Leer Bybelse Grieks met “Greek 4 Leeks”

Greek4leeks logoDie selfoon toepassing (of “toep” in kort), “Greek 4 leeks” stel jou in staat om die Griekse woorde in die Nuwe Testament vinnig te leer.

Die oorspronklike grondteks van die Nuwe Testament is in Grieks geskryf, meer spesifiek, Koine Grieks.

Met behulp van tegnologie het dit baie meer toeganklik geraak om hierdie Grieks te leer.

Hoe om die toep te gebruik:

  1. Kies die woordfrekwensiegroep met die skuifknoppie. Die woordfrekwensie is die hoeveelheid keer wat elke Griekse woord in die Griekse Nuwe Testament voorkom.
  2. Jy kan op vier verskillende maniere die volgende woord sien:
    1. Druk die “καινός” knoppie druk, wat “nuut” beteken
    2. Druk die regs pyltjie
    3. Vee (“swipe”) na links
    4. Skud jou foon
  3. Om die woorde te hersien wat jy in die frekwensiegroep geleer het gedurende jou sessie, kan jy die terugpyltjie druk (links) of na regs vee (“swipe”).
  4. Die vorentoe pyltjie (regs) gaan na die volgende woord toe of vertoon ’n nuwe woord. Dit kan ook gedoen word deur na links te vee (“swipe”).

Greek 4 Leeks, bied ‘n lys van 5393 Bybelse Koine Griekse terme gebaseer op die lêer wat deur Bill Mounce beskikbaar gemaak is op Teach Yourself Biblical Greek: Memorize the Vocabulary of the Greek New Testament. Die toep ontgin die sintaktiese klassifikasie en die woordfrekwensies wat deur Bill Mounce verskaf is om aan die Bybelliefhebber ’n toep te verskaf wat die leer van Bybelse Grieks vergemaklik.

Die toep veronderstel dat jy reeds bekend is met die Griekse alfabet en ten minste Grieks kan lees.

’n Opdatering wat die uitspraak van die letters van die Griekse alfabet en die woorde sal insluit word tans ontwikkel.

Die toep maak dit moontlik om Grieks te leer per woordfrekwensie groep, om die woordfunksie en betekenis te identifiseer, skerm of handbeweging gebaseerde navigering (vir enkelhandige hantering) van die lys terwyl dit tred hou van die terme wat reeds besigtig is.

Dit het ontstaan vanuit die behoefte om vinnig en gemaklik flitskaarte te genereer vir Bybelse Grieks om die memorisering van die woorde en hulle betekenisse te vergemaklik en aan baie mense beskikbaar te stel.

1 thought on “Leer Bybelse Grieks met “Greek 4 Leeks””

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui