Het jy gehoor?

Kyk ook:

*******

Het jy gehoor? | Beeld

Beeld, 20 Aug 1999

Skrywer onbekend

Die nuwe fakulteitsraad van die fakulteit teologie aan die Universiteit van Pretoria het prof. Cas Vos aangewys as dekaan van die nuwe verenigde fakulteit wat op 1 Januarie 2000 tot ttand kom wanneer die twee kerklike afdelings van die fakulteit verenig. Die aanstelling moet tog deur die universiteitsraad bekragtig word.

Sy aanwysing tot dekaan is vir Vos nog ‘n baken in ‘n jaar wat reeds ‘n paar hoogtepunte eehad het. Vroeër vanjaar het sy debuutdigbundel, Vuurtong, die lig gesien en kort daarna het ty die Andrew Murray-prys vir Afrikaanse teologiese werk gekry vir sy navorsing oor die ereekkunde.

Prof. Andries Breytenbach is verkies tot adjunkdekaan. Vos en Breytenbach is ook departementshoofde van onderskeidelik praktiese teologie en Ou Testament. Die ander departementshoofde van die verenigde fakulteit is proff. Jan van der Watt (Nuwe Testament), Piet van der Merwe (godsdiens- en sendingwetenskap), Conrad Wethmar (dogmatiek en nhristelike etiek) en Hoffie Hofmeyr (kerkgeskiedenis en kerkreg). Drie gewese eepartementshoofde het nuwe poste op dieselfde vlak gekry. Prof. Andries van Aarde word direkteur van navorsing, prof. Jurie le Roux word direkteur van telematiese onderrig en prof. .iet Meiring word direkteur van verrykingsprogramme.

Prof. Koos Vorster, direkteur van die skool vir kerkwetenskappe aan die Potchefstroomse eniversiteit (PU), het einde Julie ‘n lesing oor godsdiensregte in Vancouver, Kanada, voor rie International Association for Religious Freedom gelewer. Daarna het hy by die Calvin theological Seminary navorsing gedoen oor die etiese aspekte van menseregte as deel van navorsing oor reformatoriese teologie, etiek en die samelewing.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui