Carl Wieland verduidelik operasionele en historiese wetenskap

Kyk ook:

(For the english version, click here.)

Carl Wieland het die volgende gesê tydens die “Rise against atheism” konferensie in Melbourne, Australië op 14 Maart 2010, wat die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap baie mooi verduidelik:

As ons omring is deur al hierdie getuienis in die rotse en die fossiele en die wêreld van die biologie, en molekulêre biologie en so aan, hoekom is dit dat jy hierdie duidelike toename in ateïsme waarneem en die oorheersing van die mikrofoon in ons samelewing deur die evolusionêre geloofsoortuiging? Ek dink dit het baie te doen met ’n misverstand in die wetenskap oor wat “getuienis” beteken. Mense praat oor getuienis asof dit dieselfde as bewyse is. Mense sê: “Jy sê dat daar geen getuienis vir evolusie is nie?” Ja, daar is getuienis vir evolusie, maar daar is ook getuienis vir die skepping. Wat is die verskil? Wel, dit is dieselfde getuienis. Ons het almal dieselfde getuienis, dieselfde rotse, dieselfde fossiele, dieselfde natuurlike seleksie, dieselfde mutasie. Dit is net hóé ons daardie getuienis interpreteer.

Daar is twee verskillende soorte wetenskap wat op die spel is: jy het operasionele wetenskap of eksperimentele wetenskap wat die soort van wetenskap is wat in staat was om vuurpyle na die maan te stuur en al hierdie elektronika te maak wat ons saam met ons dra [selfone, i-pods, i-pad, ens], en so aan. Dit het te doen met die uitvoering van eksperimente, om na iets te kyk wat oor en oor gebeur. As ek vir jou sê dat as ek hierdie ding gaan laat val, sal dit val teen ’n versnelling van soveel [9.81] meter per sekonde kwadraat. As jy my nie wil glo nie, wat kan jy doen? Toets dit self. Doen dit oor en oor as jy wil. Maar as ek jou vertel dat sommige reptiele 150 miljoen jaar gelede in voëls verander het óf as ek jou vertel dat God 6000 jaar gelede verskillende soorte voëls en reptiele geskep het, watter eksperiment wat jy kan doen om hierdie idees vir eens en vir altyd uit te toets? Absoluut niks! Jy kan nie die verlede herhaal of daarna terugkyk nie. Beteken dit dan dat daar geen manier is om wetenskaplik na die verlede te kyk nie? Natuurlik is daar, maar daarvoor volg jy ’n ander benadering; ’n ander soort van die wetenskap, as jy wil; die sogenaamde historiese of forensiese wetenskap: soos argeologie of CSI op die TV. CSI is egter verkeerd oor een ding: hulle hou aan sê dat die getuienis vanself spreek, maar getuienis praat nie vanself nie, … getuienis moet altyd geïnterpreteer word. Daar is altyd baie verskillende wie-het-wat-gedoen, baie maniere om dieselfde getuienis te interpreteer. Die wetenskapsfilosowe is deeglik bewus hiervan, om die waarheid te sê, slegs ’n paar jaar gelede het ’n vooraanstaande Australiese wetenskapsopvoeder die volgende opmerking gemaak: “Die Genesisverslag van die skepping, mag dalk selfs die regte een wees, maar daar is geen manier waarop die wetenskap dit kan bewys of weerlê nie en die skeppingsleerders weet dit.” Dit behoort ons te help om te verstaan wat die probleem werklik is. Dit gaan in wese oor jou geloofsoortuiging wat die fondament lê van die raamwerke waarbinne jy getuienis interpreteer.

**********

Carl Wieland said the following during the “Rise against atheism” conference in Melbourne, Australia on 14 March 2010 which explains the difference between operational science and historical science very well:

If we are surrounded by all this evidence in the rocks and the fossils and the world of biology, molecular biology and so on, why is it that you can have this confident rise in atheism and this dominance of the microphone in our society by this evolutionary believe system? I think it has got a lot to do with a misunderstanding of science, of what evidence is all about. People talk about evidence as if it were the same as proof. People say: “You tell us there is no evidence of evolution?” Yes, there ís evidence for evolution. Ah, but there is evidence for creation [as well]. What’s the difference? Well, it is the same evidence. We all have the same evidence, the same rocks, the same fossils, the same natural selection, the same mutation. It’s just hów we interpret that evidence.

There is two different sorts of science that are at stake here: you’ve got operational science or experimental science which is the sort of science that was able to send rockets to the moon and make all these gadgets that we carry around with us, and things like this. That has got to do with doing experiments, watching something happening over and over again. If I said to you when I let this go, it will go down at an acceleration of so many [9.81] meters per second squared and if you don’t want to believe me, what can you do? Check it out for yourself. Do it over and over again if you want. But if I tell you that 150 million years ago some reptiles turned into birds ór if I tell you that 6000 years ago God created separate kinds of birds and reptiles, what experiment could you do to test either of those ideas out, once and for all? Precisely nothing! You can’t repeat or observe the past. Does that mean there is no way to scientifically look at the past? Of course there is, but it is a different approach, a different sort of science if you like, called historical or forensic science, like archaeology or CSI on the TV. Although of course CSI is wrong about one thing: they keep saying that the evidence speaks for itself, but the evidence doesn’t speak for itself, … evidence always has to be interpreted. There is always many different who-done-it’s, many ways to interpret the same evidence. The philosophers of science are well aware of that; in fact, just a few years ago, a prominent Australian science educator made this comment – he said: “The Genesis account of creation may even be the correct one, but there is no way science can proof or disprove that and the creationists know it.” And that should help us understand what this issue is all about. It is really about believe systems that underlie the frameworks within which you interpret the evidence.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui