Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Hieronder ’n paar e-posse gerig aan Elsabé Brits, bekroonde spesialis wetenskap-joernalis werksaam by Die Burger. Met kwessies geopper in e-posse hieronder in gedagte, moet u vir uself besluit of Die Burger werklik poog om noukeurig, akkuraat, regverdig en gebalanseerd te wees in hul beriggewing. Dink u die wetenskap-joernalis behoort ’n beter balans te vind deur ’n duidelike onderskeid te tref tussen berigte wat handel oor opwindende eksperimentele wetenskap deurbrake wat vir die mens groot voordele inhou, en die wat betrekking het op die historiese wetenskap, o.a. die ‘storievertellings’ van evolusie? Is u van mening dat beriggewing oor die kwessies voldoen aan die dagblad se ‘kollektiewe aanspreeklikheid teenoor lesers’ soos opgeteken in die etiese-riglyne. [Kyk veral (2.1) Soek die waarheid en doen so volledig as moontlik daaroor verslag en (2.2.1) Pas die audi alteram partem-reël (om albei kante se saak te stel) in berigte toe”]

******************

’n Persoonlike nota vir lesers se oorweging

[Johan Kruger, Hoof van Bediening, Creation Ministries International (Suid-Afrika), September 2012]

As Christene gered deur genade, is ons in ’n geestelike stryd gewikkel—soos ook hier op ‘Glo Die Bybel’ gesien kan word. Die stryd word egter nie gevoer “volgens die vlees” (2 Korintiërs 10:3) en ook nie “teen vlees en bloed nie” (Efesiërs 6:12), d.i. nie teen die ongelowige medemens wat “sonder hoop en sonder God” (Efesiërs 2:12) in ’n gevalle wereld vol dood, pyn en lyding (Romeine 8:20-22) probeer oorleef. In die verdediging (Filippense 1:17) en bevestiging van die evangelie (Filippense 1:7) is dit belangrik om te onthou dat die ‘opponent’ ook na God se beeld geskape is (Genesis 1:27). Omgang met ’n hoorder moet so aangepak word dat dit uiteiendelik tot nut is (2 Timoteus 2:14), en die waarheid moet altyd reg gesny word (2 Timoteus 2:15). As diensknegte van die Here moet ons nie twis nie, eerder vriendelik wees en respek toon teenoor almal, bekwaam om te onderrig en bereid om kwaad te verdra (2 Timoteus 2:24). Wys die weerspanniges in nederigheid en sagmoedigheid tereg want wie weet—God mag hulle dalk bekering gee tot die kennis van die waarheid (2 Timoteus 2:25). Wandel altyd in wysheid teenoor die wat buite is (Kolossense 4:5) en laat jou woorde altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6).

Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees… (1Petrus 3:15).

‘The “fire in the bones” of creation ministry is a passion, and a caring passion [want dit gaan oor medemenslikheid] and without that, a ministry is not even worth considering.’—(Dr Carl Wieland, Besturende Direkteur, Creation Ministries International (Australië).

******************

From: Johan Kruger
Sent: 25 September 2007 09:41 AM
To: ‘ebrits@dieburger.com
Subject: Opmerking en uitnodiging
Importance: High

Elsabé Brits
Spesialis-joernalis
Wetenskap
Die Burger

Beste Elsabé,

Ek vind jou wetenskaplike beriggewing in Die Burger heel interessant al stem ek as skeppingsleerder/wetenskaplike by tye nie saam met die gevolgtrekkings nie. Dit het natuurlik (wat die skepping/evolusie kwessie veral betref) te doen met die feit dat ons almal met dieselfde feite in die natuur werk, maar dinge verskillend interpreteer afhangend van die ‘lense’ waardeur die getuienis(se) beskou word.

My skrywe het eintlik te doen met jou onlangse kort resensie van Philip Kitcher se boek, Living With Darwin. As spesialis-joernalis met liefde vir die wetenskap poog jy natuurlik om aan die voorpunt te bly van die nuutste wetenskaplike bevindinge. Met die eksperimentele wetenskap wat so vinnig verander (een van die redes waarom sekere ‘feite’ in Kitcher se boek reeds verouderd is), net gewonder oor een van jou stellings (‘Kitcher vra tereg waarom die mens en ander organismes dan nie-koderende DNS het. Dit was eens funksionele gene in die mens se verlede,’). Vraag is nou, waarom nie ten minste iets meld oor die jongste bevinding oor ‘skroot-DNS’? (verwysings hieronder). Terloops, lyk tog vir my asof die evolusioniste se ‘wegkruipplek’ vir mutasies (daar waar hulle die genoom nie te kwaai kan benadeel nie) drasties aan die verminder is. Ons albei weet natuurlik die implikasies vir evolusie (kyk Genetic Entropy & the Mystery of the Genome, Dr. John Sanford [genetikus verbonde aan Cornell universiteit] se boek wat nie net weggewens kan word deur evolusioniste nie.

Om te voldoen aan julle ‘kollektiewe aanspreeklikheid teenoor lesers’-kode, poog jy seker om jou beriggewing so noukeurig, akkuraat, regverdig en gebalanseerd as moontlik te hou? Om verskeie redes slaag jy egter nie altyd daarin nie, en die rede is heel eenvoudig—jou voorveronderstellings en die ‘lense’ hierbo genoem (geld vir ons almal, maar die een groot verskil—skeppingsleerders is bereid om dit te erken!). Die kwessie rondom Kitcher en DNS is een goeie voorbeeld. ’n Ander een is jou berig einde verlede jaar (Sterkste bewyse’ vir Mars-water’). Jy het ‘bewyse’ en ook aanhalings van wetenskaplikes aan lesers voorgehou, maar nagelaat om in jou beriggewing te noem dat ander bekende navorsers in die veld steeds skepties/krities staan, o.a. Nothing in the images, no matter how cool they are, proves that the flows were wet, or that they were anything more exciting than avalanches of sand and dust’ (Allan Treiman, geoloog verbonde aan Houston se Lunar and Planetary Institute—lyk of hy ’n ou is wat gebruik maak van sy nonsens-verklikker).

So, met bogenoemde in gedagte, waar pas noukeurigheid, akkuraatheid, regverdigheid en gebalanseerdheid hier in, en waar plaas dit jou t.o.v. die etiese riglyne in die Kode: (2.1) Soek die waarheid en doen so volledig as moontlik daaroor verslag en (2.2.1) Pas die audi alteram partem-reel (om albei kante se saak te stel) in berigte toe ? (my onderstreping). Net terloops, kreasioniste het geen probleem met water in die buitenste ruimte, op ander planete, ens. (o.a. komete, en verskeie ander voorbeelde kan genoem word), maar soos jy ook weet, teenwoordigheid van water alleen beteken nie noodwendig die ontstaan van komplekse lewe nie.

As ek dalk ’n inset mag lewer—ek dink jy moet ’n beter balans probeer vind tussen jou berigte wat handel oor opwindende eksperimentele wetenskap deurbrake wat vir die mens groot voordele inhou, en die wat betrekking het op die historiese wetenskap, o.a. evolusie.

Elsabé, jy is mos ’n ‘oopkop’ joernalis en met jou nonsens-verklikker in goeie werkende toestand, nooi ek jou uit om ’n seminaar by te woon van een van ons internasionale sprekers (Gary Bates, CMI—Australië) wat binnekort deur die land toer: Creation—A Matter of Life and Death.

My voorstel sou wees ’n neutrale venue naamlik US kampus eerskomende Saterdagoggend waar jy ook die geleentheid sal hê om vrae te kan stel na afloop van drie seminaar-aanbiedings.

As jy daar kan wees, skud ek graag hand. Vir wat dit werd is, kan jy hier agtergrond oor Gary Bates vind (Gary Bates)

en ook oor myself (Dr Johan Kruger).

Vriendelike groete,

Johan Kruger, Ph.D.
Head of Ministry Outreach
Creation Ministries International (South Africa)
www.creation.com

Verwysings

Birney, E., et. al., Identification and analysis of functional elements in 1% of the human genome by the ENCODE pilot project, Nature 447: 799–816, 2007.

Philipp Kapranov, P., Willingham, A.T. and Gingeras, T.R., Genome-wide transcription and the implications for genomic organization, Nature Reviews Genetics 8: 413–423, 2007.

Asifa Akhtar & Susan M. Gasser, The nuclear envelope and transcriptional control, Nature Reviews Genetics 8:507–517, 2007.

Kyk ook:

__________________________________________
From: Johan Kruger
Sent: 09 October 2007 09:21 PM
To: ‘ebrits@dieburger.com
Subject: RE: Opmerking en uitnodiging
Importance: High

Hi Elsabé,

Met my vorige (moontlik ongevraagde) epos in gedagte, net die volgende:

In jou 14 Junie aanlyn-artikel ‘Verrassende ontdekking oor DNS’ maak jy tereg die stelling: ‘Die nuwe data [voortvloeiend uit die ENCODE-projek] toon dat die genoom eintlik baie min ongebruikte geen-reekse bevat en inderdaad ’n komplekse vervlegde (sic) netwerk is.’

Net bietjie meer as drie maande later, in jou resensie van die Kitcher-boek ‘Evolusie teen denkwyses oor kreasionisme opgeweeg’, duik die volgende egter op: ‘Kitcher vra tereg [jou woordgebruik hier insiggewend!] waarom die mens en ander organismes dan nie-koderende DNS het. Dit was eens funksionele gene in die mens se verlede, blyk dit. Indien die ontwerp van die mens intelligent is, vra Kitcher, dan is dit maar “nukkerig”, want waarom dra mense al die mutasies en die kopiërings saam?’

My onbeantwoorde vraag dus nog steeds—al is dit wel wat Kitcher in sy boek beweer (eksperimentele wetenskap vorder en dus nou uitgediende inligting), waarom nie as Spesialis-joernalis: Wetenskap ten minste die goue geleentheid aangryp om lesers ‘ligdag op die voorstoep’ oor die jongste bevindinge in te lig nie?

Terloops, jy weet dat ek weet jy weet wat die rede is. 🙂

Met my evolusie-nonsens-verklikker-in-goeie-werkende-toestand duidelik dat ENCODE-projek uitmuntende eksperimentele wetenskap is wat nou ’n demper plaas op nog ’n ‘just-so-story’ van die evolusionêre (historiese) ‘wetenskap’.

Ek skud steeds graag iewers jou hand.

Groetnis,

Johan Kruger, Ph.D.
Head of Ministry Outreach
Creation Ministries International (South Africa)
www.creation.com

_____________________________________________
From: Johan Kruger
Sent: 10 June 2009 02:55 PM
To: ‘ebrits@dieburger.com
Subject: RE: Opmerking en uitnodiging

Hi Elsabe,

Hoop dit gaan goed met jou. Lekker dag in die Kaap.

Met my vorige epos (kyk hieronder), net gewonder wanneer plaas jy ’n interessante beriggie in die Burger oor die stadige dood wat skroot-DNS tans sterf

Is dit ’n ‘stadige’ dood omdat evolusioniste steeds verbete daaraan vasklou?

Sommiges begin egter toegee.

Terloops, wat ook van ’n lekker beriggie oor die twyfel nou op die tafel wat sg. skakel tussen dinosourusse en voëls betref?

Of is dit dalk nou te veel gevra van ’n getroue leser van die Burger? 🙂

Geniet jou dag,

Johan Kruger, Ph.D.
Head of Ministry Outreach
Creation Ministries International (South Africa)
www.creation.com

___________________________________________
From: Johan Kruger
Sent: 18 September 2012 02:14 PM
To: Elsabé Brits
Subject: C14 in dinosourusbene / skroot DNS

Elsabé Brits
Spesialis-joernalis, Wetenskap
Die Burger

Beste Elsabé

Ek vertrou dit gaan goed daar aan jou kant.

Skuus vir langerige epos maar sal dit waardeer as jy in jou besige tyd kan inwerk om te lees.

Met my vorige eposse hieronder in gedagte (jy is seker maar besig so ‘no hard feelings’ dat jy nooit gereageer het nie) sien ek uit daarna dat jy Die Burger lesers binnekort kortliks inlig oor resultate aan die snypunt van eksperimentele wetenskap tans in die nuus:

Koolstof-14 in dinosourus fossiele-bene en implikasies daarvan.

Terloops, het jy hulle al ingelig oor die sagte weefsel in ’68 miljoen’ (?) en ook ’80 miljoen’ (?) jaar oue dinosourus bene gevind by Hell’s Creek in VSA)? Oor en oor bevestig in onafhanklike laboratorium studies omdat Mary Schweitzer se kollegas haar nie wou glo nie! As jy hierdie ‘video clip’ nog nie gesien het nie, geniet!

“I [Mary Schweitzer] had one reviewer tell me that he didn’t care what the data said, he knew that what I was finding wasn’t possible. I wrote back and said, “Well, what data would convince you?” And he said, “None.”

2. 80% van DNA funksioneel so ‘skroot DNS’ nou waar dit hoort—op die skrootwerf!

“The failure to recognise the implications of the non-coding DNA will go down as the biggest mistake in the history of molecular biology.” Prof John Mattick, Catalyst, Thursday, 10 July 2009.

Is dit dalk te veel gevra van ’n getroue leser van die Burger wat mal is oor die wetenskap, maar ook sekerheid het van geloof en redding in Jesus Christus. Terloops, het iemand al ooit vir jou genoem dat Hy REGTIG vir die sonde van die mens (myne en ook joune) op ’n kruis gesterf het, opgestaan het uit die dood dat hy REGTIG leef, jou uniek gemaak het, jou liefhet, maar dat jy jouself aan Hom moet toewy omdat Hy weer eendag terugkom. As ‘godsdiens’ jou in die verlede gekap het, onthou daar is ’n reuse verskil tussen georganiseerde ‘godsdiens’ (wat oa wierook rondswaai in koue katedrale) en ’n lewende verhouding met God die Skepper deur Jesus Christus.

Alhoewel totaal verskillende wêreldbeskouings, stel ons albei baie belang in eksperimentele wetenskap (oorsprongswetenskap natuurlik ’n heel ander kwessie), so ek hoop ons kan eendag ’n lekker koppie koffie saamdrink al is die kanse baie goed dat ons sal moet ‘agree to disagree’!

Dankie dat jy hierdie versoek oorweeg en geniet jou dag,

Alle seeninge op jou werk.

Johan

Naskrif: Jy het die fantastiese geleentheid om gesonde kritiese denke in jou lesers te stimuleer so waarom oorweeg jy nie om ook die ander kant te stel. Is dit nie in julle joernalistieke reëls?

“I am not writing to argue for or against macroevolution … But critical thinking and analysis fosters good science. For high schoolers, their love of science and acumen for it will not come from memorizing and repeating textbook prose, but rather by diving into the strengths and weaknesses of theories such as evolution.”Critical Thinking, Analysis Foster Good Science By: Robin Zimmer, The Tennessean, March 11, 2011

Vergelyk met die benadering:

‘Dr Eugene Scott … argues that only pure unaldulterated evolution should be taught (as fact) because “using creation and evolution topics for critical thinking exercises in primary and secondary schools is virtually guaranteed to confuse students about evolution … The fact that presenting both sides may convince many students to reject the Darwinist side is a major motivation for the almost fanatic efforts by Darwinists to ensure that only one side of the controversy is taught…’ ‘Where Darwin Meets the Bible: Creationists and Evolutionists in America’ by Larry A Witham, p. 43, 2002

Johan Kruger, PhD
Head of Ministry Outreach
Creation Ministries International (South Africa)
www.creation.com

‘2012 . . . The year to question evolution!’ / ‘2012 . . . Die jaar om evolusie te bevraagteken!
A CMI-SA event can impact your church, school and community. To find out more about hosting a speaker (no set speaking fees)—contact us today!
Creation Ministries International is a Christ-centered, non-denominational ministry dedicated to upholding the authority of the Bible from the very first verse.

___________________________________________
From: Johan Kruger
Sent: 21 September 2012 09:41 AM
To: ‘ebrits@dieburger.com
Subject: Opmerking en uitnodiging

Elsabé Brits
Spesialis-joernalis
Wetenskap
Die Burger

Beste Elsabé,

Met my epos(se) hieronder in gedagte—vir oorweging—’n redelike versoek van ’n gereelde leser van Die Burger.

In kort, ek neem aan dat Dr Jurie van den Heever—gesoute palaentoloog en gerekende kenner van Karoo-fossiele—binnekort lesers sal inlig oor die jongste bevindinge van die voorkoms van koolstof-14 in dinosourus-bene. Verdere bevestiging of weerlegging is natuurlik nog nodig (dinge kan steeds verander) maar die kwessie is ongetwyfeld nuuswaardig! Soos ons dit die afgelope 10 jaar in multimedia aanbiedings aan gesinne, skoliere en studente verduidelik (digby 100,000 persone tydens 1,000 byeenkomste en 59 toere regoor die land), ook wat o.a. die voorkoms van sagte weefsel in dinosourus-bene betref, is dit nie ‘ruimtewetenskap’ nie, en kan almal, selfs boetie en sussie en oupa en ouma, die implikasies daarvan verstaan.

My versoek is eenvoudig. In die lig van jul etiese riglyne: (2.1) Soek die waarheid en doen so volledig as moontlik daaroor verslag en (2.2.1) Pas die audi alteram partem-reel (om albei kante se saak te stel) in berigte toe, as dok Jurie of iemand anders die geleentheid gegun word, sou ek graag in dieselfde uitgawe van die Burger my mede-lesers wou inlig oor die werklike implikasies hiervan (sou dit bevestig word) en ook betreffende die sagte weefsel in dinosourus- bene wat na bewering 68 en 80+ miljoen jaar oud is.

Ek ‘speel’ nou wel nie op dieselfde vlak saam met dok Jurie in die wetenskaplike 1ste span nie, maar as dosent en ook navorser het ek op my tyd ’n paar eweknie-geëvalueerde wetenskaplike artikels in plaaslike en internasionale wetenskap-joernale gepubliseer, o.a. baanbrekers werk t.o.v. die verdere opskerp van aalwurm-taksonomie (wel so aangeteken deur my plaaslike en internasionale kollegas). Ons het o.a. gebruik gemaak van transmissie/skandeer elektronmikroskopie in die studie van voortplantingstelsels, ook sitogenetika en spermatologie van die betrokke groep nematodes waarvan sommige spesies virusse op voedselgewasse oordra en dus van groot ekonomiese belang is.

Saam met my promotor, kollega, en marathon-vriend (oorlede in 2001 en destyds ’n A-gegradueerde wetenskaplike en ontvanger van die Havenga-prys), het ons ook ’n hele aantal nuwe nematoodspesies beskryf. Terloops, bogenoemde nie om eie beuel te blaas nie, wel net om dinge in perspektief te stel a.g.v. die (eintlik maklik weerlegbare) bewerings dat ’n ware Christen en Bybelse kreasionis nie ’n goeie wetenskaplike kan wees nie.

Opsommend, dit was inderdaad ’n voorreg om op die wyse betrokke te wees as natuurliefhebber, en om ook as opgeleide wetenskaplike ’n wesenlike bydra te kon maak om deur eksperimentele wetenskap, kennis oor Sy skepping tot voordeel van die mens te verbreed.

Terloops, met voorafgaande in gedagte, laat my dink aan ’n onlangse LinkedIn terugvoer van ’n bekende plaaslike anti-teïs (fanatiese voorstaander van Darwin en venynig teen die Christendom, veral skeppingsleerders/kenners). In ’n respons op my heel vriendelike stelling: “Dankie______, goed om uiteindelik hier kontak te maak. Uiteenlopende wêreldbeskouinge maar tog kan persone mekaar respekteer omdat ons almal na Sy beeld geskape is—natuurlik uit my oogpunt)” is ek skoolmeesteragtig oor die vingers getik met die aanmatigende stelling, “Hallo Johan, nee, ek is nie na enigiemand se beeld geskape nie, jy ook nie. Ons is deel van lang evolusionêre proses oor miljoene, inderdaad miljarde jare. Maar nou ja, glo gerus wat jy wil. Ek werk met bewyse, die grondslag van die wetenskap.” Feit dat die persoon nie ’n opgeleide wetenskaplike is met natuurwetenskaplike publikasies agter die blad nie, kon ek in opregte respek vir die betrokke persoon (wat ongeag van sy persoonlike siening, wel geskape is na die beeld van Sy Skepper) maar net my kop skud en reageer met hopelik ’n nie-meerderwaardige glimlag.

Miskien goed dat ek ook net noem dat ’n groot aantal CMI-ondersteuners (en ook ander vriende en kollegas wat kranige lesers is van Afrikaanse koerante in die land) bewus gemaak gaan word van hierdie redelike versoek. Hulle sal ongetwyfeld in afwagting bly om te hoor of dit toegestaan gaan word. Soos die kwessie van sagte dinosourus weefsel, sal daar natuurlik ook binnekort ’n artikel op ons webtuiste verskyn (en moontlik ’n INFObytes—kyk hier en hier en hier vir voorbeelde van ons gratis eposdiens) om verdere verwikkelinge te bespreek en in die korrekte konteks te plaas.

Ons leef in opwindende tye waar eksperimentele wetenskaplike werk/getuienis toenemend die Bybel as onfeilbaar en foutloos bevestig, en die onwetenskaplike ‘storievertellings’ van doelose, toevallige, ‘molekules-tot-mens evolusie’ ontbloot. Deur die werk van CMI en ander gerekende skeppingsorganisasie regoor die wêreld, word meer en meer denkende mense bewus gemaak daarvan en dit is iets om oor ‘huis toe te skryf’—wat baie ingeligte mense wel ook doen!

Die ou gesegde geld steeds. ’n Mens kan sommige mense soms ’n rat voor die oe draai. Maar vir hoe lank? In die tyd waarin ons leef, kan niemand meer verwag om mense wat wil en wel self krities oor die kwessies begin dink, verder om die bos te probeer lei nie. Dit is verblydend.

Hier word natuurlik verwys na die misleidende historiese-wetenskaplike berigte wat van tyd tot tyd as feite aan die publiek en lesers van my gunsteling dagblad (Die Burger), opgedis word.

En dit is beslis nie verblydend nie.

Altyd respekvol tot jou diens,

Johan Kruger
Head of Ministry Outreach
Creation Ministries International (South Africa)
www.creation.com

‘2012 . . . The year to question evolution!’ / ‘2012 . . . Die jaar om evolusie te bevraagteken!’
A CMI-SA event can impact your church, school and community. To find out more about hosting a speaker (no set speaking fees)—contact us today!
Creation Ministries International is a Christ-centered, non-denominational ministry dedicated to upholding the authority of the Bible from the very first verse.

___________________________________________

From: Johan Kruger
Sent: 31 March 2014 09:22 PM
To: ebrits@dieburger.com
Cc: javdh@sun.ac.za; george.claassen@gmail.com; hcoetzee@dieburger.com
Subject: RE: Objektiewe beriggewing in DB oor interessante wetenskapkwessies!

Hi Elsabé,

Hoop dit gaan goed met jou.

Taamlik lank gelede dat ons laas eensydig gekommunikeer het (Des 2012).

Ek merk op dat jy onlangs lesers ingelig het oor ’n ‘keerpunt in kosmologie’, die nuus van die ‘eerste trillings van die oerknal’ wat kwansuis waargeneem is. Dit is met groot trompetgeskal oral bekend gestel, selfs sjampanje-bottels is ontkurk, en in sekere gange is die woord ‘Nobelprys’ seker selfs gefluister. As ingeligte kreasionis het Dr John Hartnett gou sy kant gebring oor probleme wat hy as gerekende astrofisikus reeds voorsien. Twyfel het daarna vining begin kop-uitsteek, met selfs Dr Lawrence Krauss wat saam met verskeie kollegas ’n stuiwer in die armbeurs gooi.

Lesers mag dalk vra ‘Is dit nie ’n goeie voorbeeld van wetenskap in werking nie?’ Met daardie gedagte op die tafel, wat ’n ideale geleentheid om jou lesers in te lig oor die jongste verwikkelinge, al is dit ook net ’n piepklein beriggie iewers weggesteek in die middel van die Burger en Volksblad. J

As gereelde leser van Die Burger (en jou berigte veral), gaan ek in die volgende paar dae die koerant met ’n arendsoog dophou!

Ek glo vas jy sal ons handievol plaaslike ‘kreasioniste’ beslis nie teleurstel nie.

Bestegroete,

Johan Kruger

Head of Ministry Outreach
Creation Ministries International (South Africa)
www.creation.com

‘2014—Exposing evolution’s fatal flaws!’ / ‘2014—Ontbloot evolusie se ernstige gebreke!’
See CMI’s Evolution’s Achilles’ Heels!

Creation ministry is a caring passion! To book an event with no speaking fees at your church—contact us today.
Creation Ministries International is a Christ-centered, non-denominational ministry dedicated to upholding the authority of the Bible from the very first verse.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui