Josua se lang dag

Het jy al gedink wat die implikasies was toe die son stilgestaan het in Josua 10 in die Bybel? Dink vir ’n oomblik daaroor na: Die aarde het ’n massa van 5.98e+24 kilogram en beweeg om die son teen 54 000 km/h en draai teen 1 700 km/h om sy eie as by die ewenaar. Hierdie massiewe momentum moes tot stilstand gekom het vir amper 24 uur en moes dan weer in beweging kom asof niks gebeur het nie. Kon dit werklik gebeur het? As jy glo dat God almagtig is, dan is enigiets vir Hom moontlik. Maar is daar bewyse daarvoor?

Daar is ’n e-pos wat die rondte doen dat NASA gevind het dat daar ’n verlore dag is. Dit is egter ongelukkig nie waar nie (kyk Arguments we think creationists should NOT use). Maar daar is wel ander bewyse:

Ander kulture het legendes hieroor:

  • Daar is ’n Griekse mite van Apollo se seun, Phaethon, wat die son se koers vir ’n dag versteur het.

As daar ’n lang dag was, dan moes daar mos ’n lang nag aan die anderkant van die wêreld gewees het:

  • Nieu Seeland se Maori-mense het ’n mite van hulle held, Maui, wat die son vertraag het voor dit opgekom het.
  • Die Mexikaanse Annale van Cuauhtitlan (the geskiedenis van die ryk Culhuacan en Mexiko) skryf van ’n nag wat vir ’n lang tyd aangehou het.

Kyk die volgende foto’s van die aarde om te wys dat indien dit lig was in die Midde-Ooste (waar Kanäan ongeveer was) en Griekeland, sou dit donker wees in Nieu Seeland en Mexiko.

Midde-Ooste

Figuur 1: Lig in die Midde-ooste

Nieu Seeland

Figuur 2: Donker in Nieu Seeland

Mexiko

Figuur 3: Donker in Mexiko

Kyk ook die artikel Joshua’s long day vir meer inligting hieroor.

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

In die boek Walking Through Shadows skryf Carl Wieland hoe hy tot geloof gekom het. Hy was ’n ateïs wat tot die besef gekom het dat daar wel bonatuurlike dinge gebeur en dat ons nie net met materie te doen het nie. Die feit dat die wetenskap die Bybel verkeerd bewys het, was egter vir hom ’n struikelblok tot sy oë oopgegaan het dat die wetenskap NIE die Bybel verkeerd bewys het nie en dat Genesis wel letterlik geïnterpreteer kan word. Lees ’n uittreksel van Walking Through Shadows by Carl Wieland se getuienis, ook op hierdie webblad. Die boek is tans teen ’n spesiale aanbod beskikbaar vir R50 by www.creation.com, “Store”.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui