Perspektief

Maak my nie groot nie, Here
maar laat my u grootheid sien
en weet hoe klein ek is.

Maak my nie slim nie
maar laat my u wysheid sien
en weet hoe min ek weet.

Bring my nie op hoë plekke
vanwaar ek op ander neerkyk nie
maar laat my u voete sien
as ek buig
en weet
dat my voete van klei is.

En as iemand in my
U lig sien
laat my onthou waarvandaan ek kom
en Wie my daar gaan haal het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui