Kerke, só dink jeug oor seks

Kyk ook:

Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, pleit dat die kerk na die jeug moet luister oor sake soos gay-verhoudings, geslagsrolle, ens.

Dit sou baie beter in die NG Kerk gegaan het indien die leiers meer na die Bybel geluister het oor hierdie kwessies…

************

Kerke, só dink jeug oor seks

Deur Liani Jansen van Rensburg, Sondag 13 September 2015 04:10

Die kerk moet na die jeug luister oor sake soos gay-verhoudings, geslagsrolle, definisies van seks, Bybelse norme, die gebruik van tegnologie in eredienste en die ontwikkeling van moraliteit.

Dié bevindings uit navorsing onder die jeug van verskeie kerke sal bespreek word by die NG Kerk se algemene sinode in Oktober.

Vir die navorsing is 300 jong mense tussen 16 en 35 jaar oud uitgevra oor sake soos politiek, kerkbywoning, seks en selfs pornografie. Meer as die helfte het gesê hulle het al deelgeneem aan seksuele aktiwiteite (nie seks nie) terwyl hulle nie getroud was nie. Sowat 36% het gesê hulle het voorhuwelikse seks gehad met iemand met wie hulle in ’n verhouding was. Nog 14% het seks gehad met iemand met wie hulle glad nie in ’n verhouding was nie.

5% van die respondente is in saamblyverhoudings en 41 respondente het gesê hulle kyk na pornografie op die internet.

Altesame 161 van die respondente sê daar is al teen hulle gediskrimineer oor hul ras, terwyl 113 aandui dat daar oor hul taal teen hulle gediskrimineer is.

Die navorsingsprojek is in 2011 deur die NG Kerk aangevra om te bepaal hoe die jeug die kerk sien. Dr. Zander van der Westhuizen, leier van die projek, het aan Rapport gesê die jeug is positief oor die kerk.

Van die belangrikste bevindings van die navorsing is dat:

  • Die jeug by belangrike besluitneming in die kerk ingesluit moet word.
  • Sommige jong mense die kerk as veroordelend beleef.
  • ’n Nuwe taal en gesprek oor die seksuele geskep moet word.
  • Die kerk moet belê in jong predikante en jeugwerkers.

Prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, sê die kerk moet deel raak van die jeug se alledaagse lewe. 

  • Liani.jvRensburg@media24.com

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui