Patterns of evidence: The Exodus

Patterns of evidence: The Exodus, is ‘n dokumentêr deur Tim Mahoney wat wys hoe die uittog uit Egipte wel deur die argeologie bevestig word, anders as wat die hoofstroom beweer.

Probleem

Volgens 1 Konings 6:1 het die uittog uit Egipte 480 jaar voor Salomo se vierde regeringsjaar plaasgevind. Dit gee ‘n datum van 966 + 480 = 1446 vC

Volgens Eksodus 1:11 het die Israeliete, toe hulle slawe was, die voorraadstede Pitom en Rameses vir die farao bou. Die naam “Rameses” word verbind met farao Rameses II, wat van ongeveer 1279 tot 1213 vC regeer het. Daarom plaas baie moderne geleerdes die Eksodus in die 13de eeu vC (1260 tot 1270 vC). Dit is 200 jaar later.

Argeoloë aanvaar die later datum en kyk na alle argeologiese opgrawings deur hierdie bril. Dit veroorsaak dat hulle geen argeologiese bewyse kry van die uittog in hierdie tydperk nie. Daarom glo baie argeoloë vandag dat die uittog uit Egipte nooit plaasgevind het nie.

Hier volg ‘n paar dinge in die dokumentêr wat bespreek word:

Josef

Avaris

27:30: Avaris: Geleë aan die oostekant van die Nyldelta en is hoogs waarskynlik die land Gosen.

29:00 Jakob se huis. Het 12 pilare en 12 grafte.

30:00 Een van die grafte was in die vorm van ‘n piramide met ‘n standbeeld

34:15: Josef se kanaal is waarskynlik vernoem na Josef.

36:20 Al die faraos se mag kwyn behalwe een farao wie se mag geweldig toeneem.

37:20: Amenemhat III waarskynlik die farao in Josef se tyd. Sy piramide is langs Josef se kanaal.

39:00 Josef se piramide-graf is leeg. Dit was nie grafdiewe nie, omdat die beendere ook weg is. Dit stem baie sterk ooreen met Josef se wens dat sy liggaam saam moes gaan wanneer die Israeliete terug na hulle land moes gaan (Gen 50:25)

41:15 Baie vinnige vermeerdering van Semitiese mense by Avaris.

43:10 Onderhoud met John Bimson

44:28 Slawerny

46:20: Avaris is voorspoedig en dan nie meer nie.

Mense sterf skielik vroeg: 32 tot 34 jaar oud

Vermindering van Joodse getalle.

48:25: Bababegrafnisse verhoog. Dogtertjies leef langer as seuntjies in ‘n verhouding 60%-40%

50:10 Wie sou ‘n storie opmaak dat hulle slawe was? Dit is nie iets om op trots te wees nie.

50:40 Brooklyn papirus: lys van name van slawe. 70% is Hebreeuse name. Hoofsaaklik vrouens, wat ooreenstem met die grafbewyse.

54:00 Die Israelitiese bevryding (10de plaag)

Tot vandag toe vier Jode die uittog uit Egipte.

01:05:30 Ipuwer papirus of die vermanings van Ipuwer (“Admonitions of Ipuwer”). Holland, Leiden museum, Maarten Raven.

01:14:45 Merneptah stele: ‘n monument opgerig deur Merneptah, seun van Rameses II van Egipte en verwys na Israel in Kanaän meer as 40 jaar na die uittog uit Egipte. Rameses II kon dus nie die farao van die Eksodus wees nie, omdat hy geleef het toe Israel reeds in Kanaän gevestig was.

01:17:16: Clyde Billington. Berlyn voetstuk (“Berlin pedestal”).

01:18:45: Ineenstorting van mag: Daar is geen aanduiding dat daar ‘n ineenstorting van mag was in die tyd van Rameses II of sy seun Merneptah nie.

01:19:30 Datum volgens 1 Konings 6

1 Konings 6: (1)Vier honderd en tagtig jaar nadat die Israeliete uit Egipte getrek het, vier jaar nadat Salomo koning van Israel geword het, het hy begin bou aan die tempel van die Here.

Salomo het in 970 vC begin regeer (volgens Ussher 1015 vC). Dus is uittog uit Egipte 970 + 480 = 1450 vC (Ussher, 1491 vC). Dit is 200 jaar voor Rameses II.

01:21:30 Bewyse van uittog, gevolg deur die dood van die eersgeborenes

Argeoloë vind putte vol liggame wat nie begrawe is nie. Direk daarna trek die Semitiese inwoners van Avaris.

01:22:47 Kahun

Kahun is 120 myl (192 km) suid van Avaris. Bewyse vir slawe is gevind. Ook hier het die inwoners oornag verdwyn.

01:23:30 Egipte se val

Dit is bekend dat Hiksos Egipte ingeval het en vir lank onderdruk het. Dit stem ooreen met die uittog uit Egipte.

01:25:50 Inval van Jerigo/Kanaän

Volgens Kathleen Kenyon het dit in 1550 vC gebeur. Sy het die volgende gevind:

  • Die stadsmure het ineengestort (Josua 6)
  • Die stad is deur vuur vernietig (Josua 6:24) (nadat die mure ineengestort het)
  • Groot hoeveelhede graan is agtergelaat. Dit het dus na die oes plaasgevind in die lente. Dit stem ooreen met die feit dat die Israeliete pasga gevier het na die inval. Die belering moes kort wees, anders sou meer graan opgebruik wees.
  • ‘n Klein gedeelte van die muur is nie vernietig nie (Ragab se huis)

01:40:00 Josua neem gebied oor

Daar is argeologiese bewyse dat aangrensende stede ook vernietig is in dieselfde tyd as wanneer Jerigo verniet is.

Volgens Josua 11:1-11 het Josua vir koning Jabin van Hasor doodgemaak. Daar is spykerskriftablette (“cuneiform“) in Hasor gevind met Jabin se naam op.

01:42:00 Soek in die verkeerde tyd?

01:45:10 Al wat ons het is “Rags and tatters”. Hoe seker kan mens dan van die datums wees?

01:47:15 Egipte se geskiedenis bepaal baie ander lande se geskiedenis.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui