Gravamina gerig aan die NGK 2019 algemene sinode

Die volgende gravamina is ingedien voor die aanvang van die NG Kerk algemene sinode 2019. In totaal het dit meer as 600 bladsye beslaan. Omdat dit so baie was, was dit nie ingesluit by die agenda nie – dit was op ’n aparte CD en op die webblad van die NG Kerk beskikbaar gestel.

*********

AAN: Die Afgevaardigdes na die sitting van die Algemene Sinode van die NG Kerk op 6-11 Oktober 2019 te eMsenie, Kemptonpark.

GRAVAMINA GERIG AAN DIE ALGEMENE SINODE

Die Algemene Sinode Moderamen (ASM) het besluit om ‘n taakspan aan te wys om die gravamina wat aan die Algemene Sinode gerig is te orden en vir die afgevaardigdes meer hanteerbaar te maak. Die taakspan het na alle gravamina wat sedert die sitting van die Algemene Sinode in 2015 ontvang is gekyk ten einde die ontvanklikheid daarvan te beoordeel.

Die taakspan het een of meer van die volgende kriteria gebruik om die ontvanklikheid van elke gravamen te beoordeel:

  • Die gravamen moet ‘n beswaar bewoord en beredeneer. ‘n Een sin beswaar word nie beskou as ‘n ontvanklike gravamen nie.
  • Die gravamen moet ‘n beroep doen op die sinode om ‘n spesifieke besluit met betrekking tot die leer van die kerk te maak.
  • In die beredenering van die beroep/beswaar moet daar vermelding en beredenering van Skrif, Belydenisskrifte en die Kerkorde wees.
  • Gravamina, beswaarskrifte, voorleggings wat by die BAS 2016 gedien het en aan die kriteria van ‘n gravamen voldoen.
  • Daar was gravamina wat woordeliks of feitlik woordeliks ooreenstem. Slegs een hiervan is ontvanklik.
  • Gravamina, beswaarskrifte, voorleggings moet aan die Algemene Sinode gerig wees.
  • Skrywes wat enige vorm van kerklik onaanvaarbare taal gebruik, is nie ontvanklik nie.

Daar is hoofsaaklik twee groter groeperinge van gravamina. Eerstens is daar die wat handel oor die leer van die kerk en tweedens is daar die wat handel oor die kerkregtelike besware met betrekking tot die 2015 vergadering van die Algemene Sinode toe die besluit oor selfdegeslagverhoudinge geneem is.

Lede van die Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake wat op die taakspan dien, werk tans aan die gravamina wat oor die leer van die kerk handel, onder die volgende rubrieke:

  • Skrifgesag
  • Eksegese
  • Hermeneutiek
  • Etiek
  • Dogma-histories
  • Belydenis (Algemene Openbaring vs Besondere Openbaring)
  • Ekumene
  • Antropologie
  • Biologiese wetenskappe

Lede van die Algemene Taakspan regte wat op die taakspan dien, werk aan die kerkregtelike besware ten einde dit ook op so ‘n wyse te orden dat dit makliker hanteerbaar is. In die ordening en hantering van die gravamina word daar op geen stadium met die meriete van die gravamina gehandel nie.

Die ontvanklike gravamina word op ‘n aparte CD en op die webblad van die NG Kerk beskikbaar gestel. Op die CD is die gravamina ook in alfabetiese volgorde volgens die naam van die indiener georden.

Die alfabetiese lys van gravamina wat ontvanklik is, is:

  1. Bartlett, A (André)
  2. Basson, WL
  3. Bergville NG Gemeente
  4. Bethal NG Gemeente
  5. Bethal-Oos NG Gemeente
  6. Beukes, M
  7. Boksburgpark NG Gemeente
  8. Boshoff, T
  9. Botha, P
  10. Brooks, E en E
  11. Budding, F
  12. Burgersfort NG Gemeente
  13. Charl Celliers NG Gemeente
  14. Citrusdal NG Gemeente
  15. Coetsee, A
  16. Dansfuzz, T (Theo) en Van Rensburg J (Helgard)
  17. Davel, I
  18. De Jager, F
  19. De Jager, H
  20. De Jager T en H
  21. De Klerk, H
  22. De Villiers, PJ
  23. Du Plessis, P
  24. Eendracht NG Gemeente
  25. Ernst, JH (1) (Johann)
  26. Ernst, JH (2) (Johann)
  27. Esterhuizen, WJB
  28. Fouriesburg NG Gemeente
  29. Fullard, M
  30. Greylingstad NG Gemeente
  31. Griesel, JA (Arnold)
  32. Heidelberg, NG Ring
  33. Hoopstad NG Gemeente
  34. Janse van Rensburg, J (Johan)
  35. Kirkpatrick, JD (James)
  36. Kokstad NG Gemeente
  37. Louw, ANE
  38. Louw, J en ander
  39. Lydenburg NG Gemeente
  40. Marikana NG Gemeente
  41. Marquard NG Gemeente
  42. Marx, M
  43. Namibië NG Kerk
  44. Oberholzer, A
  45. Oberholzer, AP
  46. Olivier, B en T
  47. Piet Plessis NG Gemeente
  48. Presbytery of Central Africa
  49. Prinsloo, PJG (Pieter)
  50. Riversdal NG Gemeente
  51. Robertson NG Gemeente
  52. Robertson, CK (1)
  53. Robertson, CK (2)
  54. Schulz, H en Van Zyl, R
  55. Secunda Oos NG Gemeente
  56. Smit, HJW
  57. Smit, JJ
  58. Smith, RR
  59. Springs-Oos NG Gemeente
  60. Strauss, S
  61. Strauss, S
  62. Strauss, WD
  63. Suider Strand NG Gemeente
  64. Theron, J
  65. Van Wyk, C (Chris)
  66. Victoria-Wes NG Gemeente
  67. Viljoen, G
  68. Vosloo, B en M
  69. Vosloo, M
  70. Witbank NG Ring
  71. Witbank Panorama NG Gemeente
  72. Witbank-Suid NG Gemeente
  73. Witfield NG Gemeente
  74. Zaayman, JS

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui