Galileo Galilei

Galileo Galilei (15 Februarie 1564 – 8 Januarie 1642) was ’n Italiaanse fisikus, wiskundige, sterrekundige en filosoof wat ’n groot rol in die Wetenskaplike Revolusie gespeel het.

In geloofskringe is hy bekend daarvoor dat hy, anders as die kerk van daardie tyd, geglo het dat die aarde om die son draai en nie anders om nie. Daarvoor het die kerk hom vervolg.

Hierdie argument word deur liberaliste en evolusioniste gebruik om te sê dat ons vandag nie dieselfde fout moet maak as die destydse kerk nie – ons moet die wetenskap glo en nie wat ons dink die Bybel oor die skepping sê, glo nie.

Die ironie van hierdie argument is dat die destydse kerk nie noodwendig vir Galilei teengestaan het weens die siening van die Bybel nie, maar die kerk het hom teengestaan omdat hulle die meerderheid wetenskaplikes van die dag nagepraat het.

Vir meer hieroor, kyk:

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui