Julian Müller se teologie is reeds deur Athanasius as kettery ontbloot

Kyk ook:

Die volgende artikel is deur Wynand Louw geskryf en het oorspronklik op www.hierstaanek.com verskyn.

**********

Julian Müller se teologie is reeds deur Athanasius as kettery ontbloot

Wynand Louw, 14 November 2016

Julian Müller is in die nuus omdat hy die tweede ondertekenaar is van die laakbare aanval op Dirkie van der Spuy se vryheid van spraak.

Die waarheid is, Müller is ’n panenteïs, en dus nie ’n Christen nie. (Lees sy opstel wat hieronder ingepplak is.)

Panenteisme beteken dat God in alles is en alles in God is. Die skepping is gemaak uit die substans, wese of natuur van God en deel daarom in God se wesensbestaan. Tegnies sê ons die skepping is ontologies deel van God. Die Kerk van Christus het reeds in die derde eeu te make gekry met panenteisme: Plotinus (204/5 – 270) het platonisme omskep tot neo-platonisme.

Sy filosofie stel dat die skepping ’n emanasie of uitkristallisasie is van die Een, ’n universiele godsbegrip, wat vinnig deur ketters as die Chistelike God identifiseer is. Omdat die skepping uit die substans van God geskep is, is die skepping self God, en as bewys hiervan bring hulle die geinkarneerde Christus: Christus is tog waarlik God, en ook waarlik mens. Net soos wat God en skepping in die Inkarnasie bymekaar kom, kom God en skepping volgens hulle in die hele skepping bymekaar.

Soos wat die proses van skepping volgens hulle die uitkristallisasie van materie uit die substans van God is, is verlossing evolusie terug na God toe. Die vader van die New Age, Pierre Teilhard de Chardin het hierdie vals teologie verder ontwikkel. (Hierdie is ’n skakel na ’n kritiek op Jaap Durand, mede opsteller van Belhar en selferkende Teilhardis, se boek oor Teilhard.)

Athanasius, die biskop van Alexandrie (296–298 – 2 Mei 373) het sy boek “Oor die Inkarnasie” grootliks daaraan gewy om Plotinus verkeerd te bewys. Sy argument: God en skepping kom nie eers in Christus bymekaar nie. Hoe kan mens dan beweer dat die HELE skepping deel van God is? Dekades na sy dood is die “Athanasius Belydenis” in Frankryk opgestel as opsomming van Athanasius se leer oor die Drie Eenheid.

Maar vir die ewige saligheid is dit nodig dat hy ook getrou aan die menswording van ons
Here Jesus Christus moet glo.
Die regte geloof is dan:
28. dat ons glo en bely dat ons Here Jesus Christus,die Seun van God, tegelyk God en mens is.
29. Hy is God uit die substansie van die Vader, voor alle tye verwek én mens uit die substansie
van sy moeder, in die tyd gebore;
30. volkome God, volkome mens met ’n redelike siel en menslike vlees;
31. aan die Vader gelyk na sy Godheid; minder as die Vader na sy mensheid.
32. En alhoewel Hy God is en mens, is Hy nogtans nie twee nie, maar één in Christus;
33. één, nie deur verandering van die Godheid in vlees nie, maar deur die aanneming van die
mensheid in God;
34. één, nie deur die vermenging van substansie nie, maar deur die eenheid van die persoon.
35. Want soos die redelike siel en die vlees een mens is, so is God en mens één in Christus:

Reel 34: Christus is een, nie deur vermenging van substans nie, maar deur eenheid van die persoon. Selfs in die geinkarneerde Christus is daar geen ontologiese vermenging van God en skepping nie.

Die grond waarop Athanasius die absolute ontologiese skeiding tussen God en mens kon bevestig is God se onveranderlikheid. Die Nederlandse Geloofsbelydenis verklaar:

Artikel 1. Die enige God. Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ’n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.

Die Nederlandse Geloofsbelydenis word deur die NG Kerk aanvaar as belydenisskrif, en geen predikant wat dit nie glo nie, mag volgens die kerkorde gelegitimeer wees in die NG Kerk nie.

Julian Müller mag dus nie lid wees van die NG Kerk nie. Hy het jare lank sy legitimasie verklaring willens en wetens verbreek.

Die feit dat hy die tweede ondertekenaar van die brief teen Dirkie van der Spuy is spreek boekdele van die beweging om gay verhoudings aanvaarbaar te maak in die NG Kerk.

Hierstaanek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui