Moderator van die NGK vra omverskoning vir apartheid

Die moderator van die NG Kerk, Nelis Janse van Rensburg, het op erfenisdag, op 24 September 2022, omverskoning gevra vir die rol wat die NG Kerk gespeel het om apartheid in die lewe te hou.

Hierdie gebaar het waarskynlik alles daarmee te doen om eenheid tussen die NG Kerk en die VGKSA se bewerkstellig. Die onlangse gesprekke met die VGKSA het hoogs waarskynlik alles hiermee te doen.

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Die moderator van die NGK vra omverskoning vir apartheid

Op 24 September 2022 is die volgende op die radiostasie, RSG, berig:

Die moderator van die NG-kerk, doktor (sic) [regte titel is dominee] Nelis Janse van Rensburg, het in ‘n emosionele diens in die Morawiese Kerk by Genadendal in die Wes-Kaap om verskoning gevra vir die kerk se rol in die apartheidstelsel. Van Rensburg sê die kerk is jammer dat hy nie opgestaan het teen die oortredings van apartheid nie. Hy sê die kerk het alle gekleurdes in die steek gelaat en het die teologiese fondasie gelê waarop die beleidspunte van apartheid gebou is. Hy het ook om verskoning gevra dat die kerk voorgestel het dat die regering ‘n wet moet skep waarin gemengde huwelike verbied word en dat hy die Groepsgebiedewet gesteun het.

Nelis Janse van Rensburg: Daar het baie baie goed in die geskiedenis gebeur wat die twee kerke verwyder het van mekaar en ons moes praat daaroor, ons moes dit konfronteer. Ons glo in versoening, ons glo dat die liefde van Christus ons beweeg tot versoening. Dit is hoekom dit emosioneel is, want dit is die liefde van Christus wat ons beweeg. Dit is altyd vir my wonderlik om te sien wat dit beteken vir mense wat in ’n erediens sit om te hoor dat daar ’n belydenis is van skuld en erkenning van wat in die verlede verkeerd gedoen is.

Op Facebook het die volgende verskyn:

SABC News Western Cape

24 September 2022 om 13:26

The moderator of the Dutch Reformed Church, Dr Nelis Janse van Rensburg, has apologised for every aspect of apartheid including the role the church played in strengthening, supporting, and upholding the destructive system. In an emotional sermon in the Moravian Church at Genadendal in the Overberg, Janse van Rensburg said not only did the church fail all people of colour by the teachings, but he acknowledged that the suffering as a result of that, continues to this day. When Janse van Rensburg uttered the words, “we are sorry”, the president of the Moravian Church of South Africa, Reverend Martin Abrahams stood up to put his hands on Van Rensburg’s shoulder. Van Rensburg says the church repents for not standing up in a prophetic way in defiance of the offences of apartheid. He added that when the dignity of people were trampled upon, they justified it out of fear, greed and selfishness.

Dit het natuurlik uitgeloop op ’n lekker debat. Kyk HIER.

Kommentaar

Daniel Louw, 25 September 2022

‘n Ene Rev Roger Belford het na aanleiding hiervan die volgende kommentaar gelewer onder Wie is Nelis Janse van Rensburg?:

Good day Rev. Janse van Rensburg

As a so- called coloured, I thank you for being bold to apologize for the horrendous role the ‘NG kerk’ played during the apartheid years. Many innocent people had died in South Africa because of the participation your church had in the nationalist government.

I strongly believe that the platform in Genadendal was not sufficient to do such. An apology is owed to the nation in humbleness and in true humiliation. This would have shown the world utmost remorse.
I also praise Prof. Allan Boesak for his role in the Belhar confession and the fight against segregation and marginalisation in South Africa. I pray God’s hand over you and your denomination.

The Lord bless you and keep you. The Lord make His face shine on you and be gracious to you. The Lord turn His face towards you and give you His peace.

Blessings
Rev. Roger Belford
Cape Town

‘n Mens wonder net wanneer die NG Kerk omverskoning gaan vra dat hulle ’n een-man-een-stem-sisteem gesteun het en nog nooit gekritiseer het nie. Hierdie sisteem het die ANC nou al vir 28 jaar aan bewind gehou. Tydens hierdie 28 jaar het die ANC Suid-Afrika laat vergaan tot ’n skaduwee van wat dit was. Die gemiddelde man op straat het verarm en daar het baie meer onskuldige mense doodgegaan as tydens apartheid. Die enigste mense wat uit hierdie sisteem baat vind is misdadigers en mense wat regstellende aksie misbruik vir eie gewin.

Vir meer hieroor, kyk NG Kerk sê steeds jammer vir apartheid(!)

1 thought on “Moderator van die NGK vra omverskoning vir apartheid”

  1. Nelis Janse van Rensburg vra omverskoning vir apartheid, hoekom se die NG moderator nie sommer ook dankie vir plaasmoorde ook nie. En kan die moderator ook vir my sê hoekom sy kerk die Bybel verander het om te sê homoseksualiteit is nie meer ‘n sonde nie. My 1953 vertaling sê in Levitiikus 20:13 dat die GOD van die heelal sê dat homoseksualiteit ‘n sonde is. Moet dan nie gou op die anti Chris se gravy train rympie spring en sê ek oordeel nie. As GOD sê dat homoseksualitet sonde is dan sê GOD dit en nie ek nie. Wat net beteken die NG Kerk sidestep GOD se Woord in die 1953 vertaling van die Bybel. En die NG kerk se homoseksuele persone mag in hulle kerke predikante en lidmate word. NG kerk, julle verander die Bybel om julle te pas. Julle glo nie meer in die Bybel nie, maar is deel van die hoofstroom van die new world orde wat besig is om GOD uit die Bybel uit weg te laat. In Openbaring 22 sê die HERE as jy een woord van Sy Woord in die Christene se Bybel bysit of weglaat sal GOD jou naam uit die Boek van wie die ewige weglaat. Die NG kerk het weggebreek uit die Rooms Kattolieke Kerk uit. Ek is bevrees julle is terug by die Rooms Kattolieke. GOD gaan julle heidense geloof en afdwaling van sy woord straf. Die NG kerk is besig om die Christene valsheid te verkondig. Ek bid vir homoseseksuele dat GOD deur sy Heilige Gees hulle sal laat sien dat dit wat hulle doen sonde is. Die NG kerk sê vir homoseksuele dat daar niks fout is met wat hulle doen nie. Ek kies om te glo wat GOD in sy woord sê oor homoseksuele. Die NG kerk het boos geword en verkondig nie meer die woord van GOD soos dit in die Bybel staan nie. As jy nie vir GOD is nie is jy teen GOD. En wie is teen GOD? Die duiwel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui