
Hy maak my vry van
skuld en sondemag.
2. Hy het ons lief,
Hy het ons skuld betaal
sodat Gods oordeel
ons nie langer tref nie.
Sou ons die hart nie
tot ons Heer verhef nie?
Jesus ons redder
het die prys betaal.
3. Hy het ons lief
en maak ons harte rein,
deur Woord en Gees
breek Hy die band van sonde.
Ons is nie meer
aan kwaad en skuld gebonde,
Hy laat sy beeld
al meer in ons verskyn.
4. Hom het ek lief, Hy lei my op sy pad
en rig daarop my kinderlike treë.
Hy ken die hindernisse op my weë
en voor ek val, het Hy my hand gevat.
5. Verlostes juig en
wees in Christus bly,
laat ons aanbiddend
saam voor Hom vergader.
Tree dankbaar singend
tot die Here nader –
wie, wie verdien ons
loflied meer as Hy?
#492 In U is vreugde, vrede en vreugde
{Bybel: Romeine 8:31-39}
1. In U is vreugde, vrede en vreugde,
Jesus Christus, U is Heer.
Ons weet in lyding, U gee bevryding,
U bly steeds ons lofsang, Heer.
U breek die bande van skuld en skande,
U wat vergewe, U laat ons lewe,
in U is vreugde. Halleluja.
Ons vrees geen dood meer,
U is ons hoop, Heer.
Ons bly behoue en in vertroue
sing ons ons vreugde – Halleluja!
2. Heer, U bring vreugde, vrede en vreugde,
ons is nou geen sondaars meer.
Ons is oorwinnaars, meer as oorwinnaars,
deur die liefde van ons Heer.
Niks laat ons bewe, geen dood of lewe,
engele, kragte, of vreemde magte:
ons is oorwinnaars. Halleluja.
Niks wat ons ly nie,
niks kan ons skei nie –
skei van U, Here. Ons sing U ere.
U is ons vreugde – Halleluja!
#493 Jesus neem die sondaars aan!
1. Jesus neem die sondaars aan!
Bring aan almal hierdie tyding –
dié wat op die dwaalweg gaan
van die sonde en verleiding.
Diep is Hy oor hul begaan –
Jesus neem die sondaars aan!
2. Niks het ons by Hom verdien,
tog bring Hy die goeie tyding.
Hy laat Gods ontferming sien
deur sy kruis en bitter lyding.
Ons kan nou na Jesus gaan,
want Hy neem die sondaars aan!
3. Soos ’n herder soek die Heer
na die skaap wat afgedwaal het;
bring dit na die kudde weer,
waarvoor Hy so duur betaal het.
Hy laat geen verdwaalde staan –
Jesus neem die sondaars aan!
4. Kom nou, elkeen, kom na Hom;
sondaar, kom, in skuld verlore!
Jesus roep jou, jy moet kom!
Deur Hom word ons weergebore.
Nou mag jy na Jesus gaan –
Jesus neem die sondaars aan!
5. Ja, dit gee my nuwe moed
as ek worstel met my sonde;
daar is redding deur sy bloed
en genesing deur sy wonde!
Daarop kan ek altyd staan:
Jesus neem die sondaars aan!
6. Hy, my Heiland, spreek my vry,
selfs al staan ek voor Hom skuldig.
Hy wat regter is oor my,
het my straf gedra, onskuldig.
Ek sal nie verlore gaan –
Jesus neem die sondaars aan!
#494 Gelukkig is die mens
1. Gelukkig is die mens
wat op die Here bou.
God self sal in sy nood
sy hande om ons hou.
Dié wat op Hom vertrou,
hoef vir geen kwaad te vrees.
God wil en kan en sal
vir ons ’n toevlug wees.
2. Gelukkig is die huis
waarop Gods seën rus.
Hy skenk ons krag na kruis;
is van ons nood bewus.
Dié wat op Hom vertrou,
hoef vir geen kwaad te vrees.
God wil en kan en sal
vir ons ’n toevlug wees.
3. Gelukkig is die kerk
waar God heers deur sy Gees.
Hy sal sy volk versterk,
van dwaling hul genees.
Dié wat op Hom vertrou,
hoef vir geen kwaad te vrees.
God wil en kan en sal
vir ons ’n toevlug wees.
#495 Jesus, U verbly my
{Dieselfde wysie: 412, 495, 496}
1. Jesus, U verbly my
en u hand bevry my,
o my heil en lig!
Hoogte, diepte, lyding
niks bring ooit weer skeiding
van u aangesig.
Deur u Gees bly U in my.
Buiten U is niks op aarde
enigsins van waarde.
2. Niks van hierdie wêreld,
goud, robyn of pêrel,
sal my hart verkneg.
U alleen is ewig,
U verbond staan stewig
en u Woord is reg.
Niks ontroof my die geloof
of verdonker hierdie wete:
Jesus, U’s my vreugde!
#496 Jesus, U die lewe
{Dieselfde wysie: 412, 495, 496}
1. Jesus, U die lewe,
Jesus, U die waarheid,
Jesus, U die weg –
U wys ons die Vader,
laat ons tot Hom nader;
U is self die weg.
“Glo in God, glo ook in My” –
so leer U ons glo, o Here,
want U is die lewe.
2. Jesus, U is Here,
U gee ons u vrede,
U staan ons hier by.
Deur die Gees van waarheid,
leef ons met die klaarheid
dat U by ons bly.
“Glo in God; glo ook in My” –
ons kan met vertroue lewe,
want U is ons vrede
#497 Ek is u kind, U roep my, Heer
1. Ek is u kind, U roep my, Heer,
om U te loof en eer.
U wil dat ek ’n loflied sing,
my hulde aan U bring.
2. U het in liefde my gelei,
my deur u sorg bevry.
Maar ek dwaal weg en skend u eer,
tog roep ek na U, Heer!
3. U vaderhart hoor my gebed.
U Seun het my kom red.
Hy het gesterf en opgestaan,
as kind neem ek dit aan.
#498 Hy wat glo, word nie beskaam nie
1. Hy wat glo, word nie beskaam nie.
Niemand smeek tevergeefs
in die Heer se Naam nie.
Ons bely dat Jesus lewe.
God wat red van die wet
het ons klaar vergewe.
2. God sien nie persone aan nie:
onderskeid, volk óf tyd –
God sien dit nie aan nie.
Hy’s besorg oor alle mense,
en Hy roep, en Hy soek
ons oor alle grense.
#499 Die Heer is God, en niemand meer
1. Die Heer is God, en niemand meer;
sy almag ken geen perke,
Hy is van ewigheid die Heer,
volmaak is al sy werke.
Hy skenk die son, die helder dag,
die maan en sterre vir die nag,
die see en duisend berge.
2. Die Heer is God, en niemand meer.
Aan Hom is niks gelyk nie.
Hy is en bly van alles Heer,
niks kan Hom ooit ontwyk nie.
Hoe hoog Hy troon, Hy is naby.
Selfs as die nag ’n sluier sprei
sal niks sy oog ontduik nie.
3. Sal ek die majesteit se gloed
as sondaar ooit kan nader?
Goddank! Versoen deur Jesus bloed,
is God ook nou my Vader.
Nou klink my lied: Die Heer is goed,
die Heer is onuitspreeklik goed,
oneindig sy genade.
#500 Gods dade is volmaak en goed
1. Gods dade is volmaak en goed,
sy wil is altyd heilig.
Hy sal my altyd trou behoed,
en by Hom is ek veilig.
Sy hulp is groot; in al my nood
beskerm Hy teen gevare
deur al my lewensjare.
2. Gods dade is volmaak en goed,
Hy sal my nooit begewe.
Ook as ek deur die dieptes moet,
bly Hy my lig en lewe.
Wie op Hom bou, op Hom vertrou,
vind steeds by Hom beskerming,
genade en ontferming.
3. Gods dade is volmaak en goed,
sy trou is altyd seker.
Waar ons nog na ’n uitweg soek,
weet hy reeds wat is beter.
Voor God se wil word ons dan stil –
in Hom is ons vertroue;
deur Hom bly ons behoue.
#501 Ek het toe wilde storms gewoed het
1. Ek het toe wilde storms gewoed het,
diep onder, vaste rots gevind.
Die woord wat my van ramp behoed het:
God is my Vader; ek sy kind.
My anker is dáár vasgemaak
– ek glo! –
niks sal dit los laat raak.
2. Dié vastigheid het die Getroue,
my Heiland, met sy dood gelê.
Ek is Gods kind en in vertroue
kan ek dit glo; sal ek dit sê.
Al kom daar onweerswolke aan,
die woord is vas:
Die rots bly staan.
#502 Vol vertroue, vas en veilig
{Dieselfde wysie: 502, 503}
1. Vol vertroue, vas en veilig,
bou ek op die Heer my hoop.
Hy is koning wat, almagtig,
heers oor voorspoed en oor nood:
Hy het my steeds gelei;
dankbaar wil ek dit bely.
2. Sou ons werklik ons vertroue
aan verganklikheid verpand;
toekomsdrome, strewe, wense,
bou op fondament van sand?
Wat bestaan, sal vergaan;
God se Woord bly ewig staan.
3. God wat ryk is in genade
géé, al het ons niks verdien.
Ons kan ook in pyn en skade
nog sy sorg en liefde sien.
Hy behou my en jou –
vas kan ons op Hom vertrou.
4. U bestuur sekuur en magtig
die onmeetlike heelal.
Nooit laat U, wat U begin het,
uit u skepperhande val.
U, o Heer, U regeer –
aan U alle lof en eer.
5. Dankie dat u Seun, o Vader,
God is, en ook ware mens;
dankie dat u Gees genadig
hoop laat vlam oor tyd en grens.
U is trou; U behou;
wat ons glo, sal ons aanskou!
#503 Jesus, Rots, my hoop vir ewig
{Dieselfde wysie: 502, 503}
1. Jesus, Rots, my hoop vir ewig,
veilig kan ek op U bou.
U is Heer, my anker stewig,
vas kan ek op U vertrou.
Deur u mag, deur u krag
dra U my van dag tot dag.
2. U, my hoop, my koers op aarde –
U gee aan die lewe sin.
Heer, U gee my lewe waarde,
nuut kan ek met U begin.
U vergeef, U laat leef –
in u krag kan ek oorwin.
3. U, my hoop, my hede, toekoms,
leer my werk en bid en wag.
U gee op my sugte uitkoms,
inspireer my elke dag.
Aan U, Heer, altyd weer:
lof, aanbidding, dank en eer!
#504 Kom, laat ons saam tot Jesus nader
1. Kom, laat ons saam tot Jesus nader
met blye uitsig op ons lot!
Hy het die heilsplan van die Vader
vir sondaars reeds volbring by God.
Sy werk van Goddelike waarde,
die eeue deur met hoop verwag,
het Hy volbring: Loof, hemel, aarde,
loof Hom, die Lam vir ons geslag.
2. O Jesus, u verlossingsdade
bevry ons van die sondestraf!
U’t God behaag en in genade
wend Hy sy oordeel van ons af.
Nooit kan ons deur ons eie strewe
self voor die heil’ge reg bly staan;
U kruis, die boom van nuwe lewe,
het Edens poort weer oop laat gaan.
3. Voor U lê al ons vrees en twyfel,
ons ydelheid en wense oop.
U sien ons voor die waarheid weifel
of aarsel voor ons lewenshoop.
Heer, na wat U vir ons gely het,
laat ons met blydskap werk en bid.
Heer, U wat ons tot diens bevry het,
neem van ons lewe vol besit!
4. Soos vas beloof aan voorgeslagte
voldoen U aan die heil’ge reg.
Gewillig loop U, as veragte,
alleen die donker lydensweg.
Alleen drink U die lydensbeker;
U dra ons ongeregtigheid.
Die vonnis maak ons vryspraak séker –
hoe groot is u barmhartigheid!
5. Ons wil U wy ons hele lewe,
U volg waar U ons ook mag lei –
aan U, o Here, hoog, verhewe,
en aan u diens steeds toegewy.
Spreek deur ons woorde, rig ons dade;
Voleinder, gee dat deur u krag
die heerlik’ werk van Gods genade
in ons volbring word dag na dag!
#505 Jesus, U gaan voor
1. Jesus, U gaan voor –
ons volg in u spoor.
U ken alle lewenspaaie,
al die hoogtes, dieptes, draaie.
Kom en vat ons hand
na die Vaderland.
2. Jesus, U gaan voor –
ons volg in u spoor.
Laat ons selfs in donker dae
altyd volhou sonder klae.
Ons wil soms bly staan,
as U voorwaarts gaan.
3. Jesus, U gaan voor –
ons volg in u spoor.
Ons word vry van sondebande,
van verslawing, skuld en skande.
U is in beheer,
ons Verlosser, Heer.
4. Jesus, U gaan voor –
ons volg in u spoor,
ook waar niemand dit wil waag nie,
waar niks anders ooit sal slaag nie.
U wat alles sien,
leer ons sinvol dien.
#506 O Heer, u liefde wondergroot
1. O Heer, u liefde wondergroot
maak my van sonde vry.
U Seun ontruk my aan die dood,
Hy dra die kruis vir my.
2. U hulp, u liefde onbegrens
laat my van vreugde juig;
U deernis met ’n dwase mens
laat my eerbiedig buig.
3. Genade so oneindig wyd –
U skenk dit weer en weer.
Dit is die hoogste heerlikheid
dat U my liefhet, Heer.
#507 Hemelse Vader, U heers op u troon
1. Hemelse Vader, U heers op u troon,
U is ook oral waar ons woon.
Dit is ons troos as ons twyfel of vrees:
U sal ons God vir ewig wees.
2. Volke mag worstel en oorlog verklaar,
mense mag stryd voer met mekaar.
Sterre, planete mag brand en vergaan –
U troon sal ewig bly bestaan.
3. Smart of tragedie mag ons hier oorval –
dit tref ons male sonder tal.
As ons verbyster net staan en bly staar,
bly U ons God. U’s altyd daar!
4. Vader, ons weet ons kan nêrens heen dwaal
U sal ons altyd weer kom haal.
Niks stuit u liefde en majesteit,
Here ons God, in ewigheid.
#508 Vaste Rots op wie ek bou
1. Vaste Rots op wie ek bou,
Een op wie ek kan vertrou.
Rots by wie ek altyd skuil –
U is skenker van my heil.
As die golwe oor my slaan,
bly my Rots vir ewig staan.
2. Sonde woed met alle mag,
onrus kwel my dag en nag.
In my sonde vasgevang,
laat U my na U verlang.
U het alles vir my veil –
God, my Rots van ware heil!
#509 Op berge en in dale
{Diskant}
1. Op berge en in dale
en oral is my God;
waar ons ook telkemale
mag swerwe, daar is God!
Waar ons gedagtes swewe
of styg, ook daar is God;
omlaag en hoog verhewe
ja, oral is my God!
2. Sy troue vaderoë
sien alles van naby;
ons leef uit sy vermoë –
word deur sy Gees gelei.
Die swaeltjies behoed Hy,
beklee met gras die dal;
die kleinste wurmpie voed Hy,
sorg vir die groot heelal.
3. Die diere op die aarde,
die visse in die see,
die mossie en die arend,
die blomme, veld en vee,
met al sy ander werke,
verkondig dag en nag
sy goedheid sonder perke;
die grootheid van sy mag.
4. Roem, Christen, heel my lewe
is veilig in my God;
waar alles my begewe,
of waar ek ly, is God;
waar troue vriendehande
nie red nie, daar is God;
selfs in die dood se bande
ja, oral is my God!
#510 Genade, onbeskryflik groot
1. Genade, onbeskryflik groot
het U aan my bewys:
verlore seun – ’n wegloopkind –
weer in die vaderhuis.
2. Ek is die naam van kind nie werd –
wou self my sake reël.
My lewe, kanse, tyd en geld
is nutteloos verspeel.
3. Maar U sien ver, oneindig ver.
U sien my honger, dors.
Nog voordat ek kon skuld bely,
druk U my aan die bors.
4. Genade, onbeskryflik groot –
daar’s fees, ek is weer tuis.
U Seun bring my – verlore mens –
weer in die vaderhuis.
510B Amazing grace
{Taal: Engels}
1. Amazing grace – how sweet the sound –
that saved a wretch like me!
I once was lost but now am found,
was blind, but now I see.
2. ’Twas grace that taught my heart to fear
and grace my fears relieved;
how precious did that grace appear
the hour I first believed!
3. The Lord has promised good to me,
his word my hope secures;
he will my shield and portion be
as long as life endures.
4. Through many dangers, toils, and snares
I have already come;
’tis grace hath brought me safe thus far
and grace will lead me home.
5. When we’ve been there ten thousand years
bright shining as the sun,
we’ve no less days to sing God’s praise
than when we’d first begun.
#511 Lei U ons, Lig, deur hierdie duisternis
1. Lei U ons, Lig, deur hierdie duisternis,
lei U ons, Heer!
Steil is die pad waarop ons pelgrims is,
lei U ons, Heer!
Wys U die weg, ons wil U ewig volg.
Waar U mag lei, sal ons getrou U volg.
2. Al wou ek self my lewenspad hier meet,
al wou ék lei;
noudat ek weet, nou vra ek U, ek smeek:
Sal U my lei?
Ja, ek was dwaas, verlei deur ydelheid.
Vergeef nou, Heer!
Vergeet tog daardie tyd.
#512 Nader, my God, by U
1. Nader, my God, by U,
nog naderby.
U is om Christus wil
Vader vir my.
U liefde bly my by –
nader, my God, by U,
nader, my God, by U,
nog naderby.
2. U ken my angs en vrees,
U staan my by.
U lei my deur u Gees,
maak my weer vry.
U Woord verseker my:
Nader, my God, by U;
nader, my God, by U,
nog naderby.
3. Waar hartseer, pyn en leed
my weerloos laat,
sal U my nooit vergeet;
my nooit verlaat.
Deur lyding bring U my
nader, my God, by U,
nader, my God, by U,
nog naderby.
#513 Soek in God jou sterkte
1. Soek in God jou sterkte;
kry by Hom jou krag;
met sy wapenrusting
klee Hy ons met mag.
Nie teen medemense
is ons worstelstryd,
maar ons veg teen Satan
en sy sluwe listigheid.
Hy stuur bose magte
in die wêreld in,
maar met God se wapens
kan ons hul oorwin.
2. Waarheid en Gods vryspraak
hou ons op ons pos,
dan klink bly die boodskap
dat die Heer verlos.
Ons geloofsvertroue
is ’n skild wat keer –
daarmee kan ons elke brandpyl
van die Bose weer.
Ons bly van verlossing
altyddeur bewus
en met God se swaard,
sy woorde, toegerus.
3. Doen dit alles biddend,
soos die Gees ons lei.
Laat ons altyd waaksaam
en gelowig bly!
Almal wat bly volhou,
saam bly bid en werk
deel in die geheim van
God se koninkryk en kerk.
Hy maak ons vrymoedig,
swakkes gee Hy krag –
met sy wapenrusting
klee Hy ons met mag!
#514 Ek weet vir seker
1. Ek weet vir seker: Jesus is Heer –
Hy het my sonde uit liefde vergeef.
Ek was verlore, maar is gevind;
nou het ek vrede – ek is Gods kind.
Hy is my leidsman – Hy laat my leef.
Hy is oorwinnaar – Hy is die Heer.
Uit sy genade, liefde en trou,
weet ons hoe God sy kinders behou.
2. Lig is sy las en sag is sy juk.
Hy gee vermoeides die ware geluk.
Selfs as ek struikel, en dit berou –
Hy sal vergewe, Hy bly getrou.
Hy is my leidsman – Hy laat my leef.
Hy is oorwinnaar – Hy is die Heer.
Uit sy genade, liefde en trou,
weet ons hoe God sy kinders behou.
514B Blessed assurance
{Taal: Engels}
1. Blessed assurance: Jesus is mine!
Oh, what a foretaste of glory divine!
Heir of salvation, purchase of God,
born of his Spirit, washed in his blood.
This is my story, this is my song,
praising my Saviour all the day long;
this is my story, this is my song,
praising my Saviour all the day long.
2. Perfect submission, perfect delight!
Visions of rapture now burst on my sight
angels descending bring from above
echoes of mercy, whispers of love.
This is my story, this is my song,
praising my Saviour all the day long;
this is my story, this is my song,
praising my Saviour all the day long.
3. Perfect submission:
all is at rest,
I in my Saviour
am happy and blest;
watching and waiting,
looking above,
filled with his goodness,
lost in his love.
This is my story, this is my song,
praising my Saviour all the day long;
this is my story, this is my song,
praising my Saviour all the day long.
#515 Soms kyk ons soekend om ons rond
1. Soms kyk ons soekend om ons rond –
ons smag na sin en vrede.
Ons voel oorspoel deur sinloosheid
in ons gejaagde lewe.
2. Ons kom tot U, wat deur u Seun,
ons roep tot sin en vrede.
Om U te ken, bring waarlik sin
in ons gejaagde lewe.
3. Bewaar my van my sin te soek
in my gejaagde lewe.
Laat my alleen op U vertrou –
die bron van sin en vrede.
#516 Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie
Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie,
al sou die wingerd sonder druiwe staan;
die graan verdor,
die vrugteboorde wegkwyn,
die beeste, kleinvee,
alles hier vergaan
nóg sal ek juig
en bly wees in my God!
Hy is my hulp, Hy gee my krag.
Hy laat my loop
waar rats die ribbok gaan;
Hy laat my vas en veilig staan!
#517 Leer ons U vertrou, o Here
1. Leer ons U vertrou, o Here,
leer ons lewe U ter ere,
leer ons reken op u krag,
leer ons sing selfs in die nag,
in die nag,
leer ons sing, selfs in die nag.
2. Leer ons hoop in moeilikhede
en U dank in ons gebede,
voor U leef met stil ontsag;
gee ons vreugde elke dag,
elke dag,
gee ons vreugde elke dag.
3. Leer ons om ons nie te kwel nie
of oor môre te ontstel nie.
Ons is, Heer, aan U verbind –
maak ons rustig soos ’n kind,
soos ’n kind,
maak ons rustig soos ’n kind.
#518 Voel jy soms of die Here te vér is?
1. Voel jy soms of die Here te vér is?
Twyfel jy soms aan God se bestaan?
Jy moet glo
dat die Heer met jou saamloop,
dat sy Gees oral met jou sal gaan.
Jesus sê Hy kom weer,
Hy kom uit die hemel neer,
met basuin en geskal
kom Hy al sy mense haal.
2. Deur sy Woord weet ons Jesus
gaan t’rugkeer
na ons wêreld met alles daarin.
Wat gebreek is,
sal Jesus kom heelmaak;
deur sy Woord weet ons alles maak sin.
Hoor hoe sag waai die wind,
kyk die glimlag van ’n kind.
Maak jou los van die kwaad;
dis jou Skepper wat hier praat.
3. Voel jy soms of die Here te vér is?
Twyfel jy soms aan God se bestaan?
Jy moet glo
dat die Heer met jou saamloop,
dat sy Gees oral met jou sal gaan.
#519 Wees stil en weet
1. Wees stil en weet:
Ek is die Heer.
Ek spreek en wind
en golwe bedaar,
Ek sal ook jou getrou bewaar.
2. Wees stil en weet:
Ek is die Heer.
Ek ken jou pyn,
jou donkerste nag.
Ek is by jou,
Ek gee jou krag.
3. Wees stil en weet:
Ek is die Heer.
Kom bring na My
jou kommer en vrees.
Ek sal vir jou
’n toevlug wees.
4. Wees stil en weet:
Ek is die Heer.
Bly waak en bid;
volhard in geloof.
Ek is by jou soos Ek beloof.
Liefde, dankbaarheid en diens
#520 Saam buig ons neer om God te eer
1. Saam buig ons neer om God te eer –
deur één Gees tree ons nader
as kinders van één Vader.
Ons is in Jesus, onse Heer,
deur één geloof verbind:
van harte eensgesind.
2. Wil U ons in u liefde lei
en leer ons daarna strewe
om dankbaar te kan lewe.
Ons wil aan U verbonde bly –
in Christus saamgebind:
van harte eensgesind.
#521 Erkentlik deur die dae
{Dieselfde wysie: 469, 521}
1. Erkentlik deur die dae,
my aardse lewe lank,
wil ek die Here lofsing;
wil ek die Here dank
vir wat Hy uit genade
so ruim aan my bewys;
wil ek Hom vir sy dade
solank ek lewe, prys.
2. Erkentlik deur die dae,
so lank as ek bestaan,
wil ek my blydskap uitsing;
in ootmoed voor Hom gaan,
omdat Hy my versadig,
omdat ek niks verlang
as wat ek uit sy hande
so onverdiend ontvang.
#522 U liefde en u trou
1. U liefde en u trou,
o Heer, omvat die aarde;
dit is getuienis
van u versorgingsdade.
Ook ek het hier ’n plek,
’n tuiste in die land,
ek glo en ek bely:
U het my hier geplant.
2. U wat vermoëns gee,
o Bron van alle goedheid –
ek vra ’n vaste gees
en bid vir my gesondheid.
Laat my die sin ervaar
om U daarmee te dien,
want U het my genooi
om na U op te sien.
3. Gee vir my dagtaak, Heer,
die insig in wat saak maak
waar ek met ander werk
of waar ek oor my huis waak.
Gee dat ek in my amp
my roeping waardig bly;
bo-al my plig kan doen,
aan U my offer wy.
4. Gee my inskiklikheid
teenoor my naaste, Here,
om met my medemens
in harmonie te lewe.
Die vrede bo verstand
wat net U stuur, bid ek:
Laat dit my hart beheers
en oor my denke strek.
5. Is dit u wil vir my
dat ek in voorspoed lewe,
leer my erkentlikheid
aan U, my Heer, die gewer.
Maar as ek teenspoed tref
en droefheid ook moet ly,
wil U my dan vertroos,
my daardeur begelei.
6. Is dit u wil vir my
om oud te word in jare,
gee my dan waardigheid,
’n kroon van gryse hare.
En wanneer ek moet sterf
laat rus my in die grond
om eenmaal op te staan
in ewig môrestond.
#523 Goddelike liefdebande
1. Goddelike liefdebande
bind in Jesus mense saam,
bind uit alle wêreldlande
die verlostes in sy Naam:
één in gees, geloof en doop,
één in keuse, liefde, hoop.
2. Ja, ’n groot verloste skare
sien ons op sy roepstem kom;
groter groei dit met die jare:
alle volke huldig Hom!
Kinders by hul Vader tuis –
vreugde, oral, vul sy huis!
3. Groot is sy geduld en liefde –
Jesus Christus, God en mens.
In ons wek Hy naasteliefde –
stuur ons na ons medemens.
Mense eensaam, honger, naak,
dié kom Hy ons naastes maak.
4. Laat ons liefde en gebede
vir mekaar ons hegter bind.
As Hy kom, die vors van vrede,
mag Hy ons só werksaam vind.
Kom, ja kom, so roep die bruid
en die Gees verlangend uit.
#524 God roep ons om met woord en daad
1. God roep ons om met woord en daad,
vir Hom te leef en werk.
Hy roep ons deur sy Woord en Gees
en maak van ons sy kerk.
Hy kies, bewaar en onderhou;
Hy inspireer en bou.
Geloof wat deur die liefde werk,
hou aan, bly groei, maak sterk.
2. God roep, en salf ons met sy Gees
tot koning en profeet;
tot priester, met ’n hart en hand
vir hul in nood en leed.
Hy leer ons om te werk en bid,
om berge te versit.
Hy wat vir ons die gawes gee,
maak ons vir diens gereed.
3. Ek hoor U roep; ek ken u stem;
ek luister na u woord.
Laat, Here, ons gehoorsaam wees,
U dien soos wat dit hoort.
Waar kan ’n groter vreugde wees,
o Vader, Seun en Gees?
Deur omgee en met uitreik, Heer,
gaan ons met blydskap voort.
#525 Here, hoe blymoedig
1. Here, hoe blymoedig
en in dank oorvloedig
maak U my die hart.
U gee ons u seën
soos ’n milde reën;
U vertroos in smart.
Ja, ons weet, ook in ons leed
leef ons onder u genade;
vrees ons nie die kwade.
2. Ook in sterwensmarte
weet ons in ons harte:
Ons Verlosser leef!
En die liggaam, sterflik,
sal U onverderflik
eenmaal laat herleef.
Laaste vyand, aardse dood,
hoe ons soms vir jou ook bewe –
Christus is ons lewe!
3. Heer, U gee u lewe,
so word ons vergewe
en verlos van dood.
In U groot ontferming –
gee U ons beskerming –
Redder uit die nood!
Ons sal, tot u eer, o Heer,
in U heil met blydskap lewe –
aan U oorgegewe.
#526 Waar daar liefde is, en deernis
{Taize}
1. Waar daar liefde is, en deernis,
waar daar liefde is,
daar is God die Heer.
2. Ubi caritas et amor
Ubi caritas Deus ibi est.
#527 Die werk behoort aan U, ons Heer
1. Die werk behoort aan U, ons Heer –
die werk waarin ons staan.
Gee daarom, Heer, dat hierdie werk
nooit sal ten gronde gaan.
Die koringsaad sal eers moet sterf,
dan oes die boer die goue gerf.
Laat ons ook só onsself verloën,
ons werk geen jaag na roem vertoon.
Seën U ons werk,
maak ons in ywer sterk
2. Deur lyding heen het U, ons Hoof,
die vreugde in gegaan.
Laat ons ook met volharding, Heer,
óns pad met vreugde gaan.
Gebruik ons in u koninkryk,
maak ons aan Christus meer gelyk.
En as ons by die einddoel kom,
wanneer ons loflied híér verstom,
laat dan, o Heer,
ons lied U ewig eer.
#528 Leer my u wil, Heer, u doel met my
1. Leer my u wil, Heer, u doel met my –
U, Pottebakker, met my, die klei.
Vorm my en maak my volgens u wil;
op U vertrou ek, nederig stil.
2. Leer my u wil, Heer, u plan vir my;
laat ek nie doelloos, nutteloos bly.
Hou my erkentlik, Heer, in u werk:
As ek dan swak is, maak U my sterk.
3. U gee u gawes net soos U wil;
almal is diensbaar, elk met verskil.
Vul met u Gees my, breekbare kruik,
dat U my oral nuttig gebruik.
528B Have thine own way, Lord!
{Taal: Engels}
1. Have thine own way, Lord!
Have thine own way!
Thou art the Potter,
I am the clay.
Mold me and make me
after thy will,
while I am waiting,
yielding and still.
2. Have thine own way, Lord!
Have thine own way!
Search me and try me,
Master, today.
Open mine eyes,
my sin show me now,
as in thy presence humble I bow.
3. Have thine own way, Lord!
Have thine own way!
Wounded and weary,
help me, I pray.
Power, all power, surely is thine.
Touch me and heal me,
Saviour divine.
4. Have thine own way, Lord!
Have thine own way!
Hold o’er my being absolute sway.
Fill with thy Spirit
till all shall see
Christ only, always,
living in me.
#529 Dank, dank die Heer
1. Dank, dank die Heer. Ons dank die Heer,
want aan sy liefde,
sy troue liefde is geen einde nie,
is daar geen einde nie (2x)
2. Sing vir die Heer. Sing tot sy eer,
besing sy dade, vergeet ook nie die
goeie wat Hy doen;
die goeie wat Hy doen (2x)
3. Bid tot die Heer. Aanbid die Heer,
met hoë agting, met volle eerbied word
sy Naam genoem;
sy Naam word hoog geëer (2x)
4. Dank, dank die Heer. Ons dank die Heer,
want Hy is liefde, sy trou en goedheid
duur in ewigheid,
dit duur in ewigheid (2x)
#530 Praat ek mense-, eng’letale
1. Praat ek mense-, eng’letale,
maar dis nie uit liefde nie,
is my woorde leë simbale:
klanke sonder melodie.
Al kan ek geheime uitlê,
berge deur geloof versit,
of al het ek al die kennis –
sonder liefde is ek niks.
2. Sonder liefde sal my gawes,
al my ywer, my nie baat:
Net die liefde, onbaatsugtig,
bly oorwin met goed die kwaad.
Onreg kan dit nie verdra nie,
dit is met die waarheid bly.
Deur vergifnis, hoop, verwagting,
kom die beste in ons vry.
3. Al die tale, profesieë,
met die tyd gaan dit verby.
Net die liefde, die volmaakte,
kom en sal vir altyd bly.
Want geloof gee troos en rigting;
na die toekoms reik die hoop –
liefde is en bly die grootste:
Liefde sluit die lewe oop.
#531 Ons Here, God van alvermoë
1. Ons Here, God van alvermoë,
U sal ons met u guns omvou.
U gee aan blindes nuwe oë,
Heer, U laat hul op U vertrou.
Ons volg getrou u Gees se leiding,
God, U is Heer, U skenk bevryding.
2. Ons harte sing van u genade,
Heer, U is steeds getrou en goed.
Ons prys U vir u reddingsdade,
ons God wat altyd ons behoed.
Ons wy aan U ons hele lewe,
u eer is hier ons hoogste strewe.
#532 Ons Vader, neem ons hande
1. Ons Vader, neem ons hande
en maak ons een.
Versterk u self die bande –
gee ons u seën.
Bind ons in u genade aan U, o Heer,
en leer ons om met dade u Naam te eer.
2. Heer, wees vir ons ’n Vader
wat sorg en sien.
Trek ons in Christus nader
om U te dien.
Laat, Heer, u Gees ons voorgaan,
laat Hy ons lei,
dat ons u Woord gehoorsaam,
ons aan U wy.
3. Leer ons mekaar vergewe,
mekaar vertrou.
Laat ons die hele lewe
op liefde bou.
Laat heers oor ons u vrede,
en bind ons saam.
Verhoor tog ons gebede
in Jesus Naam.
#533 Stuur ons, Here
1. Stuur ons, Here,
stuur ons Here,
stuur ons Here,
in u Naam!
2. Gee ons krag, Heer,
gee ons krag, Heer,
gee ons krag, Heer,
in u naam!
3. Ons sal gaan, Heer,
ons sal gaan, Heer,
ons sal gaan, Heer,
in u Naam!
533B Thuma mina
{Taal: Zoeloe, Xhosa, Sesotho}
Zoeloe:
1. Thuma mina, thuma mina,
thuma mina, Somandla.
Xhosa:
2. Sendiyavuma, sendiyavuma,
sengdiyavuma, Somandla.
Sotho:
3. Roma nna, roma nna,
roma nna, Modimo
#534 Stuur ons uit, Heer
Stuur ons uit, Heer,
stuur ons uit, Heer,
stuur ons uit, Heer,
in u Naam!
Gee ons krag, Heer,
gee ons krag, Heer,
gee ons krag, Heer
in u Naam!
Laat ons gaan, Heer,
laat ons gaan, Heer,
laat ons gaan, Heer,
in u Naam!
Xhosa:
Thuma mina, thuma mina,
thuma mina, Somandla.
Zoeloe:
Seng’ya vuma, seng’ya vuma,
seng’ya vuma, Somandla.
Sotho:
Roma nna, roma nna,
roma nna, Modimo
Huwelik
#535 Staan deur u Gees, o Here
1. Staan deur u Gees, o Here,
die egpaar altyd by,
sodat hul, U ter ere,
hulself aan U kan wy.
Bewaar hul teen die kwade,
die Bose wat verlei;
gee aan hul u genade
dat hul steeds trou sal bly.
2. Gee dat hul deur die lewe
mekaar tot hulp sal wees;
bo selfsug ook verhewe
en één van sin en gees.
Dit is u welbehae
dat hul in liefde woon;
plaas U oor al hul dae,
o Heer, ’n vreugdekroon.
#536 Heer, ons bid vir hierdie egpaar
1. Heer, ons bid vir hierdie egpaar:
Sterk hul liefde meer en meer.
Bind hul twee-heid tot ’n eenheid,
laat hul lewe tot U eer.
2. Maak hul huis vir hul ’n tuiste –
vol geloof en vol gebed.
Laat hul ook in swaarder tye
vas vertrou dat U sal red.
3. Maak in voorspoed hulle dankbaar
oor die seën wat U bring,
en as teëspoed oor hul pad kom
dat hul steeds oor U sal sing.
4. Heer, omvou hul met u liefde
waar hul lewe heen mag lei.
Maak hul diensbaar en geduldig;
laat hul altyd in U bly.
#537 Ons Vader, neem hul hande
1. Ons Vader, neem hul hande
en maak hul een.
Versterk u self die bande –
gee hul u seën.
Bind hul in u genade aan U, o Heer,
en leer hul om met dade u Naam te eer.
2. Heer, wees vir hul ’n Vader
wat sorg en sien.
Trek hul in Christus nader
om U te dien.
Laat, Heer, u Gees hul voorgaan,
laat Hy hul lei,
dat hul u Woord gehoorsaam,
hul aan U wy.
3. Leer hul mekaar vergewe,
mekaar vertrou.
Laat hul die hele lewe
op liefde bou.
Laat heers oor hul u vrede,
en bind hul saam.
Verhoor tog ons gebede
in Jesus Naam.
Kindwees
#538 Heer Jesus, U was self ’n kind
1. Heer Jesus, U was self ’n kind;
U laat U ook deur kinders vind.
O laat ons nooit u Naam vergeet
óns wat deur U Gods kinders heet.
2. O Here, maak ons harte rein,
beskerm, bewaar ons – ons is klein;
maak ons in liefde sterk en groot,
maak ons getrou tot in die dood.
3. O Heer, U gee u Woord en Gees
om ons tot lig en gids te wees.
Lei U ons veilig op die pad
en bring ons in die nuwe stad.
#539 Tien meisies, met hul lampe
1. Tien meisies, met hul lampe,
wag op die bruidegom.
Vyf meisies was verstandig,
die ander gee nie om.
Die bruidegom kon laat wees –
dit het hul skoon vergeet.
Die vyf met ekstra olie
was vir die wag gereed.
2. Tien meisies, met hul lampe,
word almal later vaak.
Al laer brand die vlamme.
Al tien raak aan die slaap.
Tot middernag, toe, skielik:
“Hier kom die bruidegom!”
Kry reg jul vreugdeligte.
Staan op, verwelkom hom.”
3. Tien meisies met hul lampe
wag op die bruidegom.
Vyf meisies was verstandig,
die ander gee nie om.
Tien meisies met hul lampe –
net vyf was voorbereid.
Dié vyf vier vrolik bruilof
saam in Gods Koninkryk.
#540 Onthou jul nog wie’t lank terug
Onthou jul nog wie’t lank terug
die aarde goed gemaak?
Ons God en Vader wat nooit slaap,
wat altyd oor ons waak.
Vir mossies sorg Hy, dag na dag;
vir lelies in die vlei.
Vir óns het Hy sy Seun gestuur:
hoe lief het Hy vir my!
#541 Ons bring aan U, Heer Jesus
1. Ons bring aan U, Heer Jesus,
ons lof en dank en eer.
Ons wil U met ons lewe,
terwyl ons jonk is, eer.
Beheer ons hart en lewe,
o Here, deur u Gees.
Laat al ons doen en late
vir U ’n vreugde wees.
2. Ons wil U dien, Heer Jesus,
met ywer en met krag.
Help ons om as u kinders,
te doen wat U verwag.
Beheer ons hart en lewe,
o Here, deur u Gees.
Laat al ons doen en late
vir U ’n vreugde wees.
3. Ons wil U volg, Heer Jesus,
soos wat u Woord ons leer.
Leer ons gehoorsaam lewe,
om U al meer te eer.
Beheer ons hart en lewe,
o Here, deur u Gees.
Laat al ons doen en late
vir U ’n vreugde wees.
#542 Jesus, ons loof U!
{Dieselfde wysie: 168, 542}
1. Jesus, ons loof U! Jesus, ons prys U!
Laat ons met eng’le ’n loflied sing –
nie meer verlore; U is gebore!
Ontvang die dank wat ons U bring!
2. Jesus, ons loof U! Jesus, ons prys U!
Neem U ons harte en maak dit rein
dat ons, gelowig, U dien met liefde
ontvang die lof van kinders klein.
#543 Here Jesus, ek is klein
1. Here Jesus, ek is klein,
maak U self my lewe rein.
Laat ek altyd van U leer,
laat ek grootword tot u eer.
O Jesus, neem my,
o Jesus, lei my,
o Jesus, sterk my
en vorm my tot u eer.
2. O Verlosser, maak my sterk;
vlytig om vir U te werk;
laat my tog gehoorsaam bly.
altyd gaan waar U my lei.
O Jesus, neem my,
o Jesus, lei my,
o Jesus, sterk my
en vorm my tot u eer.
3. Heiland, laat my nooit vergeet
dat U alles van my weet,
al is niemand ook by my,
sal U, Here, by my bly.
O Jesus, neem my,
o Jesus, lei my,
o Jesus, sterk my
en vorm my tot u eer.
#544 Soos die voëltjies van die hemel
1. Soos die voëltjies van die hemel
wat nie ploeg nie, saai of plant;
so ontvang ons elke dag weer
alles uit die Heer se hand.
2. Soos die skape in die weiveld
veilig by hul herder bly,
sorg die Heer, die goeie Herder,
in sy liefde ook vir my.
3. Dis die Heer wat alle lewe
veilig in sy hande hou.
Hy laat leef ons bly en dankbaar,
Hy versorg vir my en jou.
#545 Jesus kom na Jerusalem toe
{Bybel: Matteus 21:1-11}
1. Jesus kom na Jerusalem toe –
sing hosanna!
Baie mense by die fees hoor
Hy kom hiernatoe.
(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
2. Jesus kom na Jerusalem toe –
sing hosanna!
Palmtakke in die hand
gaan hul Hom tegemoet.
(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
3. Jesus kom na Jerusalem toe –
sing hosanna!
Op ’n donkie ry die Heer
terwyl die mense roep:
(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
#546 ’n Man was van Jerusalem na
{Bybel: Lukas 10:30-37}
1. ’n Man was van Jerusalem na
Jerigo op pad.
Die rowers het hom aangeval
en al sy goed gevat.
2. ’n Priester het daarlangs gekom,
maar net verbygegaan.
Ook die Leviet het hom sien lê
en in sy pyn laat staan.
3. Maar toe het daar ’n vreemdeling
uit jammerte gestop.
Sy wonde is toe skoon gewas en
kry ook olie op.
4. Hy neem hom na die herberg toe
en haal twee munte uit.
Wanneer hy later weer daar kom,
betaal hy elke duit.
5. Nou wie van hierdie drie, dink jy,
het naastediens verstaan?
Die priester en Leviet het nie,
net die Samaritaan.
6. Het jy die storie mooi verstaan?
Wil jy vir Jesus dien?
Dan moet jy elke mens om jou ook
as jou naaste sien.
#547 Alle volke, klap jul hande
1. Alle volke, klap jul hande: Juig tot eer van God.
Verhef jul stem en roem sy Naam in elke stad op aarde!
Sing en sing en sing dan saam; loof en prys sy grote Naam,
want Hy is ewig Koning in die hemel en op aarde!
Sing en sing en sing dan saam; loof en prys sy grote Naam,
want die Hemelkoning skenk ons sy genade!
2. Hy is ewig Koning in die hemel en op aarde!
Die volke kniel, die nasies juig oor al sy skeppingsdade.
Sing en sing en sing dan saam; loof en prys sy grote Naam,
want Hy is ewig Koning in die hemel en op aarde!
Sing en sing en sing dan saam; loof en prys sy grote Naam,
want die Hemelkoning skenk ons sy genade!
3. Ons gaan in sy woning in, Hy roep ons almal saam;
die skare juig en horings blaas, ons almal roem sy Naam!
Sing en sing en sing dan saam; loof en prys sy grote Naam,
want Hy is ewig Koning in die hemel en op aarde!
Sing en sing en sing dan saam; loof en prys sy grote Naam,
want die Hemelkoning skenk ons sy genade!
#548 Ek weet Jesus lewe
1. Ek weet Jesus lewe,
daarom is ek bly.
Selfs wanneer ek bang is,
weet ek Hy’s naby.
2. Jesus is my koning
en van alles Heer,
ek kan Hom vertel van
al my pyn en seer.
3. Selfs wanneer ek stout is
of my sleg gedra,
sal Hy my vergewe
as ek Hom dit vra.
4. Ek weet Jesus lewe,
daarom is ek bly.
Ek is nooit alleen nie,
Hy is saam met my.
#549 Daar’s vissies in die water
Daar’s vissies in die water,
kyk hoe swem hul rond;
daar’s voëltjies in die lug
en daar’s diere op die grond;
daar’s blomme in die velde,
daar’s riete in die vlei.
Wie sou dit al’s gemaak het?
Die Here, ja, dis Hy!
#550 Twee ogies om Gods werk te sien
Twee ogies om Gods werk te sien;
twee handjies om die Heer te dien;
twee oortjies om sy Woord op te vang;
twee lippies wat Hom loof met sang;
twee voetjies moet sy pad betree
met één hartjie om aan Hom te gee.
#551 Jesus nooi die kindertjies
1. Jesus nooi die kindertjies:
“Almal, kom na My”.
Elkeen wat na Hom toe kom,
ontvang en seën Hy.
2. Jesus nooi die kindertjies:
niemand is te sleg.
Hy leer hul om Hom te dien
en neem hul sonde weg.
3. Jesus nooi die kindertjies,
almal kan maar kom;
elkeen wat Hom liefhet,
is die Heer se eiendom.
4. Jesus nooi hul almal uit:
almal is gelyk.
Dié wat soos ’n kindjie word,
kom in sy koninkryk.
#552 Liewe Vader, ek sê dankie
1. Liewe Vader, ek sê dankie
vir die wêreld rondom my:
want die hemel en die aarde
het ons al’s van U gekry.
2. Liewe Vader, ek sê dankie
vir die lewe rondom my:
Al die blomme en die diere
het hul prag van U gekry.
3. Liewe Vader, ek sê dankie
vir die mense rondom my:
Al my maatjies en familie
wat in liefde by my bly.
4. Liewe Vader, ek sê dankie
dat ek soveel van U kry:
Maar die grootste is u liefde
wat ook in my hart kom bly.
#553 Ek is bly ek ken vir Jesus
Ek is bly ek ken vir Jesus,
ek is bly ek is sy kind.
En ek bly my hele lewe
aan die Here vasgebind.
Ek is bly ek het ’n Bybel
dat ek elke dag kan lees –
Kinders van die Here
het niks om voor bang te wees.
Kinders van die Here
het niks om voor bang te wees.
Oggend- en aandliedere
#554 Diep uit my hart, o Vader
1. Diep uit my hart, o Vader,
bring ek U lof en dank.
Ek kom met blydskap nader;
dien U, my lewe lank.
U neig u oor tot my,
U luister na my bede:
Aan U, die God van vrede,
wil ek my loflied wy.
2. U het my uit genade
getrou, o Heer, bewaar –
teen ramp en skrik en skade,
teen elke groot gevaar.
Ek is aan U verbind,
aan U behoort my dae.
Met al my twyfelvrae
bly ek nog steeds u kind.
#555 Ek kniel hier in die oggendlig
1. Ek kniel hier in die oggendlig
en soek, my God, u aangesig;
maak, Heer, vir my ook hierdie dag,
as U so wil, vol lig en prag!
2. Bevestig self my handewerk.
En my geloof, maak U dit sterk.
Laat ek nie wegskram van my plig,
of telkens voor versoeking swig.
3. Ek wy aan U dié nuwe dag
en dank U, Heer, vir lewenskrag.
Ek sal my Heiland bly verwag,
want weldra, weet ek, kom die nag.
#556 Vervul my hart met dankbaarheid
1. Vervul my hart met dankbaarheid
waar ek nou tot U nader;
verkwik deur u weldadigheid,
kom ek tot U, my Vader.
Hoe juig my hart ’n danklied uit
vir hierdie nuwe hede;
my eerste lied is dankbaarheid,
u lof my eerste bede (2x)
2. O Skepper van die groot heelal
en deur u Seun my Vader;
ek wil in swakke mensetaal eerbiedig tot U nader.
Ek wy aan U die nuwe dag en steun op u genade;
en wat daar ook al op my wag,
ek loof u goeie dade (2x)
#557 Hoor, Heer, ons aandgebede!
1. Hoor, Heer, ons aandgebede!
Die velde lê in vrede.
Die dag is nou verby.
O hoor ons dankgesange!
Die aand bring dié verlange
dat U, o Heer, by ons sal bly.
2. Ons lê voor U ons sorge,
en alle wat verborge
so swaar op harte druk.
O Bron van heil en lewe,
wat al ons skuld vergewe,
U gee ons vrede en geluk.
3. Bedek ons met u vlerke,
o God, Getroue, Sterke;
hou vaderlik die wag.
Ons sluit getroos ons oë,
ons ken u alvermoë:
U waak oor ons die hele nag.
#558 O grote Christus, eew’ge lig
1. O grote Christus, eew’ge lig,
niks is bedek vir u gesig;
u lig bestraal ons waar ons gaan –
al skyn geen son, al lig geen maan.
2. Toon ons u goedheid en u mag
deur u beskerming in die nag;
wees U ons skild teen leed en ramp,
beskerm ons brose lewenslamp.
3. Gee ons gemoedsrus vir die nag,
soos mense wat u koms verwag;
laat ons in die vertroue leef
dat u ons al ons skuld vergeef.
4. O Vader, laat u liefde ons lei;
o Seun, staan ons genadig by;
o Gee, wil ons in waarheid leer;
drie-enig’ God, ons sing u eer.
#559 Die dag wat U in guns gegee het
1. Die dag wat U in guns gegee het,
is weer verby, net soos ons taak,
en dankbaar kom ons lofgebede
tot U wat lig én donker maak.
2. Soos wat die een dag vir die ander
’n loflied oor u grootheid sing,
so kan u kinders, Hemelvader,
aan U voortdurend hulde bring.
3. Voortdurend klink die dankgesange,
die smeekroep en die lofgedig
tot U, die God van ons verlange,
wat ewig woon in helder lig.
#560 O Heer, wat U in guns oor my ontferm
1. O Heer, wat U in guns oor my ontferm,
wil U my in die nag ook beskerm.
Bewaar my, Heer, van skade.
Gee, ná die nag, ’n nuwe dag
en skenk my ryklik u genade.
2. Heer Jesus, U’t my veilig voortgelei –
U is nie ver nie, U staan my by.
U maak my vry van sorge.
U laat my rus; ek weet gewis:
Ek is met U in God geborge.
3. O Gees, U skenk u rus in my gemoed;
ek is verlos deur Jesus se bloed.
Ook eenmaal is my lewe
op aard’ verby. Dan wy ek my
aan U vernuut, verlos, vergewe.
#561 Dis stil hier in die skemer
1. Dis stil hier in die skemer
asof die goeie Gewer
’n kleed oor alles sprei.
Ek self word nou ook rustig,
wil my in God verlustig:
ek kan my in sy sorg verbly.
2. O Heer van mededoë,
gee my verligte oë
dat ek u heil mag sien!
Soms vrees ek, Heer, die duister…
Spreek U en ek sal luister
en leer my hoe om U te dien.
#562 Aan U, o God, my dankgesange
1. Aan U, o God, my dankgesange
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange,
u lig, my Lig, sal hoër rys.
U het my met u guns versadig
en as ’n vader my beskerm;
met seëninge, so milddadig,
U dag en nag oor my ontferm.
2. By U laat ek met stil vertroue
al my bekommernis vannag;
u Gees sal my in dié vertroue
ook voortlei in die nuwe dag!
U self stel aan die Bose perke;
U het ons vir u diens bevry.
Laat doen ons, Heer, die goeie werke
deur Jesus vir ons voorberei.
3. Dank, Vader, dank vir u genade
dis onverdiende guns alleen!
Beoordeel U na reg my dade,
waar sal ek skuil, waar vlug ek heen?
Maar nee, ek mag, ek wil nie vrees nie,
U spreek my vry om Jesus bloed;
ek sal nie meer bekommerd wees nie
in Hom is rus vir my gemoed.
4. Ek weet aan wie’k my toevertrou het,
al wissel dan ook dag en nag;
ek ken die Rots op wie’k gebou het,
van wie ek al my heil verwag.
Eens aan die einde van my lewe
sal ek, van dood en sonde vry,
vir al u seën en goedheid, Here,
U nuut my dank- en loflied wy.
#563 Aan U, o God, my dankgesange
1. Aan U, o God, my dankgesange –
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange,
U lig, my Lig, sal hoër rys (3x)
2. U het my met U guns versadig
en as ’n Vader my beskerm;
met seëninge, so milddadig,
U dag en nag oor my ontferm (3x)
3. Ek weet aan wie’k my toevertrou het,
al wissel dan ook dag en nag;
ek ken die Rots op wie’k gebou het,
van Wie ek al my heil verwag (3x)
4. Eens aan die einde van my lewe
sal ek van sorge en moeite vry,
vir elke dag my hier gegewe
U hoër, reiner loflied wy (3x)
#564 Kyk, die dag is nou verby
Kyk, die dag is nou verby
en die nag kom nader.
“Laat jul sorge nou by My” –
so sê God ons Vader.
#565 Hoed my as ek my gaan neerlê
{Dieselfde wysie: 565, 566}
1. Hoed my as ek my gaan neerlê,
grote God, wat altyd waak.
O, beskerm my deur u Almag
as die kwade my genaak.
2. O, vergeef my al my sondes,
dan lê ek my hofie neer.
Dood of hel sal ek nie vrees nie
want U is my rotssteen, Heer.
3. Neem my ouers en my vriende
in bewaring hierdie nag.
Môre dank ons U vir goedheid –
gawe van ’n nuwe dag.
#566 Hou oor my vannag u hande
{Dieselfde wysie: 565, 566}
1. Hou oor my vannag u hande,
grote God, wat altyd waak.
Laat my rus in u beskerming
as dit donker om my raak.
2. Heer, vergeef my al my sondes;
maak my hart opnuut weer skoon:
Dan sal ek geen onheil vrees nie –
dan sal vrede in my woon.
3. Neem ons huis, ons vriende, almal,
in bewaring deur die nag.
Môre dank ons U vir goedheid –
gawe van ’n nuwe dag.
#567 Die dag wat U, o Heer, gegee het
1. Die dag wat U, o Heer, gegee het,
is nou verby, die nag kom aan;
soos U ons môrelied ontvang het,
neem nou ons naggebed ook aan.
2. Dieselfde son wat hier aan’t kwyn is,
bring oor die see weer oggendlig –
voortdurend klink deur mensestemme
’n bede of ’n lofgedig.
3. Soos sonder einde son en skemer
steeds om die hele aarde gaan,
so sing en bid ons broers en susters
waar hul ook al voor U kom staan.
4. Ons dank U, Heer, dat U nie slaap nie,
by U bly dit voortdurend dag;
terwyl dit donker hier by ons is
hou U deur heel die wêreld wag.
5. U trou staan vas – net aardse ryke
laat onderdane in die steek;
U ryk brei uit en groei voortdurend
tot u Dag groots in glorie breek.
Tafelgebede
#568 Heer, gee vandag ons dag se brood
1. Heer, gee vandag ons dag se brood –
U staan ons by in al ons nood,
ook wanneer ons so gou vergeet
dat U ons dag se brood uitmeet.
2. Heer, seën tog vandag se brood
en laat ons ander help in nood,
laat ons bereid wees om te deel
want U gee altyd weer so veel.
3. Heer, U is self die lewensbrood –
U deel Uself uit in u dood,
U het ons selfsug so vergeef,
nou kan ons uit u liefde leef.
#569 Alle oë wag op U, o Here, en U gee wat
Alle oë wag op U, o Here, en U gee wat
ons benodig, Heer, op die regte tyd. U
open u milde hande en skenk soveel guns
aan al wat lewe, uit groot genade. Amen.
Jaarwisseling
#570 Ure, dae, maande, jare
1. Ure, dae, maande, jare
skuif soos skadu’s stil verby.
Niks sal met die loop van jare
onveranderd hier kan bly.
Soos die gras, so is ons dae;
soos ’n blom verwelk die mens:
U stel na u welbehae
aan ons leeftyd hier ’n grens!
2. Vader, U troos ons in smarte
selfs ook as U ons bestraf.
U, die kenner van ons harte,
lei ons deur die dood en graf.
Al verander als op aarde,
u verbond hou ewig stand.
Ewig rus ons in u vrede,
veilig in u vaderhand.
#571 Here, hoeveel blye dae
{Dieselfde wysie: 487, 571}
1. Here, hoeveel blye dae
vloei soos strome kalm en rein,
sonder kommer, sonder klae,
vol van vreugde en sonneskyn!
Word ek soms gekwel deur lyding,
wil ek kla oor u kastyding,
weet ek dis van korte duur
uit my vreugde, net ’n uur.
2. Skenk U nie in u ontferming
meer as wat ek ooit verwag?
Leef ek nie in u beskerming,
in u liefde elke dag?
Gee U my nie duisend kere,
onverdiend u seën, Here?
Selfs al moet ek leed verduur,
bring dit seën op die duur.
3. Van die velde, uit die strome,
uit die dieptes van die see,
uit die wolke, van die bome,
deel U milde seën mee.
Jaar en maand en dag en stonde,
elke vlugtige sekonde
het u liefde en u trou
steeds oor my die wag gehou.
4. As u guns ons hier benede
sóveel lewensvreugde bied,
watter saligheid en vrede
sal ons eens by U geniet
as ons deur u gees se leiding,
met die diepste hartsverblyding,
van U, Heer, ontvang die kroon,
voor u heil’ge hemeltroon!
Lyding en nood
#572 Heer, soms word ek ongeduldig
1. Heer, soms word ek ongeduldig
as ek meen ek ly onskuldig;
maar dan sien ek dit tóg in
as ek oor u werk besin:
die fondasies van die aarde,
sterre, diere – al u dade –
laat u ondeurgrondlikheid
blyk uit u voorsienigheid.
2. As dié raaisel my nie kwel nie,
en my hart nie eens ontstel nie –
dan kan ek, van U bewus,
ook in eie lot berus.
Net in u gemeenskap, Here,
digby U vind ek die vrede.
Net U self, net U alleen,
het ek nodig as my steun.
3. Heer, te midde van my lyding
is ek dankbaar vir die tyding:
U is nie in majesteit
of in glorie opgesluit.
U het self gevoel wat seer is
in ’n hart wat omgekeer is.
Ek glo aan die medely
wat U ondervind vir my.
#573 Ruwe storme breek in woede
1. Ruwe storme breek in woede,
alles om my heen is nag;
tog hou God my in sy hoede:
Hy hou oor my heil die wag.
Kan ek soms sy hulp nie sien nie,
of sy liefde ooit verdien nie,
sal sy Gees my altyd lei:
Hy staan my in alles by.
2. Jesus Christus het gesterwe
het verrys, verrys vir my;
Hy’t sy vrede my laat erwe,
deur sy offer is ek vry.
Hy wat intree by die Vader
trek my in sy liefde nader;
in ontferming oor my lot
staan Hy in my plek voor God.
3. Wat my tref in dood of lewe;
watter teenspoed op my wag,
Jesus sal my nooit begewe –
is ek swak, by Hom is krag.
Niks wat ek op aarde ly nie
kan my van sy liefde skei nie:
hoogte, diepte, vreugde, rou –
niks ontruk my aan Gods trou!
#574 ’n Skare stroom van oral saam
1. ’n Skare stroom van oral saam,
kom soek genesing, troos by Hom.
Mense noem oraloor dié Naam,
praat oor sy dade, huldig Hom.
2. Na U, Heer Jesus, kón hul gaan
met sonde, siekte, smart en vrees.
So liefdevol oor hul begaan,
het U vergeef, vertroos, genees.
3. Wanneer óns kragte, Here, kwyn,
bring óns ook al ons leed na U.
Ons soek genesing van ons pyn,
ons sondenood lê ons voor U.
#575 Wie op die Heer vertrou in lyding
1. Wie op die Heer vertrou in lyding
en op Hom steun, selfs in gevaar,
is deur Hom seker van bevryding
en van sy redding: ewig, waar.
Wie op die Here God vertrou,
het séker nie op sand gebou.
2. Bly op die Heer vertrou in lyding
en wees voor Hom ootmoedig stil.
Maak op Hom staat vir hulp en leiding;
soek biddend na sy sin en wil.
Wie op die Here God vertrou,
het séker nie op sand gebou.
3. Leef daagliks dankbaar en tevrede
en bly op God se wil bedag:
Hy hoor ons dank- en smeekgebede
en seën ons as ons biddend wag.
Wie op die Here God vertrou,
het séker nie op sand gebou.
#576 Moet jy stry teen moeilikhede
1. Moet jy stry teen moeilikhede,
kind van God, vertrou op Hom;
Hy beantwoord jou gebede;
Hy ken jou omstandighede.
Hy omskep jou smart in vreug;
jy kan jou in Hom verheug.
2. Bou in kommervolle dae
al jou hoop op Hom alleen;
Hy hoor al jou sugte en klae.
Hy ken al jou angs en vrae
deur die swaarste teenspoed heen –
Hy kan help, ja, Hy alleen.
#577 Die Heer, my herder, sorg vir my
{Dieselfde wysie: 577, 602}
{Diskant}
1. Die Heer, my herder, sorg vir my,
Hy laat my rustig wei;
langs waters waar daar vrede is,
sal Hy my veilig lei.
2. Die Heer gee my weer nuwe krag
en Hy sal met my gaan;
Hy lei my op die regte pad
ter ere van sy Naam.
3. Al lê daar donker dieptes voor,
tog hoef ek nie te vrees,
want U’s by my, en in u hand
sal ek steeds veilig wees.
4. U maak vir my ’n fees gereed
terwyl my vyand kyk.
U maak van my ’n eregas;
U maak my lewe ryk.
5. Net goedheid, liefde, lewenslank,
gee U, o Heer, vir my;
by U’s ek tuis, en in u huis
sal ek vir ewig bly.
577B The Lord’s my shepherd
{Taal: Engels}
1. The Lord’s my shepherd; I’ll not want.
He makes me down to lie
in pastures green; he leadeth me
the quiet waters by.
2. My soul he doth restore again,
and me to walk doth make
within the paths of righteousness,
e’en for his own name’s sake.
3. Yea, though I walk in death’s dark vale,
yet will I fear no ill;
for thou art with me, and thy rod
and staff me comfort still.
4. My table thou hast furnished
in presence of my foes;
my head thou dost with oil anoint,
and my cup overflows.
5. Goodness and mercy all my life
shall surely follow me,
and in God’s house forever more
my dwelling place shall be.
#578 Jesus wat my lief het, Heer
{Dieselfde wysie: 16, 137, 240, 578}
1. Jesus wat my lief het, Heer,
laat my veilig by U skuil.
Kyk, die waters, wind en weer
dreig en ruk en trek my neer!
Help my, Heiland, ag, ek vrees!
Hoor die woeste winde huil!
U beskerm my swakke vlees
laat my lewe vrede wees!
2. Ek kom na U, hulpeloos.
Daar’s geen ander toevlug nie.
Kléin is my geloof en bróós,
maar ek weet: Net U kan troos.
O my Heiland, U sal hoor!
U sal my teen kwaad beskut.
Deur die duister gaan U voor
as ek telkens moed verloor.
3. Jesus wat my liefhet, Heer,
ek vind by U vrede, rus.
Druk my sorge my soms neer,
word ek méér van U bewus.
U’s die rots waarop ek bou
al kom voor- en teëspoed.
U sal ek voor oë hou
selfs in storm of watervloed!
Sterwe en begrafnis
#579 Ons harte is verheug dat God
1. Ons harte is verheug dat God,
beskikker van ons deel en lot,
ons lewe in sy hande hou –
Hom kan ons alles toevertrou.
2. Hy wat sy eie weg wil gaan,
sien dwaallig soms vir sterre aan,
en as die skynsel hom bekoor,
dan dwaal hy van die regte spoor.
3. God ken alleen die regte pad
wat uitloop op die hemelstad;
Hy weet of voor- of teëspoed
die beste is vir ons gemoed.
4. Waar niemand anders help, help Hy;
as mense wyk, staan Hy ons by.
in rus en vreugde, nood en stryd
bly Hy dieselfde deurentyd.
5. As ons die doodsvallei betree,
kan selfs ons beste vriend nie mee,
maar Hy, die troue Vriend in nood,
Hy bly by ons deur graf en dood.
6. Kom, tree ons dan bemoedig voort;
die Here rig ons deur sy Woord.
Al lei ons pad deur smart en vrees,
sal ons nie meer kleinmoedig wees.
#580 Rus, my siel, jou God is Koning
1. Rus, my siel, jou God is Koning,
oral voer Hy heerskappy.
Alles wissel hier op aarde,
onveranderlik is Hy.
2. Met die kom en gaan van jare
soos die deinings van die see,
wissel alles op die aarde –
wissel mensewaardes mee.
3. Elke mens soek na vervulling,
soek met ywer dag na dag,
maar die soeke bring geen rus nie –
laat ons dus op Christus wag.
4. Rus, my siel, jou God is Koning,
leef tevrede uit sy hand;
wát ons tref in hierdie wêreld,
niks verbreek sy liefdesband.
#581 O Heer, my God
1. O Heer, my God,
ek leef uit u ontferming.
U is my toevlug, U bied my beskerming.
Net U bepaal my lewenslot.
2. In donker nag ervaar ek u nabyheid.
U Woord bring vrede,
vastigheid en vryheid.
By U vrees ek geen bose mag.
3. Waar ek mag gaan,
daar is u liefde by my.
Selfs in my lyding weet ek: U bevry my.
U laat my veilig by U staan.
4. Heer, dink aan my
wanneer my einde nader.
Ek is u kind, hou my tog vas, my Vader.
U Seun het ook vir my gely.
#582 Bly by my, Heer, terwyl die skemer daal
1. Bly by my, Heer, terwyl die skemer daal;
laat steeds u lig my lewenspad bestraal!
Daar is geen ander hulp of troos vir my
Hulp van die hulpelose, bly my by!
2. My lewensdag begin alreeds te kwyn;
sy vreugde en sy glans is aan verdwyn;
die tyd laat niks hier onveranderd bly
o Heer wat nooit verander, bly my by!
3. U wat ons nooit verlaat nie, goeie Heer,
weet om met swakke mense te verkeer.
Gaan pyn en lyding soms bo my verstand,
weet ek U hou, onwrikbaar, nog my hand.
4. U bystand is so kosbaar elke uur;
deur u genade leer ek leed verduur.
Waar is daar ooit ’n beter lig te kry?
U Gees bly immer ons onfeilbaar by.
5. Gou daag die lig; die nuwe aarde bly
van alle sonde, dood en smarte vry!
Dood, wie sou skrik?
Graf, wat sou my laat beef?
My toekoms is gewis, want Jesus leef!
#583 U het ek lief, U roep ek aan!
1. U het ek lief, U roep ek aan!
Na wie toe anders sal ek gaan
in al my donkerhede?
Dis U wat lewenswoorde spreek,
U is die brood vir my gebreek –
net U gee my weer vrede.
Ek wil met Petrus saam bely:
U is die Christus ook vir my.
Verlosser, Heiland, Lam geslag,
o Vors van vrede, lank verwag,
U roep ek aan, o Jesus Heer!
U sal ek eer.
U sien op my in liefde neer.
2. Ag, Heer, laat eng’lehande my
wanneer ek sterwe, juigend bly
gelei tot in u woning!
Die liggaam keer tot stof en puin,
tot met die klank van die basuin,
en U weer kom as Koning!
Dan staan ek op, deur U gewek,
dan word u heerlikheid ontdek
waar U, in majesteit getroon,
vir ewig onder eng’le woon!
Ek roep U aan, o Jesus, Heer!
U sal ek eer.
Sien in genade op my neer!
Hoop en voleinding
#584 Ons sien die tekens van die tyd
1. Ons sien die tekens van die tyd;
Hy kom, Hy kom, die Regter!
Hy kom in krag en heerlikheid
en eis van al sy knegte
verslag van hulle werksaamheid.
Die Regter prys die troue kneg,
maar oordeel tref die slegte.
2. U glans verskyn bo elke kruin,
die ganse aarde bewe.
Die dooies sal by die basuin
ontwaak, verrys, herlewe!
En die wat leef op daardie dag
sal in een ooblik deur Gods mag
hernu word en verander.
3. Getroue Heiland staan my by –
my waarborg is u sterwe.
U spreek my van die oordeel vry,
dat ek u heil mag erwe.
Ek twyfel nie, U het voldoen…
Die bloed van Golgota versoen;
bedek my baie skulde.
4. Die Regter kom! Gods kinders wag
met vreugde op die tyding.
O kom! Want ook die skepping smag
na redding en bevryding.
Ja kom! Ons roep dit vroeg en laat:
Verlos ons, Heer, van alle kwaad
en maak ons heilig. Amen.
#585 O Jesus, laat ons nooit vergeet
1. O Jesus, laat ons nooit vergeet
dat U wat alles van ons weet
sal oordeel oor ons hele lewe.
U sien ons hart by elke daad,
U ken ons liefde en ons haat,
deurskou ons wense en ons strewe.
Al wat verborge is, word lig
wanneer dit kom voor u gerig.
2. As Middelaar mag ons U sien,
al het ons niks van U verdien,
U wat ons skuld by God betaal het.
Ons mag gelowig op U bou,
ons toekoms aan U toevertrou,
U wat vir ons die kroon behaal het.
Ons kom nie in die oordeel meer –
leef uit die vryspraak van ons Heer.
3. So word u wederkoms ons hoop,
u liefde sluit die toekoms oop,
u Gees herskep ons wil en strewe.
Ons oë bly op U gerig
voor Wie die duisternis moet swig –
U is die waarheid en die lewe.
Ons harte juig: die Heer kom weer!
Kom Jesus, ja, kom spoedig, Heer
#586 Hef op jul hoofde, vromes
1. Hef op jul hoofde, vromes;
verlostes, wees verbly!
Die Heer wat op die troon is
kom weer in heerlikheid.
Hy kom, en daardie dag
sal heel die aarde bewe.
Maar hul sal juigend lewe
wat nou reeds op Hom wag.
2. Eenmaal in knegsgestalte
was Hy al hier gewees –
’n Kind wat in ’n stal was,
en deur ’n vors gevrees.
Die wyses volg die lig
en bring aan Hom die hulde.
Sy bloed betaal ons skulde
voor God se aangesig.
3. Hy kom nie weer as kindjie
na Betlehem se stal.
Hy kom nou as oorwinnaar
en met basuingeskal!
As regter daal Hy neer.
Sy troon is haelwit wolke.
En oor verloste volke
sal Hy alleen regeer.
#587 “Kyk, Hy kom!” Wag, laat ons luister
1. “Kyk, Hy kom!” Wag, laat ons luister –
vanaf die mure, deur die duister
roep wagters met ’n luide stem:
“Kyk, Hy kom! Hy kom! Die Koning!
Ontwaak! Ontwaak! Elk in sy woning.
Verbly jou, o Jerusalem!
O neem jul lampe, kom,
Hy’s daar, die Bruidegom!”
Halleluja!
Ons gaan Hom groet,
ons gaan Hom groet.
Ons gaan Hom juigend tegemoet.
2. Sion, hoor die feesgesange!
Ons hart klop bly en vol verlange;
van vreugde blink ons aangesig.
Kyk, die dag breek oor die kruine!
Ons hoor die klank van feesbasuine –
Jerusalem se nag word lig.
Hy daal na ons toe neer,
Gods Seun en onse Heer.
Halleluja!
Hy kom ons haal,
Hy kom ons haal.
Ons vier met Hom die bruilofsmaal.
#588 O God van hoop, gee ons u vrede
1. O God van hoop, gee ons u vrede,
leer ons soos kinders op U wag.
Ons wil in stryd en moeilikhede
van U alleen ons heil verwag.
As ons geen weg meer verder sien nie,
help ons om net op U te bou
wat onaantasbaar vas en seker
u woord en u beloftes hou.
2. Ons het ’n hoop wat oor die einde,
oor sterwensuur en graf heen reik.
Dis onaantasbaar vas en seker
as alle aardse dinge wyk.
Ons het ’n toekoms saam met Christus –
die einde is maar die begin.
Die dood is oorgang tot die lewe:
ons woon by God vir ewig in.
3. Nooit kan geloof te veel verwag nie,
want God bly aan sy Woord getrou.
Geen grense is daar aan sy mag nie,
Hy sal al sy beloftes hou.
Die hoop op Hom vervul ons lewe,
laat ons die koninkryk verwag,
totdat die volheid van sy vrede
nuut deurbreek op die laaste dag.
#589 Verheerlik aan Gods regterhand
1. Verheerlik aan Gods regterhand
regeer sy Seun as koning.
Daar in die nuwe vaderland
maak Hy vir ons ’n woning.
2. Van dáár sal Hy as regter kom
kniel neer, o al wat lewe!
Voor Hom sal mensewoord verstom;
sal elke skepsel bewe.
3. Hy kom, en bring vir elk sy loon;
kom luister, alle volke!
Met eer en heerlikheid gekroon,
kom Hy weer met die wolke.
4. Hy oordeel, en verlostes juig:
Dié regter is ons Here!
Met jubeling sal hul getuig:
Vrees God, gee Hom die ere!
5. Vertel aan almal van sy werk:
Die wederkoms kom nader!
Getuig van Hom, werk fluks en sterk
in diens van God, die Vader.
#590 Het jy gehoor dat eenmaal
1. Het jy gehoor dat eenmaal
hier alles nuut sal staan?
Dat Jesus by sy weerkoms
die dood finaal verslaan?
’n Nuwe aarde, hemel
verskyn met God se seën.
Het jy gehoor en glo jy
selfs deur jou twyfel heen?
2. Het jy gehoor van Jesus,
van lewe uit sy dood?
Het jy gehoor, vertrou jy
Hom in jou diepste nood?
Weet dan, geen bose magte
kan jou aan Hom ontruk.
Op dié geloofsverwagting
skenk God volmaak geluk.
#591 Die boekrol in Gods regterhand
1. Die boekrol in Gods regterhand
is sewe keer verseël,
dis vol geskryf aan elke kant
met oordeel én met seën;
maar niemand kan die seëls breek!
Wie sal die boek van God laat spreek?
2. ’n Leeu kom uit die Juda-stam,
voortreflik, soos ’n koning.
Hy staan daar as geslagte Lam
en so bring Hy oorwinning –
Hy het ons met sy bloed gekoop;
Hy neem die boek en maak dit oop.
3. Sing almal, sing die nuwe lied
van Jesus se oorwinning;
bring aan Hom lof en heerlikheid
en prys Hom in aanbidding:
U het ons met u bloed gekoop –
U sterwe breek ’n toekoms oop!
#592 Die boekrol, Lam van God
{Dieselfde wysie: 188, 458, 592}
1. Die boekrol, Lam van God,
beskryf die gang van lewe.
Dit laat Gods plan ontvou,
sy heerskappy verhewe.
U het met bloed betaal,
ons losgekoop, versoen:
as konings moet ons heers,
u Naam as priesters noem.
2. Die bruilof, Lam van God,
laat juig ons: Prys die Here!
U het u bruid kom haal,
geklee in spierwit klere.
U het die fees berei
sodat ons reeds kan sing:
as gaste aan u maal,
u ewig hulde bring.
#593 Om ons bly die skepping sug
{Bybel: Romeine 8:18-28}
1. Om ons bly die skepping sug
in die pyne van verwagting,
uit die berge, bome, lug
klink die krete van versmagting:
maak u aarde vry, o Heer,
alles nuut, net tot u eer!
2. Ons in wie die Gees reeds woon,
sug en smag ook in óns lyding,
maar ons weet dat God sal toon
wie geroep is tot bevryding.
Nou reeds weeg die heerlikheid
meer as die verganklikheid.
3. Ook die Gees sug met ons saam,
in en deur ons, sonder woorde;
pleit vir elkeen by die naam,
vir die kerk in alle oorde.
God laat als ten goede werk
vir sy skepping en sy kerk.
#594 Ná ons bestaan in tyd en ruimte
{Dieselfde wysie: 273, 274, 594}
1. Ná ons bestaan in tyd en ruimte,
waar alles om ons kwyn en slyt,
maak God die aarde en die hemel
weer eendag nuut, in heerlikheid.
Volmaak staan alles skitterskoon;
God Self kom ewig by ons woon.
2. Al het gelowiges op aarde
hul vreugde, vrolikheid, plesier –
dis tydelik en onvolkome
teen wat ons eendag bly sal vier.
Verlangend na die Bruidegom
roep Gees en bruid: Ja, Here, kom!
3. Dán volg die volle openbaring
van wat ons hier nie kon verstaan;
dáár sien ons duid’lik die verklaring
waar ons nog nou verbysterd staan.
Verwonderd vier verlostes fees:
God sal in almal alles wees.
#595 Ons wag op U, o Seun van God
1. Ons wag op U, o Seun van God,
ons wag op u verskyning!
Ons sien die vyeboom al bot
die winter se verdwyning!
Wie in U glo en op U hoop,
soek nêrens meer ontvlugting
“Kom, Heer” is ons versugting.
2. Ons wag, ons weet U kom gewis,
ons hoor van krygsgerugte.
As alles eers vernuwe is,
verdwyn ons angs en sugte.
U sal regeer, U is die Heer.
U koms is ons behae.
Kom, dag van alle dae!
#596 Ons sien vooruit na daardie dag
1. Ons sien vooruit na daardie dag
wanneer ons Here weer sal kom;
volhardend bly ons op Hom wag –
die Koning van die Christendom!
2. Wees wakker, bly voortdurend waak –
die einde het alreeds begin;
beywer jou vir God se saak –
die tyd raak kort, die ure min!
3. Ons kyk vooruit na daardie dag
wanneer ons Here weer sal kom;
die laaste skemer van die nag
sal wyk, finaal verdryf deur Hóm!
#597 Dié met helder witte klere
{Bybel: Openbaring 7:9-17}
1. Dié met helder witte klere
staan daar voor die Heer se troon.
Voor die hoë God en Here,
dáár verskyn hul wonderskoon.
Wie is hul, en waarvandaan?
Hoe kan hul so stralend staan?
2. Dié ontelbaargrote skare,
so vol vreugde om die Lam,
kom uit alle volke, nasies,
elke taal en elke stam
met hul klere rein gewas
en bevry van elke las.
3. Hulle het as martelare
eens met woord en daad getuig,
daarom dat hul, hart en hande,
nou met vreugdesange juig.
Uit verdrukking kom hul in;
met die Lam het hul oorwin.
4. En geen honger, dors of hitte
sal hul ooit weer smart laat ly.
En die Lam is hul verkwikking,
sodat, in Gods heil verbly,
en met trane afgevee,
hul aan Hom die eer kan gee.
5. Wonderbaar is u beskutting
as ons lewe in u vrees!
In u waarheid is bevryding,
Vader, Seun en Heil’ge Gees.
Hou ons tot u lof bereid,
nou en tot in ewigheid!
#598 Die mens het destyds op die aarde
1. Die mens het destyds op die aarde
’n hoë toringwerk gemaak –
hul wou die mensdom so vergader
om selfs die hemel aan te raak.
Toe oordeel God: “Jul sal moet trek,
ver weg van hierdie plek!”
2. Die Christus het verskyn op aarde
en aan ’n timmerwerk gehang,
om so vir elke sondedader
die straf en skulde op te vang.
Juis dít sal tot verlossing strek:
Hy neem die mens se plek.
3. Die Heer het destyds nog op aarde
belowe dat Hy weer sal kom.
Maar eers vertrek Hy na die Vader
om woonplek te berei by Hom:
“Vir julle is dit goed dat Ek
verwyl in God se plek.”
4. Vir ons wat lewe op die aarde
het só ’n nuwe hoop ontstaan.
Die goddelike toekoms nader
vir ons om ewig in te gaan:
’n bruilofstafel klaar gedek,
’n troon, ’n koningsplek!
#599 As Hy weer kom, as Hy weer kom
{Bybel: Johannes 14:1-6}
1. As Hy weer kom, as Hy weer kom,
kom haal Hy sy kinders;
al sy kinders, wat in Hom glo
om by Hom te wees.
Ja, ons wag op die Here,
en ons sing tot sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker
om ons te kom haal.
2. By die Vader, by die Vader,
maak Hy vir ons woonplek;
sodat almal wat in Hom glo
ook by Hom kan wees.
Ja, ons wag op die Here,
en ons sing tot sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker
om ons te kom haal.
3. Hy’s die Weg en Hy’s die Waarheid,
die Lewe vir elkeen;
sodat almal wat in Hom glo
vir ewig sal leef!
Ja, ons wag op die Here,
en ons sing tot sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker
om ons te kom haal.
#600 Die heiliges, beklee met heerlikheid
1. Die heiliges, beklee met heerlikheid
staan voor u troon,
verlos van aardse stryd.
Hul prys u Naam, o Here, deurentyd.
Halleluja!
Halleluja!
2. U was hul rots, hul vesting en hul krag;
U was hul gids, hul lig in donker nag.
U was hul skuiling tot die nuwe dag.
Halleluja! Halleluja!
3. Verby die dood het God ons lot bepaal,
na aardse stryd kom Hy ons huis toe haal
Hy is ons Lig as skadu’s oor ons daal.
Halleluja! Halleluja!
#601 Dié wat die Here wil dien
1. Dié wat die Here wil dien,
húl het ’n nuwe toekoms
swaarkry vir altyd verby –
God laat hul vreugde sien.
Stil maar, wag maar, alles word nuut –
die hemel en die aarde.
Stil maar, wag maar, alles word nuut –
die hemel en die aarde!
2. Gister se seer is verby,
gister se stryd vergete.
Wolwe en lammers wei saam,
vrede sal altyd bly.
Stil maar, wag maar, alles word nuut –
die hemel en die aarde.
Stil maar, wag maar, alles word nuut –
die hemel en die aarde!
3. Sing met ’n vrolike stem,
sing van die nuwe aarde,
sing van die stad van die Heer –
nuwe Jerusalem.
Stil maar, wag maar, alles word nuut –
die hemel en die aarde.
Stil maar, wag maar, alles word nuut –
die hemel en die aarde!
4. Elkeen wat dors het mag kom;
drink die fontein se water.
God kom dan self by ons woon.
Ons is ’n volk vir Hom.
Stil maar, wag maar, alles word nuut –
die hemel en die aarde.
Stil maar, wag maar, alles word nuut –
die hemel en die aarde!
5. Voordat ons roep sal Hy weet,
Hy sal gebede antwoord.
Hy hoor ons harte se nood
voordat ons nog kan smeek.
Stil maar, wag maar, alles word nuut –
die hemel en die aarde.
Stil maar, wag maar, alles word nuut –
die hemel en die aarde!
#602 Ek sien ’n nuwe hemel kom
{Dieselfde wysie: 577, 602}
{Diskant}
1. Ek sien ’n nuwe hemel kom,
’n aarde nuut en vry.
Die see en al wat skei, verdwyn.
God self kom by ons bly.
2. Die nuwe stad, Jerusalem,
daal uit die hemel neer;
skoon soos ’n bruid in heerlikheid –
geliefde van die Heer.
3. Die Heer droog al die trane af,
verby is droefheid, dood.
Ja, pyn en smart wyk uit die hart –
ons moeite, angs en nood.
4. “Kyk, Ek maak alles nuut”, sê God.
“Laat hom wat dors het, kom.
En hy sal vind hy is my kind;
Ek is ’n Gód vir hom!”
5. Oorwinnaars sal ons alles erf
en drink uit die fontein
van lewenswater, heerlik, rein.
En God sal oor ons skyn.