Kerk en hofsake (Belhar)

Kyk ook:

{jcomments on}Die volgende brief is in die Volksblad van Woensdag, 12 Desember 2001 geplaas:

********

Kerk en hofsake

Ek as ’n leraar van die NG Kerk in die Vrystaat wil my stem ook laat hoor oor die kerk se geld wat vir hofsake gebruik word. Wat vir my in die berig daaroor (Volksblad, 3/12/2001) uitstaan, is die volgende feite:

Die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid Afrika ( VGKSA) is deur ’n algemene sinode gestig sonder om vas te stel of die sinode van die NG Kerk in Afrika in die Vrystaat en die lidmate van die NG Kerk in Afrika (NGKA) in die Vrystaat , deel wil word van die nuwe kerk, met ’n ekstra belydenisskrif (die Belhar-belydenis).

Die NGKA in die Vrystaat het tereg besluit om nie deel te wees van die nuwe kerk nie. Die VGKSA in die Vrystaat maak toe ’n hofsaak teen die NGKA oor die kerkgeboue en pastorieë van die NGKA wat hulle reken met die algemene sinodebesluit aan hulle behoort.

Die appèlhof bevind egter dat die eiendomme aan die NGKA behoort. Die VGKSA gaan ’n tweede keer hof toe omdat hy nie die eiendomme van die NGKA, wat hulle eenvoudig ná die sinodebesluit betrek, wil teruggee nie.

Die berig in Volksblad kan by die NG lidmate in die Vrystaat die indruk wek dat die NGKA deel van die hofsake is. Die feite is dat die NGKA gedwing word om homself te verdedig teen die optrede van die VGKSA.

In die berig maak die NG Kerk in die Vrystaat nou amptelik beswaar teen die vermorsing van kerkgeld vir hofsake.

Hoekom nou eers, want dié hofsake is al vir geruime tyd aan die gang? Hoekom spreek hy nie direk die VGKSA aan nie, omdat hy gedurig hofsake teen die NGKA maak?

Hoekom moet die NG Kerk se geld gebruik word om leraars van die VGKSAin die Vrystaat te subsideer, terwyl dieselfde leraars geld mors met hofsake teen die NGKA?

Wat het van die Bybelse beginsel geword dat gelowiges nie met mekaar na die hof toe moet gaan nie?

Die dag toe die VGKSA ’n nuwe kerk gestig het, moes hy tog besef het dat hulle self kerke en pastorieë moes vir hul bedienaars moet bou. Die geld wat hy vir die appèlhofsaak moes betaal het, kon tog daarvoor gebruik word.

Die geld wat hy nou vir ’n verdere hofgeding moet betaal, kon tog beter vir koninkrykswerk aangewend word.

As ek aan die VGKSA in die Vrystaat behoort het, sou ek lankal my stem verhef het om beswaar teen die kerk se vermorsing van geld op hofsake te maak.

Ek meen die NG subsidie aan VGKSA in die Vrystaat moet nou gestaak word.

Die NG Kerk kan tog nie voortgaan om ’n kerk te subsideer wat nie wil ophou om in die hof sy sake te besleg nie. Die VGKSA-leiers steur hulle tog nie aan die NG Kerk se pogings om te help om die geskil op te los nie.

Ds. Frans vd. Merwe

Parys

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui