Ideologie

‘n Ideologie (Engels=Ideology) is ’n stel van bewuste en onbewuste idees wat ’n mens se doelwitte, verwagtinge en aksies vorm. ’n Ideologie is ’n omvattende visie, ’n manier van kyk na dinge. Daar is nie noodwendig bewyse wat ’n ideologie staaf nie.

Dit is baie dieselfde as ’n wêreldbeskouing of filosofiese aanname.

Die volgende is voorbeelde:

  • Naturalisme is die ideologie of wêreldbeskouing om na dinge te kyk asof daar nie ’n God is nie.
  • Kosmoloë het die beskouing dat die aarde nie ’n spesiale posisie in die heelal beklee nie (kyk Koperniese beginsel).
  • Uniformitarianisme is die teorie dat alle geologiese verskynsels verduidelik kan word as ’n resultaat van bestaande kragte wat uniform gewerk het vanaf die begin van die aarde tot nou. Katastrofes, soos die sondvloed, word uit die staanspoor verwerp.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui