Genesis 15:13 (hoe lank was Israel in Egipte?)

In Genesis 15:13 word gesê dat die Israeliete vir 400 jaar in in vreemde land verdruk gaan word.

(13)Toe sê die Here vir Abram: “Weet beslis dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ’n land wat nie aan hulle behoort nie. Daar sal hulle slawe wees en onderdruk word, vier honderd jaar lank.

Op ander plekke in die Bybel word egter gesê dat dit 430 jaar is:

Eksodus 12: (40)Die Israeliete was vier honderd en dertig jaar in Egipte. (41)Na vier honderd en dertig jaar, presies op die dag waarop die fees nou gevier word, het die hele volk van die Here uit Egipte weggetrek.

Galasiërs 3: (17)Hiermee wil ek dít sê: God het ’n verbond met Abraham gesluit en dit tóé al geldig gemaak. Die wet, wat eers vier honderd en dertig jaar later gekom het, kan nie hierdie verbond ongeldig maak, sodat God se belofte aan Abraham nie meer sou geld nie.

Verklaring

In Hoe lank was Israel in Egipte? word gewys dat die 430 jaar strek van 1921 vC (toe Abraham op 75 jarige ouderdom geroep is) tot 1491 vC (toe Moses op 80 jarige ouderdom die volk uit Egipte gelei het.)

Die 400 jaar waarna verwys word in Genesis 15:13 verwys na die tydperk 1891 vC tot 1491 vC. In 1891 was Abraham 105 jaar oud en Isak was vyf jaar oud (Abraham was 100 jaar oud toe Isak gebore is – Genesis 21:5). Toe Isak vyf jaar oud was het sy ouer halfbroer, Ismael, met hom gespot (Genesis 21:8-9). Hierdie tydperk van 400 jaar begin dus hier.
Grafiese tydlyn van Abraham tot Moses

1 thought on “Genesis 15:13 (hoe lank was Israel in Egipte?)”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui