Komeet

’n Komeet is ’n klein, ysagtige hemelliggaam wat oor die algemeen in ’n sterk elliptiese baan om die son wentel. Wanneer ’n komeet naby die son kom, verdamp ’n gedeelte van die komeet se materie en word ’n sogenaamde koma en dikwels ook ’n stert of roei gevorm. Die soliede deel van die komeet word die komeetkern genoem. Komete bestaan uit ys, gas en stof en staan daarom ook as “vuil sneeuballe” bekend.

Ouderdom van komete

Hierdie eienskappe veroorsaak dat ’n komeet nie miljoene jare oud kan word nie. Dit sal ’n maksimum van 100 000 jaar oud kan word en volgens evolusietydskale het die meeste komete ouderdomme van nagenoeg 10 000 jaar. Volgens evolusie moet komete egter ongeveer dieselfde ouderdom as ons sonnestelsel hê. Dit is 5 miljard jaar. Die vraag dan:

Waar kom komete vandaan?

Daar is vier hipoteses:

1. Kuipergordel

Die idee van die Kuipergordel het ontstaan om te verklaar waar komete vandaan kom. Studies sedert die middel 1990’s het egter gewys dat die Kuipergordel dinamies stabiel is en dat komete hoogs onwaarskynlik in die Kuipergordel kan ontstaan.

2. Oortwolk

Soos die Kuipergordel, het die idee van ’n Oortwolk ontstaan om te probeer verklaar waar komete vandaan kom. Die Oortwolk is egter nog nooit waargeneem nie.

3. Komete word in die sonnestelsel ingestamp

Volgens hierdie hipotese is komete wel nagenoeg 5 miljard jaar oud, maar hulle wentelbane gaan nie naby die son of ander sterre verby nie. In sekere omstandighede sal ander hemelliggame hierdie komete se wentelbane beïnvloed en die komete wat ons vandag sien het eers onlangs die sonnestelsel binnegedring.

4. Interaksies met planete vertraag inkomende komete

Soos die vorige hipotese is komente wel nagenoeg 5 miljard jaar oud maar interaksie met ander planete verhoed hierdie komete om ons sonnestelsel binne te kom.

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui