Merneptah stele

Die Merneptah stele, ook bekend as die Israel stele, verteenwoordig die vroegste tekstuele verwysing na Israel en die enigste verwysing uit antieke Egipte. Dit is ‘n monument wat opgerig is deur Merneptah, seun van Rameses II van Egipte.

‘n Stele is ‘n regop, plat pilaar of steen met meestal inskripsies of ‘n ontwerp daarop.

Die stele is ná Rameses se dood opgerig en verwys na “Israel” as ‘n nasie, ‘n politiese entiteit. Dit is belangrik omdat dit wys dat Rameses II nie die farao van die Eksodus kon wees nie, omdat hy geleef het toe Israel reeds in Kanaän gevestig moes wees. Dit het egter eers ten minste 40 jaar na die uittog plaasgevind.

Die stele verwys na Israel as verwoes: “Israel is verwoes. Sy saad is nie meer nie.”

Dit kan dus wees dat Rameses II, koning Sisak was waarvan ons lees in 2 Kronieke 12:4.

Hierdie is belangrik om te wys dat die datering wat aanvaar word vir die Eksodus verkeerd is en dat dit die rede is hoekom argeoloë nie bewyse vir die Eksodus kry nie – hulle soek in die verkeerde tyd.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui