Josef

Bybel: Genesis 30:24 – Genesis 50

Josef was die eerste seun van Jakob by sy vrou, Ragel. Voor Josef gebore was, het Jakob 10 ander seuns en ‘n dogter gehad by sy vrou, Lea. Josef was dus Jakob se 11de seun (tweede jongste).

Jakob was liewer vir Ragel as vir Lea en het daarom vir Josef voorgetrek. Hy het vir hom ‘n kleurvolle mantel laat maak. Dit, tesame met Josef te drome, het sy ouer broers jaloers gemaak en het Josef as ‘n slaaf verkoop. Hy was 17 jaar oud (Gen 37:2).

In Egipte is Josef aan Potifar verkoop. God het om baie geseën en voorspoedig gemaak. Potifar se vrou het hom egter probeer verlei en toe hy nie daarvoor val nie, het sy hom daarvan beskuldig dat hy haar wou aanrand. Dit het gemaak dat hy in die tronk beland het.

In die tronk het hy die drome van die farao se skinker en bakker uitgelê. Die skinker is weer in sy pos aangestel en die bakker doodgemaak, soos Josef voorspel het.

Twee jaar na die skinker uit die tronk vrygelaat is, het die farao ‘n droom gehad van sewe vet koeie wat deur sewe maer koeie opgevreet word, maar hy het nie die droom verstaan nie. Die skinker het die farao van Josef vertel. Josef het die droom uitgelê: die sewe vet koeie het verwys na sewe vrugbare jare en die sewe maer koeie na sewe jaar van droogte en hongersnood. Die farao het besef dat Josef wysheid het en om tweede in bevel gemaak onder die farao self. Josef was 30 jaar oud (Gen 41:46).

In die eerste jaar van hongersnood het Jakob sy seuns na Egipte gestuur om koring te koop. Die broers het nie vir Josef herken nie en hy het ook nie vir hulle gesê wie hy is nie. Hy het Simeon in die tronk gesit totdat hulle Benjamin na Egipte gebring het.

In die tweede jaar van hongersnood het die broers weer koring kom koop. Hierdie keer het hulle vir Benjamin saamgebring. Na ‘n hele paar insidente het Josef homself aan sy broers bekend gemaak en gesê dat hulle Egipte toe moes trek. Hulle het hulself in die land Gosen gaan vestig. Jakob was 130 jaar oud en Josef was 30+7+2 = 39 jaar oud (Gen 47:9).

Josef het twee seuns gehad: Manasse en Efraim (Gen 46:20).

Toe Jakob sy kinders geseën het, het hy sy arms gekruis en sy regterhand op Efraim (die jongste) gesit en sy linkerhand op Manasse (Gen 48:13-14, 17-19)

Hy was 110 jaar oud toe hy gesterf het (Gen 50:26)

Josef se tydlyn

Die datums (vC) is volgens The Annals of the World (James Usser) en neem aan dat Josef gebore is nadat Jakob 14 jaar vir Laban gewerk het.

Beskrywing Nota Josef vC
Josef word gebore nadat Jakob sy 14 jaar by Laban gewerk het en nadat Lea al haar kinders gekry het. Josef was dus die tweede jongste van die 12 seuns. Gen 30:25 0 1745
Jabob vlug van Laban nadat hy 14+6=20 jaar vir hom gewerk het. Gen 31:38-41 6 1739
Josef word verkoop toe hy 17 was. Gen 37:2 17 1728
Die skinker word uit die tronk vrygelaat en die bakker word doodgemaak. Dit is twee jaar voor die farao se droom gehad het wat die sewe goeie jare en die sewe maer jare voorspel het. Gen 41:1 28 1717
Isak sterf toe hy 180 jaar oud was. Isak was 60 toe Jakob gebore was (Gen 25:26). Dus is Jakob 180-60=120 jaar oud. Jakob en Josef verskil met 91 jaar (kyk onder). Dus is Josef 120-91=29 Gen 35:28 29 1716
Josef was 30 jaar oud toe hy in diens van die farao getree het. Gen 41:46 30 1715
Eerste jaar van droogte is die agtste jaar dat Josef in diens van farao was. Josef is dus 30+7+1=38 jaar oud. Josef sien weer sy broers. Hy vra om Benjamin saam te bring en hou intussen vir Simeon in die tronk. 38 1707
Tweede jaar van droogte. Jakob trek na Egipte en sê vir die farao dat hy 130 jaar oud is. Josef is 30+7+2=39 jaar oud. Jakob en Josef verskil dus 130-39=91 jaar. Gen 47:9 39 1706
Jakob sterf toe hy 147 jaar oud is. Josef is dus 147-91=56 jaar oud. Gen 47:28 56 1689
Josef sterf op ‘n ouderdom van 110 jaar. Gen 50:22,26 110 1635

Josef se kanaal

Josef se kanaal, of Bahr Yussef, is ‘n kanaal wat die Nylrivier met Fayyum in Egipte verbind. Dit is hoogs waarskynlik na Josef, seun van Jakob vernoem weens dit wat hy vir die farao in Egipte gedoen het.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui