Datering van die Eksodus

Daar is ‘n debat oor die datering van die uittog uit Egipte:

  • Vroeë datum: 1446 vC (volgens Ussher = 1491 vC)
  • Later datum: 1260 tot 1270 vC

Vroeë datum: 1446 vC

Volgens 1 Konings 6: (1)Vier honderd en tagtig jaar nadat die Israeliete uit Egipte getrek het, vier jaar nadat Salomo koning van Israel geword het, het hy begin bou aan die tempel van die Here.

Die vierde jaar van Salomo word gewoonlik op ongeveer 966 vC gedateer. Dus 966 + 480 = ongeveer 1446 vC.

Hierdie datum pas goed in met die tydperk van die Rigters.

Volgens James Ussher:

  • 1571 vC: Moses word gebore
  • 1491 vC: Uittog uit Egipte
  • 1490 vC: Die Israeliete bereik Kanaän, maar wil nie inval nie. (Num 13-14)
  • 1451 vC: Moses sterf.
  • 1012 vC: 480 jaar na nadat die Israeliete uit Egipte getrek het en vier jaar nadat Salomo koning geword het, het hy begin bou aan die tempel (1 Konings 6:1)

Laat datum: ongeveer 1260 tot 1270 vC

Volgens Eksodus 1: (11)Daar is toe slawedrywers oor hulle aangestel om hulle [Israeliete] met dwangarbeid te onderdruk. Hulle moes die voorraadstede Pitom en Rameses vir die farao bou.

Die naam “Rameses” word verbind met farao Rameses II, wat van ongeveer 1279 tot 1213 vC regeer het.

Daarom plaas baie moderne geleerdes die Eksodus in die 13de eeu vC. Dit is 200 jaar later.

Argeoloë aanvaar die later datum en kyk na alle argeologiese opgrawings deur hierdie bril. Dit veroorsaak dat hulle geen argeologiese bewyse kry van die uittog uit Egipte in hierdie tydperk nie. Daarom glo baie argeoloë vandag dat die uittog uit Egipte nooit plaasgevind het nie.

As ‘n mens egter sou aanvaar dat die uittog uit Egipte wel 1446 vC (1491 vC) plaasgevind het, spring baie argeologiese bewyse uit dat die uittog wel plaasgevind het.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui