Die Woord het en sal die toets van die tyd deurstaan

Kyk ook:

*******

Die Woord het en sal die toets van die tyd deurstaan | Netwerk24

Ernst Swanepoel, Wilropark

28 November 2022

Ek begryp nie hoe ds. Stefaan de Jager (“NG Kerk weer op ’n apartheid-roete”, 24.11) by Dr. Beyers Naudé begin en by LGBTQI+-vasgelooptheid uitkom nie? Naudé se deelname aan terrorisme destyds is verheilig deur die NG Kerk se “boetedoening” oor die “apartheidsverlede” – dis geskiedenis.

Die huidige leiers van die NG Kerk (NGK) verskuil hul ondersteuning van die LGBTQI+-waardestelsel teenoor die gereformeerde waardestelsel asof die anti-LGBTQI+-stem dieselfde sou wees as die “anti-apartheid”-stem van weleer. Die skrywer sinspeel nou daarop dat die pro-LGBTQI+-stem eintlik ’n “anti-apartheid”-stem is? En dan takel hy weer die verlede. Hoe nou?

Naudé is verheilig, apartheid is dood, dit is verlede tyd. Die oorname van die LGBTQI+-waardestelsel is huidig en gaan ons kerk se toekoms vorentoe verander. Skep die skrywer ’n alibi vir die NGK se algemene sinode om voort te gaan met hul transformasie van die kerk se waardestelsel of probeer hy sê ons moet “pasop” vir wat die Woord vandag aan ons sê, want in die toekoms kan iemand daarvoor ook “verskoning” moet vra?

Ek is nié ’n voorstander van die LGBTQI+-waardestelsel nie en het geen “bronne” ondersoek om my standpunt te ondersteun nie, anders as “man en vrou het Hy hulle geskape, en hulle sal één wees”, en “eer jou vader en moeder”, niks van “LGBTQI tot 62 het Hy hulle geskape” en “eer jou aangenome niebinêre ouers” nie. Die Woord hét die toets van die tyd deurstaan en sal ook in die toekoms.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui