Wie is Hannes Windell?

Kyk ook:

Hannes Windell is ’n predikant in die NG Kerk en het baie gereeld as aktuarius gedien vir die Hoëveld Sinode.

Daar word nie baie oor hom in die media gesê nie, maar daar is ’n stuk onsekerheid oor hom:

Windell was deel van die kommissie wat die verhoor namens die kuratorium behartig het tydens die Ferdie Mulder-sage (kyk Opgestaan, bladsy 302)

Toe die liggaamlike opstanding van Jesus baie aktueel was in die NG Kerk het die Hoëveld Sinode (anders as die Sinode van Noord-Transvaal) in Oktober 2007 wel standpunt ingeneem vir Jesus se liggaamlike opstanding. Tydens die stemproses het Hannes Windell pertinent gesê dat daar genotuleer moet word dat hy buite stemming bly. Wat sou sy motivering wees om so ’n pertinente notulering aan te vra? (kyk Jesus hét liggaamlik uit dood opgestaan, sê afgevaardigdes (30 Okt 2007))

Hy was ook die voorsitter van die kuratorium van die teologiese fakulteit in Pretoria in 2020 (kyk Gays in die kerk: Bartlett win regsadvies in).

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui