Salomo

Salomo was die seun van Dawid en Batseba

Is bekend as die koning van wysheid.

Tydlyne

Volgens James Ussher:

vC Beskrywing
1035 Dawid laat Uria sneuwel op die oorlogsveld om sy vrou, Batseda te kry.
1034 Salomo word uit Batseba gebore
1015 Dawid sterf op 71 jarige ouderdom. Salomo begin regeer op 19 jarige ouderdom.
1014 Salomo laat vir Adonai (1 Kon 2:25) en Joab (1 Kon 2:34) doodmaak
1014 Salomo trou met die farao van Egipte se dogter
1013 Salomo word besoek deur koning Hiram van Tirus.
1012 In die vierde jaar van Salomo se regering word die tempel se fondasie gelê. Dit is 480 jaar nadat die Israeliete uit Egipte getrek het (1 Konings 6:1,37) [Nota1]
1005 Tempel word na 7,5 jaar voltooi. (in die elfde jaar – 1 Kon 6:37-38)
1004 Die tempel word ingewy
992 Salomo se eie huis word voltooi.
975 Salomo sterf op 59 jarige ouderdom. Hy het 40 jaar geregeer (1 Kon 11:42 en 2 Kron 9:30)

Nota 1: Meeste geleerdes glo dat Salomo in 970 vC begin regeer het. Volgens hierdie inligting was die uittog uit Egipte dus: -970 + 4 – 480 = -1446 of 1446 vC. Dit is 200 jaar voor die Rameses II datum.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui