Span in Bloem ondersoek klag deur Johann Ernst

**********

Span in Bloem ondersoek klag deur Johann Ernst | Kerkbode

2 Maart 2021

’n Ondersoekliggaam saamgestel uit lidmate van die NG Kerk Vrystaat is besig met ’n ondersoek na aanleiding van klagtes wat dr Johan Ernst teen dr André Bartlett gelê het dat (Bartlett) die negende gebod sou oortree het.

“Ons glo (Kerkbode) sal verstaan dat ons ter wille van ál die persone betrokke en die billike verloop van die ondersoek met hierdie inligting volstaan (Reglement 22, punt 8.1.3),” het dr Bertus Celliers by navraag namens die ondersoekliggaam gesê.

Die ondersoek het in Desember begin, moes weens Covid-verwante redes twee keer uitgestel word, en word nou van 10-12 Maart 2021 in Bloemfontein voortgesit.

Bartlett is voorsitter van Hoëveld Si­node en Ernst ’n voormalige lid van die Algemene Sinode se mode­ratuur.

Volgens die bepalings in die tugreglement doen die ondersoekliggaam na afloop van die ondersoek aan die Ring van Johannesburg, die kerkraad van die Johannesburg-gemeente, die kurato­rium van Pretoria, die regskommissie van die Hoë­veld Sinode en die Algemene Taak­span Predikantesake verslag oor die bevindings wat gemaak is.

Die betrokke gebod lui: “Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui