Christus

Christus kom van die Griekse woord χριστός (chrīstós), wat gesalfde beteken.

Die Jode het Christus se koms verwag. Sommiges het ’n aardse verlosser verwag wat hulle sou bevry van die juk van die Romeine. Jesus het nie net die Jode nie, maar die hele wêreld, kom verlos van die oersonde, die sonde van Adam en Eva.

Die Jode van vandag wag egter steeds vir die Christus omdat hulle Jesus as Christus ontken. Hulle verwag waarskynlik ’n aardse verlosser.

Jesus was waarlik die verwagte Christus

Die volgende dele in die Bybel bevestig dat Jesus die verwagte Christus was:

Matteus 16: “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” (16)Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

Matteus 26: (63)… Die hoëpriester sê toe vir Hom: “Ek stel jou onder ’n eed by die lewende God dat jy vir ons moet sê: Is jy die Christus, die Seun van God?” (64)Jesus antwoord hom: “Dit is soos u sê.

Johannes 4: (25)Die vrou het vir Hom gesê: “Ek weet dat die Messias kom, Hy wat ook die Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak.” (26)Toe sê Jesus vir haar: “Dit is Ek, Ek wat met jou praat.”

Johannes 11: (27)“Ja, Here,” sê sy vir Hom, “ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom.”

Johannes 20(31)Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.

1 Johannes 4(2)Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is.

2 Johannes 1: (7)Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met “die misleier”, “die antichris”, bedoel.

Jesus, die verlosser agv die sondeval

Alhoewel Jesus dit nie pertinent self sê nie, is die sondeval die rede vir sy koms na aarde. Dit kan eintlik logies afgelei word: as Hy nie ’n aardse verlosser was nie, in watter opsig was Hy dan ’n verlosser? Dit word baie duidelik gewys in die volgende verse:

Romeine 5: (12)Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het. (13)Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie ’n wet is nie. (14)Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom, (15)maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.

1 Korintiërs 15(21)Aangesien die dood deur ’n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur ’n mens gekom. (22)Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui