Homoseksualiteit – Het ek ’n keuse? (Ellison Mouton)

alt

Die skrywer Ellison Mouton kan by ellisonmouton@yahoo.co.uk gekontak word.

Die volgende kort resensies verskyn op die agterblad:

André Bekker, New Living Way Ministries

Deur eenvoudige taal en gemoedelike skryfstyl slaag die outeur daarin om die kernwetenskaplike teoriee en teologiese argumente oor homoseksualiteit op ’n verstaanbare wyse aan die leser oorte dra. Homoseksualiteit – Het ek ’n keuse? bied hoop vir geliefdes, die sielesorger en die persoon wat ongewenste selfdegeslag aangetrokkenheid beleef.

Ds Andries Louw, NG emerituspredikant en lid van die 2004-2007 homoseksualiteit-taakspan van die Algemene Sinode

Die skrywer begelei soekende Christene op oortuigende wyse om verstandige keuses uit te oefen. Die mites wat meestal deur die progay gemeenskap aanvaar word rakende die teologie en wetenskap, word met bewyse uit goeie navorsing as verkeerd en misleidend aangetoon. Die skrywer wys ’n reaksie van liefdelose veroordeling van mense met selfdegeslag seksuele aangetrokkenheid (SGA) af, sonder om die Bybelse oproep tot bekering en heiligmaking te verswak. Op praktiese en simpatieke wyse word goeie sielkundige insigte in ’n voorgestelde pastorale proses geïntegreer om ’n boodskap van hoop en herstel te bied vir diegene wat met SGA worstel.

Dr Paul Bezuidenhout, Sielkundige
Ellison Mouton stel op gebalanseerde wyse albei kante van die muntstuk. Hierdie boek getuig van ’n diep geestelike sowel as wetenskaplik-gefundeerde ondersoek oor die onderwerp. Om hierdie rede kan die boek ten sterkste aanbeveel word by diegene wat self met die vraagstuk van homoseksualiteit worstel, asook diegene wat op terapeutiese wyse betrokke geraak het.

**********

Die boek word verkoop teen R100 per boek, posgeld uitgesluit. Belangstellendes in die omgewing van Zevendal, Kuilsrivier, Wes-Kaap, kan boeke direk by Ellison se huis kom afhaal.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui