Briefskrywer bly verward

*******

Briefskrywer bly verward | Netwerk24

Bernhard Ficker, Somerset-Wes

29 April 2022

In “Alles verander voortdurend, twiste gaan verby” (21.04) skryf Jan Venter “en nou wil Christene doleer . . .”

Nee, dis nie ’n geval dat Christene nou wil doleer nie. Die waarheid is dat hulle al meer as twee jaar lank amptelik en formeel begin doleer het teen die dwaalleer wat die algemene sinode van die NG Kerk (NGK) – en die dwaalleraars wat die NGK-kweekskole ingedring het. Bykans 100 NG gemeentes het al klaar gedoleer, sommige treur sonder om te doleer en tienduisende lidmate doleer individueel.

Hoekom bly Venter so verward oor die dolerendes? Hy kan net op kairosnetwerk.net of glodiebybel.co.za lees en dan as ingeligte ongelowige saampraat.

Dolering gaan nie net oor gay mense soos wat hy voorgee nie. Dit gaan oor terugkeer na die Waarheid van die Bybel.

Hy het al te kenne gegee hy glo nie in die duiwel, hiernamaals of maagdelike geboorte van Jesus nie.

Dwaalleraars by NG-kweekskole deel dié dwalings.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui