Hoe die evolusieleuen die kerk en samelewing vergiftig (Johan Kriel)

Laai gerus die volgende boekie deur Johan Kriel hier af:

Prof. Piet Strauss

Hierdie boekie van Johan Kriel verdien om gelees te word. In eenvoudige reguit taal vra hy eenvoudig om die Bybel te laat meespreek as dit by die skepping van die wêreld kom. Hy toon aan dat die leer van die konsekwente ewolusie in sy vertrekpunt ook nie van “tasbare bewyse” uitgaan nie, maar aannames of punte wat aanvaar of geglo word, en dat die kritiek van die “missing link” teen hierdie ewolusioniste nog nooit deur hulle bevredigend beantwoord is nie. Natuurlik sal daar kritiek teen van Johan se argumente wees. Die debat oor hierdie saak word egter dikwels gekenmerk deur
onverdraagsaamheid en ’n Bybelse ongeloof. Sommige probeer ook om die uitgangspunte van Bybelse boodskap by onbybelse skeppingsteorieë aan te pas. Die Bybel sê egter duidelik dat die Here God die “hemel en die aarde” met ’n eenheid in ’n verskeidenheid geskape het. Die Bybel is egter nie ’n resepteboek wat die hoe van die skepping verduidelik nie.

Kontak Johan Kriel gerus by johankriel44@telkomsa.net.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui