Welkom by Bou-’n-God

Die volgende satiriese stukkie kom uit The Bad Fruit of Experiential “Theology” — Pirate Christian Media, 28:35. Dit beeld op baie komiese manier uit hoe mense vandag afgodsdiens beoefen.

Dit is ook op Youtube beskikbaar.

Die belaglikheid hiervan herinner aan Jesaja 44:9-20: (9)Dié wat afgodsbeelde maak, is self almal niks; die dierbare gode van hulle kan nie help nie. Dié wat vir hulle moet getuig, kan nie sien nie, kan nie verstaan nie; dié wat sulke gode het, word teleurgestel. (10)Wie maak nou ’n god, giet ’n beeld wat nie kan help nie! (11)Almal wat so ’n god aanhang, word teleurgestel: dit is gode wat deur mense gemaak is. Wanneer dié wat hulle aanhang, bymekaarkom vir ’n beslissing, staan hulle verbyster en verleë. (12)Die ystersmid vat ’n stuk gereedskap en werskaf in die gloeiende kole. Met hamers vorm hy die beeld, met sy gespierde arm maak hy die beeld: die smid eet nie en word swak, hy drink nie water nie en raak uitgeput.(13)Die ambagsman wat hout gebruik, meet met sy maatlyn en merk die beeld se buitelyne af. Hy bewerk hom met beitels en trek sy mate met ’n passer af. Hy maak hom in die vorm van ’n mens, ’n pragtige mens wat in ’n huis moet woon. (14)Die ambagsman kap vir hom seders af, of hy kies sipresse of eike en laat hulle groot word in die bos, of hy plant ’n lourierboom, en die reën laat dit groot word. (15)Dit dien as vuurmaakhout vir die mens; iemand vat daarvan en maak hom warm, of hy maak ’n vuur om brood te bak, of hy maak ’n god en aanbid dit, hy maak ’n beeld en buig daarvoor. (16)’n Deel van die hout verbrand hy: hy maak kos daarmee gaar, hy braai vleis en eet tot hy genoeg het; hy maak hom ook warm en sê: “Dis lekker! Ek is warm, ek geniet die vuur!” (17)Van die hout wat oorbly, maak hy ’n god, ’n beeld, hy buig voor hom en aanbid hom, hy bid tot hom en sê: “Red my, want jy is my god!” (18)Sulke mense weet nie wat hulle doen nie, hulle het nie insig nie, hulle oë is toegepleister, hulle sien nie, niks dring tot hulle verstand deur nie. (19)Hulle kom nie tot besinning nie, hulle het te min kennis en verstand om te sê: “’n Gedeelte van die hout het ek verbrand, ek het op die kole kos gaar gemaak, ek het vleis gebraai en geëet, en moet ek nou van wat oor is ’n afskuwelike afgod maak, moet ek voor ’n stuk hout buig?” (20)Iemand wat hom met as besig hou, laat hom mislei deur sy eie verdraaide opvattings. Hy kan homself nie red nie, hy vra homself nie af: “Is dit nie ’n leuen waarmee ek my besig hou nie?”

Hier volg ’n vertaling in Afrikaans:

Welkom by Bou-‘n-God. Hoe kan ek jou help?

Hallo. Ek het ’n Bou-‘n-God-sertifikaat vir my verjaardag ontvang, so ek is hier om my eie godheid te bou.

O, dit moet vir jou so opwindend wees!

Dit is regtig so.

Beware of manufacturing a God of your own: a God who is all mercy, but not just; a God who is all love, but not holy; a God who has a heaven for everybody, but a hell for none; a God who can allow good and bad to be side by side in time, but will make no distinction between good and bad in eternity. Such a God is an idol of your own, as truly an idol as any snake or crocodile in an Egyptian temple. The hands of your own fancy and sentimentality have made him. He is not the God of the Bible, and beside the God of the Bible there is no God at all. ~ JC Ryle

Goed, kom ons begin. Die eerste ding wat ons moet doen, is om te bepaal of jou god manlik of vroulik of uniseks is.

Mans is in elk geval varke. Sy moet vroulik wees.

Goeie keuse! Nou moet ons ’n paar eienskappe vir jou godin kies.

Wat verskaf julle?

Hoe wil jy hê moet sy wees: goedhartig, liefdevol, medelydend, regverdig, kwaad, regverdig, toornig?

Die godin waarin ek glo, sal net liefdevol en goedhartig wees.

Perfek! Is daar enige sonde waarvan jou godin nie hou nie?

Sonde?

Jy weet, dinge soos lieg, bedrieg, steel, moord, homoseksualiteit.

Wel, ek wil beslis hê dat my godin gay bevestigend moet wees. En sonde voel net so negatief. Ek is ’n goeie mens en ek dink dat my godin ook sal dink dat almal goed is.

O, wonderlik. Jou godin vorder pragtig. Nou kom ons by die moeilike vrae: Bied jou godin ’n hiernamaals?

Ja! My godin sal almal hemel toe laat gaan, behalwe vir Hitler, Genghis Khan en my hopelose gewese kêrel.

O uitstekend! Uitstekend! Nou vir die laaste stap. Wat wil jy jou godin noem?

Mmmm… Ek dink ek gaan haar Jesus noem.

O wonderlik! Dit is wat almal hulle god noem.

Welcome to Build-a-God

Welcome to Build-a-God. How can I help you?

Hallo. I have received a Build-a-God certificate for my birthday, so I am here to build my own deity.

O, this has got to be so exiting for you!

It really is.

OK, let’s get started. The first thing we have to do is to determine whether your god is male of female or unisex.

Men are pigs anyway. She has to be female.

Great choice! Now we have to select some of the attributes of your goddess.

What do you provide?

Do you want her to be kind, loving, compassionate, just, angry, righteous, wrathful…

The goddess I believe in would only be loving and kind.

Perfect! Now, is there any kind of sin that needs tending to by your goddess?

Sin?

You know, things like lying, cheating, stealing, murder, homosexuality.

Well, I definitely want my goddess to be gay affirmative. And sin itself just feel so negative. I am a good person and I think my goddess would think everyone else is too.

O, wonderful. Your goddess is coming along beautifully. Now we have to come to the difficult questions: Does your goddess offer an afterlife?

Yes! My goddess would let everybody go to heaven, except for Hitler, Genghis Khan and my good for nothing ex boyfriend.

O excellent! Excellent! Now for the final step. You have to name your goddess.

Mmmm… I think I am going to name her Jesus.

O wonderful! That is what everyone names their god.

2 thoughts on “Welkom by Bou-’n-God”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui