Mislukking?

Kyk ook:

Die volgende nuusbrief is in Februarie 2001 deur Jan Louw geskryf en gestuur aan sy wykslidmate.

**************

’n Baie voorspoedige nuwe jaar word julle almal toegewens, of soos hulle sê: vir wat daarvan oor is!

Almal moet maar weer in die nuwe jaar die drade van 2000 begin optel. By baie van ons is daar seker heelwat drade van die breiwerk wat geval het. Baie het dalk mislukking ervaar en nie reggekry wat jy beoog het nie. Jy moet maar weer begin en weer probeer.

Ek het ervaar dat slegte ervarings ’n skok is vir jou selfbeeld. Sukses gee vir jou vertroue, maar ons het nie altyd sukses nie. Dinge soos siekte, ’n inbraak, ’n motorongeluk, ’n mislukking in jou of jou kind se eksamens, finansiële verliese, bevordering wat jy nie gekry het nie, is alles dinge wat nie sommer net in jou klere gaan sit nie. Dit neem tyd om sulke dinge te verwerk, en weer stabiliteit te bereik.

Dit is natuurlik net die Here wat ons deur al ons ervarings dra en bemoedig, maar ek heg op die agterblad ’n stukkie wysheid vir julle aan wat ek vertrou vir julle waarde sal hê, soos dit vir my waarde het. Dit sê vir my daar is verskillende maniere om na mislukkings te kyk. As ’n mens ’n verkeerdie uitkyk op jou mislukkings ontwikkel, het dit ’n slegte effek op jou lewe. Die regte uitkyk kan egter meebring dat jou mislukkings van jou ’n beter, waardevoller mens maak.

Mag die Here die jaar 2001 vir julle almal ’n “Jaar van Hoop” maak, soos ons jaartema aandui.

Jan Louw.

Mislukking?

Mislukking beteken nie:

  • Ek is ’n mislukking nie.
  • Ek het niks bereik nie.
  • Ek was ’n dwaas nie.
  • Ek is verneder nie.
  • Ek nie daartoe in staat nie.
  • Ek is minderwaardig nie.
  • Ek het my lewe opgemors nie.
  • Ek behoort tou op te gooi nie,
  • Ek sal dit nooit maak nie.
  • God het my verlaat nie.

Mislukking beteken net:

  • Ek was nie suksesvol nie.
  • Ek het iets geleer.
  • Ek het baie geloof gehad.
  • Ek was gewillig om te probeer.
  • Ek moet dit op ’n ander manier aanpak.
  • Ek is nie volmaak nie.
  • Ek het rede om van vooraf te begin.
  • Ek moet weer probeer.
  • Dit sal ’n bietjie meer tyd neem.
  • God wil my iets

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui