Coenie Burger was vir vyf jaar die moderator van die algemene sinode van die NG Kerk vanaf 2002 tot 2007. Hy is opgevolg deur Piet Strauss.
Dr Coenie Burger – Die NG Kerk as Ruim Huis (12 November 2015)
Tydens ‘n eendag-konferensie oor selfdegeslagverhoudings op 12 November 2015 sê Johan van der Merwe die volgende:
Dit gaan op die ou end oor diversiteit … Coenie Burger het my kop oopgemaak toe hy by die 2013 sinode na Handelinge 15 verwys het toe Paulus en Petrus fundamenteel van mekaar verskil het oor die besnydenis en die doop en waar hulle op ’n punt gekom het en gesê het: ons erken dat ons van mekaar verskil, maar wat ons saambind is die feit dat ons deur Jesus Christus uit genade gered is.
Kyk ook Handelinge 15 gebruik om homoseksualiteit in die kerk te normaliseer.