Het die kerk vir Galileo vervolg oor sy siening dat die aarde om die son draai en nie anders om nie?

Kyk ook:

Ek dink een van die groot redes hoekom baie kerkleiers evolusie en miljoene jare so maklik aanvaar, is as gevolg van die persepsie dat die kerk in die verlede vir Galileo (1564-1642) vervolg het oor sy siening dat die aarde om die son draai en nie dat die son en al die ander planete om die aarde draai nie. En die kerk wil so ’n verleentheid ten alle koste verhoed. Dus het hierdie kerkleiers die uitgangspunt dat hulle nie die wetenskap noodwendig verstaan nie, maar die geskiedenis het gewys dat ’n mens nie die wetenskap moet bevraagteken nie.

Hierdie is egter heeltemal die verkeerde persepsie. Dit is glad nie wat gebeur het nie. Kopernikus (1473-1543) en later Galileo was van die min wetenskaplikes van daardie tyd wat geglo het dat die aarde om die son draai. Omdat die kerk op daardie stadium gedink het dat sulke uitsprake teenstrydig met die Bybel is EN omdat die meerderheid wetenskaplikes in daardie tyd nie Kopernikus en Galileo se siening gedeel het nie, het die kerk ook gedink dat Galileo verkeerd is. Die ironie is dat die kerk toe besluit het om eerder die siening van die heidense filosowe Aristoteles en Ptolemy aan te hang, dit terwyl die Bybel nooit sê dat die son om die aarde draai nie (kyk Astronomy And The Bible onder “6. Did Bible Writers believe the earth was flat?”).

Die artikel 5 Ways Stephen Hawking Was Wrong stel die kwessie met Galileo baie goed (ek vertaal):

In Galileo se tyd het die kerk geglo dat die Bybel homself uitgespreek het oor sekere wetenskaplike dinge waaroor die Bybel homself nie uitgespreek het nie. Hulle was egter nie gereed vir eksperimentele wetenskap nie. Hierdie situasie was baie duidelik in wanbalans. Die Skrif is waar in alles waaroor dit homself uitspreek, en wanneer dit reg geïnterpreteer word, stem dit volkome ooreen met die boek van die natuur. Die kerk het hierdie beginsel verkeerd verstaan en die Skrif gebruik om die wetenskap te stil.

Kyk die artikel The Galileo ‘twist’ vir meer inligting hieroor.

Dit wys weer hoe gevaarlik dit is om iets te glo omdat dit die meerderheidsopinie is. Daar word soms die vraag gevra: as evolusie en miljarde jare nie waar is nie, hoekom glo soveel wetenskaplikes dit? Die artikel Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo? gee ’n hele paar moontlikhede.

Die kerk moet leer om die outoriteit van die Bybel te vertrou, eerder as hedendaagse sieninge oor dinge wat, geskiedenis bewys het, verander soos ons meer kennis kry.

Op Sondag 10 April 2011 om 8:30 op SABC 2, is weer dieselfde fout gemaak. Kyk Kommentaar op SABC 2 se “What does God think of us” episode 2 “Science and the Church”.

En Jean Oosthuizen op Kletskerk: Kommentaar op Jean Oosthuizen se “As wetenskap geloof inhaal”

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Uit Sharing your faith:

‘What! How can you believe that book? Anyone can put words together into a bunch of stories to delude their followers.’ My response to this has been: ‘Yes. I know of at least two books written that way, the book of Mormon and the Origin of Species.’ I could have said (as many do): ‘Don’t worry about the inconsistencies, just believe in Jesus’, but such an attempted fob-off only confuses people’s thinking about Christianity.

By now my heckler had shifted gear from emotionally-charged statements to sensible questions. His buddy had not said anything for some time, but broke his silence with: ‘Dinosaurs are not in the Bible and ‘carbon dating shows the earth is much older than the Biblical age.’

Here’s the key. My preaching turned into answering questions that did not focus on sin or the resurrection, but on Genesis and the trustworthiness of the Bible.

2 thoughts on “Het die kerk vir Galileo vervolg oor sy siening dat die aarde om die son draai en nie anders om nie?”

  1. Daniel, ek is so bly dat iemand die probleem van die wetenskap en die kerk begin aanspreek. Waar shearing your faith verkeerd is, die Bybel beskryf die Dinosaurusse! Die eerste diere wat geskep was in die sesde tydperk moet die Dinosaurusse wees daar was nooit diere volgens ons Bybel voor dit geskep nie en dat verdwyn die Dinosaurusse aan die begin van die sewende dag. Die Here moes Sy skepping voltooi, wat Hy reg en goed gevind het aan die einde van die sesde tydperk, en dan skep ons Skepper weer. Alles is opgeteken in ons Bybel as die kerkleiers net die Bybel wil bestudeer ipv om die Woord krities te wil ondersoek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui