Rassisme, seksisme, godsisme

Kyk die artikels in die “Kyk ook”-blok hierbo.

*******

Rassisme, seksisme, godsisme | Netwerk24

Amos van der Westhuizen, Bfn

11 Oktober 2022

Rassisme oortuig jou jou ras is meerderwaardig teenoor ander. So is seksisme die oortuiging van meerderwaardigheid gegrond op gender.

Elke godsdiens is godsisties; mense wat ’n godsdiens beoefen, glo gewoonlik hulle s’n is die enigste ware een en hulle gaan ewige saligheid verwerf en dié daarbuite is ewig verdoem. Dis erger as om net ’n bietjie meerderwaardig te voel. Godsdiensvryheid word in die Grondwet gewaarborg.

Dit is dus wettig om so te dink. Houdings kan nie deur wetgewing gereguleer word nie. Mense het die reg om hierdie houdings te handhaaf en selfs volgens hierdie subjektiewe (voor-) oordeel hul reg op vryheid van assosiasie uit te oefen. Hulle kan vriende, liefdes- of lewensmaats kies volgens hierdie houding.

Dis wat dit beteken om ’n outonome subjek te wees.

Daarsonder word ons geobjektiveer: ’n willose objek beskikbaar vir iemand anders se ge- of misbruik. In ons private lewe kan ons dus hierdie maatstawwe gebruik in ons keuses. Begin ons dit wel in die openbaar (die werkplek, skool of universiteit of staatsdiens) uitleef, lei dit tot onregverdige diskriminasie.

Daar word objektiwiteit van ons verwag. As hierdie voorkeure openbaar bevorder word, kom dit dikwels neer op haatspraak. Ons het die beginsel deeglik onder die knie sover dit rassisme en seksisme betref. Bedreig of beledig iemand op grond daarvan en verwag moeilikheid. Godsisme kon ons nog nie lekker kleinkry nie. Mense maak in die openbaar, in die media, brieweblaaie godsdienstige uitsprake met die implikasie: Die feit dat ek dit in my god se naam sê, beteken ek is reg en jy, wat van my verskil, is verdoem. Op sosiale media dreig godsistiese mense selfs ander met hul god se hel.

Admins van sosialemediagroepe en redakteurs van publikasies en programme wat rassisme en seksisme kan uitsnuffel en wegredigeer, laat naakte godsisme deur sonder om twee keer daaroor te dink. Dalk het hulle nog nooit daarvan gehoor nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui