Rick Warren – dwaalleraar?

Toe ek die eerste keer gehoor het dat iemand dink dat Rick Warren nie op die regte pad was nie, het ek dit nie geglo nie. Ons kerk het sy boek, Doelgerigte Lewe (of Purpose Driven Life), behandel en dit was tot groot seën vir die gemeente. Daar was egter ’n vrou wat van die kerkraad bedank het omdat ons sy boek behandel het. Ek het haar gaan besoek om te hoor hoekom sy dink dat Rick Warren nie op die regte pad was nie. Sy het egter nie goeie argumente gehad nie en kon nie probleme in die boek uitwys nie. Sy het genoem van ander mense wat ook so sê, maar ek het gedink dat professionele jaloesie ’n rol gespeel het in sommige se uitlatings.

As medeskrywer van die boek, Die Trojaanse Perd in die NG Kerk, was ek geskok om te sien wat ’n medeskrywer van Rick Warren geskryf het. Intussen het ek ook op youtube.com video’s gesien waar mense hom ook ’n wolf in skaapsklere noem.

My pa het toe vir my Warren se boek, God’s Answers to Life’s Difficult Questions, gekoop. Ook daarin kon ek niks vind wat Warren verkeerd sê nie. Wat my bekommerd maak is dat daar soveel beskuldigings is, maar min verweer/ontkenning van Warren se kant af (ek het dieselfde bekommernis oor Bill Hybels ook – baie gerugte, maar geen verweer van sy kant af nie). Nog ’n bekommernis is die aanklag dat Warren betrokke is by die sogenaamde “Chrislam”. Dit is ’n tipe samewerking tussen Christene en Moslems: ChristianIslam. Die volgende skakels gee meer inligting daaroor en ook oor ander dinge waarmee Warren blykbaar besig is:

 

Chrislam Starts To Spread In America

 

Rick Warren Does Not Embrace Chrislam, Say Pastors
In hierdie artikel ontken Rick Warren en ander wel dat hy Chrislam ondersteun.

 

Rick Warren and Chrislam

 

RICK WARREN INTRODUCES “THE DEVIL PLAN” – By Marsha West

 

 

The Global Ambition of Rick Warren (berig in Time tydskrif)

 

Rick Warren: Daniel’s Plan, or Devil’s Plan?

 

Weighed and Found Wanting: Rick Warren’s Daniel Plan

 

Youtube video’s:

  • Pastor Rick Warren’s Lie
  • Rick Warren Exposed
  • Rick Warren False Peace And The Antichrist Agenda
  • Rick Warren Says SKIP Sections in His Book About Salvation
  • Rick Warren Tells Us How to Get to Heaven
  • Rick Warren Twisting Scripture (WOTMR) [deel 1 en 2]
  • Warren’s Gospel

 

**********************

Dit is dinge wat my baie bekommerd maak van Warren. Daar is vir my net te veel aanklagtes – te veel rokies (en waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie.) Mag al hierdie aanklagtes verkeerd wees, ook die aanklagtes teen Bill Hybels.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui