Kan Neels my my leuens noem en ek antwoord

Hierdie is een van ’n paar artikels wat deel van ’n debat is oor Adrio König se boek Die evangelie is op die spel.

Kyk ‘Ek het vir u te veel respek om te sê u jok’ vir die vorige artikel en Teoloë kap König oor sy nuwe boek vir die eerste artikel.

**********

Kan Neels my my leuens noem en ek antwoord

deur Adrio König

2009-10-05 20:45

(Oorspronklike artikel kan hier gelees word.)

Ek vra drie dinge.

1. Sou dit verkeerd wees van my om te verwag dat Neels Jackson aan Beeld se lesers sal sê watter leuens ek vertel het tydens die Aardklop-bespreking van my boek Die Evangelie is op die spel?

Ek verwys na die aanhaling uit sy mond in Beeld (3 Okt.) “Ek het vir u te veel respek om te sê u jok.”

2. Verder sou dit ook lekker wees om van hom te hoor waarom hy juis hierdie opmerking gebêre het presies tot die einde van die gesprek toe ek nie meer die geleentheid gehad het om sinvol daarop te reageer nie.

3. Ek vra Beeld die geleentheid om in ’n artikel te antwoord op dié vrae wat Neels kies uit sy lang lys tydens die gesprek.

**********

Lees die volgende artikel by Verskillende maniere van glo.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui