Wie is Dirkie Smit?

Dirkie Smit is die bekende prof Willie Jonker se skoonseun. Smit is veral bekend daarvoor dat hy saam met Allan Boesak, ’n mede-opstellers van die Belharbeslydenis is.

Generaal Johan van der Merwe, medeskrywer van Belhar geweeg het prof. Dirkie Smit en dr. Allan Boesak gevra of hulle ’n leuenverklikkertoets sou ondergaan om die volgende vrae te beantwoord om eens en vir altyd duidelikheid oor die vraag te kry of Belhar uit die staanspoor in politieke oorwegings verstrengel was:

  • Is die belydenis, volgens u kennis, op so ’n wyse opgestel, of op enige tydstip in kerklike kringe gebruik om verset teen die vorige regering aan te wakker en die regering te diskrediteer?
  • Het u op enige tydstip in die openbaar die terreurvoorvalle van die jare tagtig veroordeel en Christene aangemoedig om dit op geen wyse te steun nie?
  • Het u ooit deur u optrede of uitlatings op enige wyse, hetsy regstreeks of deur beïnvloeding of deur geld beskikbaar te stel, die revolusionêre aanslag gesteun?
  • Is die belydenis volgens u kennis gedurende die jare tagtig op enige wyse hoegenaamd gebruik om die terreur en geweld wat deur die ANC/SAKP-alliansie bedryf is, te regverdig?

Van der Merwe het onderneem om, indien hulle slaag, al die koste te dra en sy Belharbesware terug te trek. Albei het egter geweier. (Uit Volksblad briewe oor Belhar. Kyk ook Gen Johan van der Merwe se verklaring oor Belhar.)

In God: Is daar ’n ander antwoord? skryf Ben du Toit dat Dirkie Smit ’n sleutelrol gespeel het om ’n klag hom teen te staan.

Met dank aan Ferdie Mulder wat die volgende video van Dirkie Smit gemaak het.

PROF DIRKIE SMIT

Kyk ook

1 thought on “Wie is Dirkie Smit?”

  1. Baie dankbaar dat ek weet daar is in vandag se lewe tans ook dissipels vir Jesus. Ons het julle wat vir ons meer leer. Ek kan nie verstaan hoekom wil so baie mense wat nie die kennis het, altyd eerste is om te stry oor ’n saak nie.
    God met ons
    Emmanuel

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui