Sinodokrasie

‘n Sinodokrasie is ‘n kerkstelsel waar meerdere vergaderings, soos die algemene sinode, bindende uitsprake of besluite maak en afwentel na gemeentes.

Dit is teenstrydig met die gedagte dat die plaaslike gemeente volledig kerk is.

“Geen struktuur op aarde is bestand teen die verdorwenheid van die mens nie.”

Een van die grootste uitdagings van die kerk is om dwaling te bestry. Die nadeel van independentisme (wanneer gemeentes onafhanklik funksioneer) is dat dwaling baie makliker kan insluip as wanneer ‘n gemeente deel is van ‘n groter struktuur. Die voordeel van ‘n sinodokrasie is dat dwaling moeiliker is, maar indien die sinode dwaal, dan kan dit ‘n hele kerkdenomisie in dwaling dompel.

Geen struktuur op aarde is bestand teen die verdorwenheid van die mens nie.

Sinodokrasie (23 Des 2022, Ferdie Mulder)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui