Hofmeyr: Die Bybel verskil van die MRK

*******

Hofmeyr: Die Bybel verskil van die MRK | Volksblad

Pieter de Jager, Reddersburg

Volksblad, 16 Maart 2023

Die Menseregtekommissie (MRK) het beslis Steve Hofmeyr het die LGBTQ+-gemeenskap kwetsend aangeval. Sibonelo Ncanane van OUT LGBT Well-being sê die “+” het niks met onwettige seksualiteit soos bestialiteit te doen nie. Die MRk se adv. André Gaum spreek sy hoop uit dat Hofmeyr se skuldigbevinding ’n duidelike boodskap sal uitstuur.

Aan die ander kant skaar talle Hofmeyr-aanhangers hulle by hom. Daar is ook ’n ingrypender kant. Die Bybel trek ’n streep deur menslike oorweging wat seksualiteit sogenaamd wetlik toelaatbaar maak. In Lev. 18:22-25; 20:13,15-16 word homoseksualiteit in een asem genoem en in een homogene verband geplaas met bestialiteit. Hier is vereenselwiging met mekaar ’n vergrype aan die heiligheid van God. Die Nuwe Testament verdoem soortgelyke oriëntasies.

Die MRK-uitspraak moet gesien word in die lig van die postmoderne samelewing wat Bybelse etiek verander om aan te pas by ’n “beskaafde”, nuwe universele standaard. Kerke doen hieraan mee. Dit is die lewe onder die oordeel van God.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui