Hoe neutraal is anti-skeppings organisasies?

Mense vra soms hoekom daar soveel wetenskaplikes is wat aan evolusie glo as dit dan so maklik is om evolusie verkeerd te bewys.

Dit is belangrik om te weet dat hierdie ouens nie neutraal is nie. Hulle het ’n agenda en dit is om ateïsme te bevorder. En hulle weet dat indien hulle jong Christene in ’n materialistiese raamwerk kan inforseer, hulle geloof nie staande sal bly nie. (“Materialisties” is om God uit die prentjie te laat om die ontstaan van die heelal en die eerste lewe te verklaar.) Dit word onder die voorwendsel van die “wetenskap” gedoen. [Dit klink in ’n mate logies om God uit die wetenskap te hou, want dit is mos nie God wat vliegtuie laat vlieg nie – dit is wetenskap. Ons kan dit wetenskaplik verklaar. Maar om te probeer verklaar waar materie, energie en (DNS-)inligting vandaan kom sonder God, is waansinnig. Dit is totaal teenstrydig met wetenskap en om van die begin af God uit die prentjie te haal, is glad nie objektief nie. Ek dink baie Christene word gevang deur hierdie slap riem. ’n Mens moet duidelik onderskei tussen historiese en operasionele wetenskap (kyk Operasionele vs historiese wetenskap).]

Die artikel How Religiously Neutral are the Anti-Creationist Organisations? brei verder hierop uit. Hier volg ’n paar punte uit die artikel:

  • Die National Center for Science Education (NCSE) is kop in een mus met Skeptics USA (wat ’n groep ateïste is). Hulle direkteur, Eugenie Scott, is ook ’n ateïs. En hulle het groot invloed op wat aan kinders op skool geleer word.
  • Ateïs Frank Zindler het die volgende gesê: “The most devastating thing though that biology did to Christianity was the discovery of biological evolution. Now that we know that Adam and Eve never were real people the central myth of Christianity is destroyed. If there never was an Adam and Eve there never was an original sin. If there never was an original sin there is no need of salvation. If there is no need of salvation there is no need of a saviour. And I submit that puts Jesus, historical or otherwise, into the ranks of the unemployed. I think that evolution is absolutely the death knell of Christianity.” (Frank Zindler, in a debate with William Lane Craig, Atheism vs Christianity video, Zondervan, 1996).
  • Die ateïste se uitgangspunt is dat Christene maar kan glo wat hulle wil, solank hulle dit in hulle kerke doen. Christene moet egter nie in die “wetenskaps”-wêreld kom met belaglikhede soos dat God die heelal geskep het nie, want ateïste weet dat so ’n geloof in elk geval in die volgende generasie sal uitsterf.

****************************

NS: Ek is seker daar is sommige wat sal sê: “Komaan, Daniel. Glo jy werklik dat evolusie ’n doelbewuste sameswering teen Christene is?”

My antwoord is dat dit heel waarskynlik nie in alle gevalle waar is nie. Dit klink soms vir my ook te goed om waar te wees. Maar ek is baie seker dat daar baie gevalle is waar dit wel waar is. Mense soos Eugenie Scott en Richard Dawkins is baie meer as net pro-evolusie – hulle is definitief ook baie anti-God en hulle weet dat evolusie sommige mense weg van God hou. ’n Mens moet in ag neem dat Satan die vader van die leuen is. En hy sal enige-iets en enige-iemand gebruik daarvoor, selfs ander Christene (net soos hy Petrus wou gebruik om Jesus te ontmoedig om voort te gaan met die kruisiging). Daar is egter geen twyfel in my hart dat Satan die evolusie-leuen gebruik om twyfel in Christene se geloof te bring nie. En daar is baie voorbeelde waar presies dit gebeur het.[1]

Maar wat van Chisten wetenskaplikes? Hulle sal tog sekerlik hierdeur sien.

Die volgende aanhaling uit Dare to question the materialist high priests sal hierdie hierbo hopelik in ’n beter perspektief plaas:

‘In 1996 historian Edward Larson and journalist Larry Witham repeated Leuba’s survey of scientists … The first results were nearly identical to those in Leuba’s 1914 survey: 40 percent of scientists-in-general still say they believe in a prayer-answering God and in personal immortality’ (p.85).

But in 1998 Larson and Witham repeated the survey for elite scientists, defined specifically (since the directory no longer gives stars to the greater scientists) as those who have been elected to membership in the National Academy of Sciences … Disbelief in supernatural theism among Academy members was over 90 percent, and for biologists it was 95 percent’ (p. 86).

Ernst Mayr surveyed his own Harvard colleagues about their beliefs: ‘“It turned out we were all atheists”, he recalls’ (p. 86).

Peer-reviews for promotion and publication are dominated by the leading members of a scientific community. So are key positions as department heads and on editorial boards. Furthermore, there is a form of selection based on mentor relationships. A bright biology candidate with Christian convictions would consider carefully whether Harvard meets his or her needs. And an outspoken creationist is going to have a very difficult time rising in the academic ranks within elite universities without the support of an influential figure, which we know will generally be an evolutionist.

Kyk ook die baie goeie artikel: The enemy revealed. Dit is vol aanhalings van evolusioniste wat die argument hierbo bevestig. Eugenie Scott sê bv: “I have found that the most effective allies for evolution are people of the faith community. One clergyman with a backward collar is worth two biologists at a school board meeting any day! … What we [such clergy and atheists] have in common is that we want to see evolution taught in the public schools …”

Kyk ook Christians, planning your next retreat? How about an advance instead?. Terloops, Calvin Smith wat die artikel geskryf het, het tot bekering gekom toe hy besef het dat evolusie nie ’n feit is nie.

En Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo? (Daniel)

Voetnotas

[1] Voorbeelde waar evolusie ’n struikelblok was vir mense se geloof in God: Sonia’s testimony, A testimony – Joel Galvin, Lita Cosner, The slippery slide to unbelief – a famous evangelist goes from hope to hopelessness (Charles Templeton), Ancient mutant Jamaican sea cows (Leaton Jay), Street preacher says creation is the issue, om ’n paar te noem. Vir meer, soek vir die woorde “testimonies” en “side issue” op www.creation.com. Vir ’n hele lys van voorbeelde, kyk Hoe evolusie mense se geloof beïnvloed.

Kyk ook:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui