2019 NGK besluit: Gendergeregtigheid

Kyk ook Henriëtta Klaasing se reaksie hierop in ‘Waarheen is NGK op pad met gendergeregtigheid?’ (5 Mei 2021)

*****

Op 8 Oktober 2019 neem die Algemene Sinode die volgende amptelike besluit oor Gendergeregtigheid[1]:

6.2.3.1 Die Algemene Sinode moedig kerkvergaderinge – in lyn met vorige besluite – aan om doelgerig moeite te doen met verteenwoordiging, beginnende reeds by kerkrade.

6.2.3.2 Die Algemene Sinode versoek gemeentes weereens – in lyn met vorige besluite – om vroue as kerkraadslede af te vaardig na sinodesittings.

6.2.3.3 Die Algemene Sinode gee opdrag aan die ASM om ’n Taakspan Gendergeregtigheid saam te stel, om verder aandag te gee aan sake van gendergeregtigheid, soos aanstellings- en arbeidspraktyke, taalgebruik, patriargale teologie, seksuele teistering en verteenwoordiging.

6.2.3.4 Die Algemene Sinode gee aan ATLAS en die ter stigte Gendergeregtigheidstaakspan opdrag om ’n hermeneutiese raamwerk te ontwikkel om patriargale tekste in ’n genderneutrale wêreld op ’n geldige en verantwoordelike wyse te lees.

6.2.3.5 Die Algemene Sinode besluit om met die Hervormde Kerk saam te werk in hierdie verband.

Voetnotas

[1] Besluit: Gendergeregtigheid (8 Okt 2019). Kyk ook die volledige verslag van die Moderamen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui