Kyk ook:
Deur Daniel Louw
23 Junie 2025
Daar is drie dinge wat met ‘n “r” begin wat al tot die ondergang van baie mans gelei het:
- Rok
- Roem
- Rykdom
1 Rok
In die Bybel lees ons hoe Dawid se buite-egtelike verhouding met Batseba sy goeie reputasie geruïneer het (2 Samuel 11-12). Alhoewel Dawid berou getoon het, het hierdie insident reuse implikasies gehad. In 2 Samuel 12:10-12 sê die profeet Natan:
(10)“Daarom sal die swaard nou nooit meer uit jou huis weggaan nie, want jy het My geminag toe jy Urija die Hetiet se vrou vir jou gevat het. (11)“So sê die Here: Van nou af gaan Ek uit jou eie huis ellende oor jou bring. Ek sal jou vrouens voor jou oë vat en aan iemand anders gee. Hy sal by jou vrouens slaap oop en bloot, (12)want jy het ‘n ding in die geheim gedoen, maar Ek sal alles oop en bloot voor die hele Israel doen.”
Dawid se huis het geweld, verraad en morele verval beleef:
- Dawid en Batseba se eerste seun het gesterf kort nadat hy gebore is.
- Amnon, een van sy seuns, het sy halfsuster Tamar verkrag.
- Absalom, Tamar se volle broer, het Amnon vermoor uit wraak.
- Absalom het later ‘n revolusie teen Dawid gelei en probeer om die troon oor te neem. Absalom het onder andere ‘n tent op die dak opgeslaan, sodat hy voor die oë van die hele Israel by sy pa se byvrouens kon gaan slaap (2 Sam 16:22). Dit was waarskynlik ‘n uitvloeisel van die voorspelling in 2 Samuel 12:11.
- Dawid moes uit Jerusalem vlug, en die koninkryk was amper verwoes.
- Absalom is later gedood, wat vir Dawid groot hartseer veroorsaak het.
Vandag is daar nog baie voorbeelde waar buite-egtelike verhoudings lewens verwoes het.
2 Roem
Die volgende is voorbeelde van mense wat tot ‘n val gekom het omdat hulle roem nagejaag het:
Lucifer / Satan
Volgens Esegiël 28:17 het Satan tot ‘n val gekom omdat hy hooghartig geword het.
Saul
Toe Samuel nie opdaag om die offer te bring nie, het Saul dit self gedoen (1 Sam 13:10).
Kort nadat Saul die Here se opdrag om Amalek dood te maak, verontagsaam het, het hy vir homself ‘n gedenkteken opgerig (1 Sam 15:12).
Nebukadnesar
Soos Saul het Nebukadnesar ook vir hom ‘n beeld opgerig waarvoor die mense moes buig (Dan 3). Hy het egter nie sy les geleer nie. God moet hom op die ou einde vir sewe jaar soos ‘n dier laat leef in die veld omdat hy hoogmoedig geword het (Dan 4:28-37).
Haman
In Ester 3 tot 7 lees ons hoe Haman gesmag het na roem. Dit het tot sy eie dood gelei.
Herodes Agrippa I
In Handelinge 12:21-23 lees ons dat Herodes ‘n toespraak gelewer het. (22)Die mense het toe geskreeu: “Dit is ‘n god wat praat, nie ‘n mens nie!” (23)Op daardie selfde oomblik het ‘n engel van die Here hom getref, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie. Herodes is deur wurms verteer, en het gesterwe.
Vandag is daar baie gesinne wat ‘n afwesige pa het omdat hy besig is om roem by die werk na te jaag.
3 Rykdom
Die volgende mense in die Bybel het tot ‘n val gekom omdat hulle rykdom nagejaag het:
Akan
Akan het van die buit vir homself gevat toe die Israeliete Jerigo ingeneem het. Akan en sy mense is met klippe doodgegooi en verbrand. (Josua 7)
Gehasi
Nadat Elisa vir Naäman gesond gemaak het, het Naäman vir om geskenke aangebied. Elisa het egter geweier om dit te neem. Gehasi, Elisa se dienaar, het egter vir Naäman agterna gesit en vir homself geld en klere gevat. Hy is met melaatsheid getref. (2 Konings 5)
Judas Iskariot
Judas het Jesus verraai vir 30 silwer muntstukke. Hy het berou gekry en selfmoord gepleeg. (Matteus 26:14-16; Matteus 27:3-5)
Ananias en Saffira
Ananias en Saffira het voorgegee dat hulle die volle opbrengs van die verkoop van hulle eiendom aan die kerk gee het, maar in werklikheid het hulle ‘n gedeelte teruggehou. Beide is deur God dood neergeslaan. (Handelinge 5:1-11)
Net soos die najaag van roem afwesige pa’s skep, skep die najaag van rykdom afwesige pa’s met baie negatiewe gevolge vir die gesin.
ROK, ROEM, RYKDOM. -‘n insiggewende vermenging in woorde, en in ‘n spesifieke konteks onlaasmaaklik met mekaar verbind. Laat mens aan Esegiël 23 dink ook.
Dié 3 terme herinner my o.a. aan 2 spesifieke drome in baie, baiie 👎☠😡👻👹🤡 omstandighede, waar GOD my laat droom het oor ménse, want dié wat mens dìnk jy kén goed (en vertrou), het sélf soms diepgewortelde “issues”, maar sal alles “gaslight” na ánder, maar tog meesterlik ‘n klein sondetjie hier en daar nou nié “gaslighr” nie, en dit erken, en dan eintlik ‘n geweldige front voorhou en sélf soos ‘n moderne Jezebel optree, of soos hierbo deur Daniël genoem, maar ons is só “teologies geprogrammeerd” oor dekades heen deur LOU prediking, dat mens se 🧠 in sy natuurlike, dit nie wil snap nie Tensy GOD intreë:
1. Droom in 2024 van Albert Mohler (SBTS) en sy vrou, en John Macarthur (bekende prediker) in 🇺🇸. Daar is maar mín “lig” in 🇺🇸. Déél daarvan, het baie met vroue leraars te doen. Mohler was OPREG in die droom.. Vroue leraars/pastore, het ‘n diep, diep probleem met hulself….en hul manne óók….en sal “gaslight” na ánder, met die Bybel onder die arm.
2. ‘N Droom in die Voorportaal van MITTAL STEEL in 🇿🇦 Vanderbijlpark se Hoofgebou (2017, 2018, 2019?) met 4 Vroue in my droom, een van hul in die HR Departement in ‘n topposisi, en 3 vroue familie lede wat ek goed ken.. En al 4 se harte KLIPSTEENHARD.
In geen detail sal ek ingaan, maar Hebreërs 4: 12-13, openbaar ALLE mense se harte, hetsy NG of AGS of VEK of antagonisties of oud=nuwe Apostel, of wat ookal, hetsy gedoop – groot of klein – of nie, of jy in tale praat of nie, ensomeer. Maar VROUE SELF sit met die ROK ROEM RYKDOM probleem op vele kognitiewe vlakke, selfs letterlik. Ook klipsteenharde denke…so hard soos ‘n rots. Maar die ROTS van alle EEUE, is vér meer instaat om dié 4 vroue 🌏🌎🌍 toe te bring vanaf hul “my🧠trone”….
En so pas onthou ek van ‘n “open vision” in 2015 van ‘n AGS kerk en ‘n onafhanklike pinksterkerk (in 2013) – waaraan mìn geglo het in alle geval tóé. Maar dit was vreeslik. Die AGS was net soos PUTIN en ZUMA en LAKSHMI MITTAL en BARACK OBAMA en die ánder een, was NET SOOS die Moeder Maria beeld van die Rooms-Katolieke Kerk, die Hindoe-godin met baie hande, ‘n naak man op die kruis (allesbehalwe Christus), ‘n houtkruus SONDER Christus as Offer daarop, en voor ‘n Toegemesselde Rotsopening( soos’n Christus wat nooit waarlik”opgestaan” het nie – of hul wág nog daarvoor….).
Dink dit was hùl woorde oor my….maar GOD is nie doof of blind nie….. En vreemd, was daar genesings, tale spraak, uitleg, profesieë, doop, liefdadigheidsaksiea, ens….En hul 🧠 hul is 🧠 is 👍? Wat SÊ die Bybel?
WIE beoefen die “Gawes van die Gees” wáárlik? Ek dink…daar is ‘n HOOGMOED en TROTS probleem….maar net soos die ánder kerke….
As mens nie hoogmoed en trots by sélf éérs begin soek nie, sal jy misleid wees IN ALLES WAT JY DOEN.