Wie is Hennie Stander?

Kyk ook:

In 2006 tydens ‘n konferensie by Moreletapark het Hennie Stander ‘n lesing aangebied met ‘n behoudende siening oor homoseksualiteit.

Hetro- en Homoseksualisme in die vroeë Christendom

Intussen het hy sy standpunt gewysig:

Tydens ‘n Facebookgesprek op 20 Januarie 2021 het Chris Visser die lesings van Hennie Stander en ook Stephan Joubert se lesing (Die Bybel en seksualiteit) gedeel. Hennie het soos volg daarop gereageer:

Chris, jy is besig om vals inligting te versprei, en dan sê jy nogal dat jy “nie die toestemming van die aanbieders het nie”. Eerstens, hierdie opnames is nie in 2015 gemaak nie, maar in 2006, dit wil sê 15 jaar gelede in ‘n totaal ander konteks. Jy weet dit want ek het dit al vir jou gesê. Verder verkondig jy onsin wanneer jy sê “dat die druk van ander teoloë wat die AS-2019 besluite intussen so sterk propageer, dit baie ongemaklik vir hulle moet maak en hulle dalk verkies om eerder laag te lê daaroor.” Niemand, maar niemand, het nog ooit enige druk op my geplaas nie. Die waarheid is bloot dat ek my beslis nie kan vereenselwig met jou en jou eendersdenkende vriende se liefdelose optredes en uitsprake binne die gay-debat nie. Dit veroorsaak uiterste ongemak by my. Ja, ek het wel ook in die afgelope 15 jaar geskuif in my opinie oor baie sake, en ek sal standpunte oor baie sake (insluitende die gay-debat) deesdae anders verwoord, omdat ek ook ander insigte bygekry het, en omdat die konteks ook soveel verander het. Dit moet skrikwekkend wees om 15 jaar of 20 jaar onveranderd aan standpunte vas te klou. Ja, ek onderskryf inderdaad volledig die AS-2019 besluite van die NG Kerk, en ek was bly dat die Kerk besluit het om meer akkommoderend te wees. (Ook Stephan Joubert bevestig dat hy glad nie gemaklik is daarmee dat dit sonder sy toestemming in ander kontekste gebruik word nie; veral nie met die verdagmakende opmerkings dat hy en ander onder sogenaamde groepsdruk swig nie. Saam met sy vriend, Hennie Stander, is hy egter nie ’n deelnemer aan sulke debatte waar mense geboelie en rondgestamp word wat nie in hulle bokskryte wil veg nie.)

Chris Visser het soos volg geantwoord:

Hennie Stander

Dis gepubliseerde videos en ek hoef seker nie “toestemming” daarvoor te vra om dit te deel nie. Ek het dit eerder tong in die kies bedoel.

Ek het nog nooit enige liefdelose optrede of uitsprake teenoor gay mense gemaak nie (dit is nou vals nuus).

Verder, ek wil net duidelik sê dat die datering van die videos nie doelbewus “vals” is nie. Jammer as die datering foutief is. Die youtube webwerf waar ek dit gekry het, dui dit as 5 jr gelede aan. Dat die konteks nou oor 10 jaar so kon verander, né…

Vir jou skuif in jou oortuigings moet jy maar self pa staan. Ek vind dit vreemd en onaanvaarbaar.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui