Het Algemene Sinode nog bestaansreg?

Kyk ook:

(Brief in Volksblad, 31 Oktober 2015)

Een van die belangrikste voorwaardes vir die bestaan van die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk is om met inagneming van die tweederdes- artikels te sorg vir uniformiteit in die hele kerk se belydenisgrondslag.

Indien die AS hiervan afstand doen en dit delegeer na die sinodes, word die AS ’n instrument vir pluriformiteit. Hierdie aftakeling van die oprigtingsvoorwaardes het kerkregtelike en pastorale implikasies. Watter bevoegdhede bly oor om sy voortbestaan te regverdig?

Dr P Rossouw

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui