Aanbevole artikels

{jcomments off}

The Atheist Delusion, deur Ray Comfort

Ray Comfort het weer ’n dokumentêr gemaak, The Atheist Delusion. Dit word baie sterk aanbeveel. Kyk die volgende voorskou:

War Room – die fliek

War Room is ’n nuwe fliek, gemaak deur die vervaardigers van Flywheel, Facing the Giants, Fireproof en Courageous. Die fliek gaan oor ’n man en vrou wie se huwelik op die rotse is. Die vrou ontmoet egter ’n ou, gelowige vrou wat haar aanmoedig om die stryd in haar huwelik deur gebed te beveg.

“Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.” (Efesiërs 6:12)

Dit word baie sterk aanbeveel.

Kyk ook die amptelike voorskou van die fliek, HIER.

Gay debat in die NG Kerk

Die NG Kerk hou by die besluit van sy algemene sinode om gay lidmate op elke vlak te verwelkom, maar die uitvoering daarvan is vir twee jaar uitgestel. Vir meer hieroor, kyk NG Kerk: Gays sal moet wag.

NG Kerk lidmate moet egter onthou dat daar onder die NGK leierskap geen hartsverandering plaasgevind het nie. Hierdie besluit is bloot gemaak om die huidige ongelukkigheid in die NGK bietjie te demp. Die gay kwessie sal definitief weer aan die deur klop. Om proponent Hennie Pienaar aan te haal:

“Dit is teleurstellend dat die kerk so ’n besluit, wat hom uiteindelik weer relevant in die samelewing maak, tydelik kon stuit.”

“Dit motiveer ons om die volgende twee jaar bitter hard te werk, op grondvlak, sodat lidmate ons siele en harte sien, sodat hul vooropgestelde idees oor waarom hulle ons wil uitsluit, sal val. Sodat hulle besef dis ’n onreg. Dis eers wanneer jy met gay mense te doen het, hul stories hoor, hul harte en siele sien, dat jy besef hulle is net sulke mense soos ek.”

Dit laat lidmate en predikante wat homoseksualiteit as sonde sien met drie opsies:

  1. Beveg die dwaling in die NG Kerk baie aggressief: Dit gaan in kort die volgende behels:
    • Dwaalleraars sal by hulle onderskeie ringe aangekla moet word. Dit mag selfs beteken dat behoudendes bereid sal moet wees om predikante in ander ringe te gaan aankla indien daardie ringe nie iets aan die saak doen nie.
    • Gemeentes sal hulle moet distansieer van die kuratoriums, wat duidelik op ’n dwaalpad is.
    • Nuwe aanstellings sal baie versigtig gedoen moet word (kyk Vrae aan predikante).
  2. Gaan voort met besprekings om weg te breek van die Algemene Sinode. Dit gaan in effek beteken dat die NGK gaan skeur.
  3. Verlaat die kerk/stig af: Die dwaling in die NG Kerk dra nie God se goedkeuring weg nie. As die dwaling nie gestop kan word nie, moet behoudendes ernstig daaroor dink en bid om eerder die NG Kerk te verlaat (kyk Handelinge 2:40, Openbaring 18:4, 2 Korintiërs 6:17, Jesaja 48:20, Jeremia 51:9, Efesiërs 5:6-7 en 1 Timoteus 6:5 (AOV)).

Indeks

Besoek ook ons indeks hier. Die indeks bevat skakels na die belangrikste artikels. Jy is ook meer as welkom om artikels te soek deur in die volgende metodes:

  • Tik sleutelwoorde in Glo Die Bybel se soekblokkie in.
  • Gaan na google en tik die sleutelwoorde in plus ” site:glodiebybel.co.za”
  • Soek volgens kategorie deur die kieslys aan die linkerkant te gebruik.

Antwoorde Oor Die Skepping (Boek)

alt

CMI se bekende The Creation Answers Book (of elektronies) is nou ook in Afrikaans beskikbaar. Antwoorde oor die Skepping (AODS) is ’n boek ‘enig in sy soort’ wat aktuele kwessies van die dag aanspreek. Sestig vrae oor Genesis en die Evangelie, skepping en evolusie, en ook die wetenskap word kortliks beantwoord—en dit is boonop nie ‘ruimtewetenskap’ nie!

Oor baie jare van CMI-bediening was die gewildste vraag tydens aanbiedings: ‘Wie was Kain se vrou?’ Deesdae het die fokus egter verskuif na: ‘As God almagtig en goed is, waarom al die dood, pyn, siekte en lyding in die wêreld?’

Antwoorde oor die Skepping verken dié en verskeie ander vrae o.a. Bestaan God wel? Is alles in ses 24-uur-dae geskep? Het Adam en Eva werklik geleef? Waar kom al die sogenaamde ‘rasse’vandaan? Het die wetenskap die Bybel verkeerd bewys? Is evolusie die hoeksteen van die wetenskap? Wat van gapingsteorieë? Waar pas die dinosourusse in? Hoe kan ons vêr afgeleë sterre in ’n jong heelal sien? Wat van koolstofdatering? Was die Sondvloed wêreldwyd? Hoe het Noag al die diere op die ark gekry? Wat van kontinentale drywing en die ystydperk? Waar is al die mens-fossiele? Waarom verwerp so baie mense die Evangelie en weier om te luister?

Bestel die boek hier.

Ander

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui