Stephan Joubert oor homoseksualiteit in 2005

In 2005 tydens ‘n konferensie by Moreletapark het Stephan Joubert ‘n lesing aangebied met ‘n behoudende siening oor homoseksualiteit.

Die Bybel en seksualiteit, Stephan Joubert, 2006

Dit is egter baie duidelik dat hy intussen sy standpunt gewysig het: In 2021 het Chris Visser hom pertinent op Facebook daaroor uitgevra, maar hy wou nie die vraag reguit antwoord nie – kyk Stephan Joubert sit steeds op die draad.

Ek, Daniel Louw, het op 19 Januarie 2021 aan Stephan ’n persoonlike epos gestuur waarin ek gevra het hoekom hy nie vir Chris op Facebook wou antwoord nie en ek wou by hom bevestig of hy sy standpunt oor homoseksualiteit verander het, maar hy het my nie terug geantwoord nie.

Hiermee nooi ek Stephan Joubert uit om my te kontak as my interpretasie oor hom verkeerd is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui