Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk

Ontstaan

Die Algemene Sinode het eers in Oktober 1962 ontstaan. Kyk Wat is artikel 37 van die NG Kerk Kerkorde?.

Frekwensie en grootte

Die Algemene Sinode van die NG Kerk vind gewoonlik elke vier jaar plaas en bestaan gewoonlik uit die volgende:

  • Algemene Sinode Moderamen (ASM): Die ASM bestaan uit vyf verteenwoordigers van elk van die 10 streeksinodes: die voorsitter, die ondervoorsitter en drie ander afgevaardigdes. Hierdie vyf mense word tydens die streeksinodes verkies. Dit is dus ongeveer 50 mense.
  • Ongeveer 350 afgevaardigdes van NG gemeentes reg oor die land. Hierdie afgevaardigdes word tydens die streeksinodes verkies.
  • In totaal: 400 mense

Die AS vind gewoonlik elke vier jaar plaas.

Verkleinde sinodes

Vanaf 2013 tot 2019 is verkleinde sinodes van 200 mense gehou, twee jaar uitmekaar. Tydens hierdie sinodes was daar dus net 150 afgevaardigdes buiten die ASM.

Struktuur van die NG Kerk

1. Gemeente

Gemeentes bestaan uit al die lidmate van die gemeente.

2. Kerkraad

Elke gemeente het ’n kerkraad wat die bestuursliggaam van die gemeente is. Die kerkraad bestaan uit ouderlinge en diakens (sommige kerkrade gebruik nie meer hierdie titels nie). Die kerkraad neem besluite namens gemeentelede en neem volle verantwoordelikheid van die finansiële en geestelike toestand van die gemeente.

Nuwe kerkraadslede word verkies deur die kerkraad self, maar kennis word gegee aan die gemeente van nuwe nominasies sodat enige besware voor die tyd gemaak kan word.

3. Ringe

Elke kerk is deel van ’n ring wat uit ongeveer 5-15 gemeentes bestaan. Ringsittings vind ongeveer kwartaalliks plaas en word bygewoon deur al die predikante in die ring plus ’n afgevaardigde (nie-predikant) per predikant uit die kerkraad. Dus, indien daar 10 predikante in die ring is, moet daar ook 10 nie-predikante teenwoordig wees.

4. Streeksinodes

Tans is daar 10 streeksinodes in die NG Kerk. Soos ringsittings, word streeksinodes bygewoon deur al die predikante in die streeksinode plus een afgevaardigde per predikant.

Streeksinodes vind normaalweg elke jaar of elke tweede jaar plaas.

Tydens streeksinodes word afgevaardigdes verkies vir die algemene sinode.

5. Algemene sinode

Die algemene sinode vind normaalweg elke vier jaar plaas.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui