Kerkbode se gelaaide etiese kodes

Nadat Kerkbode ’n tyd gelede sekere etiese kodes vir gesprekvoering op hul webwerwe voorgestel het, en redelik selektief begin toepas het, is onderstaande plasing nou hul nuutste poging om hul motiewe uit te voer.

 

Kerkbode -> facebook/kerkbode

www.facebook.com/kerkbode#!/kerkbode/posts/498999403462023

Daar is enkele deelnemers op die forum wat aanhou om neerhalende en verkleinerende opmerkings te maak teenoor mense wat nie dieselfde seksuele oriëntasie as hulle het nie. Dit is onaanvaarbaar net soos wat dit onaanvaarbaar is vir deelnemers om rassistiese opmerkings te maak. Sulke bydraes sal verwyder word. Deelnemers wat nie daarop ag slaan nie sal nie langer toegelaat word om deel te neem aan die gesprekke hier nie.

Daar is ook deelnemers wat die forum as ’n hedendaagse inkwisisie wil misbruik om gelowiges wat die Bybel anders as hulle interpreteer te verketter en hulle geloof verdag te maak. Dosente, leraars, lidmate en ander is gereeld die slagoffers hiervan. Dit is ook nie aanvaarbaar nie. Sulke bydraes sal verwyder word.

Hierdie forum verwelkom oop gesprek en vryheid van spraak. Daarvan getuig die uiteenlopende menings wat hier gewissel word. Kritiek is aanvaarbaar mits dit geregverdig en binne perke is. Die forum is toeganklik vir lidmate van die NG Kerk, nie-lidmate sowel as ongelowiges wat op ʼn beskaafde manier aan die gesprek deelneem. Dit is egter nie ʼn platform om mense te verketter nie. Kerkbode is bewus daarvan dat deelnemers aan forums soos die soms in die hitte van die oomblik iets pos wat ander mag aanstoot gee. Wanneer deelnemers egter doelbewus en aanhoudend aanstootlike en beledigende poste oor ander deelnemers pos sal dit nie langer geduld word nie.

Ons vertrou dat almal hulle samewerking in die verband sal gee.

 

Kommentare:

 

Paul Victor

Ek is teleurgesteld dat ’n kerk menings wat uiteenlopend is aanvaar, behalwe die wat glo dat homoseksualiteit verkeerd is. So, dus is die stelling hipokrities. Verder is dit interessant dat die kerk sê rassie is verkeerd (aangesien God alle nasies gemaak het en dit gerespekteer moet word), maar as dit by seksualiteit kom wat God gemaak het, word dit nie gerespekteer nie.

Hoe verbind die kerkbode die twee met mekaar sonder om hulleself te “contradict”. Moet die kerk nie God se Woord preek en respekteer nie? Of is dit om mense te pas en meer mense in die kerk te kry?

 

Kerkbode

Paul dit is juis omdat Kerkbode mense se verskillende godgegewe seksuele oriëtasies respekteer dat neerhalende en beledigende opmerkings oor mense se seksuele oriëntasie onaanvaarbaar is. Dit beteken nie dat Kerkbode van al die deelnemers verwag om dieselfde oortuigings tov homoseksualiteit te hê nie. Kerkbode aanvaar dat daar verskillende standpunte is en dat dit ook hier gereflekteer word. Kerkbode verwag wel van deelnemers om op ’n beskaafde manier van mekaar hieroor te verskil.

 

Paul Victor

Dankie vir die verduidelikking. Ek sien die punt in dat daar op ’n ordentelikke manier gepraat moet word. Vir my is daar wel nie iets soos ’n “Godgegewe seksuele orientasie” nie en is dit “heresy”. Dit is soos om te sê my natuurlikke aangetrokkenheid tot meer as een vrou is Godgegewe. Jammer, ek wil nie ’n argument begin nie, maar dis my plig as ’n Christen om op te staan vir wat ek glo is die Waarheid van God se Woord. Goeie dag aan u.

 

Kerkbode

Paul jy is geregtig op jou standpunt en jy is welkom om dit op een van die drade waar dit bespreek word verder te voer. Die punt is dat daar verskillende standpunte oor die saak is en daar gelowiges in beide kampe is. Standpunte verander ook oor die jare. So was dit byvoorbeeld vir baie jare in die Bybel se tyd doodnormaal vir ’n man om meer as een vrou te hê. Dit was dus nie altyd “Godgegewe” dat ’n man net een vrou mag hê nie.

 

Pieter Olivier ‎

@ Kerkbode wat wil julle dus impliseer met die vorige kommentaar. Ek mag meer as een vrou he? – en dit is bybels volgens die kerkbode ek vra want ek verstaan nie.

 

Stefaan de Jager

Godgegewe seksuele oriëntasie is tog heteroseksualiteit, dan nie? Man en vrou het Hy hulle tog geskape.

 

Stefaan de Jager

Na Christus se koms was dit nie vir die gelowiges meer aanvaarbaar om meer as een lewensmaat te hê nie. Christus het die vrou in haar eer kom herstel en heling gebring.

 

Amanda Pyper

Wow…..die venynigheid van die kommentare is ontstellend. Hartseer en so onnodig.

 

Johann Gerber

So Salomo was n sondaar wat ryklik geseen was deur god? Het god dan n fout gemaak toe hy vir salomo geseen het met baie vroue, of het hy net sy mind gechange toe jesus gebore was? Dis darem vreeslik dubbelsinnig wat jy nou impliseer stefaan.

 

Jaco Nel

Ons kan tog nie debat voer buite die Skrif en Belydenisskrifte nie? As dit j argument nie met die Skrif of dan die Belydenisskrif se interpretasie daarvan ooreenstem nie dan dink ek moet jy verwyder word van die gesprek

 

Lourens Zak Barnard ‎

@Kerkbode. Jou eenogigheid skree ten hemele meneer Oosthuisen. As jy enigsins objektief was sou jy sien dat die wat homoseksualisme “goedkeur” diegene is wat neerhalend en beledigend is op hierdie blad. Bloot die feit dat ek die woord aanhaal as bron dat homoseksualisme wel sonde is, maak van my ’n liefdelose veroordelende homofoob – volgens jou. Groei asb. ’n ruggraat en wees konsekwent soos dit ’n professionele persoon betaam.

God het elke sondaar lief – hy haat egter die sonde. So beoordeel ons ook geen mens nie, maar sy werke – en dit, as jy die Woord verstaan is wel ’n Bybelse praktyk – hoeveel keer word mense se sonde aangepraat in die Bybel en hul gemaan om hulself te bekeer en tot God te wend???

 

Pierre Grigor

Hoekom is die versoek tot verdraagsaamheid van Kerkbode dan so moeilik om te aanvaar? Is dit dan nie ’n basiese Christelike beginsel nie?
Hierdie onverdraagsaamheid verwag ’n mens eerder by Moslem ekstrimiste…
En diegene wat so maklik sê : “…maar die Bybel sê so..”, maak te vinnig aanspraak op ’n alleen verstaan van die Bybel. Aanvaar tog asb dat jou interpretasie nie noodwendig die enigste interpretasie is nie. Is dit so moeilik om te glo dat jy dalk verkeerd kan wees….?

 

Stefaan de Jager

Kerkbode het mos nou `n etiese kode waarvolgens almal, ook werknemers van Kerkbode, hulle aan moet hou. Ons vertrou dat almal wat hulle nie hieraan hou nie, voorstanders sowel as teenstanders van homoseksualiteit, oor die vingers getik sal word as hulle neerhalende en verkleinerende opmerkings maak teenoor diegene wat van hulle verskil. Ons verstaan dat as iemand homoseksualiteit as sonde beskou, hy/sy nie noodwendig `n homofoob is nie.

 

Renier Lourens

Jy sê, ek sê, hulle sê, julle sê… Ai onse mense kan darem heerlik vingerwys en splinters soek in die ander se oë…
Vir ’n keer stem ek saam met Stefaan, laat Kerkbode se admins hulle werk doen, laat staan die vingerwysing en gaan aan met die gesprek.

 

Marius Britz

Dit moes lankal gebeur het, Kerkbode. Goed so. Pas dit konsekwent toe.

 

Francois Myburgh

Almal maak voute, ons is net mens. Al die kritiek is onodig, al wat tel is wat in jou hart is en dis n verbintenis tussen jou en God. Ons as mens mag nie oordeel nie, en asb….ons mag nie God bevraagteken nie!!! As jy in God glo en die Bybel lees, sal God jou op die regte pad hou! Jy, as mens moet weet wat reg en verkeerd is! As jy nie weet nie, gan lees jou Bybel!!

 

Stefaan de Jager

Soos jy sê Francois, ons maak almal voute!☺☺

 

Pierre Grigor

En ons mag mense nie op hul voute wys nie Stefanus :-)))

 

Francoinette van Zyl

Bg. kommentaar laat mens se hart treur (Mat.5:4)..dis asof die HERE die samelewing oorgegee het aan hul verdraaide opvattinge (2 Thes.2)Net gister gesels my man wat ’n huisarts is weer oor die effekte van seksuele losbandigheid..DIE EFFEKTE IS SKRIKWEKKEND…jong ma’s sukkel aanhoudend met buisswangerskappe..a.g.v. seksuele siektes..soveel trauma en ellende..en mense bring dit oor hulself en as mens ouens wil reghelp en GOD se voorskifte vir hul voorhou..OM HUL TE BESKERM en hul LIEFDE IN OORVLOED TE LAAT SMAAK..dan is jy veroordelend..Ek kan verstaan as 3de wereld mense onkundig is.. maar dit gaan my verstand ten bowe dat ouens op hierdie forum, wat intellek, en soveel geleethede het, so praat. Die wysheid van GOD is dwaasheid vir die wereld (1 Kor.1:25)..ONS BESEF NIE DIE OMVANG VAN GENADE NIE..werklik onbeskryflik GROOT is GOD SE GENADE! Die HERE kan enige mens verander..SOEK SY AANGESIG!

 

Lourens Zak Barnard

‎1 Joh 2:18
Kinders, dit is die laaste uur. Julle het gehoor dat daar ’n antichris kom; en daar is nou reeds baie antichriste. Daaruit weet ons dat dit die laaste uur is.
Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons is nie.
Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid.
Ek skrywe nie vir julle omdat julle nie die waarheid sou ken nie, maar juis omdat julle dit ken en weet dat daar geen leuen uit die waarheid voortkom nie.”

Blykbaar is daar diégene wat wel die Waarheid ken.

 

Jean Oosthuizen

Oi! Wolf wolf hoe laat is dit?

 

Stefaan de Jager

Tyd om tot bekering te kom.

 

Pierre Grigor

En ons weet presies wat daardie waarheid is waarvan Jesus gepraat het?…
Slegs die waarheid en niks anders as die waarheid nie?…
Wat is hierdie waarheid?
Wat sê die Bybel is die waarheid?…en watter persentasie daarvan is ons subjektiewe mening van die waarheid?…ons subjektiewe lees van die Bybel?…
Wat is die waarheid?…

 

Audrey Potgieter-Thom

‎” I distrust people who know so well what God wants them to do, for it always coincides with their own desires. ” – Susan Anthony. “Wyse woorde…” so se Stephan Joubert se Goeie Nuus. -BEELD

 

Stefaan de Jager

Pierre, die diepste waarheid is dat Jesus die Here is en dat wie Hom gevind het en tot redding gekom het, die Ewige Lewe het. Dit is die boodskap van die Bybel en is dus nie `n subjektiewe mening nie.
My broer het twee van sy vier kinders verloor en het die waarheid vir my mooi beskryf: “Dit (die dood van sy kinders) is maar die smartvolle dinge langs die weg, maar gelukkig is Christus die Weg.” Daar mag dus baie onverstaanbare dinge op my pad gebeur, maar ek is met Christus op weg.

 

Pierre Grigor

Dat ek met Christus op weg is, is gewis Stefaan. Maar hierdie eenvoudige sinnetjie is gelaai met betekenis.
Dit sê nog niks wat ek omtrent Christus glo nie. Dit sê niks van my verstaan van die Christus-evangelie nie.
Dit sê niks van my verstaan van die bekende frase “om Jesus aan te neem” nie.
Dit sê niks van my verstaan van die goddelikheid van Jesus en/of wat ek onder “goddelikheid” verstaan nie.
Dit sê niks van my verstaan hoe om Jesus te “vind” nie en dit sê nog niks van my verstaan van “redding” nie.
Ons kan nie sulke begrippe rondgooi asof ons almal eens is oor die inkleding daarvan nie.
Die mooi van dit als is dat Christus ’n gemene deler is…en dat ek in sy leringe sien dat almal ingesluit is…
Daarom het ek die vrymoedigheid om met almal hierdie pragtige Christuswoord te deel…

 

Hennie Mouton

Ek sou net enkele uitbreidings op Kerkbode se voorstel/dreigement wil maak:

1. Om iemand op sonde te wys soos uitgespel in die Bybel en te waarsku soos voorgeskryf in die Bybel, is nie dieselfde as om te verkleineer of neerhalend te wees nie.
2. Die sin “Dosente, leraars, lidmate en ander is gereeld die slagoffers hiervan” behoort uitgebrei te word om evangeliste ook in te sluit – kyk byvoorbeeld hoe Kerkbode se nuusredakteur vir Reinhard Bonnke slegsê op www.facebook.com/kerkbode/posts/497124626982834

Sonder byvoorbeeld hierdie uitbreidings sou mens ongelukkig die afleiding moet maak dat Kerkbode vooropgestelde motiewe het.

 

Adriaan van der Wart

Dit lyk my dis maar moeilik om Christene te oortuig om in vrede met mekaar te leef as ek so na die draad kyk!

 

Lourens Zak Barnard ‎

@ Adriaan – As ’n mens kyk na die vele wyses waarop die skrif deesdae geinterpreteer word is die logiese gevolgtrekking dat die woord “Christen” net so los en vas rondgegooi word.

 

Pierre Grigor

Lourens, dis wat die Christelike teologie juis so pragtig maak.

Dit is ryk aan dimensionele waarheid en dit het talle pogings deur die eeue heen, om alle moontlike interpretasies finaal uit die teks te wring en tot verabsoluteerde waarhede te vervlak, weerstaan.

 

Alwyn Naomie Du Plessis

Stem saam ons moet verdraagsaam wees en mekaar se standpunte eerbiedig.

 

Boet Knouwds

Dit is n aanhou proses al vir jare en raak nou rerig afgesaag hou nou n slag op oor seksuele orientasie skryf. Kerkbode julle is net so skuldig plaas net nie berigte daaroor nie dan sal daar nie meer kommentaar gelewer word nie, dis so maklik soos dit. Nie een groep sal oortuig word in wat hy glo nie, nou waarom aanhou en aanhou daarmee. STOP DIT laat dit aan God oor om te besluit wat is reg of verkeerd.

 

Henk van Hoving

Nee wat, ek dink Kerkbode moet almal wat uit die Bybel aanhaal se gesprekke verwyder. God haat mense wie se orientasie nie dieselfde as Syne is nie. Dit is onaanvaarbaar vir Hom. Dosente en leraars wat God se woord anders vertolk as God se woord spreek ’n oordeel oor hulle self uit. God se woord is aanstootlik vir sogenoemde gelowiges, dosente en leraars wat nie met hulle eie geloof ooreenstem nie. God se woord, wet en gehoorsaamheid aan sy wil moet dan ook volgens Kerkbode van die blad verwyder word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui