Leierskap besluite inkonsekwent met die geloofsbelydenisse en kerkleer lei na valse geloofsidentiteit

Die volgende artikel het ook op 30 Julie 2021 in Kerkbode verskyn onder die titel Oor die duiwel en leerstellings.

**************

Leierskap besluite inkonsekwent met die geloofsbelydenisse en kerkleer lei na valse geloofsidentiteit

Deur Arnold Griesel

18 Julie 2021

Die invloed van liberale teologie binne die leierskap van die NG Kerk lei tot besluite wat geneem word wat in botsing kom en lynreg die inhoud van die Bybel en die kerklike gereformeerde geskrifte verdraai en/of weerspreek.

In dié verband, ter bevordering van diversiteit, neem die AS in 2011 ʼn besluit rondom die bestaan van die duiwel/satan waarvolgens lidmate en kerkrade hulle eie sienswyses en interpretasie oor die bestaan en aard van die duiwel mag formuleer en huldig. Dié besluit word geneem ongeag die feit dat dit strydig is met die Bybel en die NG Kerk se gereformeerde leerstellinge.

Verwysings na die duiwel in die belydenisskrifte

Dit is baie duidelik dat die belydenisskrifte van die drie susterskerke (NG Kerk, Ned. Hervormde Kerk en Gereformeerde Kerk) die bestaan van die duiwel erken. Sien:

Daarom, indien predikante in die NG Kerk die bestaan van die duiwel betwyfel, verbreek hulle hul legitimasie-eed.

DIE ALGEMENE SINODE-BESLUIT:

DIE VOLGENDE BESLUITE IS DEUR DIE ALGEMENE SINODE VAN DIE NG KERK GENEEM – 12 OKTOBER 2011

Dit is teenstrydig met die belydenisskrifte en die kerkleer.

Die Algemene Sinode verwoord die besluit, met verwysing na item 7, as volg, wel wetende dat dit Skrifgesag verontagsaam:

7 Die Algemene Sinode aanvaar die werklikheid dat daar ’n wye diversiteit van interpretasies en toepassing van die Bybelse boodskap oor die bose en demone binne die NG Kerk is. Daar is ruimte vir lidmate wat aan die werklike en persoonlike aard van die duiwel en demone glo, en daar is ruimte vir lidmate wat die Bybelse spreke oor die bose en duiwels anders interpreteer.”

Daar is teologiese gedokumenteerde beskrywings oor die omvang van die voorkoms en aard van die duiwel/satan en bose geeste soos gevind in die hele Bybel, maar veral in die Nuwe Testament. Die AS-besluit van 2011 misken en verwerp gevolglik die belydenisskrifte t.o.v hierdie saak. https://core.ac.uk/download/pdf/193121855.pdf

VERREIKENDE IMPLIKASIES VAN SULKE AFVALLIGE BESLUITE IS DAT:

  • Die Goddelike outoriteit van die Skrif en Jesus se woorde daaroor betwyfel word;
  • ʼn Verdeling ontstaan in die kerk tussen die gemeentelede wat hierdie onskriftuurlike besluite ondersteun en gemeentelede wat dit teenstaan. Die kloof in eenheid in geloof lei daaropvolgend tot skeuring in kerkbinding in geloof.
  • Kerklike geloofsintegriteit verbrokkel

HUMANISTIESE MORALITEIT bepaal waardes ten koste van sola scriptura/Bybelse etiek. Soos daaropvolgende besluite weer op dieselfde basis goedgekeur word oor Selfdegeslag Seksuele Verbintenisse/verhoudinge in 2019.

ʼn Kerk wie nie sy eie leerstellinge wil en kan handhaaf nie, is ʼn valse kerk gebrekkig aan integriteit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui