Kuipergordel

Kyk ook:

Die Kuipergordel is ’n hipotetiese massiewe afgeplatte skyf van miljarde ysige planetesimale wat vermoedelik oorgebly het van die vorming van die sonnestelsel.

Die idee van die Kuipergordel het ontstaan om te verklaar waar komete vandaan kom. Studies sedert die middel 1990’s het egter gewys dat die Kuipergordel dinamies stabiel is en dat komete hoogs onwaarskynlik in die Kuipergordel kan ontstaan.

Is die Kuipergordel waargeneem?

In 1992 is die eerste Kuipergordelvoorwerpe (KGVe) waargeneem buite die wentelbaan van Neptunus. Sedertdien is nog baie sogenaamde KGVe waargeneem. Die vraag is of dit voldoende bevestiging is dat die Kuipergordel wel bestaan.

Daar is geen rede om te verwag dat die sonnestelsel skielik by Pluto se wentelbaan sal eindig, of dat klein planete nie verder as die wentelbaan van Neptunus kon bestaan nie. Baie duisende asteroïdes bestaan in die binneste sonnestelsel, dus moet ons nie verbaas wees dat sommige voorwerpe buite die bane van Neptunus en Pluto ontdek is nie. Alhoewel etlike honderde van hierdie KGVe reeds waargeneem is, benodig ’n Kuipergordel ongeveer ’n miljard ysige kerne om die sonnestelsel se voorraad komete aan te vul. Dit moet nog gesien word of KGVe in so ’n oorvloed bestaan. Tans is dit bloot ’n evolusionêre spekulasie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui