Hoe gaan ons Suid-Afrika van ondergang red?

*******

Hoe gaan ons Suid-Afrika van ondergang red? | Netwerk24

Anda Le Roux, Bloemfontein

Volksblad, 10 Oktober 2022

’n Predikant vra in ’n erediens: “As Jesus Suid-Afrika vandag sou besoek, wat dink u sou Hy heel eerste doen?” Die antwoord uit verskillende rigtings: “Hy sal Sy kerk skoonmaak/reinig.” Dit was ’n wonderlike getuienis van ’n gemeente wat, midde in die woelinge in die NGK, wagtend is op die vuur om gereinig en genees te word.

Die gebroke Suid-Afrika wag ook om gereinig/genees te word. Volgens teoloë is daar vier sterk kragte in samelewings om weerstand teen agteruitgang te bied: Die gewete is ’n kragtige instrument teen verval. Dit lyk egter of moraal by baie burgers ontbreek. Misdaad en korrupsie is aan die orde van die dag. Psigopate is oral doenig – mense wat totaal blind vir hul foute is en hul gewete doodsmoor;)

Die gesinslewe. Dit stort egter ineen en ’n groot persentasie kinders word alleen groot. Sonder inskerping van waardes en norme word hulle bandelose, verwilderde kinders. Dit lei tot die ontploffing van euwels en uiteindelik tot nihilisme – die ineenstorting van die samelewing;) Aardse regerings word deur God ingestel om wet en orde te handhaaf en die kwaad uit te roei. Ongelukkig voel gewone burgers in SA weens swak regering glad nie meer veilig nie, want misdadigers floreer en is in beheer van talle noodsaaklike instansies en instellings; en) Daar is een krag wat geen samelewing ooit sal faal nie, en dit is die ware Kerk van Christus.

Sy wedergebore kinders is vervul met die krag van die Heilige Gees. Dié mense soek verdwaaldes en hef hulle op, sodat hul lewens verander en nuut word wanneer hulle Christus as Verlosser aanneem. Vele faktore, waaronder die huidige verdeeldheid in die kerk, staan egter hierdie werk teë.

In ’n vorige sensusopname het 80% van SA se burgers aangetoon dat hulle Christene is, maar die verwoesting, korrupsie, moord, verkragting, onsedelikheid en dies meer wat hier plaasvind, dui geensins op Geesvervulde gedrag nie. Dit toon eerder dat die krag van God ontbreek; dat mense se gewetens nie funksioneer nie; dat baie huisgesinne verskeurd/disfunksioneel is en dat die regering nie daarin slaag om wet en orde te handhaaf nie.

Die genoemde kragte is dus wanfunksionerend om die agteruitgang te stuit.

Hoe en deur middel waarvan gaan ons SA genees en van totale ondergang red?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui